En dit hou aan reen…..

driving-in-rain2

www.flickr.com

Ja-nee, kyk…. Die kaap van storms het so met die Suidooster reg hier in die binneland ingewaai. Ek kan nie onthou wanneer laas daar soveel water uit die hemel geval het hier in my kontrei nie.

Die Afrikaner bloed in my is dankbaar vir die reen op die plase (ja…. My ooms boer almal)…. Die coloured bloed in my ween want my hare krul verwoed, terwyl die swart bloed begin soek na die taxis op die pad… want vrekkit hulle ry nou erger as hulle eie hooligan self.

Ek verstaan nie hoekom ons reënboog nasie alle bestuursvernuf verloor sodra dit begin reën nie…. Eintlik kom die hele stad tot ‘n stilstand… soos in letterlik want

Al die verkeersligte bom uit; Daar is heelwat meer motors as wat gewoonlik en almal ken jou agterpaadjies; Voetgangers vleg verwoed tussen die motors… of hulle nou stil staan of aanbeweeg net om nie natter te reën nie… maar hulle is klaar sop…. nat….. En…elke derde kaskar breek langs die pad…

Kan enige iemand die fenomeen verduidelik? Of is dit net ek wat dit sien?

Deel hierdie gedagtes met andere...:
  • Twitter
  • Facebook
  • laaik.it
  • Digg
  • del.icio.us
  • Google Bookmarks
  • Blogosphere News
  • eKudos
  • LinkedIn
  • MySpace
  • Reddit
  • Slashdot
  • StumbleUpon
  • Technorati
  • PDF
  • Print
  • RSS
Hierdie gedagtes is geplaas in gedagtegroep(e): Ek wonder, Sommer maar net... Sleutelwoorde: , Boekmerk hierdie permanente skakel. Sê jou Sê of laat 'n terugskakel: Terugskakel URL. |

51 Comments

  1. ELF
    Gesê op November 19, 2009 om 9:45 PM | Permanente Skakel

    “Ek verstaan nie hoekom ons reënboog nasie alle bestuursvernuf verloor sodra dit begin reën nie” .. met alle respek wag tot jy in die Kaap kom bly! Ek kry soms die idee die reën spoel elemente soos logika en verantwoordelike denkvermoë weg as die engeltjies piepie.

    Iets wat niks met niks te doen het nie, ek lees anderdag n quote in die lyn van ‘rain are like tears but without the pain’ .. was nogals vir my mooi gewees. Dink aan jou .. en veilig ry op die paaie asb, want ons wag vir jou. x

  2. Gesê op November 20, 2009 om 6:59 AM | Permanente Skakel

    Ek wens ek het geweet!! En met die feit dat ek so bietjie vinniger geirriteerd raak help hierdie crap verkeer en bestuurders glad nie.

  3. Daizy
    Gesê op November 20, 2009 om 7:28 AM | Permanente Skakel

    Maar ek het jou dan genooi om jou tassies hier te kom afpak….ons ry hier nog met donkie karre….so….problem solved….hehe

  4. Gesê op November 20, 2009 om 8:07 AM | Permanente Skakel

    More Elf! x x x

    So bly om jou te sien! (raak te lees) :mrgreen:

    Jong, ja aangaande daai quote moet ek bieg ek voel altyd ietwat mismoedig wanneer die weer so is. Ek het baie vitamien D nodig om die serotonien vlakke in werkende toestand te hou! ;)

    Ek probeer veilig ry! Maar gelukkig is die verkeer so stadig ek kan regtig nie vinniger as 40 Km p.h ry nie…

    Wag vir my in die kaap! LEKKER! :)

  5. Gesê op November 20, 2009 om 8:10 AM | Permanente Skakel

    Weet jy Oukie… Ek reken jy moet maar iets in die kar kry om jou te help met die irritasie vlakke… Suigstokkies of iets om jou hande besig te hou soos ‘n rekkie wat jy mee kan speel…

    Maar jy is al amper oor die ergste! BYT NET VAS!

    En as dit jou laat beter voel…. vloek al die ander op die pad… Easy-Peasy! ;)

  6. Gesê op November 20, 2009 om 8:13 AM | Permanente Skakel

    More Daizy!

    Ja maar daar by jou …. in die humiditeit… sal my hare te veel krul ;)

    Nee wag… Jy is my vakansie afpak! :mrgreen:

  7. Daizy
    Gesê op November 20, 2009 om 9:18 AM | Permanente Skakel

    Nee, nee Girlie daar is helemal genoer “road rage” alreeds daarbuite…oukie sal maar sy suigstokkies moet suig…maar daai harde warmes sou ek dink

  8. Gesê op November 20, 2009 om 9:36 AM | Permanente Skakel

    Daizy…. roadrage is al wat ek oorhet….. jy moes my gisteraand beleef het :lol:

  9. Daizy
    Gesê op November 20, 2009 om 9:58 AM | Permanente Skakel

    DMI….weet jy dat die persoon in die ander kar jou 99.99% van die tyd nie kan hoor nie….dis net jy wat weet dat jy omgekrap is deur iemand anders se optrede…dis ook nie goed vir jou hart nie….”road rage” en die “craving” na jou gifpyljies – nie ‘n goeie kombinasie nie….een op ‘n slag asb…hehe…ek dink nie ek sal ooit in die stad kan aard nie…reen of sonskyn…ek haal my hoed vir julle af!!

  10. Daizy
    Gesê op November 20, 2009 om 10:33 AM | Permanente Skakel

    Girl…hulle sê mens raak die hitte en humiditeit hier by ons gewoond…..”hulle” raak hierdie wysheid nou al vir afgelope 9 jaar kwyt……moet hulle nie glo nie….dit voel elke jaar of ons ou kussie so 10km nader aan die hel trek…maar ons kla nie…die winters is absoluut heerlik….moet net nie jou vakansietjie van Des tot middel Maart beplan nie….ek beloof jy gaan skroei….

  11. Gesê op November 20, 2009 om 10:43 AM | Permanente Skakel

    Jinne Daizy… sit ek nou en terug dink aan ons Fireball dae…. Kry ‘n mens dit nog?

  12. Daizy
    Gesê op November 20, 2009 om 10:46 AM | Permanente Skakel

    Jip…in ‘n ou plastiek pakkie met 4 in….nie meer heeltemal so effektief soos toe ons kinders was nie….maar ruik darem nog diesele

  13. Gesê op November 20, 2009 om 10:49 AM | Permanente Skakel

    Aangaande die stad bly Daizy… Ons ken nie van beter nie! Die naweek weg besef ek…ek sal my voor tande gee om in ‘n klein dorpie te bly, maar ek reken dit sal my na ‘n rukkie vang.

    EK is ‘n ongelooflike ongeduldige mens…. Ek dink en doen dadelik… ek kan nie nog poer-poer nie en ek reken die mense in daai dorpies het geen haas nie… sal my van my kop af dyf!

  14. Gesê op November 20, 2009 om 10:54 AM | Permanente Skakel

    YEAHHHHH!!!! Okay Daizy so dan het ek ‘n vakansie plek in die winter… soos die ryk mense… Somer in Gauteng en Winter by die see!

    I can live with that! :mrgreen:

  15. Gesê op November 20, 2009 om 12:32 PM | Permanente Skakel

    O, die ondankbaarheid! :evil: Geniet en waardeer die reen, mense! Onthou, ons bly in ‘n droe land sonder groot standhoudende riviere. Ons het elke druppel nodig!

    Oukei. Genoeg gepreek.

    Stuur net bietjie van daai reen hierie kan toe, asb? :wink:

  16. Gesê op November 20, 2009 om 12:54 PM | Permanente Skakel

    Bestuursvermoe was seker af.

  17. Gesê op November 20, 2009 om 1:00 PM | Permanente Skakel

    Wie se bestuursvermoee Hoefyster? :roll:

  18. Gesê op November 20, 2009 om 1:02 PM | Permanente Skakel

    Dit gaan nie so seer oor die feit dat dit reen nie Vlam… maar die mense se onvermoee om te kan kar dryf!

    Regtig dis bad!

  19. Daizy
    Gesê op November 20, 2009 om 1:04 PM | Permanente Skakel

    Tannie Vuurtjie…jammer hoor….reen oppad …sommer emmers vol!!

  20. Gesê op November 20, 2009 om 1:35 PM | Permanente Skakel

    Ek ry vinnig. Punt. Nie onverskillig nie, net vinnig. Dis glad nie moontlik om enigsins iewers te kom as dit reën nie . . . nie stadig of vinnig nie.

    Die madams en die pietas ry @ 20 km/hr in die regterbaan sonder ligte as dit reën . . . dis genoeg om my ‘n gemoedsbek@kking van epidermiese proporsies (ala Platty) te gee . . .

  21. Gesê op November 20, 2009 om 3:12 PM | Permanente Skakel

    :lol: Daizy…. gisteraand het hy my gehoor… ek het my venster afgedraai en ‘n, mmm, kortstondige interessante gesprek met hom gehad….
    Ek het wel gedink ek kan dit ‘n game maak, vloek elke dag in ‘n ander taal :lol:

  22. Gesê op November 20, 2009 om 3:14 PM | Permanente Skakel

    … en dit hou aan, en dit hou aan, en dit hou aan…….

  23. Gesê op November 20, 2009 om 3:29 PM | Permanente Skakel

    Ja nee vrek… Hierdie is verseker duvet weer… Hoop die naweek is ietwat beter!

    En om te dink jy is eintlik ‘n vreeslike vreedsame siel… Ek wens ek was ‘n vlieg teen die windscreen (aan die binnekant natuurlik) :mrgreen:

  24. Daizy
    Gesê op November 20, 2009 om 3:45 PM | Permanente Skakel

    Ons maggie kla nie…julle het gehoor wat die vuur tante gese het!!

  25. Gesê op November 20, 2009 om 4:00 PM | Permanente Skakel

    Ek sal kla as ek wil…. dit is my goeie reg :lol:
    As Vlam hierdie reën wil hê moet sy dit kom haal… ek is gatvol.

  26. Gesê op November 20, 2009 om 4:01 PM | Permanente Skakel

    …. en terwyl Vlam die reën vat moet sy sommer maar hierdie wind ook inpak.

  27. Gesê op November 20, 2009 om 9:42 PM | Permanente Skakel

    Sissies! Fnok, is dit julle voorvaders- en moeders wat kaalpoot oor die berge is? :shock:

  28. Gesê op November 20, 2009 om 9:44 PM | Permanente Skakel

    Ek wonder wie’t met daai storie begin? Ek’s seker hulle het skoene gehad! :lol:

  29. Gesê op November 21, 2009 om 5:54 AM | Permanente Skakel

    Jis…. Jy sien…. Jy verstaan Krista.

    En vir ons wat nie so geseend is met geduld nie maak dit die lewe so ietwat krapperiger ;)

    Maar in die algemeen dink ek net daar is helemaal te veel mense op die pad.

  30. Gesê op November 21, 2009 om 5:57 AM | Permanente Skakel

    Maar Daizy… Ons moan net so bietjie oor die nagevolge van die reen… Net so bietjie ;)

  31. Gesê op November 21, 2009 om 6:01 AM | Permanente Skakel

    Drakie… Ek is seker as jy hiwr was sou jy ook ietwat mismoedig gewees het… Om 2 ure in die verkeer te sit en jy bly net 15 km v d werk af is regtig nie pret nie. :???:

  32. Gesê op November 21, 2009 om 6:04 AM | Permanente Skakel

    Wonder of google vir ons kan verduidelik oor die kaalvoet ding…. Sal bietjie gaan soek.

  33. Gesê op November 21, 2009 om 11:09 AM | Permanente Skakel

    More Girl!

    Reen dit nog? :roll:

  34. Gesê op November 21, 2009 om 1:21 PM | Permanente Skakel

    Ek kan nie verstaan wat is nou fout met hare wat krul nie?

  35. Andrew
    Gesê op November 21, 2009 om 4:16 PM | Permanente Skakel

    Hehehe … hoe lekker lag ek nou vir DMI se nicotine-road-rage. :lol:

    Byt jy net vas ou maat, dit raak beter. As daar ‘n paar mense omkom in die crossfire (gevloekery), noem dit net “collateral damage” dan is dit wettig. ;-)

    Weird goed gebeur waneer jou ligaam rebeleer teen ‘n tekort van nicotine. Lately kry ek vreestlike cravings vir sonlig en vrugte. Ek eet perskes asof hulle uit die mode gaan en boer op die strand. Miskien sal ‘n Sex On The Beach sundowner by Doodles goed afgaan vanmiddag. Gelukkig skyn die son nog hier. :-)

  36. Gesê op November 21, 2009 om 7:54 PM | Permanente Skakel

    Ek hou vreeslik van die reen.

  37. Gesê op November 21, 2009 om 9:18 PM | Permanente Skakel

    Jinne Vlam… Vanoggend skyn die son bietjie. In Pta sous dit en teen 3 uur hou dit toe op…. En nou reen dit weer :???:

    Kom haal ten minste net Jhb se reen… ;)

  38. Gesê op November 21, 2009 om 9:22 PM | Permanente Skakel

    Hierdie Dallas krulle doen dit nie v my nie Eelt. Ek is van daai wat ure vertoef om hulle reguit te stryk… Het jy al ooit ‘n miss universe met krulle gesien :roll:

    Nie eers super girl of cat woman doen krulle nie.

  39. Gesê op November 21, 2009 om 9:28 PM | Permanente Skakel

    Weet jy Andrew… Ek het een keer net na ek op gehou rook het, in spitsverkeer alle logiese redenasie verloor… Ek kon nie meer nie… Toe vra ek v d ou langs my vir ‘n sigaret. Ek het uitgeklim en by sy venster nog sy lighter ook sommer geleen.

    Nou as ek terug dink kan ek nie ek het dit gedoen nie… Maar ek was verby desperaat.

  40. Gesê op November 21, 2009 om 9:34 PM | Permanente Skakel

    So by the by Andrew… Is jy seker jy is nie dalk verlief nie!? Klink vir my jy het ‘n second lease op baie dinge daar in die moederstad? :mrgreen:

  41. Gesê op November 21, 2009 om 9:53 PM | Permanente Skakel

    Hey Wenchy

    Die reen sou net lekkerder gewees het om te waardeer as die mense daar buite beter kan bestuur in sulke weer. ;)

  42. Andrew
    Gesê op November 22, 2009 om 8:25 AM | Permanente Skakel

    Ek weet nie van verlief nie Girlie maar dalk is ek verwagtend. Gister aand het my popcorn Asyn-Sout, Aromat, Rooi Peper en Parmesaan Kaas opgehad. As ek kon sou ek Anchovies en Gherkins ook opgegooi het. Dit het ek afgespoel met Chinese Sweet & Sour Chop Suey.

    As ek mooi gewig optel sien jy my kaal op Eelt se blog een van die dae. :lol:

  43. Gesê op November 22, 2009 om 1:27 PM | Permanente Skakel

    Jy kan maar soveel gewig optel as jy wil Andrew, maar meer as jou kommentaar sal nooit op my blog te sien wees nie!

  44. maxie
    Gesê op November 22, 2009 om 7:38 PM | Permanente Skakel

    :lol: @ Eelt !

    Nell, die gelukkiges met steil hare sal nooit ons treurmare oor krulhare verstaan nie…. :wink:

  45. Gesê op November 22, 2009 om 8:47 PM | Permanente Skakel

    As julle apie hare pla, skeer dit af.

  46. Gesê op November 22, 2009 om 8:52 PM | Permanente Skakel

    Ah… Andrew en hier het ons vandag ‘n heerlike sonskyn dag gehad!

    Ek reken daai perskes is eintlik net ‘n soetigheid wat jou lyf soek. Ek is happy day ek opgehou rook het… snaaks genoeg behalwe nou vir die gewig optel…en optel…. en optel en miskien nog so bietjie optel… slaap ek baaaie beter!

    En dis lekker dat my klere weer na staysoft ruik… my hare na sjampoo… ;)

  47. Gesê op November 22, 2009 om 8:58 PM | Permanente Skakel

    Eelt…. Diskrimineer jy?

    Van wanneer af kan ‘n oorgewig man nie sexy wees nie???? :roll: ;)

  48. Gesê op November 22, 2009 om 9:05 PM | Permanente Skakel

    Hey Max :mrgreen:

    Ek reken reguit hare lyk net gesonder… en is BAIE makliker om te hanteer.

  49. Gesê op November 22, 2009 om 9:07 PM | Permanente Skakel

    Hoefyster… wat op dees aarde is apie hare?

  50. Gesê op November 23, 2009 om 7:28 AM | Permanente Skakel

    :lol: Andrew….
    Ek weet waarvan jy praat… ek mag ook dalk pregnant wees! Gewoonlik is ek baie besluiteloos as die by bestel in ‘n restaurant kom…. dit het nou oorgewaai huis toe, en net om dit makliker te maak sit ek sommer alles oppie broodjie Donderdagaand… Ek het die 2 snye broof gerooster – Toe, botter, roomkaas, snye cheddar, marmite, stroop, simba-tamatie-chips en biltong opgesit… dit was nogal lekker.

    Die ding is ek vreet soos ‘n ruspe en gaan dalk oor so 2 maande elk geval pregnant lyk :lol:

  51. Gesê op November 23, 2009 om 9:01 AM | Permanente Skakel

    Julle twee manne laat my worry! :???:

    Daai is nie sommer enige cravings daai nie! Ekdink julle moet gaan vir bloed toetse… ;)

Sê jou Sê

Jou E-pos word nooit gepubliseer of met andere gedeel nie. Benodigde velde word gemerk met 'n *

*
*
  • Meer oor die Suburbs…

  • “n Voorstedelike Engel

    Ek is 'n nooi van Pretoria maar woon al 'n paar jaar in die Goudstad. Dit is in my nuutgevonde vryheid waar ek besonderse dinge beleef het en mense ontmoet het wat my bestaan ingekleur het. Mooi herinneringe is gebou; maar ook hartseer terugslae is beleef. Of hierdie nou 'n spoegblok, 'n dagboek of net die neerpen van 'n mengelmoes van my onsamehangende denke is, is debateerbaar. Dalk is ek 'n filosoof met die wyshede van die wêreld wat ek aan ander kan openbaar..... Ek kan dus bieg, wat ook al die beskrywing... hierdie is 'n persoonlike soeke na innerlike vrede en antwoorde wat ek verstaan.

  • My gedagtes draai om…

  • Besoekers nou by die suburbs…

    • Daar is tans 6 Besoekers aanlyn
  • 'n Wolk van Sleutelwoorde...

  • Onlangse Opmerkings...

  • Kontak die Suburbs

  • Argiewe van gedagtes

  • Ek ondersteun graag…

  • En ook vir…

  • Besoers aan die Suburbs…

    Hit Counters
  • Neem asseblief kennis…

    Kopiereg © 2010 Girl van die Suburbs - Alle regte voorbehou - totdat die Stormers die Super 14 wen. Wat beteken dit is van nou af tot in alle ewigheid. Hierdie blog is vir my ontwikkel op WordPress en 'n eie, unieke tema op die Thematic platform deur 2imagine met grafiese ontwerp insette deur I Love Design

  • Afrigator
  • Creative Commons License