2009 – My jaar van liefde

Hope

Na ‘n aand van geen slaap, het ek vanoggend drie uur buite gaan sit om na die vroeë oggend geluide te luister en dit het my aan die dink gesit. Gister se geween oor my gemoedsbekakking was gou vergete…. Maar dit was tog nodig. Ek kan tog nie ‘n masker opsit en maak of alles met tinsel besprinkel is, as ek regtig hartseer voel nie. As ek kyk waar ek laas jaar gelys het op die cheery-meter en waar ek hierdie jaar is… is ek ligjare ver weg op my pad van genesing. 2009 was inderdaad ‘n geseënde jaar vir hierdie suburban meisiekind.

Ek reken die grootste geskenk wat ek hierdie jaar ontvang het, was om die Liefde van ons Vader te ervaar. Ek het gewag en het nagte om gehuil oor ek oortuig was dit is ‘n gevoel wat my gaan omring, soos ‘n lig wat vanuit die Hemel sal skyn net oor ek my hart oorgegee het. Groot was my teleurstelling toe ek besef dis nie hoe die Drie Enig werk nie. Toe ek dit besef toe begin my journey.

Die grootste liefde wat ek ervaar het hierdie jaar was deur my betrokkenheid by MES. Nog nooit in my hele lewe het ek soveel deernis en liefde vir my medemens ervaar soos op die strate van Hillbrow en die middestad nie.

Daar is nuwe vriende op my pad gebring. Vir die eerste keer in ‘n lang tyd is daar weer wholesome mense in my lewe. Daar is ook afskeid geneem van die wat nie in my lewe hoort nie… en alhoewel dit hartseer was weet ek dit was ‘n goeie besluit.  Vir jou wat my weer geleer het om te lewe… Dankie!

Ek het die waarde geleer van vergifnis. Nog nooit in my hele bestaan het ek so vry gevoel na ek elke persoon gekontak het om dinge mee reg te stel nie. Dit was nie maklik nie en soms het dit onmoontlik gevoel want ek moes my eie foute in die gesig staar oor dit meestal my issue was…. En nie noodwendig die ander persoon se fout nie. Vir Hartseer en sy familie het ek ballonne in die lug losgelaat…

My hart is nie net genees nie… Dit  was sommer vervang. Ek is nie meer kwaad oor die verlede nie… Ek raak wel hartseer en werk aan die spyt maar dit word beter.

Hierdie is Girl se laaste inskrywing vir 2009.

Dankie vir al julle bystand en ja… weereens… liefde. Ek het by elkeen van julle ‘n stukkie gekry om my legkaart weer aanmekaar te slaan.

Hiermee wens ek julle en julle gesinne ‘n Geseënde Feesseisoen toe.

Tot ons weer ontmoet in die nuwe jaar.

Deel hierdie gedagtes met andere...:
  • Twitter
  • Facebook
  • laaik.it
  • Digg
  • del.icio.us
  • Google Bookmarks
  • Blogosphere News
  • eKudos
  • LinkedIn
  • MySpace
  • Reddit
  • Slashdot
  • StumbleUpon
  • Technorati
  • PDF
  • Print
  • RSS
Hierdie gedagtes is geplaas in gedagtegroep(e): My lewe, Rooiwyn vir die Siel Sleutelwoorde: Boekmerk hierdie permanente skakel. Sê jou Sê of laat 'n terugskakel: Terugskakel URL. |

32 Comments

  1. Gesê op December 24, 2009 om 9:06 AM | Permanente Skakel

    I am not sure what means more to me … hope or love. x

  2. Gesê op December 24, 2009 om 9:15 AM | Permanente Skakel

    Hey Wench

    They fall in the same category for me! I have gotten to know Hope this year after a year of severe depression… Hope is the one thing that kept me going and this was the unanimous message from all the bloggers that have supported me… Never give up hope

    Love… I have experienced love… but I am still waiting for that one true love…

  3. Gesê op December 24, 2009 om 9:23 AM | Permanente Skakel

    2010 Gaan Gatskop-lekker-opwindend wees… Ek weet dit sommer!

  4. Ingrid
    Gesê op December 24, 2009 om 10:12 AM | Permanente Skakel

    Sien jou in 2010, een van die baie goeie goed wat in 2009 met my gebeur het was om jou te leer ken, dankie daarvoor. :razz:

  5. Gesê op December 24, 2009 om 10:40 AM | Permanente Skakel

    Ja-Nee Oukie… The world is my oyster… Volgende jaar kan net beter wees!

    Ek sien nogal uit!

  6. Gesê op December 24, 2009 om 10:41 AM | Permanente Skakel

    Ag dankie Ingrid!

    Bly ons het mekaar raak gelees! :mrgreen:

  7. Gesê op December 24, 2009 om 10:48 AM | Permanente Skakel

    Geloof, Hoop en Liefde – hoe meet jy dit? Ek meet myne in Vrede.
    Dus, Girl, van harte wens ek jou Vrede. Die Vrede wat deur die regte mates van geloof, hoop en liefde jou sal vervul – genoeg én meer nog om ruimhartig te kan uitdeel met ieder en elk wat die voorreg sal hê om jou te ken.
    Take care of the one within, Girl!
    Be Blessed! x

  8. Gesê op December 24, 2009 om 11:01 AM | Permanente Skakel

    Dis die drie dinge waaraan ek volstoom gaan werk in 2010 Beeps… Ek glo as dit in plek is sal al die ander dinge sommer net in plek val!

    Dankie vir jou onbaatsugtelike vermoee en uitdeel van common sense wanneer die hart oorneem en ek nie meer weet waantoe nie! :P

  9. Gesê op December 24, 2009 om 11:18 AM | Permanente Skakel

    Ag nee, Meisiekind, hoe maak jy my sommer bewoë nog voor ek die kombuisvloer gevee het.
    Ek sal bietjie later gaan stock vat oor 2009———– interressante jaar gewees, met groot mate van geestelike en emosionele groei.
    Ek wens jy en die ander met wie ek gereeld chat, weet wat julle vir my beteken?
    Die sad truth is, by my own choice, is my blogging mu enigste sosiale lewe. Hartseer ,nê?
    Maar dis my keuse, omdat ek dalk uit eensaamheid en verlange stupid goed kan doen.
    Gaan rus jy lekker, chin up, be good to yourself, luister mooi musiek en eet genoeg chocolates.
    Dan praat ons weer in 2010.
    Mag jy van jou voete geslaan word deur die tsunami blessings wat na jou toe gaan kom.
    Baie liefdeXXXX

    • Gesê op December 27, 2009 om 3:19 PM | Permanente Skakel

      Jong Antie… Toe ek so erg depressief was na Hartseer se dood het ek myself ook toegesluit en het slaap pille geneem om my deur ‘n naweek te kry… Soos wat die siel sterker word begin ek weer mense om my soek… En ‘n goeie siel… die een wat my weer gewys het hoe om weer te leef…. Hy het my uit daai gat getrek sonder dat ek dink hy daarvan bewus is / was…

      So aanvaar uitnodigings van mense as hulle wil kom kuier of julle oornooi! Dis die derde beste besluit wat ek in 2009 geneem het…

      Geniet Antie se chats ook!

  10. Gesê op December 24, 2009 om 1:23 PM | Permanente Skakel

    Voorspoed vir jou Girl en sien jou in die nuwe jaar :)

  11. nikita
    Gesê op December 24, 2009 om 10:46 PM | Permanente Skakel

    ‘n Geseender Kersfees vir jou. Ek ken nie van MES nie, maar wel van PEN-aksie (Pretoria) en dit maak ‘n mens se oe regtig oop as jy by so iets betrokke is. Ek kry nou nog PEN se nuusbriewe. Sterkte in die Nuwe Jaar!

  12. Gesê op December 26, 2009 om 7:54 PM | Permanente Skakel

    Hoop 2010 bring vir jou alles wat jy nodig het. En dalkies is ek gelukkig genoeg om in 2010 ‘n koffie saam jou te drink ;-)

  13. Gesê op December 27, 2009 om 10:23 PM | Permanente Skakel

    Het ek nog nie hier gecomment nie?

    Ek is besig om siniel te word, wragtig waar.

    Nuwejaars voorneme aan self: Koop ‘n brein.

    Nou is Kersfees verby en kom gil op jou stoep Happy Krismis vriendin!!

  14. Gesê op December 29, 2009 om 9:48 AM | Permanente Skakel

    Gaan die Girl nou regtig-egtig niks weer sê tot volgende jaar nie?

  15. Gesê op December 29, 2009 om 2:29 PM | Permanente Skakel

    Lyk my wragtag nie so nie, PJ! Skande nê? Hoop maar sy kom terug met baie mmoi storietjies.

  16. Cupcake
    Gesê op December 30, 2009 om 10:47 AM | Permanente Skakel

    Liewe Girl, mag 2010 vir jou alles wat mooi en kosbaar is bring en mag jy die liefde vind wat jy verdien!

    Vir almal hier, mooi nuwe jaar!

  17. Gesê op December 30, 2009 om 12:34 PM | Permanente Skakel

    Awesome post, Girl. Makes one look forward to what the new year might bring with it – all that possibility, having put so much behind you… Wishing you a wonderful 2010!

  18. Gesê op January 1, 2010 om 12:13 PM | Permanente Skakel

    Happy happy! :grin:

  19. Gesê op January 2, 2010 om 9:29 AM | Permanente Skakel

    Ons is al by dag 2 van 2010

  20. deurdiewoestyn
    Gesê op January 3, 2010 om 9:30 PM | Permanente Skakel

    A nee a!! Wat gaan hier aan?

    lyk my jy het ekstra LAAAAAAANG VERLOF!

  21. Gesê op January 4, 2010 om 8:57 AM | Permanente Skakel

    Nee ou sandkorreltjie… Ek was net lui… maar die sakie is reggestel! :P

Sê jou Sê

Jou E-pos word nooit gepubliseer of met andere gedeel nie. Benodigde velde word gemerk met 'n *

*
*
  • Meer oor die Suburbs…

  • “n Voorstedelike Engel

    Ek is 'n nooi van Pretoria maar woon al 'n paar jaar in die Goudstad. Dit is in my nuutgevonde vryheid waar ek besonderse dinge beleef het en mense ontmoet het wat my bestaan ingekleur het. Mooi herinneringe is gebou; maar ook hartseer terugslae is beleef. Of hierdie nou 'n spoegblok, 'n dagboek of net die neerpen van 'n mengelmoes van my onsamehangende denke is, is debateerbaar. Dalk is ek 'n filosoof met die wyshede van die wêreld wat ek aan ander kan openbaar..... Ek kan dus bieg, wat ook al die beskrywing... hierdie is 'n persoonlike soeke na innerlike vrede en antwoorde wat ek verstaan.

  • My gedagtes draai om…

  • Besoekers nou by die suburbs…

    • Daar is tans 5 Besoekers aanlyn
  • 'n Wolk van Sleutelwoorde...

  • Onlangse Opmerkings...

  • Kontak die Suburbs

  • Argiewe van gedagtes

  • Ek ondersteun graag…

  • En ook vir…

  • Besoers aan die Suburbs…

    Hit Counters
  • Neem asseblief kennis…

    Kopiereg © 2010 Girl van die Suburbs - Alle regte voorbehou - totdat die Stormers die Super 14 wen. Wat beteken dit is van nou af tot in alle ewigheid. Hierdie blog is vir my ontwikkel op WordPress en 'n eie, unieke tema op die Thematic platform deur 2imagine met grafiese ontwerp insette deur I Love Design

  • Afrigator
  • Creative Commons License