It’s a guy thing…

Toe slaan ‘n moerse tragedie my mos gister en ek beland vir de helfte van die dag in ‘n bande plek….. En daar sit ek tussen die manne…. En al die rubber…. En hope mans tydskrifte. Ek het drie FHM’s en een Men’s Health deur gewerk en ek moet bieg… ek dink die mans tydskrifte is regtig van hoë standaard.

So met die deurblaai van die FHM toe wonder ek …. Wie is verantwoordelik vir….

  • Die  make up, want vrek hulle almal het die mooiste engelgesiggies
  • Die hare, want almal het sulke pragtige mane… met sulke dik lang hare
  • Die tan’s want almal lyk asof hulle van een van die eilande afkom
  • Die onderklere fittings want wragtig ek het lanklaas onderklere so goed sien sit op enig lyf

Ek is nie sooo naief nie en ek reken die bogenoemde word gehandhaaf deur ‘n goeie photoshopper.

Maar wat my die meeste impress het… was die porn poses en beligting. Die girls lyk regtig fantasties en as jy mooi kyk kan jy sien dat dit die twee elemente is wat die kiekies maak.

Gaan kyk gerus hier

Ek wil net een weet…  hoe kry ‘n mens so span om ‘n shoot te doen? Ek sal regtig dit oorweeg as die A-Team my ook so kan opzoosh.

Deel hierdie gedagtes met andere...:
  • Twitter
  • Facebook
  • laaik.it
  • Digg
  • del.icio.us
  • Google Bookmarks
  • Blogosphere News
  • eKudos
  • LinkedIn
  • MySpace
  • Reddit
  • Slashdot
  • StumbleUpon
  • Technorati
  • PDF
  • Print
  • RSS
Hierdie gedagtes is geplaas in gedagtegroep(e): Ek wonder, Gewigtige sake Sleutelwoorde: , Boekmerk hierdie permanente skakel. Sê jou Sê of laat 'n terugskakel: Terugskakel URL. |

40 Comments

  1. Gesê op December 18, 2009 om 8:54 AM | Permanente Skakel

    Ek dink nog altyd dit is onregverdig dat daar ouens is wat met kameras rondhang en kiekies neem van hierdie girls en dit “werk” noem. Werk se gat sê ek jou!! Dink nou byvoorbeeld aan die SI swimsuit edition… hoe de moer kan jy met die kamera dit werk noem :?:

  2. Gesê op December 18, 2009 om 11:20 AM | Permanente Skakel

    FHM kameramanne en topgear presenters moet geskiet word. Geen mens behoort toegelaat te word om sy job so te geniet nie.

  3. Gesê op December 18, 2009 om 11:29 AM | Permanente Skakel

    Hahah…Ek lag my dood…Ek het nooit gekyk na die name onderaan die foto’s nie…maar imagine dis dames wat die foto’s geneem het? :mrgreen:

    Ek dink topgear presenters moet REGTIG hul jobs love… REGTIG!

  4. Gesê op December 18, 2009 om 11:42 AM | Permanente Skakel

    Blameer ander omdat hulle, hulle jobs wys gekies het.

    Ek weet nie, ek sien die foto’s maar ek kyk selde

    Nell, hoekom wil jy so ‘n shoot doen? Is jy effens verveeld of wat?

  5. Gesê op December 18, 2009 om 11:43 AM | Permanente Skakel

    FHM makes me feel so ugly… however, I love a bit of photography and even I can make myself ‘glow’ and walk in ’soft light’ and look pretty… if only that were reality, ne?

    PS. The hope tattoo…. you made me cry… off course you can copy… it means something that it means something. x

  6. Gesê op December 18, 2009 om 11:52 AM | Permanente Skakel

    Hoefie!

    Ek dink dit sal SOOOOOOOO cool wees om so ‘n shoot te doen om te sien hoe goed jy werklik op jou beste kan lyk. Ek is sommer lus en skryf vir hulle.

    Regte grimering, beligting… wag… die lyf… dis nou effe van ‘n probleem…. Hmmm…. :mrgreen:

  7. Gesê op December 18, 2009 om 11:57 AM | Permanente Skakel

    Oh I agree Wench… I also feel a wee bit insignificant as a female when I page through there, but the photo’s are really done so well. Very close to porn though… I would love to do a shoot like that… seriously… I reckon any woman should do it once in their life… For fun and to see what she can look like (her full potential)

    I really love the tattoo… my life is a story of hope…. Thanx that’s awesome!!!!! x x x

  8. Gesê op December 18, 2009 om 12:46 PM | Permanente Skakel

    Ek sal maar eerder die photo shopper ‘n emmer kots spaar

  9. Gesê op December 18, 2009 om 1:21 PM | Permanente Skakel

    Hi Girl, Jong jy praat mos nou ‘n ding waarmee ek al lankal rondspeel (net in my gedagtes).
    Kyk jou favourite Antietjie het mos maar ‘n Unique Physique, to put it mildly.
    Maar ek kyk na foto’s van mense soos Lizz Meiring en ek dink, damn! ek kan mos ook so goed lyk.
    Wil net eenkeer so ‘n shoot doen, waar hulle Die Ware Antie Koekie gaan uithaal.
    Dan sal ek miskien glo ek’s nie altyd die klein bruin muisie wat hier rondskarrel nie.
    Maar, Wishfull Thinking……………
    Of ken jy dalk iemand wat kans sien vir so ‘n challenge?

  10. Gesê op December 18, 2009 om 1:42 PM | Permanente Skakel

    Ek het ‘n kamera :evil:
    Hoeveel klere gaan betrokke wees :?:

  11. Gesê op December 18, 2009 om 2:00 PM | Permanente Skakel

    Demoerin, ek is OORTUIG dat jy nie die verskuilde aanbod aan my gerig het nie, maar eerder aan die (jong, jonger, mooier, maerder) dames van die vorige comments.
    Ek bedoel, ek mag dalk weet dis “Grab a Granny” week, maar ek moet aan jou rein en onbesoedelde gemoed dink!!!

  12. Gesê op December 18, 2009 om 2:18 PM | Permanente Skakel

    Nee wat Xenakie

    Wanneer jy uiteindelik by die photoshopper kom… het die hair en make up en beligting mense klaar wonderwerke verrig… Easy Peasy! :mrgreen:

  13. Gesê op December 18, 2009 om 2:20 PM | Permanente Skakel

    Praat jy my taal Antie! Ek wil ook net uitgehaal word… hier van binne af buitentoe! :P :P :P

  14. Gesê op December 18, 2009 om 2:21 PM | Permanente Skakel

    Oukie… wie gaan die hare en beligting doen?

    Ek dink klere wel… die hoeveelheid daarvan is opsioneel! :roll:

  15. Gesê op December 18, 2009 om 2:23 PM | Permanente Skakel

    Bwahahah Antie! Rein en onbesoedeld :shock:

    Onse oukie kan nogal onrein gedagtes he dink ek…. gooi net vir Eva in die mix en kyk… ;)

  16. Daizy
    Gesê op December 18, 2009 om 2:25 PM | Permanente Skakel

    Heiland…ons reel sommer vir julle ‘n FHM Bikini shoot hier opi strand…laat weet net wanneer julle gereed sal wees….ek sal die koek en wyn op ys hou….

  17. Gesê op December 18, 2009 om 2:29 PM | Permanente Skakel

    Daizy Blom!

    Hallo :P

    Gaan jy ons kom join? Ons kry ‘n girl vir elke maand ;)

  18. Daizy
    Gesê op December 18, 2009 om 2:32 PM | Permanente Skakel

    Geseende Kersfees vir julle almal….eet julle magies nou trommeldik op Kersdag en vier die Christusfees saammet familie en vriende….Sien julle almal weer in die nuwe jaar…..Koebaai

  19. Gesê op December 18, 2009 om 2:34 PM | Permanente Skakel

    Baie dankie ou Daizy

    ‘n Geseende Kersfees vir jou en jou gesin. Baie dankie vir die inloer. Pas julle mooi op en kan nie wag om jou terug te he volgende jaar nie!

    Groete

    Nell x <3 x <3

  20. Daizy
    Gesê op December 18, 2009 om 2:36 PM | Permanente Skakel

    Dit was heerlik om hier rond te kuier ou Nell!!! Miksien loer ek tog so nu en dan in hier….

  21. Gesê op December 18, 2009 om 2:36 PM | Permanente Skakel

    Dit sal gaaf wees! :mrgreen:

  22. Gesê op December 18, 2009 om 3:35 PM | Permanente Skakel

    Hare en Beligting moet jy self doen… Ek doen net foto’s….
    Auntie Koekie moet nou nie haarself tenakom hier nie. Ek is seker daarvan die auntie kan ook pose vir ‘n kiekie of twee. Vir die grimering laat kom ek ‘n bouer met ‘n troffel en poly-filla…. so maklik soos uit ‘n boom uitval.

  23. Gesê op December 18, 2009 om 6:07 PM | Permanente Skakel

    Sou ook nie omgee om ‘n slag mooi te wees nie. As hulle my ook so gaan photoshop en belig and all that jazz, dan pose ek sommer more vir hulle soos ‘n porn star – boep en al!

  24. Gesê op December 18, 2009 om 7:23 PM | Permanente Skakel

    DiMin, daai prentjie van jou pas so reg by jou—— so ‘n Dirty Devil Sneer!
    Kyk as ek daar aankom met die Onmoontlike Tweeling, en die ou wat die kiekies neem ken sy job, gaan niemand my gesig onthou nie—–Promise!
    So, spaar maar die polyfilla en die troffel, dis die photoshopper se werk.
    O, vrek, onthou nou net skielik dat die shoot mos eintlik gaan oor hoe goed ons kan lyk………
    Lyk my Daizy se koek n wyn het my nou weer op ‘n dwaalspoor.

  25. Gesê op December 19, 2009 om 6:53 AM | Permanente Skakel

    My dogter en haar baas doen `n shoot van Mej wêreld op Sun City. Sy SMS haar ma:Veertig verskriklike mooi, maaer, honger meisies. Ek voel vet. lelik en honger.
    Ma skryf terug: Dink net; Mooi, maer, dom en honger.
    Sy skryf terug: Ek voel steeds vet, lelik en honger!

  26. Gesê op December 19, 2009 om 7:18 AM | Permanente Skakel

    Oukie… Ek reken jy sal ‘n gawe kiekienemer wees…. He maar geduld met my en die antie! Dis ons eerste shoot en is ietwat nat agter die ore! ;)

  27. Gesê op December 19, 2009 om 7:19 AM | Permanente Skakel

    Maar MeeA’kie

    Baie mans hou van ‘n preggie boep… Jy sal ‘n ding begin hoor… Ek reken jy sal kan geld maak hoor! :mrgreen:

  28. Gesê op December 19, 2009 om 7:21 AM | Permanente Skakel

    Tweeling Antie :?:

    Bwhahaha…. en dis nou nie kinders nie, ne antie? ;) :mrgreen:

  29. Gesê op December 19, 2009 om 7:23 AM | Permanente Skakel

    Haai shame Louwie!

    Ja, jy sien… ons vrouens se koppe werk net ander en oortyd oor ‘n klomp twang!

  30. Gesê op December 19, 2009 om 7:24 AM | Permanente Skakel

    PS… Antie Koeks!

    Ek antwoord die ou briefie sodra ek tyd kry… ek moet hol… ek is oppad dieretuin toe.. JIP… my vermaak vir vandag!

    Tot later

    x x x

  31. Gesê op December 20, 2009 om 1:46 PM | Permanente Skakel

    Ja ou Girlie, ek dink ek nodig ook so ietsie. Kom ons skryf in vir DIT se mooimaaksessie!!!
    Na 4 kinders gaan hulle geniune daai polli-fillers-goeters moet pleister…! http://www.idees.co.za/content/?category_id=14&id=3251

  32. Charms
    Gesê op December 20, 2009 om 4:52 PM | Permanente Skakel

    Sjoe, ek het nou lekker gesit en giggel – Maar dis nie ‘n sleg idee wat jy beethet nie. Miskien moet ek dit as ‘n Nuwejaarsvoorneme doen – foto’s van self – probeer sexy lyk – “make love to the camera” en so…..

    Geseende Kersfees vir jou en mag die voorspoed jou verveel in die Nuwe Jaar!

    Gaan Geweldig.

  33. Gesê op December 21, 2009 om 6:25 AM | Permanente Skakel

    Jissie ou Boerie… El dinl nogal jy lyk hot na ten spyte van jou kroos…. Ek is seker hulle het ‘n afdeling vir Hot Momma’s :mrgreen:

  34. Gesê op December 21, 2009 om 6:29 AM | Permanente Skakel

    Hey Charms

    Ek het laas jaar van myself laat kiekies neem en dit was goed v d selfbeeld…

    Hierdie keer soek ek die real makoy… Waar hulle joi opzoosh!!!

    Geseende Kerstyd v jou ook dankie en sien jou in die nuwe jaar x x x

  35. Gesê op December 21, 2009 om 7:11 PM | Permanente Skakel

    Ai dankie girl! Wat sal ek sonder jou goeie woorde doen?
    Jyt my nog nie geantwoord nie….

  36. Gesê op December 21, 2009 om 7:15 PM | Permanente Skakel

    Nou maar reg Boerie… Ek is in! :mrgreen:

    Ek wou eintlik graag ‘n EXTREME make over wou he met plastiese chirurgie en lipo the worx! ;)

  37. Gesê op December 21, 2009 om 7:33 PM | Permanente Skakel

    Great girl!! Ek sal later as die kids in die bed is, bietjie lees wat hul vereistes is! Jêêê!!

  38. Gesê op December 21, 2009 om 8:23 PM | Permanente Skakel

    Greatness! Laat weet my wat moet doen! ;)

  39. Gesê op December 22, 2009 om 3:01 AM | Permanente Skakel

    Ok, kom ons vergeet nou net vir ‘n oomblik dat ek so skeef soos ‘n 7 is, en laat my sê wat ek sien as ek op jou ingeskrewe link kliek. Ek sien strykplanke wat disprins ingesluk het, met ‘n winkel pop pruik op……en DIS MOER MOOI!!!

    Sien julle die ironie? Die tong in die kies? Btw, tong in die kies is seker al wat meeste van hulle eet anyway….

    Nogtans dink ek hulle kan trots voel dat hulle so goed lyk, en dis sosiaal SO aanvaarbaar….

    Ek is nogal ‘n kenner van vroue op my eie manier, meeste van d e tyd dink ek soos een, en ek settle enige dag vir ‘n vriendin met kurwes, wat nie bang is vir kaaskoek, cappichinos en steak nie. My wiskunde is te sleg om kalorie te tel elke keer as ek iemand nooi vir ete.

    Have gay day—–MWAH—–

    *verdwyn in ‘n pragtige pienk wolk*

  40. Gesê op December 22, 2009 om 7:02 AM | Permanente Skakel

    My Liefste Pienk Fairy

    Ja, nee kyk daai meisies is maer hoor… Maar ek sal regtig nie omgee om so te lyk nie…. Al is dit vir net een dag.

Sê jou Sê

Jou E-pos word nooit gepubliseer of met andere gedeel nie. Benodigde velde word gemerk met 'n *

*
*
  • Meer oor die Suburbs…

  • “n Voorstedelike Engel

    Ek is 'n nooi van Pretoria maar woon al 'n paar jaar in die Goudstad. Dit is in my nuutgevonde vryheid waar ek besonderse dinge beleef het en mense ontmoet het wat my bestaan ingekleur het. Mooi herinneringe is gebou; maar ook hartseer terugslae is beleef. Of hierdie nou 'n spoegblok, 'n dagboek of net die neerpen van 'n mengelmoes van my onsamehangende denke is, is debateerbaar. Dalk is ek 'n filosoof met die wyshede van die wêreld wat ek aan ander kan openbaar..... Ek kan dus bieg, wat ook al die beskrywing... hierdie is 'n persoonlike soeke na innerlike vrede en antwoorde wat ek verstaan.

  • My gedagtes draai om…

  • Besoekers nou by die suburbs…

    • Daar is tans 5 Besoekers aanlyn
  • 'n Wolk van Sleutelwoorde...

  • Onlangse Opmerkings...

  • Kontak die Suburbs

  • Argiewe van gedagtes

  • Ek ondersteun graag…

  • En ook vir…

  • Besoers aan die Suburbs…

    Hit Counters
  • Neem asseblief kennis…

    Kopiereg © 2010 Girl van die Suburbs - Alle regte voorbehou - totdat die Stormers die Super 14 wen. Wat beteken dit is van nou af tot in alle ewigheid. Hierdie blog is vir my ontwikkel op WordPress en 'n eie, unieke tema op die Thematic platform deur 2imagine met grafiese ontwerp insette deur I Love Design

  • Afrigator
  • Creative Commons License