Ware liefde

loveSo met die ontwaak van my self wonder ek mos nou oor die dinge wat ek nooit werklik verstaan nie. Ek spandeer genoegsame tyd aan die dinge wat ek graag wil reg maak waar ek voorheen verbrou het en ek wil veral leer om nie op te gee op die dinge wat my voorheen teleurgestel het nie. Maar ek wil ook nou nie myself opstel vir mislukking nie… Ek moet begin nugter dink oor dinge want ek reken dis my soeke na fairy tales wat my so maklik in die moeilikheid laat beland.

Ek het vanaand so deur my boekrak geloer en daar ontmoet ek weer vir ou Kahlil en sy stukkie wysheid oor liefde.

When love beckons to you, follow him,
Though his ways are hard and steep.
And when his wings enfold you yield to him,
Though the sword hidden among his pinions may wound you.
And when he speaks to you believe in him,
Though his voice may shatter your dreams
as the north wind lays waste the garden.

For even as love crowns you so shall he crucify you. Even as he is for your growth so is he for your pruning.
Even as he ascends to your height and caresses your tenderest branches that quiver in the sun,
So shall he descend to your roots and shake them in their clinging to the earth.

Like sheaves of corn he gathers you unto himself.
He threshes you to make you naked.
He sifts you to free you from your husks.
He grinds you to whiteness.
He kneads you until you are pliant;
And then he assigns you to his sacred fire, that you may become sacred bread for God’s sacred feast.

All these things shall love do unto you that you may know the secrets of your heart, and in that knowledge become a fragment of Life’s heart.

But if in your fear you would seek only love’s peace and love’s pleasure,
Then it is better for you that you cover your nakedness and pass out of love’s threshing-floor,
Into the seasonless world where you shall laugh, but not all of your laughter, and weep, but not all of your tears.
Love gives naught but itself and takes naught but from itself.
Love possesses not nor would it be possessed;
For love is sufficient unto love.

When you love you should not say, “God is in my heart,” but rather, “I am in the heart of God.”
And think not you can direct the course of love, for love, if it finds you worthy, directs your course.

Love has no other desire but to fulfill itself.
But if you love and must needs have desires, let these be your desires:
To melt and be like a running brook that sings its melody to the night.
To know the pain of too much tenderness.
To be wounded by your own understanding of love;
And to bleed willingly and joyfully.
To wake at dawn with a winged heart and give thanks for another day of loving;
To rest at the noon hour and meditate love’s ecstasy;
To return home at eventide with gratitude;
And then to sleep with a prayer for the beloved in your heart and a song of praise upon your lips.

My oë dwaal oor die bladsy terwyl ek probeer uitpluis of my persepsie van ware liefde gaan maak dat ek nog baie seer gaan kry vorentoe?

Wat is ware liefde?

Deel hierdie gedagtes met andere...:
  • Twitter
  • Facebook
  • laaik.it
  • Digg
  • del.icio.us
  • Google Bookmarks
  • Blogosphere News
  • eKudos
  • LinkedIn
  • MySpace
  • Reddit
  • Slashdot
  • StumbleUpon
  • Technorati
  • PDF
  • Print
  • RSS
Hierdie gedagtes is geplaas in gedagtegroep(e): Dit trek my aandag, Ek wonder, Natuurlik is dit mooi... Sleutelwoorde: , Boekmerk hierdie permanente skakel. Sê jou Sê of laat 'n terugskakel: Terugskakel URL. |

85 Comments

  1. Andrew
    Gesê op November 18, 2009 om 7:40 AM | Permanente Skakel

    Ware liefde is Adrenaline, Dopamine, Serotonin, Cortisol, Oxytocin en Vasopressin … en ‘n sigaret na die tyd. :lol:

  2. Gesê op November 18, 2009 om 7:51 AM | Permanente Skakel

    :lol: @ Andrew…. en nou het ek besluit om op te hou rook.

    Ek gaan nie eers probeer om daardie vraag te antwoord nie…. ek is klaar confused genoeg.

  3. Gesê op November 18, 2009 om 8:04 AM | Permanente Skakel

    Andrew :mrgreen: **Mhaw**

    More stranger!

    So as jy ophou rook dan geen meer noekie nie? :shock: Hoe gaan dit met die ophou rok?

    Ek dink BAIE mense verwar daai high…. as liefde… die gevoel na seks… en oh boy… is ons verkeerd.

    Daar moet ‘n beskrywing wees… :???:

  4. Gesê op November 18, 2009 om 8:09 AM | Permanente Skakel

    Nee Oukie man… Ek is self confused toe dog ek, ek gaan die lyn ingooi want erens moet daar iemand wees wat kan verduidelik. ;)

    Ek begin wonder of ek nie ‘n misconception het nie… Ek is mal oor die Prophet se beskrywing… maar is dit onrealistis van my om so te glo?

    Ek weet darem wat is die verskil tussen liefde en verliefdgeid….

  5. Daizy
    Gesê op November 18, 2009 om 9:12 AM | Permanente Skakel

    More Girlie…sjoe jy het vandag ‘n gewigtige onderwerp hier beet….en glo my jy gaan uit alle uithoeke soveel verskillende weergawes van liefde kry, dat jy na die tyd net nog meer deurmekaar gaan wees as voordat jy dit gevra het…..but here goes my “version”

    Liefde bestaan uit vertroue en respek ……iets anders wat niemand kan ver klaar nie dit is nou die liefdes tussen mense wat mekaar kan vertrou….. ‘n Mens kan ook liefde as ‘n verhouding beskou …..’n mens kan in samehorigheid saam bestaan en leef onder een son……Liefde is geduldig en nie selfsugtig nie…… Liefde maak soms seer, maar liefde genees ook gou ons wonde …. as ek net een woord vir ware liefde gehad het was dit….MY MAN…..hy wat dit omskryf deur net homself te wees…. hy wat net hoef te lag en vir my te kyk…. hy wat die ewige vrede in my hart gee…………..Ek het hom Lief…

    Hoop dit maak sin

  6. Gesê op November 18, 2009 om 9:12 AM | Permanente Skakel

    More, more!

    Neeee Girl, dis HEELTEMAL te vroeg vir my om aan sulke diep goed te dink! :shock:

    Laat die dag eers bietjie aanstap, dalk kom die antwoord na my toe. :roll:

  7. Daizy
    Gesê op November 18, 2009 om 9:15 AM | Permanente Skakel

    Ai toggie vergeet ek om by te voeg…..Liefde kan jou hele menswees verpletter….die son uit jou dag vedrink…..jou hart vertrap …..jou lugpyp toedruk sodat jy stadig versmoor…..Liefde het soveeeeeeeeeeeeel vasette

  8. Gesê op November 18, 2009 om 9:43 AM | Permanente Skakel

    :lol: Ek dink die tekort aan nikotien laat my yl…. (Ek kan nie verantwoordelik gehou wotd vir wat ek die volgende paar dae gaan kwytraak nie)

  9. Gesê op November 18, 2009 om 9:43 AM | Permanente Skakel

    More Daizy!

    Ek reken hoe meer opinies… hoe beter… ek wil net kyk of ek soveel anders dink oor die onderwerp… want gewoonlik kan ek nogal met myself weghol!

    Ek wil ook weet of dit net een keer in ‘n leeftyd verby kom die regte, ware jakob of kan jy meer as een persoon op ‘n gelyke lief he… Se nou maar persoon A stap verby maar oor jy te vrek bang is laat jy vir A sommer net laat gaan… Het jy dan op jou liefde uitgemis of kan persoon B daai leemte vul wanneer hy / sy verby kom?

  10. Gesê op November 18, 2009 om 9:47 AM | Permanente Skakel

    Vlammiekie… Ek gaan aanhou nag totdat jy my kom uithelp hier!

    Ek het woorde van die wyses nodig! Jy weet… my blog ma’s! ;)

  11. Gesê op November 18, 2009 om 9:49 AM | Permanente Skakel

    Ek stem Daizy…. Liefde kan seer maak ook…

    Maar ek wil veral van die manne af hoor… As julle nou nie uitchicken somewhere langs die pad nie! :P

    Ek wil weet hoekom is liefde vir hulle anders as vir ons… Wel ek neem aan dit is… soos wat ek aflei…

  12. Gesê op November 18, 2009 om 9:51 AM | Permanente Skakel

    Hmmmm…. Oukie….. dalk moet jy jouself gaan toesluit… om te yl kan BAIE gevaarlik wees.

    Onthou rook het twee fasette…. Verslawing en Gewoonte. Gee jouself 21 dae dan is jy oor die ergste. ;)

  13. Andrew
    Gesê op November 18, 2009 om 10:12 AM | Permanente Skakel

    DMI, ja jy moet vir my en Girlie join met die nie-rokery, jy sal baie goed voel. Ek vul die leemte wat gelaat word deur die sigarette met vloek en sex. Omdat ek nie meer kan rook na sex nie, vloek ek so bietjie vir die lekkerte en dan gaan ek vir ‘n tweede rondte ware liefde. So kry jy oefening ook en hou jy speel-speel op met rook. ;-)

    Girlie, ek het nog nie my lippe aan ‘n sigaret gesit vandat ek opgehou het nie. Saterdag sal dit 21 dae wees. Heeha!

    O ja DMI, die eerste twee of drie dae sal jy wens jy gaan dood weens die ontrekking simtome. Dis normaal, as jy dit kan survive het jy amper die hele tryd gewen.

  14. Gesê op November 18, 2009 om 10:22 AM | Permanente Skakel

    Hoekom wil jy ophou rook, DMI? :shock:

    Nee man, dis lekker en gesellig. En wie wil nou in elk geval gesond doodgaan? Jy’t net een liggaam gekry – gebruik hom OP! :mrgreen:

    Oukeiiiii….dis nou seker tyd dat ek die hasepad vat om al die projektiele te vermy? :lol:

  15. Gesê op November 18, 2009 om 10:24 AM | Permanente Skakel

    Jis Andrew ek is bly die nie-rook ding gaan so goed! Ek is trots op jou!

    Ja.. daai… speel-speel kan nogal help om een verslawing to substitude met ‘n ander… gelukkig werk die happy hormones dan sommer baie en dan is jy oor jou moerigheid! EASY-PEASY

    Nou wat gaan die papagaai doen vandat jy opgehou het? Ek meen… gaan hy dan daai speel-speel sessies namaak? :shock:

  16. Gesê op November 18, 2009 om 10:27 AM | Permanente Skakel

    Vlam… FOKUS

    LIEFDE!!!!!!!!!!!!!! Warrefok is dit? :mrgreen:

    Weet jy hoeveel “ware liefde” kan jy ervaar na die ophou rook want dan is jou stamina sommer beter! ;)

  17. Daizy
    Gesê op November 18, 2009 om 10:27 AM | Permanente Skakel

    Vlam….ek stem volkome met jou saam hier!!!!!! En Girlie ek dink nie die manne gaan hulle uitlaat oor die liefde nie….of as hulle gaan gaan hulle nie eerlik wees nie….hehe

  18. Gesê op November 18, 2009 om 10:57 AM | Permanente Skakel

    Julle twee help nie Daizy en Drakie!

    Ten minste is ou Andrew eerlik… Vir hom is dit die gevoel na seks… I can live with that one! ;)

  19. Andrew
    Gesê op November 18, 2009 om 11:23 AM | Permanente Skakel

    :lol: @ Girlie. Ek vloek nooit voor my papagaai nie maar so paar dae terug hoor ek hy sê “fok” in my stem. Dalk vloek ek in my slaap, of terwyl ek spyker as my tone omkrul, sonder dat ek eers weet. :shock:

    Vlam, jy is so reg oor jou ligaam opgebruik voor jy dood gaan. Ek is ‘n orgaan skenker maar wat bruikbaar gaan wees as ek omtiep sal ek nie weet nie. Miskien kan hulle matrasse maak van my ooghare of iets. :lol:

  20. Gesê op November 18, 2009 om 11:26 AM | Permanente Skakel

    8-)

  21. Gesê op November 18, 2009 om 12:17 PM | Permanente Skakel

    ‘n Papagaai is net so erg soos ‘n kind klink dit my. My vriendinne se tjokkertjies raak ook soms pearls of wisdom kwyt en dan wonder hulle waar….hulle daaraan kom! :roll:

    Okay… so nou het ons bevestig…Andrew is ‘n screamer :mrgeen:

    Ek is ook ‘n orgaan en bloedskenker… Hulle kan my maar kaal stroop… Wonder net of die lewer dit lys gaan haal ;)

  22. Gesê op November 18, 2009 om 12:19 PM | Permanente Skakel

    Plasie…. Jy kan nie net vir my :cool: nie.

    Hoe ervaar jy liefde as ‘n man?

    Komaan….

  23. Gesê op November 18, 2009 om 12:42 PM | Permanente Skakel

    :lol: Vlam … tydens een van my dinksessies gisteroggend in die oggendure het ek net gedink – Hoekom rook ek? En ek kon nie ‘n goed genoeg antwoord kry nie. Toe besluit ek ek kan net sowel ophou….. en hou as motivering die wortel voor die oë – CD’s en DVD’s met al die geld wat ek gespaar het!! Heeeehaaaaa

    Oor die ware liefde ding – Koos Kombuis sê dit so mooi -
    “…. ek leen jou my bicycle sonder ‘n slot….”

  24. Gesê op November 18, 2009 om 1:24 PM | Permanente Skakel

    Love is not a feeling, it is a state of being. Hoe die flip moet ‘n mens nou so vraag antwoord. Huh?

  25. Gesê op November 18, 2009 om 1:34 PM | Permanente Skakel

    Ja Oukie… ek reken jy is reg oor die song… Ek het hom weer gaan luister.

  26. Gesê op November 18, 2009 om 1:36 PM | Permanente Skakel

    Jissie Plasie… Ek reken jy is reg… ‘n State of being! WOW :P

    So glo jy in die soetsappigheid van die liefde?

  27. Gesê op November 18, 2009 om 1:53 PM | Permanente Skakel

    Ja ek doen.
    Na 18 jaar saam met Krista maak my maag nog steeds ‘n draai as sy na werk by die huis kom. Ons hou nog steeds hande vas as ons op die bank sit en TV kyk en ek skryf nog steeds vir haar briefies met silly boodskappies op en pak dit in haar kosblik.

    Maar ek glo ook dat liefde ‘n wilsbesluit is en dat jy daagliks daaraan moet werk en dit voed. Ek glo ook aan absolute eerlikheid, integriteit en vertroue binne ‘n verhouding. Ononderhandelbaar.

  28. Gesê op November 18, 2009 om 2:05 PM | Permanente Skakel

    Plasie… Jy is soos in my Hero vir die dag!

    Dan het ek nie onbereikbare ideale nie… Dit KAN so wees. :mrgreen:

    Right…. dan settle ek vir niks minder as wat my hartsbegeerte is nie! En ja…. Ek glo ook dis ‘n wilsbesluit!

  29. Daizy
    Gesê op November 18, 2009 om 2:34 PM | Permanente Skakel

    Lekker filosofies raak die plaasmannetjie nou jong….en jy is ook nog in die kol…

  30. Gesê op November 18, 2009 om 2:46 PM | Permanente Skakel

    Wee’jy Daizy

    Ou plasie en sy LLWD is darem ‘n inspirasie vir ons almal. Ek is net dankbaar om uit te vind mans kan net so oor liefde voel soos ons. ;)

  31. Daizy
    Gesê op November 18, 2009 om 2:49 PM | Permanente Skakel

    Nou toe dit vebaas my ook wee jy!! Waar loop soek en na die plasie se LLWD wil ook mos nou lees watse wyshede sy kan kwytraak….

  32. Gesê op November 18, 2009 om 2:54 PM | Permanente Skakel
  33. Daizy
    Gesê op November 18, 2009 om 3:20 PM | Permanente Skakel

    Thanx Girl ek sal gaan loer da

  34. Gesê op November 18, 2009 om 4:06 PM | Permanente Skakel

    Bwhahahaha!! Andrew, slim van jou om nooit voor jou papegaai te vloek nie! Ek kyk nou na Jan se papegaai – en ek’s nie gewoond aan geveerde voels nie. Het my gat afgeskrik toe hy die eerste keer begin lag soos Jan. :shock: Gelukkig hoes hy nie soos Jan nie – dit sou sy dood beteken het.

    Gisteraand op Cold Case Files sien ek hierdie ou prof wat die proses van human decay bestudeer. Gooi hulle in ‘n veld en kyk hoe die goggas hulle ding begin doen. Ek het my net verwonder oor waar die ou sy lyke kry, toe hy noem dat mense hulle lyke skenk vir spesifiek hierdie doel. So, as die ou lyf heeltemal vodde is, is daar darem nog steeds ‘n manier hoe jy iets kan beteken na jou dood. :mrgreen:

  35. Gesê op November 18, 2009 om 4:22 PM | Permanente Skakel

    Daizy, om die hele ding te verstaan moet jy eintlik begin by wosonki.wordpress.com Dit is waar ons saam begin blog het voor ek en LLWD apart begin griffel het (ek vermoed van ons beste “werk” lê nog daar!)

  36. Gesê op November 18, 2009 om 4:48 PM | Permanente Skakel

    MyLyfie het alles gesê wat ek wou sê. Sela.

    PS: Na 18 jaar kry PJ simpatie-rugpyn as dit my DAAI tyd van die maand is en ek kry nou lae bloedruk van sy alien-pille . . . scary stuff . . . ons spreek mekaar se gedagtes uit nes die ander een dit klaar gedink het . . .

    PPS: Moenie settle nie, die ware ding is sooooooooo die moeite werd. Overgesetsynde en desnieteenstaande is nit nie ‘n waarborg dat ons sal for-ever-and-ever nie, maar dis hoekom mens daaraan moet werk. Dit kom nie vanself nie.

  37. Gesê op November 18, 2009 om 6:39 PM | Permanente Skakel

    Ek is nie gekwalifiseerd vir die vraag nie.

  38. Gesê op November 18, 2009 om 6:43 PM | Permanente Skakel

    Komaan hoefyster… Vat dan ‘n raai! :)

    Hoe dink jy as onemosionele wese… wat regtig niks OOIT voel nie…. Moet dit wees?

  39. Gesê op November 18, 2009 om 6:48 PM | Permanente Skakel

    So mag ons maar dan daar gaan krap Plasie?

  40. Gesê op November 18, 2009 om 6:55 PM | Permanente Skakel

    Goeie fnok! Oral waar ek lees is Xena nie gekwalifiseerd nie! Dis ‘n nuwe een daai. :shock:

  41. Gesê op November 18, 2009 om 7:01 PM | Permanente Skakel

    Jinne Krista… dan lees julle nog mekaar se gedagtes ook nog! :shock:

    Ek het net onlangs besef ek bly settle vir minder as wat ek op geregtig is…oral in my lewe. Werk, vriendskappe, verhoudings, gesondheid…WHY? Maar in elk geval….

    Ek verstaan dat liefde / verhouding vrek harde werk is en ek sal my dood werk daaraan, maar dan wil ek iemand in my lewe he wat dieselfde sal doen en wat dit verdien.

    Ek verdien dit ;)

  42. Gesê op November 18, 2009 om 7:03 PM | Permanente Skakel

    Nou Vlam… Waaraan is jy gewoond as jy nie geveerde voels ken nie? :???:

  43. Gesê op November 18, 2009 om 7:06 PM | Permanente Skakel

    Ek dink sy is OOREMOSIONEEL vandag Vlam… :shock:

    Shocking… EK weet!

  44. Gesê op November 18, 2009 om 10:03 PM | Permanente Skakel

    Hey! Ek sal julle mos bliksem! :evil:

  45. Gesê op November 18, 2009 om 10:08 PM | Permanente Skakel

    Gmf! Jy kan nie eers agteroor bliksem nie. :evil:

    Van die os op die trekker:

    Kom pik ‘n traantjie. Kom wip ‘n woordjie. Kom se koebaai.

    http://delliesedinge.wordpress.com/2009/11/18/dont-cry-because-its-over/

  46. Gesê op November 19, 2009 om 6:08 AM | Permanente Skakel
  47. Gesê op November 19, 2009 om 9:26 AM | Permanente Skakel

    Ag ou hoefyster…. Dis mos so…. Jy begin nou eventually deel word van die Emosie belaaide groepe hier! ;)

  48. Daizy
    Gesê op November 19, 2009 om 9:36 AM | Permanente Skakel

    More Girl…nee man dit is dan amper 10 uur en nog nie ‘n nuwe skryfdingetjie hier nie….a-nee-a toe opskud….thanx plasie ek sal gaan loer daar hoor…en vlammetjie ek het nie regtig daai ander mense se griffels gelees nie maar het tog gaan loer, verstaan tog nie so mooi wie gaan weg en wie bly nie of hoekom nie….het darem ‘n eet en drink dingetjie gehad…hehe en hulle vaarwel geroep….miskien kan iemand meer lig op die onderwerp plaas??

  49. Gesê op November 19, 2009 om 9:49 AM | Permanente Skakel

    Ag jinne Krista… Die is so vrekkin cute!

    DANKIE :mrgreen:

    **Mhaw**

  50. Gesê op November 19, 2009 om 9:51 AM | Permanente Skakel

    More Daizy

    Hmmm…. Ek dros vandag so bietjie van my verantwoordelikhede af hier….

    Ek sal jou ‘n epossie stuur!

  51. Gesê op November 19, 2009 om 10:42 AM | Permanente Skakel

    O ja, wat ek nog wou sê: liefde maak jou nie gelukkig nie, dit maar jou net meer/volkome gelukkig . . .

  52. Andrew
    Gesê op November 19, 2009 om 11:52 AM | Permanente Skakel

    Plasie jy besef seker dat jy groot probleme veroorsaak het vir duisende mans wie se vroue of meisies hier lees. Hulle verwag nou ons moet soos jy wees.

    Ball and Chain: “Andrew kyk hier wat skryf Plasie. Kyk hoe romanties is hy. Kyk hoeveel gee hy om vir sy vrou. Kyk hoe lief het hy vir haar. Kyk hoe hou hulle hande vas. En wat doen jy?!”

    Andrew: “Burp … (sit bier neer) … uhm maar Liefie … (krap sy eiers vir die hoeveelste keer) … ek IS lief vir jou”

    Ball and Chain: “!!!!!!!! Fokof uit my huis uit! Uit uit uit!”

  53. Gesê op November 19, 2009 om 11:54 AM | Permanente Skakel

    Liefde is ‘n emosie waarmee ‘n verhoudings beskryf word. Dit is nie liefde wat seermaak nie, dit mense in ‘n verhouding; dit is ‘n verhouding wat nie werk nie. Liefde is ‘n beskrywing van dit wat van my ‘n beter mens maak. As dit nie van my ‘n beter mens maak nie, is dit lankal nie meer liefde nie.

  54. Gesê op November 19, 2009 om 12:00 PM | Permanente Skakel

    :lol: @ Andrew…. na al die snot en trane in die blogosfeer, en my lighoofdige-geen-nikotien-dronkgevoel is dit baie welkom….. Bwahahahaha en moersnaaks!

  55. Daizy
    Gesê op November 19, 2009 om 12:06 PM | Permanente Skakel

    Julle manne kan maar gerus gaan leer …. of eerder ek is seker julle het ‘n ieder en elk iets om van die ander te leer om almal van julle beter manne (kerels, verloofdes) te maak….en ja dit was noggal snaaks…..hoop tog nie jy het getrip oor die chain nie Andrew…hehe

  56. Gesê op November 19, 2009 om 12:58 PM | Permanente Skakel

    Wel ou Krista… Dan gaan ek eendag vrek gelukkig wees… Ek begin myself nou net al hoe meer love! Dink nou net my liefde x 2… Amazing stuff! ;)

  57. Gesê op November 19, 2009 om 12:58 PM | Permanente Skakel

    Hmmmmm . . . onthou liefde is nie eensydig nie . . . :wink:

  58. Gesê op November 19, 2009 om 1:00 PM | Permanente Skakel

    Comment ons so gelyk . . . my “hmmmmmm” is nie op jou comment hierbo gebaseer nie . . .

  59. Gesê op November 19, 2009 om 1:04 PM | Permanente Skakel

    Bwahahha. Andrew!!!!!!! Hoop jy het darem ‘n broek aangehad! :shock:

    :mrgreen: :mrgreen: :mrgreen: :mrgreen:

    Nee wat…. Woorde spreek vir my meer as dade… Ek wil HOOR en nie noodwendig rose ontvang nie!

    Maar dat Plasie julle gaan laat les opse… verseker!

  60. Gesê op November 19, 2009 om 1:12 PM | Permanente Skakel

    Hey Attie….

    Ek wou net kyk of mans dieselfde emosie ervaar en sover klink dit my is dit net ou Plasie wat OF anders is… OF die enigste eerlike een is! :P

  61. Gesê op November 19, 2009 om 1:14 PM | Permanente Skakel

    Hmmmm Oukie…. Snot en trane? Nee man…. Die liefde is nie so erg nie! ;)

  62. Gesê op November 19, 2009 om 1:18 PM | Permanente Skakel

    Ou Daizy…. Ek reken hulle almal is regte softies maar wil dit net nie erken nie!

    Ou Andrew hou mos van chains??? :???:

  63. Gesê op November 19, 2009 om 1:20 PM | Permanente Skakel

    :lol: Krista

    Ja ek reken eensydige liefde is regtig nie eers love for self nie… Dis sad nogal!

  64. Andrew
    Gesê op November 19, 2009 om 2:27 PM | Permanente Skakel

    DMI,

    Ek het high hopes vir jou. As jy een week kan gaan sonder nikotien, dan het jy my respek gewen. Niemand was trots op Girlie toe sy opgehou het nie, maar sy was trots op my toe ek opgehou het. So sal ek op jou trots wees as jy dit kan doen. Jy sal verstaan dat trots ‘n groot woord is, en ophou rook is ook ‘n groot ding. Jy moet ophou voor jy dit verdien. Email vir my as jy ‘n bietjie motivering nodig het. Ek wil jou graag help … ek dink ek kan.

    Wat verhoudings betref, die natuur het vir ons die gom gegee om aan mekaar vasgeplak te bly vir ten minste ‘n paar jaar, maar dan moet jy baie stoot. (Sien my eerste komentaar) Die “living water” wat die Bybel beskryf in John 7:37-38 is nie waarvan ek praat nie. Fok nee, ons het meer klas as dit.

  65. Gesê op November 19, 2009 om 3:10 PM | Permanente Skakel

    JA vrekkit… maar ek reken dit is oor niemand gedink het ek kan ophou nie Andrew,,, en die ander het nie gereken dis so ‘n big deal nie. Maar hel…. Ek voel stukke beter en ek ws ook sommer stukke groter ook… gelukkig keer ek nou weer terug na normaal! ;)

    Erm… stoot vanaf die wal in die sloot stoot? Die wa deur die drif stoot? Mekaar maar ‘n hupstootjie gee? :roll:

    WoW… Respek vir daai “living water” een Drei’kie!

    Nou wil ek net byvoeg… Ek wonder of ek jou met oukie kan vertrou so agter die skerms? :???:

  66. Andrew
    Gesê op November 19, 2009 om 3:36 PM | Permanente Skakel

    Nee Dude Meisie, jy vertrou niemand. O demit dit lyk vir my ons moet van voor af begin.

    Les nommer 1.

    Hoe gelowiger die persoon hoe minder moet jy hom/haar vertrou.

    Semester toets vraag # 1, is die stelling bo waar of false?

    Waar [20] :
    False [00] :

  67. Gesê op November 19, 2009 om 3:42 PM | Permanente Skakel

    Faaarrrkkk… Nee, jy het nou vir klaasvakie verloor hier!

    heh?

  68. Andrew
    Gesê op November 19, 2009 om 4:04 PM | Permanente Skakel

    Huh?

    Wat meen jy Huh?

    Mmmm … ek kan my duim agteroor buig en my …. okay dis al wat ek kan doen, maar nog steeds, dis oraait, stry?

  69. Gesê op November 19, 2009 om 5:15 PM | Permanente Skakel

    Jy was nog altyd net die beste in my oe… die aller beste… en ek meen … alles wat buig… Knap gedaan…

    maar geloof en nie gelowiges vertrou nie… Why? :roll:

  70. Andrew
    Gesê op November 19, 2009 om 6:16 PM | Permanente Skakel

    Daar is ‘n reel. Hoe meer gelowig die persoon, hoe meer versigtig moet ‘n mens wees teenoor hulle. Jy sal vir my se dit is nie waar nie. Ek sal vir jou se jy is verkeerd. Gelowiges is etters. Bliksemse ma naaiers.

    Kyk vir my in my elektriek blou oe en se vir my dit is nie so nie.

  71. Gesê op November 19, 2009 om 6:46 PM | Permanente Skakel

    Jinne, nee ek kan nie hiermee saam stem nie… maar ek kan dit ook nie deny nie. Baie mense kruip agter geloof weg en gedra hulle soos utmost varke! Ek sou se MENSE…

    Ek is bang as ek in jou oe kyk dan raak my kniee lam en dan gaan ek dalk in ‘n beswyming in…. :roll:

  72. Gesê op November 20, 2009 om 6:55 AM | Permanente Skakel

    :lol: Andrew – Ek sal dit doen…. net omdat ek kan, dalk met bietjie meer gevloek en diep asemhaal en tel tot tien, en dan weer agteruit tot 1… maar EK SAL!

  73. Gesê op November 20, 2009 om 7:59 AM | Permanente Skakel

    That’s the spirit Oukie! x x x :mrgreen:

  74. alexlombaard
    Gesê op November 22, 2009 om 10:30 AM | Permanente Skakel

    Andrew, in die naam van God die Vader, Jesus Christus Sy Seun en die Heilige Gees word hierdie wraakspraak nietig gemaak en rein gewas. Gelowiges sal nie verdwyn of verdamp of oplos nie. Gelowiges sal nie in stilte of met hoonlag hierdie uitspraak verduur nie; gelowiges sit nie in die kring van die spotters nie.
    Gelowiges sal dwarsdeur jou blou oe kyk en verby jou swetsende, kwetsende woorde luister en jou verlore siel sien en hoor roep.
    Miskien eendag sal jy self die wonder van ware liefde ervaar en die heiligheid daarvan vuriglik verdedig. Tot dan speel jou uitlatings wel ‘n kernrol: dis telkens die opsigtelike tentoonstelling van rou evil wat gelowiges opnuut laat besef presies hoe fel en direk die aanslag van donker teen Lig is.

  75. Andrew
    Gesê op November 23, 2009 om 8:54 AM | Permanente Skakel

    Alex,

    Iets wat jy en ander gelowiges moet verstaan is dat net omdat julle gode respekteer nie beteken dat ander dit automaties moet doen nie. As jy wil he ek moet jou god(e) respekteer moet jy die ideologie verander wat hy/sy/hulle/dit verteenwoordig. Jou god is die aakligste, wreedste, onnooselste barbaar denkbaar. Jy aanbid wat ek as suiwer evil sal beskryf. Gaan lees jou bybel … aandagtig asseblief voor jy weer vir my ‘n lesing gee oor lig en donker.

  76. Gesê op November 23, 2009 om 9:02 AM | Permanente Skakel

    Jou vraag Girly na aanleiding van daardie gedig:
    Ja, DIS die omskrywing van Liefde, en daardie word dan uitgeleef deur liefdesdade.

    En indien mens daardie nie vind nie, sal mens altyd verlore in die liefde wees. Dis nie te sê dat mens nie steeds volkome mens kan wees nie, maar vrouwees is dan verlore. Daardie gedig gaan oor die liefde tussen ‘n man en vrou.

    Op ‘n ander noot – JY het deur donker beweeg – jy stap nou LIG toe. Konsentreer en fokus op die LIG. Daar is baie afdraaipaaie wat mens geneig is om te wil volg. MAAR Vriendinnekie, FOKUS op die LIG.
    Afdraaipaaie verblind mens.

  77. Gesê op November 23, 2009 om 9:09 AM | Permanente Skakel

    More Sammi

    Ja… Ek ken daai afraai paaie al te goed! Dis wel bietjie moeilik om uit die moeilikheid te bly!

    Die lig skyn op my pad Sam… al te bright… ek reken ek is op die regte pad! ;)

  78. Gesê op November 23, 2009 om 9:11 AM | Permanente Skakel

    Andrew
    Ons aanbid nie gode nie
    Ons aanbid nie God nie

    God is Abba – God is Vader. God is Skepper. Daar is net EEN God.
    God wat sy enig gebore Seun opgeoffer het vir ons sondes
    En vir ons die Heilige Gees gebring het op hierdie aarde

    En Jy Andrew, ken die Woord uitsonderlik goed en weet jy ek kyk reg deur jou. Lankal. Van Flippiefanus en laasjaar se dae af.
    Hoekom ken jy Sy Woord SOOOO goed?

    Jy het TEEN God gekies. Ek het VIR God gekies. LX en Girly het VIR God gekies. Aanvaar dit.
    Jy is nie agnosties nie, jy is ‘n ateis wat TEEN God gekies het. Klaar

    Dis hoekom ek nie verblind word deur jou kwinkslae nie.

  79. Gesê op November 23, 2009 om 9:29 AM | Permanente Skakel

    Dis goed so, Vriendinnekie – dis goed so

  80. Gesê op November 23, 2009 om 9:57 AM | Permanente Skakel

    Hi Girly!!! age restriction!!

    Ek het gesê ek gaan nie weer kommentaar lewer nie, maar ek was na hierdie pragtige “Gibran” stukkie gelok!! :mrgreen:

    Nou almal weet seker dat ou PJ en my Teddie vriende is. Selfde soort mense. Sterk mans, hulle het nie minderwaardigheids issues, ek kan jou verseker slim mans ook, slim op baie vlakke. Hulle sexy sit in hulle breine, ruggraat en guts. ;) Hulle het die magic trick ontdek om hulle vrouens se aandag te hou en dit het nie vasgeslaan by die ding in hulle broek. Dis wat mans moet leer, hulle moet ophou dink dat daardie ding die beginning en end of it all is. Daarom word ek en Krista op die hande gedra (balans hier natuurlik die keyword) Ooreenkomste tussen ons is dat ons ook high school sweet hearts was. Dus hierdie liefde het oor baie jare gekom, respek vir mekaar, harte propvol liefde en dan om mekaar spasie te gun om ook individueel te leef. Ons gun mekaar baie spasie, geen ball en chain – al ball en chain wat in ons lewens feature is daai een wat sorg vir die sparks. Party mense is altyd so bitter oor die liefde hulle sit die res van die mensdom gedurig af van hoe magic ware liefde regtig is. :roll:

    Ek sien omdat ek ‘n gelowige is word ek ‘n ma naaier genoem… I couldn’t give a rat’s tutu about your emotional distress Andrew!!!
    Weet jy wat, jy het ons God nou so sleg gesê dat ek wonder is dit nie dalk “die aakligste, wreedste, onnooselste barbaar” in jouself nie, het iemand (gelowige) êrens jou dalk so erg seergemaak en het dit jou so lelik en bitter agter gelaat? Iemand het my eenkeer geleer in almal is mooi en lelik. Ek volg jou al lank, en daar is mooi in jou, as ek hard soek. Ek dink jy moet aandag daaraan gee, want behalwe vir die afkraak van my God is jy andersins nogal nie ‘n te sleg ou nie, dis net dat jy my soms so kwaad maak ek voel of ek alles aan jou wil knoop ;)

    Love “bears all things” and “endures all things” (1 Cor. 13.7). These words say all there is to be said; nothing can be added to them. Ek is bly die brights skyn helder op jou pad Girly :lol:

  81. alexlombaard
    Gesê op November 23, 2009 om 10:48 AM | Permanente Skakel

    Girlie – baie dankie vir die geleentheid om hier te mag gesprekvoer.

    Dagse Andrew

    Baie dankie vir die weerhouding van ‘n persoonlike aanval hier by ander persoon se blog. Soos jy dit duidelik stel: jou uitgesproke mening oor wie ek aanbid, is gerig aan God Drie-Enig en fokus op julle.
    Baie dankie vir jou advies rakende die ideologie; asook die voorwaarde vir respek. My geloof is egter nie ideologies gefundeerd nie, Andrew. My geloof is ook nie afhanklik van jou respek nie. Derhalwe, soos Sammi dit onomwonde gestel het – ‘n mens beskik oor inligting en kennis en ‘n mens maak ‘n keuse. Ek het alleenlik in gesprek getree omdat my onweerlegbare oortuiging my instinktief noop om nie die vervloeking van gelowiges stilswyend te duld nie en gevolglik te kondoneer nie; nie om debat te voer nie.

    Dankie vir die geleentheid, weer eens, Girlie.

  82. Gesê op November 23, 2009 om 11:30 AM | Permanente Skakel

    Ja ou Wip… Voels van eenderse vere….

    Ek weet voor my heilige siel… die volgende suitor gaan (is) ;) van beter stofasie (wees)…

    Kan ek net byvoeg… nou dat ek in beter kringe beweeg en wel mans ontmoet wat actually nie met daai ding dink nie… Ek nie so mooi weet hoe om dit te hanteer nie. Hoe sad is dit. Ek leer nou weer ‘n hele ander dimensie van respek…

    Ek is bly dat my vorige ondervindings my nie bitter gelaat het nie…Ek besef nou eers dit was net nooit ware liefde nie. So ek skiet myself net in die voet as ek opgee op liefde. ;)

  83. Gesê op November 23, 2009 om 11:32 AM | Permanente Skakel

    Dis reg Alex… Julle kan die saak uit redeneer soveel as nodig… julle mag net nie persoonlike aanvalle loots nie!

    Happiness :mrgreen:

  84. Andrew
    Gesê op November 23, 2009 om 11:55 AM | Permanente Skakel

    Sammi wat probeer jy sê, dat ek ‘n satanis is? As dit ooit gebeur klap my teen die kop asseblief want dan beteken dit ek glo in god(e).

    Ek het ‘n probleem met onderdrukking en ek het ‘n probleem met bullshit. Bygelowigheid is bullshit, was nog altyd en sal altyd wees. Of jy nou dink die nommer 3 gaan vir jou geluk bring, en of jy nou glo in astrale projeksie, en of jy glo in Tarot kaarte, en of jy gode aanbid, dit bly bullshit. Maar my grootste enkele “gripe” teen godsdiens is nie dat dit ‘n leun is nie, maar dat deel van die ideologie vereis dat dit versprei moet word en dit lei tot onverdraagsaamheid aan beide kante van die argument.

  85. Minna
    Gesê op November 27, 2009 om 8:12 AM | Permanente Skakel

    Hoe hanteer mens ‘n verhouding waarin jy betrokke is vir 2 jaar. Alles goed tot hy besluit die vlam is dood en hy wil in gees antwoord kry?

Sê jou Sê

Jou E-pos word nooit gepubliseer of met andere gedeel nie. Benodigde velde word gemerk met 'n *

*
*
  • Meer oor die Suburbs…

  • “n Voorstedelike Engel

    Ek is 'n nooi van Pretoria maar woon al 'n paar jaar in die Goudstad. Dit is in my nuutgevonde vryheid waar ek besonderse dinge beleef het en mense ontmoet het wat my bestaan ingekleur het. Mooi herinneringe is gebou; maar ook hartseer terugslae is beleef. Of hierdie nou 'n spoegblok, 'n dagboek of net die neerpen van 'n mengelmoes van my onsamehangende denke is, is debateerbaar. Dalk is ek 'n filosoof met die wyshede van die wêreld wat ek aan ander kan openbaar..... Ek kan dus bieg, wat ook al die beskrywing... hierdie is 'n persoonlike soeke na innerlike vrede en antwoorde wat ek verstaan.

  • My gedagtes draai om…

  • Besoekers nou by die suburbs…

    • Daar is tans 8 Besoekers aanlyn
  • 'n Wolk van Sleutelwoorde...

  • Onlangse Opmerkings...

  • Kontak die Suburbs

  • Argiewe van gedagtes

  • Ek ondersteun graag…

  • En ook vir…

  • Besoers aan die Suburbs…

    Hit Counters
  • Neem asseblief kennis…

    Kopiereg © 2010 Girl van die Suburbs - Alle regte voorbehou - totdat die Stormers die Super 14 wen. Wat beteken dit is van nou af tot in alle ewigheid. Hierdie blog is vir my ontwikkel op WordPress en 'n eie, unieke tema op die Thematic platform deur 2imagine met grafiese ontwerp insette deur I Love Design

  • Afrigator
  • Creative Commons License