Die weirdste ding het gister gebeur…..
Die volgende is by my werk afgelewer en dit het my dag ongelooflik opgehelder… DANKIE.
I know this too shall pass. Ek voel egter stukke beter vanoggend en weet daar mense daar buite is wat omgee.
Die weirdste ding het gister gebeur…..
Die volgende is by my werk afgelewer en dit het my dag ongelooflik opgehelder… DANKIE.
I know this too shall pass. Ek voel egter stukke beter vanoggend en weet daar mense daar buite is wat omgee.
41 Comments
Oe la la!!!
Love is in the air . . . Of verbeel ek my? Nogal I love you. Wie is die I? Secret bewonderaar of is hy nie so secret nie.
Jy vertel ons alles van die verlede, maar hoe lyk ‘n blik op die toekoms?
Heheheh Hoefie!
Blik op die toekoms? Kan ek jou kristal bal leen dan asseblief?
Dit moet iemand wees wat weet waar ek werk… so my mede bloggers is uit….
Maar wie ookal… dis lekker om bederf te word!
Nogal by die werk?
Is dit nie dalk een van jou kollegas nie? Dalk iemand van die kerk?
‘n Geheime bewonderaar?
Nee… dis nie een van my kollegas nie… Dink nie so nie… ek het gevra…
Kerk… hmmm…. weet nie!
More Vlam!
Die nuuskierigheid vreet my op!
Aitsa Girlie Girl…..maar jy is ‘n gelukkige meisie…. ek vrek ook van nuuskierigheid!!! Jy beter ons vertel die oomblik as jy bietjie meer lig op die onderwerp het gehoor!!!
Daizy Blom!
Kaartjie seg niks… net my naam…. en best wishes en so aan… Dalk is die persoon skaam, ek weet nie….
Cool! Jou eie eie (silent) sleeping partner!
Heheh Beeps… Ek en die kat en die teddie… Hy beter silent wees want ons ander twee neem die bed oor! Jy kan nie glo dat so kleine kat lyfie so lank uitstrek nie… :p
I would cry loudly if somebody did something so nice for me today.
Hey Wenchy!
Maybe we could make this little fella the little traveling bear like the traveling pants of The sisterhood of the travelling pants … who ever needs him can have him for the day…
So all you need to do is send me your addy and you can borrow him ….
xxx
Hugz
Girlie ek is seker die geheime loerder sal homself wel te voorskyn laat kom …… ek hoop binnekort….
Daizy
Dalk is dit loer broer wat haar dophou? LOL!!
Daardie I love you balonne is nie daar vir die mooiheid nie. Iemand het dit sekerlik so bestel. Hy sal nie te lank wegkruip nie.
Hehehhe Daizy!
Imagine dis ‘n vrou… Ek ken nie enige loslopende manne wat die sal stuur nie! My opsies raak nou ongelooflik klein
Hoefie… ek raak nou effe bang….
Baie min mense ken my werksdetail….
Dis so regte sepie kwaliteit… the spy, the girl and the teddybear!
Hehehehe….Girl ‘n loerder is nie altyd aan jou bekend nie…miskien moet jy maar so effe op jou hoede wees jong….miskien is hy ‘n “Stalker”…oeh nee…ek hoop toggie so nie
Stalker
Hy kan maar stalk na hartelus… as ek aanhou goed kry
Tall, dark en handsome… met lagplooie om die oe… dan mind ek glad nie!
Jy hoop seker dit is lagplooie om SY oe!
Of is jy nie te nuuskierig nie.
Hy sal wel sy betaling kom eis. Eendag . . .
Natuurlik is ek nuuskierig! You have no idea!
As my naam nie op die kaartjie was nie sou ek dink dis ‘n verkeerde aflewering. Ons ontvangsdame se my gesiggie was iets om te beleef toe sy hier instap… Ek het aanvanklik eers v haar gese…. dis nie mynie nie!
Ek het eintlik kieskeurig bedoel
Ooo… LoL
Nee ek is effe kieskeurig… net ‘n bietjie… ‘n aks!
Nee man Girl…solank hy ‘n goeie hart het…..sal dit opmaak vir die res
Oe nee Daizy blom… Ek het nou al gesien… ‘n Goeie hart maak hom nie noodwendig goeie kerel materiaal nie!
Ek dink ek moet ‘n lysie opstel…. wat dink jy?
Ditsim….jy kan solank begin…dan kan ons komentaar lewer…hiehie
Oeeeee….Ek is vol fiemies… daai lysie gaan ongelooflik lank wees!
Ek het soos in regtig al een opgestel….
Hy le in my bybel.
Sjoe Girlie……onthou net….daai paddag wat in prinse verander is vrek skaars….
Skies moes PADDAS gewees het…vinger foutjie
Ek glo vas my prins is daar buite Daizy….Ek het nou al 10 000 paddas gesoen… om nog so 1 000 in te pas gaan nou nie ‘n verskil maak nie…
Hoop net ek kry nie vraatjies nie!
Ag, heerlik om so bederf te word. En jy verdien dit! Btw, hou van die kat wat so luilekker daar bo op die blog rondkuier
Makie saak wie dit gestuur het nie, die belangrikste is dat daar iemand is vir wie jy belangrik genoeg is om die moeite te doen om hierdie vir jou te stuur. Iemand wat genoeg omgee om jou dag mooi te maak met iets so “sweet” en lief. Dis wat tel, Girl. Koester dit in jou hart en weet ons ander bloggers hier buite stuur dalk nie teddies en blomme nie, maar jy is ook vir ons belangrik genoeg om elke dag hier te kom inloer
Lucky fish!!
Dankie Liggiekie…
Ja, ek word nie aldag bederf nie…
Oe ou son… Julle het geen idee hoeveel julle ondersteuning vir my beteken nie. ALMAL hier, met raad en liefde en ondersteuning!
Ek het dit al vroeer gese… I need a witness to my being en dis wat julle is. Julle vul daai leemte wat ek het… daai iets waaraan ek nog werk om ‘n beter mens te wees.
I love you all!!!!!
Maggies Max… So bly om jou nog hier rond te sien!
Ek reken dis dalk ‘n goeie vriendin… Een wat weet ek voel so unloved op die oomblik.
Kan nie ‘n man wees nie.
Girlie jy moet my verskoon as ek voorbarig raak hier maar ek het gister ‘n komentaar gelees wat my laat wonder het of ek nie dalk iemand gevind het wat by jou sal pas nie. Dit is iemand wat blog, ‘n nice ou, baie gelowig maar sal dit nie erken nie, en woon die dopper kerk by so ver ek weet. Miskien was dit hy gewees wat vir jou die balonne gestuur het. As dit nie was nie, moet die ou wat wel vir jou die balonne gestuur het, net weet dat jy moontlik ‘n aanhanger het, en hy sal sy voete moet roer om voor in die queue te bly.
hehehe Andrew!
Uhhmmm… Girlie is nou meer single as ‘n ooit…. Ek weet nie van suitors nie! Soos in regtig nie. Ek het laas week ‘n bos witlelies ook gekry (magdom wit St. Josephs). Weet ook nie wie dit was nie en nog niemand het ‘n eis kom instel nie…
Dink nie dit kan ‘n blogger wees nie want net een blogger het my werksadres en dit was nie daardie persoon nie…
Staan jy in die regte saal… op die regte stasie…. regte bank
Ek sien nie ‘n tou nie… waar staan jy presies Andrew? Hier by die bar waar ek is sien ek niks. Maar kom oor en geniet ‘n dop saam my!
Dan chat ons ‘n bietjie
Demmit daai is ‘n goeie plan … het jou bar Windhoek Larger? Vandat ek opgehou rook het, proe my bier vreeslik sleg, maar ek druk maar deur want ek weet drank verskaf werk.
Jy dink ek maak jokes oor trou materiaal vir jou(?), ek is besig om vir Retha iemand te organize. Dinge kan nie so aangaan nie, nee fok regtig nie.
Heita… Ja ek het gevra en hulle reken daar is van botteljies tot draught… Jy kan kies!
Regtig
Soos in Retha… bybel Retha! Jinne
Ja ek stem… dinge kan nie so aangaan nie!
Cheers!
Moet hom net nie hier laat lees nie Andrew… Hy sal skrik as hy sien wat in die kop aangaan!
*Keelskoonmaak* *Ek sluk van my Peroni wat sleg proe vandat ek ophou rook het* Andrew, terwyl jy nou so besig is om dates te reël…. jy ken nie dalk ‘n paar oulike girls ook nie
Ja kom oukie… Hier is baie girls in die bar…
Ons kan maar vir mekaar uitkyk… so… erm… Ons soek twee girls en ‘n ou… Of is jy klaar gehelp Andrew?