Ag ou drama queen hier hou nie van die opbou van emosie wat tans plaasvind in my gemoed nie. As daar nou twee emosies is wat ek glad nie kan hanteer nie, dan is dit verwerping en onsekerheid… en nou kom ek agter daar is ‘n derde een wat begin kop uitsteek. Ek voel alleen… soos in lonely en ek verstaan nie hoekom nie want ek het tog my familie en vriende om my. Ek hou immers van my eie geselskap?
Ek het Sondag weer besef ek dink nie ek mis Hartseer so erg soos wat ek dalk net iemand wil hê nie. Vanoggend voel ek anders. Ek mis hom. Maar die goeie tye saam hom. Die nugter dae en die minder gewelddadige uitbarstings. As ek mooi dink…. Dink ek dit gaan dalk ook meer as net oor die hondjie hier en dalk oor die halsbandjie… Ek mis die kinders met elke hartklop in my binneste.
So of ek ‘n man in my lewe mis… die gevoel van ‘n gesin of net die kinders… ek weet nie en kan nie onderskeid tref nie. Die laaste maand se gebeure help ook glad nie met hierdie gevoel van hartseer nie.
Nou kyk ek so na my pols vanoggend… Ek mag nie hoop verloor nie… Ek mag nie moed opgee nie… Ek moet my skouers reguit maak en maar net deur hierdie kersfees kom. Wat ander opsies is daar?






39 Comments
Dalk moet jy na n uitreik gaan soek wat op Kersfees iets doen. En daarmee gaan help. Het jy hoegenaamd geen kontak mee met die Hartseer kinders nie?
Ag jongie…
Dis wat ek nooit voorheen van Kersfees geweet het nie – dat daar mense is wat eensaam is. Kersfees maak dit net soveel erger. Mens mis goed wat jy nie normaalweg mis nie, verlang na mense wat jy nie eens ken nie…
Kom kuier vir my. Ons sal saam iets aan ons sorge doen.
.. ditto.
Oy.
Partykeer weet mens net nie wat om te se nie…
Maar soos my ou lady altyd se: This, too, shall pass.
Girlie ekke weet nie wat om te comment nie, ek sit hier en staar na die screen maar hier is net so lugleegte … dankie tog ek het my kinders!
Sterkte jy!!
Agh my friend, why not come and visit me and we can have a good old cuppa and catch up (if I could have wine, I’d down a bottle). Let out hearts out and just be………Sounds like you need to be surrounded with love and appreciation:) I am only a phone call away and what a whole 15 minutes…………..drive!!!
Chin up and remember you can only find that Mr when you have found yourself……..I believe you are almost there………..just LOVE yourself more, afterall what’s not to LOVE!!!! XOXOXO
Oeg nee Hoefie… Ek is nie in die spirit om te gee nie…Die mense gaan liewer wens ek was net nie daar nie. EK het dit wel oorweeg…. maar nope!
Dis gaan nie oor so seer oor die fisiese alleenheid nie… dis daai emosionele connection wat kort dink ek.
Ag man eintlik is ek nou net fuckedup… Ek weet!
Ja nee ou Vlam… daai verlange na die wat weg is en die wat jy nie ken nie… Ek blameer die Xmas songs wat oral bler! Sulke sublime onderliggende sny jou polse af boodskappe!
Ag fanx… maar jou see is ‘n bietjie te ver! Maar dankie hoor!
Fanx Elf… Volgende jaar gaan ek verseker ‘n draai in die kaai kom maak! Dan is dit ek…. jy…. en ‘n bottel rooi!
Thanx MeeA
I know… Your Old lady is right! I just feel sorry for myself today. I am sure this feeling will pass as well!
Ag ek is sommer simpel Meermin… Ek voel al klaar beter na my toebie en koffie… Kan dit nie eers op PMS blameer nie!
‘n Happy gesin maak dit net worth while, ne!
Ag, thanx my friend… I will definitely give you a call next week as I am off!!! Yippie! I will certainly take you up on the offer.
Ek dink die ding is dat kinders alles anders maak. Die hele opgewonderheid oor klein dingetjies. Hulle is gelukkig en lag en sien vreugde in dinge wat vir ons lankal verby is. Hulle ervaar elke nuwe dag met nuwe moed en belangstelling… Dis net anders met kinders. Sterkte ou Girlie, ek sal my kinders druk vir jou!
Ek wil nou nie hier twee dae voor Kersfees raas nie. Herinneringe en so aan is goed om te hê ja, maar jy is nog hier, en jy lewe en jy skuld jouself dit om nie depro te raak nie. Ek ondervind dit ook elke jaar, maar sodra daardie gevoel sy kop uitsteek herinner ek myself daaraan dat ek nog vriende en familie het… en dat daar kinders in weeshuise en op straat is sonder niemand, en dat daar oumense vergete in ouetehuise ingestop is. DAN, besef jy opnuut dat jou kak bitter klein is in vergelyking.
Fanx Boerie!
nes jy daar se… dis anders met hulle in die omtrek.
Hoorie Oukie, moet nou nie baklei nie…
Ek se net… dis hoe ek voel… of dit nou realisties is… is ‘n ander storie want ons weet mos nou ek leef op wat ek VOEL!
DiMin, luister na Antie se Wyse Woorde ——- as jy op daai plek sit waar jy sooo jammer is vir jouself en jy voel weggooi en alleen en dis fisies SEER binnekant, kan jy maar dink aan elke weeskinds of oorlogwesie of boere in ‘n plakkerkamp————– en al wat jy dan voel om vir hulle te sê is: Jammer om jou bollie te hoor.
Want, sien, jou seer is hier, in jou hart, aan jou lyf.
Girl, ek het empatie! En hierdie Kersfees is my 1ste weg van my kinders en klein Luke en kKaapstad. Het netnou gesê as die 25ste net verby is, sal ‘n ou se gemoedstoestand seker stabiliseer.
!5 Des. sou ek 9 jaar getroud gewees het met die wonderlikste man wat ‘n vrou kan vra, maar nou is ek al 8 jaar alleen.Kersfees is ni my beste tyd. al wat ek kan aanraai, speel musiek wat jou opbeur; gaan koop die nuwe Patrizio cd, sommer namens my en geniet hom. Wens Kersvader kon daai een in my kous gooi!!
Sterkte , ek dink aan jou.
Lyk my ek gaan die Antie en Girlie oor my skoot moet trek nog voor Krismis aanbreek.
O, la, la! Dimoerin, daarvoor moet jy eers al jou pap eet en daai Salusa’s drink. Ons wil jou mos nie onkapabel hê voor Krismis nie ——– wat van jou prezzies wat wag.He.He.He!
Girl, niks fout om soms net te mope nie, jy ken die geheim dit hou nie vir altyd nie, jy staan weer op en kyk die lewe in die oge en se: damm it’s good to be alive. Was daar waar jy is so ek weet jy sal weer die son helder sien en sommer die sterre in jou oe ook.
Ingrid, jy praat wyse woorde! As mens ook net kan regkry om vir iets simpel en onbenullig te lag, al is dit die kat wat van die bed af val, dan breek dit partykeer die houvas wat die mood op jou het.
Girlie, jy ken mos Antie se leuse: Trek daai bra-streppe stywer.
Daai ding is nie jou baas. jy het hom al voorheen die deur gewys, jy KAN dit vandag weer doen.
Girly, kyk weer mooi na daai pols – vat jou ander handjie en druk vier plat vingers teen hom vas. Voel jy die hartklop? Ja? Great! Solank die hart nog klop is daar nog lewe – en solank daar lewe is is daar nog hoop. Hoop is eintlik maar net geduld sonder einde…
Make peace with what is and what you can’t change. So, you’re single at XMas this year? All 100% of you available to celebrate all that you are, all you’ve been through and all that want to be. So maybe God knows better? And maybe you still have to get some things in line and come into acceptance with, before you find a man. Maybe there isn’t a man right now that would’ve been able to work through this healing journey with you – maybe God wanted you to work it through alone – with Him? Maybe there is a man waiting in the sidewings ready to appreciate the new and restored you? Give God a chance to finish his work right through this season too.
And then Girly, if you’re used to praying: “Lord, please give me the perfect man”, then maybe start pray ing like this: “Lord, please give me to the man of Your perfect choice”.
Antie Koeks – daai laat my so dink aan my ma wat my altyd met die arme starving Biafraan kindertjies wou oorreed om my kos op te eet. Dan’t sy laaaaang stories gehad oor hulle soms net ‘n hoendernekkie het om aan te suig en nooit eers groente kry nie ( GEEN groente?!
Regtig??!! – ek wou op ‘n stadium my skooltassie pak en Biafra toe emigreer!
– en toe sy my eendag ‘n foto wys van ‘n snotneus kleintjie met vlieë om die oë, TOE weier ek om vir 3 dae te eet!!.
But you’re right Antie! So very right…
Oukie… Ek wag nou al so lank want jy dreig nou al so lank!
So wanneer trek jy my nou oor jou skoot
Ja… dankie Ingrid… daai is die regte woord…MOPE!! Ek voel so ietwat jammer vir myself. More skyn die son weer… Ek weet dit… Vanoggend het dit wel nie so gevoel nie!
hehhehehe ANTIE!!!
Die brastraps is sooo styf…. die twee girls sit onder die ken vandag! Ek lyk soos ‘n kropduif!
Jissie ou Beeps…. Ek weet nie vanwaar al hierdie wysheid kom nie… “Maybe there isn’t a man right now that would’ve been able to work through this healing journey with you”
Ek het nog nooit so gedink daaraan nie….
Voel nou sommer stupid.
I guess I just want to feel loved….
And don’t we all…………….!
Dankie tog vir die Wêreld Wye Webwerf waar ons klomp afvlerk duiwe saam kan nesskrop.
Waar het ek gelees van afvlerk duiwe wat mekaar help vlieg………………….?
We all do Girly – we all do.
BUT think about it this way: what’s the chance a nice enough guy having met you during the past few months, feeling compassion or even worse, pity, for you and you confusing that with love? And just as you’re about to get all passionate and merry into the XMas spirit, waiting pout-lipped and rosy-cheeked and dreamy eyed under the mistle-toe, realizing that’s all it was and however fervently he kisses, when you open your eyes – he’s changed into a…. frog??
Agge nee wat! Ready… Steady…. Get Set…. Go Girl!! – ’cause you got to be ready when that prince comes along…
Ja Antie… Hierdie afvlerk voeltjies so bymekaar… party net bietjie affer as ander!
Ek weet ek sal fine wees…
Erm…. Beeps… It kinda….. sorta…. happened!
Maar nou ja… so sien nog ‘n dag sy jack en ek voel al beter! Dankie x x x
Ek weet darem nie Girly – ek spend wragtig Kersfees eerder alleen en vreet die HELE gammon en dumplings EN Pavlova alleen op en chat met my kat as dat ek met Petrus parra opgeskeep sit – you got to know your worth, sweetie – ALWAYS know your worth. Know that you can do better, by the Grace of God, but Petrus can’t – cause you know you’re just about the best thing he’s ever had the good fortune to meet.
And understand this, Girl: Warts are NOT jewels!!
O, BB, daai een is classic “Warts are NOT jewels”. So true!!! Dis een wat ek moet print en bo my lessenaar hang, om te kan onthou.
Once you choose hope, anything’s possible.
Ek het nie gesê dit gaan lekker wees nie… gaan speel eerder met julle Krismispresente
Ag ek love you Beeps! Mag jy nooit ophouwees wie jy is nie.
Jip… I need to learn how to meassure my worth! Dis my les vir 2010!
Mag jy dit ook nie vergeet nie sandkorreltjie!
Ek neem aan jy praat van daai Krismisbokse van ons!?
Oeeeeee…. ja nee ek laat my nie twee keer nooi nie!
Sjoe ek voel ook hierdie feesseisoen nogal so. Vreemde gevoel. Hou niks daarvan nie. Help nogal om te weet ander voel ook so:-)
Hi Karlien
Dankie vir die inloer! Ag hierdie gevoel kom / onstaan uit my kinderdae issues… Ons gesin het dit nooit lekker vir mekaar gemaak nie.
Dis eintlik skrikwekkend hoeveel mense wel so voel