Ek is ‘n sucker! Daar is geen ander woord om my verdomde saggeaardheid te beskryf nie, want dit werk die laaste tyd vreeslik teen my. Dit krap my ongelooflik om wanneer mense op my gevoel speel oor twee redes…. Ek kan NOOIT nee sê nie want ek hou nie daarvan om mense teleur te stel nie. Ek doen dan iets ten koste van myself.
Hierdie inherente karakter tekortkoming in my samestelling besorg my ongelooflike hartseer op die oomblik en ek weet nie hoe ek te werk moet gaan om dit te verander nie. Ek doen dinge om die vrede te bewaar alhoewel dit teen my grein gaan want ek wil ‘n konfrontasie vermy. Ek was in my jonger jare vreeslik goed om my kant van ‘n saak te stel…. Nee te as iets nie vir my reg voel nie en ek het myself altyd eerste gestel…. Cause “self matters”… Dankie dokter Phil.
Erens het daardie knoppie gebreek en ek weet eenvoudig nie hoe om die balans reg te stel nie. Snaaks genoeg wanneer ‘n mens so voel, dan staan jy alleen op moedverlore vlakte met ‘n ysterpaal in die hand in die freaken reënstorm…en dis mos nou ‘n ope uitnodiging vir die weerlig om jou te klits.
Ek baklei so hard om positief te bly, dat my fight maak dat die kleiner goedjies so een vir een verby my vlieg. Ek is jammer as ek ongeduldig is. Ek is jammer as ek pynlik is. Ek is jammer as ek pushy raak. Ek is jammer want die fok weet… ek self verstaan nie hoekom ek so optree nie. Skielik wil ek ‘n naam gee aan die iets wat nog nooit myne was nie. Die ek-kan-nie-vir-myself-opstaan-situasie vererger net my reaksie op alles wat my raak.
Vanoggend het ek besluit om dan maar in die reën te dans …. En ek gaan ophou vrae vra.






28 Comments
Dans in die die reën is glad nie so sleg plan nie, maar for goodness sake . . . laat los net die ysterpaal.
Hey Hey Plasie!
Ja vrek ek reken ek is nou klaar nat… ek mag nou maar net sowel dit geniet!
Daai paal…. jissie ouboet ek wens ek kon… werk maak my gedaan, maar dis ‘n lifeline wat ek nie nou kan laat gaan nie!
Dink jy dit reen op Mars of Venus? Jupiter? Die aliens het vir my so ‘n flash light gegee wat ek kan flash as ek ‘n trippie maan toe wil he… maar ek gaan hulle dan vra om my erens af te laai!
‘baklei” om “positief” te bly lyk vir my na woorde wat nie in dieselfde sin hoort nie. Ons het almal ons sekondes, minute, ure, dae of weke wat dinge so bietjie krap – dit is natuurlik.
Ja oukie… deur te baklei probeer ek dat dit my nie onder kry nie…want dan jaag ek kak aan… baie ook!
Jy weet….
Ek dink soms vrede is overrated. Mense buit dit uit en mishandel dit om hulle eie verskuilde agendas te bevorder.
Do not use the flashlight thingy! Glo my
There is no such thing as a free ride, nie eers saam met die aliens nie
Girlie ek wil nie negatief klink nie, maar iemand het eenmaal vir my gesê “Vriendelikheid word soms “gemis-intrepeteer” as slapgat of ‘n ’softie’ ” EK sê nie dis jy nie!! Anyways nog iets wat ek gelees het: “Maak jou vriendelikheid goedkoop maar jou vriendskap duur.” – Sodoende sal dit bietjie moeiliker wees vir mense om jou te gebruik…..?
Asem innnnnnnnnn, asem uittttttttttttttt
Asem innnnnnnnnn, asem uittttttttttttttt
Voel jy al beter
Ek doen (so bietjie ten minste)
Net ‘n toetsie, Toetsie…
Girl, jou briljante, puik, ongelooflike weblog is nou opgedateer van eeue en eeue se generasies terug tot en met die nuutste weergawe. Nog net so ‘n ou klein foutjie hier en daar soos die maand in die datum wat nou in Brits wys … sal dit regmaak.
So terloops, wie het my prentjie gaan verander in ‘n monster!?
‘n Aaklige rokkiedraende monstertjie daarby….
xxx
Helloooooooo!!!
Daar is net een ding wat my so laat voel. PMS. Vreeslikheid.
Hou op sorry se. Hou op nice wees. Wys ons die bitchy kant!
Weet jy wat is ironies hoefie…. Ek kan vir ander baklei maar norrefok vir myself nie.
In my huidige situasie moet ek die vrede bewaar want ander se werk is op die spel.
Calmettes gaan nou my beste maatjie word….
Blerrie cheapskates Plasie…. They never included batteries.
So hulle moere ook nou…..
Hi Boerie
Nee dis nie my vriende nie, wamt vir hulle kan ek blixem as hulle dit met my doen….. Dis waar ek 60% van my tyd spandeer wat my so omkrap.
More Oukie
Yebo yes!!!! Na wat ek gisteraand weer gesien het moet ek net onthou…. Daar is ALTYD erens anders iemand wat ‘n erger struggle as ek het.
Ek mag so bietjie moan, maar ek mag nie toelaat dat dit my onderkry nie.
want ek het ‘n ondersteunings netwerk wat my sal bystaan.
Dis nou ‘n geval van mind over matter…. I don’t mind cause you don’t matter.
Dankie ou dienskneg!
Sal funksionaliteite uitcheck sodra my komper aan is! Kan nie wag vir die nuwe look nie.
Kry vir jou ‘n prentjie dan hoef jy nie ‘n crossdressing groen monster drakie thingy te wees nie!
@ Sandkorrel – dankie
@ Vlam – helloooooooo welkom terug. So bly om te sien die vliegtuig kon darem nog vlieg en julle is in een stuk.
Dis deel van my frustrasie… Ek voel skuldig wanneer ek voel ek wil my toys gooi. Ek kan regtig nie onthou wanneer laas ek bitchy was nie want ironies genoeg kon ek dit sooo goed doen!
Kyk… Dis nie PMS nie… Ek raak huilerig en voel unloved wanneer dit my tref… En soek dan net liefde… Selfs dan kan ek nie baklei nie.
Dans in die reèn!
Kaalvoet in die reèn ….
Lekker naweek!!
ZEE!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
Jy leef nog! Hello daar
Dankie Meemin!
Vir jou ook…. As dit hier by my so warm is, wil ek nie weet hoe erg dit daar by jou is nie! As die son jou alleen buite kry het jy moeilikheid!
Helooooooo Girlie…..ag ons het maar almal daardie af daggies jong…waar ons of ontplof of maar die vrede bewaar (hang maar als af van watter tyd van die maand dit is dink ek)….you hang in there….en die wat hulle ou joppies moet verloor in die proses jammer vir hulle….jou lojaliteit lê op hierdie staduim NET by JOUSELF!!!
Mooi daggie vir jou verder….en lekker gatskop naweek!!
Suikerriet groetetjies
Bietjie ‘n nip en tuck gehad?
Lyk cool, hoor!
Ag dankie Daizy….
Voel vir my party dae myself is net nie goed genoeg nie… maar ons werk daaraan!
Dankie Vlam!
Moet nog gewoond raak daaraan…
Ek dink ek gaan ‘n sensus hou…. Dit voel vir my ietwat kaal…..
My friend, being a “softy” is not always a bad thing – I think at times it is a good quality to have. However, you must learn to say NO!!! Learn to put yourself first, if you are not happy within yourself then how can you expect to make others happy i.e. your true friends
Hey Leigh!
you are right… there are just one or two things I would like to change… But this work related. I come to work every day and I hate it. So many things happening here.