
Ek is 'n nooi van Pretoria maar woon al 'n paar jaar in die Goudstad. Dit is in my nuutgevonde vryheid waar ek besonderse dinge beleef het en mense ontmoet het wat my bestaan ingekleur het. Mooi herinneringe is gebou; maar ook hartseer terugslae is beleef. Of hierdie nou 'n spoegblok, 'n dagboek of net die neerpen van 'n mengelmoes van my onsamehangende denke is, is debateerbaar. Dalk is ek 'n filosoof met die wyshede van die wêreld wat ek aan ander kan openbaar..... Ek kan dus bieg, wat ook al die beskrywing... hierdie is 'n persoonlike soeke na innerlike vrede en antwoorde wat ek verstaan.
14 Comments
YES ..daai bordjie waaraan die datum hang laat my sommer met die intrapslag tuis voel. Dis deel van die decor in my wereld. En die kleur laat my rustiger voel, but that’s just me.
Raait ou Girlie, die pressure is aan, jy gaan nou moet skryf dat die byle huil sodat ons kan aanhou terugkom en toets of ons dit like lol *evil grin*
Jy het die groen lig van my af. x
Dankie Elfie!
Het jy gesien die kat beweeg?
me likes ook die datum uithang bordjie, maar ek het meer van die original scrollwerk in die sidebar gehou.
Die animated kitty is ‘n nice touch
Girl eks een van die ou skool seker ……eks nie baie goed met “Change” nie….ek stem saammet Plasie en Elf die hang bortjies was ‘n uitsonderlike idee…ek is ook gek na kitties so daar het jy ‘n super plus van my….maar ek het ook die ou look verkies…dit was sagter…amper vrouliker….maar dit is maar net my persoonlike opinie….
Dankie Plasie en Daizy
Ek sal bietjie aanstuur aan die man agter die knoppies… Hy moet bietjie plan maak.
Fanx julle!
Daizy… ek begin ook dink ek kort dalk ietse meer girlie!
I like! Maar moet dit so leeg lyk aan die regterkant?
Uhm, voordat die toorn van al wat vrou is in hierdie lieflike virtuele wêreld van ons op my neerdaal en my met die vlamme onvergelykbaar met die Hel duskant Prins Albert laat verskroei, net die volgende:
- Ek is die man agter die knoppies
- Julle insette word waardeer
- Sonkind, ek werk aan die regterkant, dit moet nie so leeg wees nie
- Daizy, daar kort meer “girlie”, vroulike goeters – die pienk sal ook op ‘n manier terugkom
- Miskien ook bietjie pienk in die hangbordjies???
Sê maar julle sê, ek loer so nou en dan en sal dit (seker moet) inneem, verteer en verwerk…
Al weer die blerrie rokkiedraende monstertjie…
Kry vir jou ‘n gravatar……………………………………….
Ek mis ook my girliegeid… sal jou mail met idees…
Ek’s tegnologies gestremd, miskien kan jou dienskneg my vertel wat fout is by my: ek sien g’n stuk animated kitty nie? Waar’s hy? En bokant die datum-bordjie wys daar by my ‘n rooi blok (reghoek). Xena se sy het dit nie. So, wat nou?
ek wonder wanneer ons kan ophou cntl F5 druk!?
Vlam…. Druk daai twee knoppies saam en kyk wat gebeur.
Ek het al – no joy.
Dienskneg…ons sal jou ons insig gee soos jy aangaan …en ja asb die pienk moet verseker terugkom…dis is per slot van rekening ‘n GIRLIE blog hierdie jong…hou die goeie werk vol….en ja Girl jy is waarlik vrou!