Ek kyk nie vreeslik baie televisie nie, maar ek het my gunstelinge. Almal weet ek love Oprah… Om ‘n rede wat nie eers ek verstaan nie. Ek is absoluut versot op die nuwe NBC reeks Momma’s Boys. Ek wil my doodlag…. gisteraand wou ek myself weer doodhuil… Maar so entertaining soos wat die reeks is, weet ek hoe swaer die meisies gaan kry… want ek het een gedate.
Ek reken ek is ‘n lovable mens. Ek het my geite… ek stry nie… Ek het ook nie van die tannie gehou nie want sy het geen geheim daarvan gemaak dat sy dink ek is die bruid van chucky nie.
Die eerste keer dat Bloem-boy my huis toe geneem het was vir sy sussie se troue. Hulle het uit hulp pad gegaan om dit vir my lekker te maak en die tweede keer was ook aangenaam… maar ek kon nooit myself wees nie. Ek hou van small talk en ek gesels heeldag aldag met almal en duidelik het dit haar geirriteer. Ek moes deur ‘n bataljon vrae gaan oor my neusring en ek moes my tattoo wegsteek. Ek was ook uit die kombuis gejaag toe ek aanbied om een aand kos te maak.
‘n Maand na ek haar ontmoet het was ek alleen na my beste skoolvriendin se troue toe. Ek het maande vooraf gesê ek kom sonder ‘n metgesel en dis hoe daar vir my gecater is. Die aand êrens so tussen die jolyt toe bel die tannie my om te hoor hoekom ek nie haar seun saam gevat het nie. Sy wou weet of ek skaam was vir hom. WTF?
Toe ek plaas toe genooi word vir die Desember vakansie en die uitnodiging ewe galant aanvaar is die dag wat ek my doodvonnis geteken het. Sy oom na wie toe ons gegaan het, het my self genooi so dit het net reg gevoel. Ek wonder of sy nie dalk net eendag te vroeg van die buurtannie af terug gekom het en ons gesien vry het op haar sitkamer stel nie. Dis al wat ek aan kan dink… want daai vakansie was absolute hel.
Op die eerste oom se plaas aangekom is ons in kamers ingedeel want die familie is groot. Met die karoo gasvryheid dink die oom hy doen ‘n goeie ding en vra of ek en die tannie ‘n kamer kan deel, want ons ken immers mekaar en ek moet die ander nog leer ken. Spring die ou heks so vinnig daar op ek dog sy val van haar besem af, so verontwaardig en sê met so skril stemmetjie dat sy verseker nie ‘n kamer met my sal deel nie. Sy sal by Bloem-boy slaap… en so eindig ek op in my eie kamer. Die volgende oggend toe neem die oom my vroeg oggend nog voor die son behoorlik oor die plaat droogte opgekom het om na sy swart springbokke te gaan kyk. Bless his soul…. Hy het my toe probeer moed inpraat want liewe Bloem-boy het nog net een meisie voor ek huis toe gevat. Hmm…. Wonder hoekom. Die tannie hou nou maar eenmaal nie van sy keuse in meisies nie. Ek vrek eintlik van nuuskierigheid om te weet of sy wel sy vrou goedkeur?
Toe ons ‘n paar dae later op die ander oom se plaas opeindig was dinge nie makliker. Ek moes in die voorhuis slaap en Bloem-boy in een van die opstalle buite die huis. Ek wonder of sy gedink het ek sal nie uitsluip nie? Dit sou verseker veiliger gewees het om ons saam in die voorhuis te plaas.
Een aand om die vuur voor die kombuis venster hoor ek die ander tannies haar uitvra oor my. Met die vraag wat my ouers doen vir ‘n lewe hoor ek weer daai skril stemmetjie wat so gal braak dat sy weet nie en hoekom sal sy nou omgee.
My Kersgeskenk aan haar is laaste oopgemaak, my help in die kombuis is afgejak met ‘n uitstap deur die deur… die freaken vrou het net nie van my gehou nie. Ek het ook een oggend vir haar in die kombuis voor gekeer om haar te vra hoekom sy nie van my hou nie, want haar gedrag het my omgekrap. ‘n Mens kan ook net soveel vat. Sy het my nooit geantwoord nie.
In die nuwe jaar van die volgende jaar het ons, ons nuwe plekkie begin renovate. Die mure is geverf, nuwe skirtings gesny, teëls gelê. Skoon gemaak… genade as ek nou nog na suiker seep kyk wil ek huil. Ek onthou hoe ek na die tsunami verslae op die radio geluister het terwyl ek kaste moes verf.
Bloem-boy is ‘n maand daarna alleen huis toe om vir haar te gaan vertel ons wil saam intrek. Die Sondag toe hy terugkom toe huil daai groot boerseun so en so maak hy toe met my uit. Hy voel hy moet tussen my en sy ma kies. So hy kies sy ma.
Ek verstaan sy keuse. Dit was nie maklik nie en vir nege maande daarna het ek myself elke aand aan die slaap gehuil. Dis wat vir my so die slegste is van ‘n break-up… jy moet die ander mense wat deel van jou lewe geword het ook laat gaan. So ek het toe nou nie weer sy ooms en tannie gesien nie.
Ek wonder wel soms wat sou gebeur het as ek my neusring uitgehaal het en my tattoo toegeplak het? Sou sy dan van my hou?







31 Comments
Mense wat nie verby die oppervlak kan sien nie, is nie die moeite werd om jou ware self aan te wys nie. Hulle sal dit in elk geval nie kan waardeer nie.
Is daar ‘n Ma en Skoondogter wat soos ‘n house-on-fire oor die weg kom? Ek wonder maar net?
LOL Hoefie… dalk was ek net te wild vir hom.
In hindsite is ek bly dinge het nie uitgewerk nie want ek wil nie so skoonma he nie.
Ja daar is verseker skoonma’s en skoondogters wat goed oor die weg kom! Ek het baie vriendinne wat gelukkig is!
Bwhahaha… Ek was nog nie op die werf vanoggend nie… sien nou hy wil kots…
Dis regtig entertaining!
Girl, as jy jou neusring uitgehaal en jou tatoo laat laser het, sou jy nog van jouself gehou het? Op die ou einde moet jy nog die ou in die spieel like. Mooi dag en week vir jou.
Hmmm. Sulke mans sal altyd hul ma’s bo hul meisies kies – en as julle sou trou, sou dit niks verander het nie… Once a mama’s boy, always a mama’s boy.
Lyk my almal se mammas het hulle vandag gehok.
Hey Ingrid
Welkom hier. Ek reken ek sou seker nie. Die self-love kom maar bitter swaar aan die kant. Dit word makliker soos wat ek ouer word though….
Lekker dag daai kant vir jou ook!
Middag MeeA
Dankie vir die inloer!
Ek stem saam. Dinge verander nie sommer nie. Ek reken ook ek was ietwat anders toe as nou….
En die wie se mammas hulle nie gehok het nie… is die mammas wat hok!
Jip…dis bitter stil hier vandag
O, nee, genade!!!
Gelukkig het sy mamma gese hy moet kies. So slapsak jellievis sal geen vrou (behalwe moeksie) gelukkig kan maak nie. Dans die dans, Girl. Dit was ‘n narrow escape!
Hi jy sjoe ek voel half skuldig ek het nogal lanklaas hier kom inloer ons is erg besig hier by die werk vat skaars grond!! Maar ek het darem nou tyd gemaak om hier te kom inloer!! Geniet die res van jou dag!
HEHEHE Vlam!
Ja ek besef dit nou… dis vier jaar terug… Wonder nog so nou en dan oor die siel… Maar daai familie was vol geheime… hulle het gereeld so tjie-tjie met mekaar gepraat en dan se hy vir my ek mag ongelukkig nie weet nie…
Dis so goed jy haal ‘n vis uit water as jy dit met my doen!
dankie meermin!
Jy ook!x xx
Eintlik moet sulke mans geskiet word met sonopkoms. Suurstofdiewe. Wat van kleef jou vrou aan, word een, blah, blah, blah?
Een met ma aan die ander kant? Geen King size is groot genoeg nie!
“sug” …sjoe ek kry darem ook nou ‘n kansie om hier in te loer….Girl jy kan jou sterre dank dat die mannetjie eerder vir mammie gekies het…..jy sou lang krokodil trane gehuil het as jy dalkies per ongeluk met hom getrou het jong….en weet jy ek dink nie ek ken regtig enige mamma’s boys nie as ek nou eerlik moet wees….
En hier kom ou Daizy ook aan!
Ja ek wil regtig nie ‘n draak vir ‘n skoonma he nie!
Ek beloof om nie ‘n Mamma’s boy groot te maak nie….op my ere woord….hehe
Weet jy Daizy ek reken ma’s doen hulle seuns ‘n onreg aan as hulle so optree…
Heheh,… kom ons kyk oor so paar jaar…
Ek dink nie dis maklik om ‘n skoonmoeder te wees nie. Maar om darem jou seun te laat kies tussen jou en sy meisie/vrou is vuilspeel.
Ja, good riddance to bad rubbish, nogtans is ek seker dat op daai oomblik het dit nie minder seer gemaak nie. Vriendin, wees bly dis toe al verby en jy het nie jare en jare teen ‘n ou tannie gekompeteer nie.
(Nie dat daar is iets fout is met ou tannies nie, hulle bak lekker koek)
Girlie, party mense kan net nie ‘n goeie ding sien as dit voor hulle staan nie!
Bleddie biets!
DMI. Vloekwoordjie JA! EK en my skoonma het was soos ma en dogter tot my skoonsuster haar man verneuk het, en ek haar behandel het soos ek dink ‘n vrou van los sedes behoort behandel te word… Ek is nie 2gesig nie, en ek het my standaarde, as mense nie aan dit voldoen nie, moet hulle gaan!! Ou my sh!t,…. ek klink soos Girlie se biets tannie!!
OO en Girl, ek ♥ jou blog se new -look!
Ek weet ek het heel waarskynlik die kat aan die stert beet liggie… maar ek dink nie dis so moeilik nie. Ek kyk nou na my boetie se meisie… sy en my ma kom regtig goed oor die weg. Haal presure van my af want ek kuier lekkerder saam my pa… ek los hulle twee in die kombuis!
Hey kersiepit!
Daai tanne kan nie bak nie… glad nie! Ek het dit wel oorweeg om by haar in te val vir tee die dag wat ek weer in Bloemfontein kom… Net om haar bietjie te rattle
Hey Boerie!
Dankie… daar gaan nog so paar dinge verander… ons werk daaraan soos wat ons tyd kry!
Snaaks die Bloem ding…. my vriendin se eks-skoonma is ook so ‘n met-die-windmeul-gebliksemde-besem-ryende-skepsel uit Bloemfontein…. is daar iets in die water
Dalk is ons city girls net WAAAAAAAYYYYYYYYYYY te awesome vir die argaiese moeders van die Vrystaat?
Maar wag!
Ek mag nie spot nie… Ek wil nog met ‘n boer trou en net nou kom hy vanaf die Vrystaat!