Ek is

www.flickr.com

www.flickr.com

Ek het die naweek saam my ma deur haar pa, dis nou my oupa se memento tassie gegaan en wat ‘n treat was die nie.My oupa het sy ou skool jaarboeke van die 1940’s…. kiekies…. skoolboeke…. rapporte en nog meer. ‘n Paar van my ouma se goedjies is ook daarin. Selfs in die klein stukkie geskiedenis het ek gesien hoe jy nie van jou familie geite kan ontslae raak nie.

Ek is wie ek is. Ek kan sekere familietrekke nie ontwyk nie… al wil ek hoe graag. Ek het ook agter gekom ek leef verseker nie tot my potensiaal nie… Dit is hierdie lee doelloosheid van my, wat my op ‘n stadium laat dink het ek is ‘n teleurstelling vir my ouers. Hulle het nooit iets gesê nie… maar ek weet as ek myself as ‘n kind gehad het sou ek heimlik so gevoel het.

Vanoggend kry ek ‘n epos van my dad wat vir my vertel hoe trots hy op my is…

Dad… Ek is regtig gelukkig. Vir die eerste keer in my dertig odd jaar hier op aarde het ek gemoedsrus. My lewe neem ‘n nuwe wending aan en ek is ‘n baken van hoop vir ‘n verandering en maak nie meer staat op ander vir my geluk nie. Ek weet dat ek in genade elke dag ‘n tree moet stap en dat hoop die kragtigste vooruitsig is in ons aardse bestaan. Ek verstaan nou dat ek nie meer hoef te soek vir liefde nie, want dit sal my vind…. Daar en wanneer die tyd reg is.

Dankie dat julle net nooit moed opgegee het. Julle geloof en aanvaarding en help baklei wanneer die donkerte soms oortrek… Dit… dit is daai wat my rustig maak, pa…

Deel hierdie gedagtes met andere...:
  • Twitter
  • Facebook
  • laaik.it
  • Digg
  • del.icio.us
  • Google Bookmarks
  • Blogosphere News
  • eKudos
  • LinkedIn
  • MySpace
  • Reddit
  • Slashdot
  • StumbleUpon
  • Technorati
  • PDF
  • Print
  • RSS
Hierdie gedagtes is geplaas in gedagtegroep(e): Rooiwyn vir die SielBoekmerk hierdie permanente skakel. Sê jou Sê of laat 'n terugskakel: Terugskakel URL. |

61 Comments

  1. Gesê op November 23, 2009 om 9:29 AM | Permanente Skakel

    Hmmm

    Ons het nou die dag daaroor gepraat. ‘n Mens soek soms erkenning van jou ouers af.

  2. Gesê op November 23, 2009 om 10:04 AM | Permanente Skakel

    Ag, dis nice! :wink:

    Ouers kan jou maak of breek. My ma is die beste ooit. Altyd aan my kant, dink altyd ek is HOT. :lol:

    Reen dit nog daar? :mrgreen:

  3. Gesê op November 23, 2009 om 10:21 AM | Permanente Skakel

    :lol: Vlam – Die son skyn!! Heeehaaaa!!!

    Trots word eintlik dikwels op ‘n heel ander skaal gemeet, as wat ons ons voorstel.

  4. Gesê op November 23, 2009 om 10:59 AM | Permanente Skakel

    More Hoefyster!

    Jip… aanvaarding speel eintlik tog ‘n baie groot rol in ons bestaan! Daar is nie vreeslik baie wat my hart vinniger laat klop nie… woorde in elkgeval… maar daar is so een of twee van sekere mense wat regtig saak maak! ;)

  5. Gesê op November 23, 2009 om 11:02 AM | Permanente Skakel

    Nee die Son hy skyn, vlam! :P

    Wel… dat ek nie as kind aan die weeshuis afgestaan is nie… is nogal ‘n wonder. Ek dink ek was ‘n ongelooflike moeilike tiener en my besluite daarna was ook nou nie iets om oor huistoe te skryf nie!

    Hotness…. I like! :mrgreen:

  6. Gesê op November 23, 2009 om 11:07 AM | Permanente Skakel

    Dankie tog daarvoor Oukie!

    Ek reken kinders groot maak is verseker nie vir sissies nie! ;)

  7. Daizy
    Gesê op November 23, 2009 om 11:24 AM | Permanente Skakel

    More mensies…..Nee nie vir Sissies nie Girlie…..dis nou kinders grootmakk…..maar die wonderlikste voorreg wat mens ooit van die Hemelse Vader kan ontvang….glo my vir jou ouers is en sal jy altyd ALLES wees!!

  8. Gesê op November 23, 2009 om 11:27 AM | Permanente Skakel

    Girlie: Mens is soos ons is. Die dat ons altyd moet leef na ander mense se ideale is die grootste klomp twak ooit. Ek glo dat ons moet doen wat vir ons goed is en wat ons gelukkig maak. Daar is duisende mense daar buite wat dinge doen wat hulle haat maar dit nooit sal erken nie. Jy het niks om oor skaam te wees nie. Mens mag stuitig ook wees op enige ouderdom. Geniet die lewe dit is van die min dinge wat jy nie tweede kans kry nie.

  9. Gesê op November 23, 2009 om 11:37 AM | Permanente Skakel

    More Daizy!

    Weet jy… Die sad feit is dat almal kan kinders kry maar min kan hulle waarlik groot maak. Gister sit daar ‘n seuntjie voor my in die kerk. Ek skat hom tussen 2 en 3… en stroopsoet! Hy kon nie nagmaal deel nie en was aanvanklik ongelukkig maar het glad nie ‘n tantrum gegooi nie. Ek mag nou seker oor die kole gehaal word maar dis vir my ‘n teken van ‘n goeie opvoeding.

  10. Gesê op November 23, 2009 om 11:41 AM | Permanente Skakel

    More ou Krok

    Dis my lewensles… Ek begin nou eers op 31 lewe… voorheen was ek net ‘n space invader! :mrgreen:

  11. ELF
    Gesê op November 23, 2009 om 11:45 AM | Permanente Skakel

    Ek het so vae vermoede dat jy jou seatbelt moet vasmaak in 2010 .. Girl se kop is besig om koers te kies en vanwaar ek nou sit en die prentjie dophou reken ek ‘the best is yet to come for you’ .. en dit maak my maag sommer kriewel van opgewondenheid vir jou onthalwe. Keep it real my maat! x

  12. Gesê op November 23, 2009 om 11:49 AM | Permanente Skakel

    Space invader is baie beter as ‘n suurstofdief.

  13. Gesê op November 23, 2009 om 12:00 PM | Permanente Skakel

    Weet jy Elfie… As daar net die helfte meer kan gebeur as wat die jaar gebeur het dan sal ek happy wees. Baie!

    En as die dinge op my wenslysie nou ingesluit kan word… Weet jy hoe bly sal my hart wees! ;)

    Maar ek glo in die power of prayer!

  14. Gesê op November 23, 2009 om 12:02 PM | Permanente Skakel

    Jong Xena… dalk was ek ‘n suurstofdief ook… Hmm… Ek was alles behalwe ‘n LEWENDE wese that’s for sure! :mrgreen:

  15. Gesê op November 23, 2009 om 12:07 PM | Permanente Skakel

    Ek wonder op watter punt raak jy ‘n suurstofdief.

    Ek vermoed ek het daardie punt al lankal verby gesteek.

  16. Gesê op November 23, 2009 om 12:11 PM | Permanente Skakel

    Wonder of Google ons kan uithelp op die een? :???:

    Weet nie… ANY ONE!!! Help? :mrgreen:

    Dalk sal Vlam weet :?:

  17. Gesê op November 23, 2009 om 12:13 PM | Permanente Skakel

    Dit is interessant.

    Vra ‘n suurstofdief oor hoe sy ‘n suurstof dief geword het.

  18. Gesê op November 23, 2009 om 12:33 PM | Permanente Skakel

    Ek reken net Vlam is die mees experienste… dis hoekom ek haar sal vra! :???:

  19. Gesê op November 23, 2009 om 12:35 PM | Permanente Skakel

    Die mees ervare dief het seker die meeste te se oor hoe ‘n mens suurstof kan steel sonder om skuldig te voel.

  20. Gesê op November 23, 2009 om 12:40 PM | Permanente Skakel

    Ai, as ek nie so crappy gevoel het nie, het ek julle twee se koppe nou goed gewas. Maar more is nog ‘n dag. :evil:

  21. Gesê op November 23, 2009 om 12:41 PM | Permanente Skakel

    Xena… jy tread nou op bitter dun ys….

    Vlam gaan jou brand! en dan gaan ek vir jou staan en lag! :P

  22. Gesê op November 23, 2009 om 12:43 PM | Permanente Skakel

    Hoekom voel jy nie lekker nie Drakie?

    Voel jy siek? :roll:

  23. Gesê op November 23, 2009 om 12:43 PM | Permanente Skakel

    Vlam gaan jou eerste brand. Terwyl ek die brandblusser kry. Nie om jou te red nie, maar om vir Vlam uit te doof.

  24. Gesê op November 23, 2009 om 12:45 PM | Permanente Skakel

    Nell

    Natuurlik voel sy siek. Jy se dan sy is ‘n suurstofdief. (Persoonlik dink ek dit is wingerdgriep)

  25. Gesê op November 23, 2009 om 12:48 PM | Permanente Skakel

    Oeg merrie…. Lyk my Vlam brand nie so lekker vandag nie…

    So moet haar nou nie gaan staan en uitdoof nie… want dan is daar niks meer oor nie!

  26. Gesê op November 23, 2009 om 12:53 PM | Permanente Skakel

    Onkruid vrek nie.

    Suurstofdiewe nog minder.

  27. Gesê op November 23, 2009 om 1:24 PM | Permanente Skakel

    Wat gebeur dan as jy die onkruid se suurstof afsny? Hmmmm :roll:

  28. Gesê op November 23, 2009 om 1:29 PM | Permanente Skakel

    Hulle sal dit wel vanaf jou parasiteer.

  29. Daizy
    Gesê op November 23, 2009 om 2:26 PM | Permanente Skakel

    Jissie maar julle kan darem ‘n klomp bollie kwytraak hier…hehe…..hoe lyk die weer daar aan die Rand? Hier aan die mooie kus gaan die reentjies alweer die aarde benat….heerlik….

  30. Gesê op November 23, 2009 om 2:34 PM | Permanente Skakel

    Wolke begin op te bou. Weet nie of dit gaan reen nie.

    Nell

    Noudat ek jou foto bestudeer het, daardie pa het mooi bene. Daar is daardie effense verdwaasde trek om die skouers wat ‘n mens laat wonder wat hom ontnugter het. Ek dink nie die poplap het ‘n ma nie. Dalk moet jy hulle trane gaan afdroog.

  31. Gesê op November 23, 2009 om 2:37 PM | Permanente Skakel

    :lol:

    Ek dink dis omdat die aircons weer yskoud blaas – my gestel is nie meer daaraan gewoond nie. Skoon koue oppie longe gekry… :mrgreen:

  32. Gesê op November 23, 2009 om 2:40 PM | Permanente Skakel

    hehehehe Daizy

    Ons drie baklei vir die troon as Heelal Juffrou tjol praat! :mrgreen:

  33. Gesê op November 23, 2009 om 2:43 PM | Permanente Skakel

    Hoefyster…. Hmmmm

    Paratiseer? WDH? :shock:

    Anglisisme as ek al ooit een gehoor het! En my Afrikaans is uiters power! :D

  34. Gesê op November 23, 2009 om 2:48 PM | Permanente Skakel

    GmF

    Stank vir Dank. Nadat ek jou net gehelp het om ewige, soetsappige, bekotsingswaardige, kamma ware liefde te soek.

  35. Gesê op November 23, 2009 om 2:52 PM | Permanente Skakel

    Wahahahah… Merrie

    Die pa se skouers trek want die dogtertjie hang aan sy arm! EN…. En ek dink die water is koud!

    Jip, toe gegee daai bene is nie te versmaai nie hoor! :P

  36. Gesê op November 23, 2009 om 2:55 PM | Permanente Skakel

    Vlam… dalk moet jy ophou rook… Dan voel jy sommer STUKKE BETER! :roll:

  37. Gesê op November 23, 2009 om 2:58 PM | Permanente Skakel

    WDH????? :?: :?: :?:

    Wat rook jy? Ware liefde vir ‘n man op ‘n prentjie? Wat heel waarskynlik of ‘n vrou het of issues het oor sy vrou hom gelos het?

  38. Gesê op November 23, 2009 om 3:05 PM | Permanente Skakel

    Hy treur oor sy vrou wat tragies uit die hoogtepunt van hulle liefde deur die dood uit sy arms gepluk is.

  39. Daizy
    Gesê op November 23, 2009 om 3:15 PM | Permanente Skakel

    Xena.,…wat van jou jong…ek het wraggies daai man netnou sien omkyk en loer na jou kant toe….met sulke klein duiweltjies in sy oge

  40. Gesê op November 23, 2009 om 3:17 PM | Permanente Skakel

    Hoor hier, Poplap, los my rokery uit. Het jy nog nie agtergekom rokers word BAIE minder siek as nie-rokers nie?? Dis omdat die rook en hitte die kieme in die boonste lugweg vrekmaak. Dis die aircons, seg ek jou. Of dalk die muskiete. Who knows? Maar my rokery is dit verseker nie!! :shock:

  41. Gesê op November 23, 2009 om 3:20 PM | Permanente Skakel

    Hmmmm… I kinda laaik not to laaik dat man… I dont do childrens anymore!

  42. Gesê op November 23, 2009 om 3:23 PM | Permanente Skakel

    Daizy, is jy dronk of hoog of sommer altwee? :shock: Ek is nie die moederlike of die vertroostende tipe nie.

    Wag, nou moet ek eers gaan kots en daarna gaan vir Trauma berading.

    Vlam

    Ons sal vir jou in die hospice kom kuier wanneer jy longkanker het.

  43. Gesê op November 23, 2009 om 3:38 PM | Permanente Skakel

    So jy het ook gesien wat ek sien Daizy :?:

    Jy sal so goeie ma wees vir daai wesie Xena!

  44. Daizy
    Gesê op November 23, 2009 om 3:42 PM | Permanente Skakel

    Nee man ou Xena…die man soek nie ‘n ma of verpleegster nie jong….jy’t nou wee die kat aan sy snorbaarde beet….hehehe……waar daar ‘n rokie is moet daar ‘n vuurtjie brand….

  45. Gesê op November 23, 2009 om 3:42 PM | Permanente Skakel

    Drakie…

    Vir iemand wat so gesteld is op mondhigiene kan ek nie glo jy is ‘n voorstaander sommer so heel voor in die koor met die rokery nie! :shock:

    Nou wat dan van die onderste deel van jou gorrelpyp?

  46. Daizy
    Gesê op November 23, 2009 om 3:43 PM | Permanente Skakel

    Einste Girlie….einste!!!

  47. Gesê op November 23, 2009 om 3:46 PM | Permanente Skakel

    Ek nurse g’n man ooit weer nie… :mrgreen:

    Tensy hy ‘n miljoener is…. 80 jaar oud is…. wat aan pype gekoppel is…. dan… dalk sal ek dit oorweeg….

  48. Daizy
    Gesê op November 23, 2009 om 4:00 PM | Permanente Skakel

    Een voet in die graf en die ander op ‘n ou verrotte piesangskil ja!!!!!

  49. Gesê op November 23, 2009 om 4:05 PM | Permanente Skakel

    Yebo yes… daai ene Daizy!

    Lekker aand vir jou x x x

  50. Gesê op November 23, 2009 om 4:05 PM | Permanente Skakel

    Snaaksies! Wie de donner dink julle gaan di telg grootmaak? :evil:

  51. Daizy
    Gesê op November 23, 2009 om 4:16 PM | Permanente Skakel

    ou Xena dit is mos kinderspeletjies jong!!!!!!!!! Hehe….jy kan dan al soland begin oefen vir die ware jacob

  52. Daizy
    Gesê op November 23, 2009 om 4:18 PM | Permanente Skakel

    Sweet dreams Girlie

    xxxx

  53. Gesê op November 23, 2009 om 6:30 PM | Permanente Skakel

    Wel hoefie… ek het nou al ander mense se kinders groot gemaak… Nou kan jy maar liewer as ek …

    So… hoe lyk dit… of is jy bang?

  54. Gesê op November 23, 2009 om 6:33 PM | Permanente Skakel

    Wel Daizy dit klink al hoeka of sy seker is sy kan Vlam se jongste beter groot maak… Dalk is die nou die regte leerskool! :mrgreen:

    jis…. laat ek solank koes!

  55. Gesê op November 23, 2009 om 7:12 PM | Permanente Skakel

    Fine! My probleem is nie die kind nie. Sy kan more intrek. Dit is die pa. Sy bene maak nie op vir al sy kak nie.

  56. Gesê op November 23, 2009 om 7:17 PM | Permanente Skakel

    I smell fear! Whahahahahaha! :P

  57. Gesê op November 23, 2009 om 7:29 PM | Permanente Skakel

    Almal weet ek is vrek bang vir verhoudings. So what?

  58. Gesê op November 23, 2009 om 9:43 PM | Permanente Skakel

    Ek dink die man is dalk banger… Jy kan vrek kwaai wees! ;)

  59. Daizy
    Gesê op November 24, 2009 om 9:03 AM | Permanente Skakel

    Xenatjie jy sal nooit weet as jy nie probeer nie…so leer ons maar almal…deur onse eie foute!!

  60. Gesê op November 24, 2009 om 10:57 PM | Permanente Skakel

    WOW oomblikke!!

  61. Gesê op November 25, 2009 om 8:17 AM | Permanente Skakel

    Hierdie WOW oomblikke maak die lewe regtig die moeite werd! ;)

Sê jou Sê

Jou E-pos word nooit gepubliseer of met andere gedeel nie. Benodigde velde word gemerk met 'n *

*
*
  • Meer oor die Suburbs…

  • Stem vir my

    Vote for this Blog

  • “n Voorstedelike Engel

    Ek is 'n nooi van Pretoria maar woon al 'n paar jaar in die Goudstad. Dit is in my nuutgevonde vryheid waar ek besonderse dinge beleef het en mense ontmoet het wat my bestaan ingekleur het. Mooi herinneringe is gebou; maar ook hartseer terugslae is beleef. Of hierdie nou 'n spoegblok, 'n dagboek of net die neerpen van 'n mengelmoes van my onsamehangende denke is, is debateerbaar. Dalk is ek 'n filosoof met die wyshede van die wêreld wat ek aan ander kan openbaar..... Ek kan dus bieg, wat ook al die beskrywing... hierdie is 'n persoonlike soeke na innerlike vrede en antwoorde wat ek verstaan.

  • My gedagtes draai om…

  • Besoekers nou by die suburbs…

    • Daar is tans 6 Besoekers aanlyn
  • 'n Wolk van Sleutelwoorde...

  • Onlangse Opmerkings...

  • Kontak die Suburbs

  • Argiewe van gedagtes

  • Ek ondersteun graag…

  • Besoers aan die Suburbs…

    Hit Counters
  • Neem asseblief kennis…

    Kopiereg © 2010 Girl van die Suburbs - Alle regte voorbehou - totdat die Stormers die Super 14 wen. Wat beteken dit is van nou af tot in alle ewigheid. Hierdie blog is vir my ontwikkel op WordPress en 'n eie, unieke tema op die Thematic platform deur 2imagine met grafiese ontwerp insette deur I Love Design

  • Afrigator
  • Creative Commons License