Ek het my hart verloor

Daar besluit ek en Hoefyster mos nou om op die warmste dag in die geskiedenis (dit het so gevoel) na die Pretoria dieretuin te gaan. Kyk, dit was great en nogal ‘n belewenis maar ek wou dood gaan van die hitte. Die diere wou dood gaan van die hitte. Ek was braaf… en selfs die reptiele trotseer wat ‘n moerse prestasie is want ek is so bang vir ‘n gesplete tong dat ek myself so bietjie-bietjie wil nat maak as ek een sien… al dis dit op die kassie of agter glas. En raai wat… selfs hulle wou dood gaan van die hitte, want omtrent elke slang het in hul bakkie water gaan krul om af te koel.

En daar verloor ek my hart op een van die inwoners. Sommer een van die eerste hokke waar ons verby stap. Siende dat ek nou die nuwe luiperd-whisperer is… glo ek sy naam is Nunu want dit is waarop hy gereageer het. (Toe ek hom op die naam roep toe kom hy aangehardloop) Net so verby die kabelkarretjies is die luiperd se hok. Jy bekyk hom so deur die glas… Maar ou Hoefyster ken toe mos ‘n ander aansig en daar stap ons om die hok na die agterkant, waar daar geen glas is nie… maar net draad.

Ek glo as enige werker ons gesien het, was ons onmiddellik uitgegooi en sirenes sou loei, maar ons was gelukkig. Oor die eerste heining en jy is by die draad wat as die enigste skeiding tussen jou en die ondier dien. Ons wou nog nader sluip om ‘n foto van agter te neem toe Nunu besluit dis speel tyd en het regtig soos ‘n huiskat tekere gegaan. Hy het net soos Oscar gereageer op my stem, stemtoon en my  bewegings. Selfs die tweede keer toe ek terug gaan om te gaan groet toe hardloop hy nader.

As ek kon het ek hom wragtag huis toe gebring.

Luiperd 1

Luiperd 2

Luiperd 3

Luiperd 4

Luiperd 5

Luiperd 7

Luiperd 8

Luiperd 10

Deel hierdie gedagtes met andere...:
  • Twitter
  • Facebook
  • laaik.it
  • Digg
  • del.icio.us
  • Google Bookmarks
  • Blogosphere News
  • eKudos
  • LinkedIn
  • MySpace
  • Reddit
  • Slashdot
  • StumbleUpon
  • Technorati
  • PDF
  • Print
  • RSS
Hierdie gedagtes is geplaas in gedagtegroep(e): Dit trek my aandag, Natuurlik is dit mooi... Sleutelwoorde: , Boekmerk hierdie permanente skakel. Sê jou Sê of laat 'n terugskakel: Terugskakel URL. |

46 Comments

  1. Gesê op December 20, 2009 om 9:57 PM | Permanente Skakel

    Awwww…..

  2. Gesê op December 21, 2009 om 7:51 AM | Permanente Skakel

    Ja, nee. Die laaste paar dae se hitte was geen mens of dier se maat nie. Gelukkig koel dit lyk my vandag so bietjie af.

  3. Gesê op December 21, 2009 om 8:15 AM | Permanente Skakel

    Hy’s beautifull. Tog net jammer dat hy in ‘n hok moet wees.
    Ek reken die ergste koue hier in Pretoorsdorp is nou gebreek en dat ons maar die baadjies kan begin wegpak ;-)

  4. Gesê op December 21, 2009 om 8:16 AM | Permanente Skakel

    Hy is cute, ne MeeA… I just wanted to take him home!

  5. Gesê op December 21, 2009 om 8:21 AM | Permanente Skakel

    Ja, jissie oukie… die wolke maak sulke waves hier bokant my. Die blitse slaan in die weste… dis gaan beslis kom reen!

  6. Gesê op December 21, 2009 om 8:24 AM | Permanente Skakel

    Jy reken plasie… Daar het wel Saterdag laat middag ‘n briesie gewaai…. Ek dink dit mag dalk sneeu aanwaai :???:

    You just never know, you know…. ;)

  7. Gesê op December 21, 2009 om 9:17 AM | Permanente Skakel

    Sjoe, hy’s pragtig!

  8. Gesê op December 21, 2009 om 10:30 AM | Permanente Skakel

    Ek wil juis die dieretuin vra of hy iemand het wat met hom speel want ek kan nie dink dat ‘n wilde dier so speels kan wees nie…

  9. Gesê op December 21, 2009 om 10:44 AM | Permanente Skakel

    Hy is beautiful! Die laaste keer wat ek by die dieretuin was, was laas jaar einde Mei en dit was vrek warm – julle is regtig braaf! Moet wel weer ‘n draai maak, my amper vier jarige sal dit baie geniet!

  10. Gesê op December 21, 2009 om 11:00 AM | Permanente Skakel

    Hmmm

    Nell, dit is dalk ‘n goeie tyd om jou te vertel dat een van die beamptes vir ons deur die venster gekyk het. By die kabelkarretjie, ek neem aan hy het besef dat ons nie die dier skade wou doen nie.

    Ek het een keer ‘n tier nat gegooi. Nie gou weer nie. Die tier het amper uit die put geklim en my kom klap vir my moeite.

  11. Gesê op December 21, 2009 om 11:05 AM | Permanente Skakel

    Hey Alet

    Dankie vir die inloer!

    Vir ‘n vierjarige… kry ‘n golfkarretjie… Dis ‘n moerse lang stap… Ek wou doodgaan van moegheid!

  12. Gesê op December 21, 2009 om 11:06 AM | Permanente Skakel

    heheheh Hoefie

    REGTIG!!!!!! :mrgreen:

  13. Ingrid
    Gesê op December 21, 2009 om 11:19 AM | Permanente Skakel

    Pragtige nuwe liefde van jou. :lol:

  14. Gesê op December 21, 2009 om 11:58 AM | Permanente Skakel

    Ekke wil ôk so ‘n kietie hê . . .

  15. Gesê op December 21, 2009 om 12:44 PM | Permanente Skakel

    I was very very hot that day I was in the pool the whole day
    I can only imagine how hot the zoo was
    Not so sure about taking him home – you might land up lunch

  16. Andrew
    Gesê op December 21, 2009 om 12:47 PM | Permanente Skakel

    Met so ‘n groot kat in jou huis sal jy net ‘n klein hoekie van jou bed oor hê om op te slaap. Dis hoe dit hoort natuurlik. :-)

  17. Gesê op December 21, 2009 om 1:26 PM | Permanente Skakel

    jissie Ingrid… Ek dink nie my katjie sou so ingenome gewees het as ek daai meneer met die kar afgelaai het nie. ;)

  18. Gesê op December 21, 2009 om 1:27 PM | Permanente Skakel

    En dan kan jy saam hom buite speel Krista…. Kom ons maak beurte… Ek kry hom een week dan vat jy hom die ander week? :mrgreen:

  19. Gesê op December 21, 2009 om 1:28 PM | Permanente Skakel

    The heat is juts one good reason why I will never move back to Pta Sally… It is way cooler here on the West Rand!

  20. Gesê op December 21, 2009 om 1:32 PM | Permanente Skakel

    Andrew :?:

    Ek in ‘n klein hoekie le? Pfff…. Ek neem die hele bed oor man. Daai luiperd kan op die golfbaan slaap… saam die Jakkals! ;)

  21. Andrew
    Gesê op December 21, 2009 om 2:22 PM | Permanente Skakel

    Dis wat jy nou sê, as daai gespikkelde kiettie eers in jou huis is dan lê julle twee lepel oppie bed. :lol:

    Het jy dan ‘n Jakkals, of is dit maar wild daar in die omte?

  22. Gesê op December 21, 2009 om 2:27 PM | Permanente Skakel

    Ja… Daar is soos in regtig ‘n Jakkals daar by my. Hy skree so saam die tarentale en poue en die kiewiete en wille ganse en uile… Take your pick!

    Uuhhmmm ek dink nie Oscar sal dit laaik as ek my bed met iemand (iets anders deel nie! ;)

  23. Gesê op December 21, 2009 om 2:39 PM | Permanente Skakel

    Ek gooi solank vir jou ‘n heavy-duty-industrial-naelvyl-en-knipper in jou kerskous :lol:

  24. Andrew
    Gesê op December 21, 2009 om 2:44 PM | Permanente Skakel

    Wow … jy is gelukkig om in so ‘n plek te bly jy hoef amper nie te worrie oor die dieretuin nie. Hoe verlang ek nou na my hoennertjie toe ek in die army was. Sy naam was Connection en hy het saam my geslaap.

  25. Gesê op December 21, 2009 om 2:46 PM | Permanente Skakel

    Heheh… Oukie… :???:

    Gaan jy hom kom vashou terwyl ek hom gaan prober groom? ;)

  26. Gesê op December 21, 2009 om 2:47 PM | Permanente Skakel

    Connection… Het julle ‘n special connection gehad? :mrgreen:

    Is jy nou ernstig? Nou moet jy die storie vertel!

  27. Andrew
    Gesê op December 21, 2009 om 3:05 PM | Permanente Skakel

    Ja regtig maar die storie is te lank om hier te vertel. Hy het selfs blue movies saam my gekyk in die kantien. En toe raak hy weg en ek word deur die bevelvoerder op orders geplaas en aangekla van hoenerdiefstal. Ek het amper my rang verloor.

  28. Gesê op December 21, 2009 om 3:10 PM | Permanente Skakel

    Hy is inderdaad iets om na te kyk…
    Ek smag na so bietjie behoorlike sonskyn, maar ten minste was dit vandag bietjie warmer as laasweek.

  29. Gesê op December 21, 2009 om 3:14 PM | Permanente Skakel

    :lol: Andrew… was daar nie dalk kosskaarste nie :?: Hy was dalk een aand aandete…

  30. Gesê op December 21, 2009 om 3:18 PM | Permanente Skakel

    Jislaaik… blue movies IN DIE KANTIEN!!! :?: Jinne so julle almal sit sommer so in ‘n ry en kyk na die gevryery op die screen… :???:

  31. Gesê op December 21, 2009 om 3:20 PM | Permanente Skakel

    Hey kaalvoet!

    Bly om te sien jy is nog in die omtrek!

    Ek hou van sonskyn, maar damn ek het darem gesweet soos ‘n sirkus olifant hoor. Ek het elke uur ‘n ou faktortjie SPF 50 aangespuit!

    Ek wens weer ek kon die vreemde daar by jou verken!

  32. Gesê op December 21, 2009 om 3:21 PM | Permanente Skakel

    Bwhaha… Sies Oukie… Net nou was Andrew soos die enigste een wat hoender daai aand geeet het! :mrgreen:

  33. Andrew
    Gesê op December 21, 2009 om 3:27 PM | Permanente Skakel

    DMI, ek sal eerder sterf van die honger voor ek my buddies eet. Weet jy ek kan tot vandag nie glo dat die bevelvoerder my verdink het nie, die simple ding maar fok hom anyway.

    Girlie ja maar dit was nie in ‘n ry nie, ek het my voete op ‘n ander stoel gesit en Connection het op my bene gesit, partymaal op my skoot en skouer. In die aand bokant my bed in my rondawel.

  34. Gesê op December 21, 2009 om 3:30 PM | Permanente Skakel

    Shame man… :( oor Connection!

    maar ek kan nie glo julle kyk porn terwyl julle actually moes veg vir volk en vaderland nie! :shock:

    Wat was jou rang?

  35. Andrew
    Gesê op December 21, 2009 om 3:44 PM | Permanente Skakel

    Bwahahaha … porn is sinoniem met die army, dit vorm selfs deel van jou opleiding. Jy word gedwing om die wreedste dinge denkbaar te kyk soos necklacing en net daarna switch hulle oor na proes flicks. Ek dink dis veronderstel om jou hard te maak.

    Ek was ‘n bicycle in die army, ie lieutenant, heel onder op die pip ranglys, almal trap op jou. :lol:

  36. Gesê op December 21, 2009 om 5:03 PM | Permanente Skakel

    Neeeeee genade… G’n wonder ou army manne is so bietjie bos bevange nie… Necklessing en dan sommer blou movies… :shock:

    Laat my terug dink aan my Lt. Pretorius wat so hard na my gevry het toe ek std 9 en matriek was. Die stomme man het selfs na my skool konserte kom kyk. Hy was jonk… Maar 20. Ek wou niks weet nie… Dit was so cool… toe hy in Mosselbaai was het ons nog propperse briewe v mekaar geskryf. Op vasity toe ek besef ek laaik die man dalk meer as wat ek dink…. Toe het hy moed opgegee en het ‘n ander tjerrie gaan soek.

    Ek gaan kyk of ek hom weer kan opspoor. Jis… Dis nou ‘n trip down memory lane…. :roll:

  37. maxie
    Gesê op December 21, 2009 om 7:59 PM | Permanente Skakel

    Jissie Nell, mooi katjie daai jong.
    So enetjie of ‘n ou leeuwelpie is al sedert 2 jarige ouderdom op my Kersfeeslysie, maar no such luck :wink:

  38. Gesê op December 21, 2009 om 8:26 PM | Permanente Skakel

    Ai Maxie… Dalk moet ons by die zoo gaan aanklop vir vrywillger werk? ;)

    Maar ons moet mooi op die vorm aandui ons was nie vensters nie. Ons skuif nie die asblikke nie (want ek het die naweek outjies gesien wat dit moes doen)

    Ons wil net daar wees om met die diere te speel… :P

  39. Gesê op December 21, 2009 om 9:52 PM | Permanente Skakel

    Ag fraai, man. Nou jammer dis nie ‘n ou cheetahtjie nie, maar dis darem close enough. :mrgreen:

  40. Gesê op December 21, 2009 om 10:03 PM | Permanente Skakel

    Die hunting lazyhorse is pissies, soos n mens kan verwag. Hulle en die Leeus was MIA.

  41. maxie
    Gesê op December 21, 2009 om 10:44 PM | Permanente Skakel

    Nell
    Daai harde werk bestaan nie in my vocab nie… :wink:
    Ons sal hulle wel voer en die speelwerk doen.

  42. Gesê op December 21, 2009 om 11:02 PM | Permanente Skakel

    Askies dat ek nou so ‘n spanner in jou worx gooi, maar WEET Oscar jy het hom VERNEUK?
    Oe, my girl, jy is nog nie ge-ignore totdat jou kat jou propers ignore nie, hoor vir my.
    Jy beter maar vir hom vertel dit was sommer niks, en daai ander een is nie die helfte so mooi soos hy nie. Net vir vredesonthalwe.

  43. Gesê op December 22, 2009 om 6:48 AM | Permanente Skakel

    Ai vlam…. Cheetah? Ek reken jy is jou span se grootste fan! ;)

  44. Gesê op December 22, 2009 om 6:51 AM | Permanente Skakel

    LoL Hoefie…. Ek reken dis oor dit so warm was dat die ander weg gekruip het. Ek neem hulle nie kwaalik nie.

  45. Gesê op December 22, 2009 om 6:53 AM | Permanente Skakel

    Oe… Ja nee Maxie ek stem… Nie eers hok skoon maak nie. :P

  46. Gesê op December 22, 2009 om 6:57 AM | Permanente Skakel

    Hehehehe Antie… Oscar dink hy is ‘n Jack Russel, want hy is nie ‘n tipiese kat nie. Hy ignore my nooit nie…. Wil net speel en liefde gee. Hy kan wel sulk… Maar dan soek hy nogsteeds aandag.

    Die liewe ou dier x x x

Sê jou Sê

Jou E-pos word nooit gepubliseer of met andere gedeel nie. Benodigde velde word gemerk met 'n *

*
*
  • Meer oor die Suburbs…

  • “n Voorstedelike Engel

    Ek is 'n nooi van Pretoria maar woon al 'n paar jaar in die Goudstad. Dit is in my nuutgevonde vryheid waar ek besonderse dinge beleef het en mense ontmoet het wat my bestaan ingekleur het. Mooi herinneringe is gebou; maar ook hartseer terugslae is beleef. Of hierdie nou 'n spoegblok, 'n dagboek of net die neerpen van 'n mengelmoes van my onsamehangende denke is, is debateerbaar. Dalk is ek 'n filosoof met die wyshede van die wêreld wat ek aan ander kan openbaar..... Ek kan dus bieg, wat ook al die beskrywing... hierdie is 'n persoonlike soeke na innerlike vrede en antwoorde wat ek verstaan.

  • My gedagtes draai om…

  • Besoekers nou by die suburbs…

    • Daar is tans 6 Besoekers aanlyn
  • 'n Wolk van Sleutelwoorde...

  • Onlangse Opmerkings...

  • Kontak die Suburbs

  • Argiewe van gedagtes

  • Ek ondersteun graag…

  • En ook vir…

  • Besoers aan die Suburbs…

    Hit Counters
  • Neem asseblief kennis…

    Kopiereg © 2010 Girl van die Suburbs - Alle regte voorbehou - totdat die Stormers die Super 14 wen. Wat beteken dit is van nou af tot in alle ewigheid. Hierdie blog is vir my ontwikkel op WordPress en 'n eie, unieke tema op die Thematic platform deur 2imagine met grafiese ontwerp insette deur I Love Design

  • Afrigator
  • Creative Commons License