Waters van vrede

Ek reken hierdie tyd van die jaar lok verskillende reaksies by almal uit. Ek… ag ons almal weet dat ek soms soos die bos kind van ouds vir die maan sit en kyk en luister na die wolwesang in die vêrte.

Ek het vandag onder die groot Jakarandaboom hier voor my kantoor, sommer so op die gras gaan lê, terwyl ek heimlik vir die kragonderbreking dankie gesê het. So deur die takke en blare het ek die wolke dopgehou en dit het my laat terug dink aan alles en nog wat. Iets wat ek nogal gereeld doen deesdae… ek dink oor nuwe geleenthede, die wat ek deur my vingers laat glip het… maar veral die mense wat my pad gekruis het.

Ek hou nie van hierdie tyd van die jaar nie. Drie dae in counting en ons gesin se lewens staan vir so ‘n week stil. Teen die tyd reken ‘n mens behoort jou hart beter te voel, jy behoort minder te verlang en die seer sou al verdwyn het, maar in alle eerlikheid vang dit my baie, baie meer as wat ek sal wil toegee.

Twee maande na Poen se dood het ek hartseer ontmoet, en al ons drama het my so besig gehou dat ek nooit getreur het oor ons jongste nie. Hierdie jaar… wel hierdie jaar onthou ek hom en ek mis sy warm logge lyf en stywe drukkies ongelooflik baie.

Ek het myself voorgeneem om minder hartseer posts te doen. Ek gaan minder oor die verlede skryf… Ek wil seëvier in my nuwe lewe… maar dit voel vanaand of my hart uitgeruk is. Jou lewe was so in teenstelling met myne en ek was ongelooflik trots!

Ek mis my beste maatjie.

07 April 1986 - 29 November 2005

07 April 1986 - 29 November 2005

Jy is nou immers by water waar daar vrede is.

Deel hierdie gedagtes met andere...:
  • Twitter
  • Facebook
  • laaik.it
  • Digg
  • del.icio.us
  • Google Bookmarks
  • Blogosphere News
  • eKudos
  • LinkedIn
  • MySpace
  • Reddit
  • Slashdot
  • StumbleUpon
  • Technorati
  • PDF
  • Print
  • RSS
Hierdie gedagtes is geplaas in gedagtegroep(e): My lewe, Rooiwyn vir die SielBoekmerk hierdie permanente skakel. Sê jou Sê of laat 'n terugskakel: Terugskakel URL. |

32 Comments

  1. Gesê op November 27, 2009 om 1:17 AM | Permanente Skakel

    Ag, ou Girl. Niks fout met hartseer posts nie. Mens moet skryf waaroor jy op daardie spesifieke oomblik sterk voel, en as dit hartseer is, so what?

    Ek kan goed identifiseer met hoe jy nou voel. Dis asof die pyn en verlange tog met die tyd minder word, maar op ‘n dag neuk dit jou met ‘n nat vis deur die gesig. Mens wil onthou, en op ‘n vreemde manier wil mens seer he wanneer jy onthou. Die dag as jy terugdink en jou hart pyn nie meer nie…ek wil daai dag ook nie he nie.

    Strongs, hoor.

    xx

  2. Gesê op November 27, 2009 om 6:57 AM | Permanente Skakel

    Die skryf oor dinge en mense (veral die spesiales) is belangrik. Dit is ‘n manier van hartseer verwerking. Die leemte wat jou boetie in jou lewe gelos het gaan nooit gevul word nie, en dit is ook nie veronderstel om gevul te word nie! Maar onthou net, dit gaan nie net oor 29/11/2005 nie, dit gaan ook oor die gelukkige herinneringe gedurende die 19 jaar VOOR daardie dag.

  3. Gesê op November 27, 2009 om 7:13 AM | Permanente Skakel

    My dear friend, the loss of a loved one is not something one forgets ever. BUT as time goes on we learn to live with it and deal it. May all the treasured and happy memories that you have give you lots of peace during this trying time. Thinking of you and your family. Call if you need to chat, I am always here for you:) XXX

  4. Gesê op November 27, 2009 om 9:39 AM | Permanente Skakel

    Sterkte, dit kan nie maklik wees nie.

  5. Gesê op November 27, 2009 om 11:28 AM | Permanente Skakel

    Dankie julle

    Soos ek vandag hier sit, kan ek net nie ophou huil nie… Dalk het ek PMS ook?!

    Dink ek moet my bottel jalf jack uit die kar gaan haal! ;)

  6. witperd
    Gesê op November 27, 2009 om 12:15 PM | Permanente Skakel

    Girlie, drukkie vir jou :) Hy was nog so bitterlik jonk. Weet nie wat sal ek doen as ek een van my boeties of suster moet verloor nie!

    tata jy!

  7. Gesê op November 27, 2009 om 12:19 PM | Permanente Skakel

    Jalf jack? :shock:

  8. Gesê op November 27, 2009 om 12:21 PM | Permanente Skakel

    Nell

    Hoe het ek jou geleer? As jy wil suip, kry ‘n vol bottel Jack Daniels.

  9. Gesê op November 27, 2009 om 12:26 PM | Permanente Skakel

    Dankie Witperd.

    If it is your time to go, it is your time to go…. maar hierdie jaar is dit vir my erg.

  10. Gesê op November 27, 2009 om 12:29 PM | Permanente Skakel

    Dit was ‘n vol Jack gewees vanoggend, maar so in die verkeer toe dog ek… fokkit… ek kan net sowel ‘n ou slukkie vat en toe ek weer kyk toe is die bottel half.

  11. Gesê op November 27, 2009 om 12:32 PM | Permanente Skakel

    Waters van vrede of waters van dronkenskap? Dronk verdriet?

  12. Gesê op November 27, 2009 om 12:35 PM | Permanente Skakel

    Die water verwys na iets anders en nie wat ek oor my lippe sit nie

  13. Gesê op November 27, 2009 om 12:36 PM | Permanente Skakel

    Die klein miniatuur bottels tel nie

  14. Gesê op November 27, 2009 om 12:39 PM | Permanente Skakel

    Is die 375 ml die klein botteltjie? :shock:

  15. Gesê op November 27, 2009 om 12:46 PM | Permanente Skakel

    Ja!!!!

    750 mil is standaard.

  16. Gesê op November 27, 2009 om 2:00 PM | Permanente Skakel

    En dan kry jy 1 liter… dit is Regte Jack!

  17. Gesê op November 27, 2009 om 2:39 PM | Permanente Skakel

    Jinne hoefie

    Ek wou nie hardop bieg nie…maar daar was ses van hulle in my kar… Nou is daar net 3 oor! ;)

  18. Gesê op November 27, 2009 om 2:42 PM | Permanente Skakel

    Vrekkit as ek geweet het van die 1 liter dan het ek wragtig nie al die klein botteltjies saam gesleep nie!

  19. Gesê op November 27, 2009 om 3:49 PM | Permanente Skakel

    Girlie,
    Om oor seer te skryf en om oor dit te praat, help altyd, hoekom presies dit werk weet ons nie, maar dit doen. So moenie verskoning vra dat jy uiting gee, selfs al is dit jare na die tyd nie.
    Seer is seer en dit moet uit.
    Hugs vir jou x

  20. Daizy
    Gesê op November 27, 2009 om 4:04 PM | Permanente Skakel

    Ai Girlie.

    Ons voel saammet jou! Huil, skree en skop solank dit jou net laat beter voel. Jy sal altyd die mooi herinneringe hê om aan vas te hou…onthou hom so…liefdetjies vir jou hoor (((((Girlie))))))

  21. Gesê op November 27, 2009 om 7:57 PM | Permanente Skakel

    GvS: Onthou net dit. Mens sê nooit regtig vaarwel nie, maar net totsiens tot ons weer ontmoet!

  22. maxie
    Gesê op November 27, 2009 om 8:45 PM | Permanente Skakel

    ((Nell))
    Stem, hierdie is nie ‘n lekker tyd van die jaar nie.

  23. Gesê op November 27, 2009 om 8:50 PM | Permanente Skakel

    Jy sal nie glo watse terapie blogging is nie . . . dit is ‘n baie goeie coping mechanism . . . hmmmm, ek weet.

    (((Girl)))

  24. Gesê op November 27, 2009 om 10:22 PM | Permanente Skakel

    Dankie tannie Roos

    Voel maar net soos ‘n terugslag in my gemoed want ek werk deesdae moer hard om te happy te wees…

  25. deurdiewoestyn
    Gesê op November 27, 2009 om 10:27 PM | Permanente Skakel

    Woorde is te leeg…niks wat enige iemand hier sê vanaand gaan die verlange of seer wegvat nie. Die verlange en seer sal altyd daar wees…

    Sorry, ek weet dis nie wat jy wil hoor nie, maar dis hoe dit is.

    xxx

  26. Gesê op November 27, 2009 om 10:30 PM | Permanente Skakel

    Ek is gelukkig Daizy… Ek kan selfs nog onthou hoe hy klink…

    Ek is op ‘n happy plek en ek weet hy op ‘n happier plek… Maar dis asof die dag en oploop bly afspeel in my kop asook die dag toe hulle hom uit die water gehaal het en sy begrafnis… dis daai wat ek nie weet wat om daarmee te maak nie!

  27. Gesê op November 27, 2009 om 10:32 PM | Permanente Skakel

    Hey Krok… Ek weet… ek glo dit in my hart… mis maar net die een met wie ek als kon deel, want ek het nou so baie om te vertel…

  28. Gesê op November 27, 2009 om 10:34 PM | Permanente Skakel

    Hey Max

    Hoop dit gaan goed. Dankie vir die inloer! x x x

  29. Gesê op November 27, 2009 om 10:36 PM | Permanente Skakel

    Ek glo jou Krista… dis die rede hoekom ek begin het…Ek het myself net voorgeneem om oor minder aangename dinge te blog want daai help my ook om te genees.

    Vrek… dit sal erens beter word….. ek weet!

  30. Gesê op November 27, 2009 om 10:37 PM | Permanente Skakel

    Dankie sandkorreltjie x x x

  31. Gesê op November 27, 2009 om 11:26 PM | Permanente Skakel

    (((Girl))) Ek wens ek kon jou sommer net ‘n regte druk gee. Ek self het ook een nodig :-)

  32. Gesê op November 30, 2009 om 7:48 AM | Permanente Skakel

    Dankie Son x x x

Sê jou Sê

Jou E-pos word nooit gepubliseer of met andere gedeel nie. Benodigde velde word gemerk met 'n *

*
*
  • Meer oor die Suburbs…

  • “n Voorstedelike Engel

    Ek is 'n nooi van Pretoria maar woon al 'n paar jaar in die Goudstad. Dit is in my nuutgevonde vryheid waar ek besonderse dinge beleef het en mense ontmoet het wat my bestaan ingekleur het. Mooi herinneringe is gebou; maar ook hartseer terugslae is beleef. Of hierdie nou 'n spoegblok, 'n dagboek of net die neerpen van 'n mengelmoes van my onsamehangende denke is, is debateerbaar. Dalk is ek 'n filosoof met die wyshede van die wêreld wat ek aan ander kan openbaar..... Ek kan dus bieg, wat ook al die beskrywing... hierdie is 'n persoonlike soeke na innerlike vrede en antwoorde wat ek verstaan.

  • My gedagtes draai om…

  • Besoekers nou by die suburbs…

    • Daar is tans 5 Besoekers aanlyn
  • 'n Wolk van Sleutelwoorde...

  • Onlangse Opmerkings...

  • Kontak die Suburbs

  • Argiewe van gedagtes

  • Ek ondersteun graag…

  • En ook vir…

  • Besoers aan die Suburbs…

    Hit Counters
  • Neem asseblief kennis…

    Kopiereg © 2010 Girl van die Suburbs - Alle regte voorbehou - totdat die Stormers die Super 14 wen. Wat beteken dit is van nou af tot in alle ewigheid. Hierdie blog is vir my ontwikkel op WordPress en 'n eie, unieke tema op die Thematic platform deur 2imagine met grafiese ontwerp insette deur I Love Design

  • Afrigator
  • Creative Commons License