Ek skryf die afgelope tyd min; want ek het min te sê… want ek sukkel. Ek sukkel om my kop bo water te hou met alles wat in my lewe gebeur en dit frustreer my geweldig om nie in beheer te wees nie. Dit voel vir my dat my beste nie goed genoeg is in enige van die fasette van my lewe nie.
Dit voel regtig of ek faal. Ek sal wel eendag my klaagliedere hier kom neer plak, maar die twee dinge wat nou afspeel maak my so moedeloos ek wil net tou opgooi. Die een oor ek regtig geen beheer het oor die verwikkelinge nie en die ander oor ek net fucked up (ek ken nie ‘n beter, meer ordentlike woord om dit te beskryf nie) is want ek weet nie meer wie ek is en hoe om op te tree na Hartseer nie. Dit is ‘n ongelooflike persoonlike stryd. Die een laat my twyfel in my vermoëns en die ander een in wie en wat ek is.
Die happy nuwe girl is nog hier… êrens… maar ek kan regtig nie help om so effe pessimisties te voel nie want my toekoms lyk minder rooskleurig. Ja…. Ek weet ek kan ook baie keer… baie oordryf maar die keer is dit real. As ek in die spieel kyk dan sien ek ‘n groot L op my voorkop.
So het ek besluit om te begin oefen. Ek hoor dat die endorphins doen jou goed en ek kan regtig doen met ‘n beter weergawe van my lyf. Wat ek nog nie bekend gemaak het nie…is dat ek in die laaste 12maande ongeveer 20 kg verloor het. Ek het nie juis oefening gedoen nie, want wie wil nou fisies raak wanneer jy so lyk en so voel.
Ek was bang ek raak weer obsessief want ek was van 10 jarige ouderdom tot 25 jaar bulemies. Vir 15 jaar lank het ek na elke ete my vinger in my keel gedruk oor ek geglo ek lyk soos een van die huisgenoot stories wat met ‘n hyskraan uit hul huise gelig moes word. As ek deur my foto albums blaai kan ek wragtig nie glo ek het so verwronge beeld van myself gehad nie. Ek was dan eina klein. Laas jaar se depressie was hard op my lyf en die medikasie het my maak eet. Die keer het ek geen grandeur miskonsepsie nie… die keer is dit for real.
Hygend… Verloor ek al weer my plek… Ek het besluit om oefening weer deel te maak van my daaglikse roetine. Ek het egter eers gister begin, maar ek weet ek moet die keer werklik daad by woord sit. En is ek nie bly ek het opgehou rook nie… Ek stap nou maar in die oggende en swem in die middae om te kyk watter ene my die meeste byval. Vanmiddag toe ek so dapper begin rondplas toe protesteer my longe so, ek dog ek vrek net daar in die water. Maar ek reken dis seker ‘n step by step… dag vir dag… trappie vir trappie… bulltwang-sielkunde en dit sal beter word.
So wat ek op hoop… is … Endorphins…Happy thoughts en feelings…gesondheid…. gewigsverlies… in daai volgorde. Dalk dan kan ek beter oor myself voel en die hormone maak dat ek nie oor die res omgee nie.
Dalk moet julle grappies begin vertel om die ou nuwe happy girl terug te kry….Ek sukkel regtig!







30 Comments
Nell in a act of desperado!
Hmmm…ek wetie. Grappies maak help nie altyd nie. Dalk is dit goed om dit maar uit te spoeg? Ek voel gewoonlik beter as dit ‘out in the open’ is.
Ag, ou Girl, die lewe is ‘n bitch. ‘n Lekker een, darem. Praat gerus, ons luister.
xx
Die mens is van sterker stoffasie gemaak as wat ons onsself wysmaak. Jy GAAN swem.
Ag ek weet ook nie altyd so mooi nie Girl…..ons skryf maar elkeen ons eie geskiedenis….en bepaal ons eie lot…..dis net dat ons vroulike geslag soveel meer hormone en goeters het wat ons op ‘n daaglikse basis treiter….jy is nie alleen in jou stryd nie….en ons is hier om te luister…soos vlammetjie sê….en soms om ons mening te lig of raad te gee op ons eie manier….nie dat dit altyd ‘n daadwerklike verskil kan maak aan jou styd nie….solank jy net weet ons is hier vir jou…en soos Elf iewers elders gesê het “‘Maak n verskil’ .. soms vir my drie mooier woorde as die sogenaamde ‘I love you’”….you hang in there Girl….saam pak ons die pad aan!!!
Ag, ek is jammer as ek bydra tot jou ellende, maar jy het huiswerk?
Omgord jou lendene!
http://brandnetel.wordpress.com/2009/12/08/copycat-tag/
Laat ek gou vir ‘n oomblik ernstig raak
Wanneer ek myself bejammer, wil ek in ‘n donker hoekie sit en in vrede my polse afkou.
Vandag is weer ‘n sprekende voorbeeld hoekom ek jou een woord as inspirasie gekies het. Almal kan sien dat jy op die ashoop sit, diep onder in ‘n donker gat. Behalwe dat jy nie regtig sit nie. Jy is al klaar besig om uit te kruip. Dalk stadig en gly-gly, maar voordat jy jou kry is jy weer buite in die lig.
Sien? Inspirasie dat bejammering ‘n mens nerens bring nie. Jy moet self die taak aanpak om jouself gelukkiger te maak.
Ek is sekerlik die laaste een wat kan praktiese raad uitdeel op hierdie onderwerp synde dat ek ook nie exactly mr happy genoem kan word nie, maar ek kan vir jou die teorie in groot detail uitlê gebasseer op jare se ondervinding
Jy wen die ding deur een keer meer op te staan as wat jy platgeslaan word. Jy wen die ding deur een keer meer uit die gat te kruip as wat jy inval. Jy wen deur een keer meer uit die donker in die sonlig in te stap. Jy wen deur een keer meer op te kom as wat jy sink. Net een keer meer. But YOU gotta want it! Jy is die een wat besluit of dit gebeur of nie. Presies net soos ophou rook.
Daar is geen punte vir vorm of styl nie. Of jy jouself van die bodem af opskiet, of jy jouself teen ‘n paal ophys, of jy jouself uitsleep met net jou vingernaels en met jou pens in die modder . . . dit maak nie saak nie. Doen dit net een keer meer en jy wen. Sterkte ou Girlie, dis nie maklik nie maar dit is sooooo die moeite werd.
Hoefie… dit laat my dink aan ‘n song…. Helll dis ‘n mooi song… Ek gaan nou my oorfone aansit en weer luister.
http://www.youtube.com/watch?v=SOUCy0dANww
Hey Vlam!
Man…. Ek kan nie so out in the open uit die kas moer nie want ek is TROTS! Ek weet wel van beter maar ek kan daai ding nog nie in my sak steek nie. Werk en sake van die hart… dis wat my so rondslinger op die oomblik. Die een maak my moerig en die ander een laat my huil.
Ek wil huil nie net oor my hart seer is nie, maar oor seer van toeka wat mense terug hou en in grotte toegesluit hou.
MAAR… Ek het toe gaan swem vanoggend en daai koue water het my oor so laat pyn… ek het van my hart se pyn vergeet. Jislaaik… so one shot deur geskiet
More Oukie
Weet jy…ek weet ek sal survive… want die vader weet ek het al baie terugslae beleef… maar ek wil ophou survive en wil die journey begin geniet.
Ek beplan glad nie my lewe nie, want ek weet ek is nie in beheer nie en die gesond word proses neem tyd… Ek het vanoggend so na die tarentale se gekoggel geluister terwyl ek my kop probeer skoon kry het in die ysige water… En ek WEET ek het al ‘n ver pad gekom. Maar dit help nie want ek kan nie ander se reaksies bepaal of beinvloed nie. Dit maak my hartseer…. Dit is iets buite my beheer.
Dit wat ek myself wys maak is wat ek voel… wat ander my laat voel. Ek reageer nie op kopdinge nie… maar sodra ek aan die hart rond gesleep word dan sukkel ek want dis hoe ek alles in my lewe ervaar. Emosioneel.
Daizy Blom!
Ek sal my sprankel terug kry… ek weet… ek neem wel al julle raad te harte…
Ek cope net nie nou so lekker nie want die mat is onder my uitgeruk en ek het my gat af geval…. So behalwe vir die seer sterre… is my eer gekrenk…
Maar vertel my ‘n grappie… ENIGE grappie….
Dankie Plasie! Dankie…. Dankie…. Dankie!
Jy sien… ek het vergeet…of liewer ek het nie eers daaraan gedink nie… Ek hoef dit nie met styl of klas of panache te doen nie.
Ek wil bitter graag ja… BAIE, BAIE graag! Maar dit voel net somtyds of ek in die gesig geskop word wanneer ek die hardste probeer.
….. Sulke WTF moments regdeur… per minuut….
Jinne Hoefyster… Inspirasie!?
Ek voel so min inspirerend soos ‘n kite wat wag vir die wind, maar eintlik reen dit .
Ek voel soms ook partykeer erg skaam en de moer in vir myself as ek so voel…. Ek kry nie die mind over matter onder beheer nie want ek laat toe dat ander mense my emosioneel reageer… No fault of their own… dis my eie skuld.
Plasie se laaste paragraaf is omtrent ‘n grappie op sy eie.
Oukei, hier is my grappie: (dis my standaard ene!)
Die ou gaan gereeld jag en sy vrou moet altyd by die huis bly. Sy besluit toe om vir haar `n geweer te koop en saam te gaan jag. Op die plaas aangekom sê hy vir haar om links teen die rivier af te loop dan loop hy regs teen die rivier af. Hulle sal dan weer mekaar onder by die hoof hek ontmoet.
So gesê, so gedaan. Hy het skaars 400 meter geloop toe hy drie skote hoor klap.
Hy hardloop terug in haar rigting en by die rivier kry hy haar besig om kliphard te stry met`n man…
“Meneer, dit is my Kudu die, ek het hom eerste gesien en drie kopskote gegee!”
“Goed mevrou, ek gaan nie verder met jou stry nie, vat dan die kudu vir jou, maar gee jy om as ek darem net my saal en toom van jou f*kkin kudu afhaal!?”
http://lagjoudoos.co.za/hoekom-dit-gevaarlik-is-om-saam-met-vrouens-te-jag/
Ek dink weer Plasie maak dit so mooi klink… Soos waar jy in ‘n bus voorentoe beur om by die volgende stop af te klim… en jy val neerl met jou rok oor die kop sodat die hele wereld jou pantie kan sien… moet jy maar opstaan… jou pantie reg trek en jou rok afskud…
Dan moet jy hoop dis jou beste pantie wat jy aan het… want mense gaan tog kyk.
Indien jy nie ‘n pantie aan het nie, moet jy maar die bus drywer vra om te stop sodat jy kan afklim…. voor jou stop… Maar opstaan moet jy opstaan
Vlam… Daai grappie het toe so waar as wragtag gehelp!
Bwahahaha…. Dis regtig snaaks!
Dam maer kudu gewees daardie vlam…lol…
Ok Girl here goes:
Misverstand….
Die paartjie is gereed om die aand uit te gaan – opgedollie, reg om te gaan; die ligte brand, die hond is buite gesit.
Net toe die taxi opdaag en hulle by die deur uitgaan, hardloop die hond weer in die huis in. Hy weier om uit te kom, en hulle wil hom nie binne los nie. Die man gaan toe by die huis in, teen die trap op, terwyl sy vrou in die taxi op hom wag.
Omdat sy nie wil he die taxidrywer moet weet die huis is leeg nie, verduidelik sy aan hom dat haar man “net gou haar moeder gaan groet het”
‘n Rukkie later daag die man op en klim ook in die taxi.
“Jammer dat ek so lank gevat het” sè hy.
“Die onnosele teef het onder die bed gaan lè en ek moes haar met ‘n besemstok por om uit te kom. Toe moes ek haar in ‘n kombers toedraai om te keer dat sy my nie byt nie. Ek het haar teen die trap afgesleep en haar in die agterplaas gegooi. Sy beter nie weer in die groentetuin skyt nie”
Die stilte in die taxi was oorverdowend!
Ai . . .
Skreeu maar as jy ‘n oor of ‘n klankbord nodig het . . . ek het altyd tyd vir koffie . . .
Elke dag wat jy oefen… elke dag wat jy wel werk aan jou doelwitte…. kom jy nader aan sukses. Sterkte!
BWAHAHAHAH ou Daizy!
Dis regtig funny… imagine wat die taxi drywer moes dink!
Dankie Krista… x x x
Maar klink vir my jy beweeg in die regte kringe… bring net daai miljoener se telefoon nommer saam… okay!
Drakie…Ek IS up for the challenge… Ek sal jou post doen… maar as dit nie vanaand is nie, want ek is nie tuis nie… is dit more oggend!
Dankie Retha!
Ek moet nou net iets doen aan die oorpyn… my ore hou nie van die water nie…. dalk maar earplugs!
Hy het verseker gedink….genugtig ek is bly die ou is nie met my dogter getroud nie…hehe
Ironie is Daizy… Ons praat partykeer so met ander sonder dat die in die geselskap ‘n clue het waaroor die gesprek gaan en dan klink ons so… WEIRD……………
I think that is the greatest influence on any aspect of our existence – physically, mentally and spiritually – is our thinking. If we want to change anything, we’ve got to change our thoughts first.
Girly, pain insists upon being attended to. Don’t give it more time and energy than is absolutely necessary – the more you think about it, contemplate and mull over it, the more you feed it.
There is no depression buster as effective as exercise. Sweat and tears both act as rinsing agents – but they render a different result. Tears will get you sympathy; sweat will get you change.
Hoe sal Dellie so mooi sê – pak daardie bul by die horings en ry hom bloots Girly
Sterkte en vasbyt! x
Ja, besef ek ook vanoggend Beeps. Don’t sweat the small stuff!
Niks soos ‘n lekker kuier saam vriende om jou te help om dinge in perspektief te plaas nie.
Ek soveel beter as wat ek bereid is om voor te settle… Regtig… ek moet my kop laat lees.
DMI… dis ‘n wonder die ou het nie die polisie gebel nie!