Ek is nou klaar gedink

stoel-en-grafMaandag… Blou dag… kak dag… Ek is terug in die malle gejaag na ‘n naweek van rus. Rus in die bos, langs die rivier… met die sonbesies se gesing wat elke minuut jou herinner dat die tyd aanstap… al warmer… verder.

Die stille besef in die saam-wees maak deure oop soos sluise… Onwillig spoel die jare van onthou oor die klippe….. En ek weet…

“Be master of the mind rather than be master by mind”

Ek sit nie meer langs ‘n graf van verlange nie. My hoop lê in die wete dat my hart weer my eie is. Ek is wie ek is. Ek hoef nooit weer vir enige iemand te verander nie.  Met die besef verstaan ek dat nie almal altyd van my sal hou nie en ek is fine daarmee… want eintlik is ek heel oraait.

Ek is weer lief vir myself.

Deel hierdie gedagtes met andere...:
  • Twitter
  • Facebook
  • laaik.it
  • Digg
  • del.icio.us
  • Google Bookmarks
  • Blogosphere News
  • eKudos
  • LinkedIn
  • MySpace
  • Reddit
  • Slashdot
  • StumbleUpon
  • Technorati
  • PDF
  • Print
  • RSS
Hierdie gedagtes is geplaas in gedagtegroep(e): Ek wonder, Meneer Hartseer, Rooiwyn vir die Siel Sleutelwoorde: , Boekmerk hierdie permanente skakel. Sê jou Sê of laat 'n terugskakel: Terugskakel URL. |

37 Comments

  1. Gesê op November 17, 2009 om 6:27 AM | Permanente Skakel

    Welkom terug in die lewe! :grin:

  2. Gesê op November 17, 2009 om 7:58 AM | Permanente Skakel

    Ek hou van jou quote.

    Well done. Print die skrywe uit om jou te herinner as jy more weer af is.

  3. Gesê op November 17, 2009 om 8:41 AM | Permanente Skakel

    More Krista :mrgreen:

    Dankie…. Dis nou een aangename plek die hoor…. as ‘n mens eers jou issues in toom het dan is leefbaar! ;)

  4. Gesê op November 17, 2009 om 8:43 AM | Permanente Skakel

    :lol: Hoefyster… Jy laat dit nou klink asof ek elke dag my polse wil sny!?

    My pa het my net weer herinner aan die zen quote (nie dat ek in zen glo nie… maar die keer sal ek dit krediet gee want dit maak sin)

  5. Gesê op November 17, 2009 om 9:05 AM | Permanente Skakel

    Ek wens daar was pilletjies vir ophou dink…..

  6. Gesê op November 17, 2009 om 9:14 AM | Permanente Skakel

    Wel… Ek dink nou nie ek sal HELEMAAL ophou dink nie, maar ek het besluit daar is sekere dinge waaroor ek gaan ophou dink.

    Ek gaan nie toelaat dat my verlede my toekoms dikteer nie.

    Ek begin ‘n skoon begin!

  7. Gesê op November 17, 2009 om 9:57 AM | Permanente Skakel

    Daarsy Girly!
    Die verlede moenie jou toekoms dikteer nie -NETSO! Maar die verlede was nodig om te leer daaruit.
    En JY het nou ‘n wilsbesluit geneem om VORENTOE te kyk – beste keuse ooit!!!

  8. Gesê op November 17, 2009 om 10:01 AM | Permanente Skakel

    Gister is verby. Dit is gedane sake en daar is niks wat jy daaraan kan verander nie. More is ‘n skoon bladsy. Moenie dat jou gisters die skoon bladsye van jou mores bemors nog voor jy iets daarop kon skryf nie

  9. Gesê op November 17, 2009 om 10:36 AM | Permanente Skakel

    Dit wat jy hier skryf neem die meeste ouens ‘n leeftyd om te besef.

  10. Gesê op November 17, 2009 om 11:04 AM | Permanente Skakel

    Engeltjie,

    Ek sal nooit se jy wil elke dag jou polse sny nie. Net elke 2de of 3de dag. Jy laat my al wonder of daar iets met my fout is? :mrgreen:

  11. Gesê op November 17, 2009 om 11:05 AM | Permanente Skakel

    Hi Sammi

    Ek verstaan met my hele wese dat ek vandag is wie ek is oor die verlede en daarvoor is ek dankbaar!

    MAAR…. Ek gaan nie toelaat dat die vrees vir dieselfde foute maak, my terug hou nie want dan leef ek ‘n halwe lewe. Ek gaan weer verlief wees. Ek gaan weer lief kry. Ek gaan weer vertrou en as ek weer faal… wel so be it… dan weet ek, ek het ten minste probeer.

    Geluk van die hart kom nie aldag op jou pad nie…

  12. Gesê op November 17, 2009 om 11:11 AM | Permanente Skakel

    Net so plasie!

    Dit loop nou weer hand aan hand… vol sirkel met wat ek bedoel het oor die selfvervullingsprofesie. Dit sal bra dom-astrant wees as ek aanhou doen wat ek doen en ander resultate verwag.

    My pa het dit mooi aan my verduidelik “Ek is geneties ‘gewire’ om op ‘n bepaalde manier op te tree. So, as ek altyd doen wat ek gedoen het kry ek maar net wat ek altyd gekry het – aldus ene Joga Berri. Einstein voeg by dat probleme nie opgelos kan word vanuit dieselfde hoek as waarin dit geskep is nie. Dus, moet ek nou teen my grein optree? Eenvoudig gestel: Ja. Maklik? Ja en nee. Hang van jouself af oor die motivering daarvoor.”

  13. Gesê op November 17, 2009 om 11:15 AM | Permanente Skakel

    Weet jy liggie… Ek reken life, love, the universe and everything else het my soveel dinge geleer die laaste 2 jaar… dat ek net in dit wat ek geleer en besef het ‘n vol lewe lei deur aanvaarding.

    Verander wat jy kan… aanvaar dit wat jy nie kan verander nie.

  14. Gesê op November 17, 2009 om 11:27 AM | Permanente Skakel

    ag ou hoefyster…. Ek leef met my hele hart en ek kan NIE van my emosies weghol nie.

    Dit raak beter… Dit gaan beter en ons trek nou op elke 4de of 5de dag! :mrgreen:

  15. Daizy
    Gesê op November 17, 2009 om 11:36 AM | Permanente Skakel

    Dit doen my ou hart goed om jou so te sien (ek kan amper sê ontwaak) blom Girlie….jy verdien elke sekonde van hierdie nuwe JY….maar ongelukkig soos Oukie sê kry mens nie pille om op te hou dink nie, die verskil is seker net in watter rol mens die denke in jou lewe laat speel…..hou moed daar lê ‘n wonderlike toekoms voor….sonder slaggate gaan dit verseker nie wees nie….maar jy kom altyd ‘n beter mens aan die ander kant uit.

    Onthou altyd – jy is tot alles in staat deur GOD wat jou krag gee….en Hy stap die hele ent pad saammet jou, jou hand styf in Syne!!

  16. Gesê op November 17, 2009 om 12:29 PM | Permanente Skakel

    Middag Daizy! :P

    Ek is regtig op ‘n baaaaie beter plek as toe ek die blog begin het. 7 Maande verder en ek kan stil staan en terug kyk en met ‘n smile besef die lewe het my goed behandel die laaste ruk.

    My enigste penarie is dat ek sukkel om te skryf wanneer dit goed gaan. My stryd was seer… dit was pynlik en skielik is dit stil binne my. Dis seker net genade van bo!

    Ek verstaan ek ry nou tans op die kruin van die golf en dit gaan nog sleg gaan voorentoe, maar ek weet ek sal dit beter kan hanteer. My uitkyk op alles het drasties verander.

    Die bes moontlike manier om dit te verwoord is dat ek nie meer detached is nie. Ek begin nou deelneem aan die lewe. Dit was my grootste wens.

  17. Daizy
    Gesê op November 17, 2009 om 12:43 PM | Permanente Skakel

    Mwa….jy is waarlik vrou!!!!!!!!!

  18. Gesê op November 17, 2009 om 1:04 PM | Permanente Skakel

    Ek weet dit is eintlik totaal van die onderwerp af, maar dit was vir my interresant om te sien ander sukkel ook met dié tendens.
    Ek kan inskrywings uitryg by die dosyne in taai tye, maar as dit goed gaan sit ek met ‘n bek vol tande.
    Dink jy dit is omdat bloggers soos struggling artists is, of dink jy eerder dit is net omdat ons daarvan hou om te wroeg?

  19. Gesê op November 17, 2009 om 1:13 PM | Permanente Skakel

    Ja nee… my rondings laat my goed genoeg verstaan ek is vrou ;)

    Ek probeer maar… More (hoop nie so nie) voel ek dalk weer erg emosioneel… TODAY is a good day!

  20. Gesê op November 17, 2009 om 1:17 PM | Permanente Skakel

    Wee jy ou Plaasman… Ek het hierdie een nou al alle kante om probeer redeneer. As jy daai toets van Vlam onthou waar ons elkeen amper ons geloof weg geskrik het oor die akkuraatheid… verskil ons klompie soos see en sand.

    MAAR… Ons almal is struggeling in iets. En ons gebruik ons skryf vermoee as kunsvorm om te verwoord wat ons deurmaak. Dis dalk beter so want as van ons moes verf… dan sou daai skilder doeke gebars het van kleur or the lack there of.

    So ja… Ons ek reken ons almal struggeling artists wat hou van wroeg? Ietsie van beide.

    Wat dink jy?

  21. Gesê op November 17, 2009 om 1:27 PM | Permanente Skakel

    Om te sê ons is artists (struggling of nie) is waarskynlik nie regverdig teenoor ware word artists soos Koos Kombuis en onse eie BB en Elf nie. Om te sê ons hou van wroeg is waarskynlik nie regverdig teenoor onsself nie, omdat ons skryf juis oor die dinge wat nie vir ons sin maak nie en wat ons probeer verstaan of verwerk.
    Ek gaan die goue middeweg vat op hierdie een en sê ons almal is op soek na bevestiging dat ons nie alleen is in ons daaglikse stryd nie. Blogging is inderwaarheid die soeke en/of uitreiking na ander soos jyself.

  22. Gesê op November 17, 2009 om 1:37 PM | Permanente Skakel

    Maar Plasie… wat maak ‘n mens ‘n kunstenaar?

    In my siening is dit wanneer ‘n persoon ‘n medium gebruik om te kommunikeer.Of dit nou is om uiting te gee aan emosie of om idees te deel of om net jou weergawe van realiteit te gee…

    Natuurlik is jy ‘n kunstenaar want jy gebruik ‘n medium om van jou vas te le… of dit nou horrible is… maak geensins ‘n verskil nie (maar ek dink jy het ‘n ongewone talent met woorde by gese). Die volk aan die ander kant kan bly wees ek skryf en sing nie… BEHOEDE ons…

    Okay… toegegee… dalk laaik ons nie almal van wroeg nie… maar ons put inspirasie daar uit.

    Maar dat ons deel in daai soeke na bevestiging… daarmee stem ek volkome saam!

  23. Gesê op November 17, 2009 om 2:16 PM | Permanente Skakel

    ‘n Kunstenaar is al daardie dinge ja, maar wat hom/haar onderskei van die res van ons is die vermoë om die boodskap vas te lê op so ‘n manier wat dit herkenbaar maak vir ‘n groot groep mense. ‘n Vreemdeling wat my plaas aandoen sal nie noodwendig verstaan waaroor ek gaan nie, as jy verstaan wat ek probeer sê? Maar dankie vir die kompliment, alhoewel ek dink as ek enige kunstige neigings het sal dit eerder in my handwerk skeppings as in my woorde wees.

    Maar die (woordpress) volk is bly jy skryf, en kom elke dag terug om te kyk of daar al iets nuuts is. Dalk doen jy jou eie woordkuns ook so effens te kort, hmmmmmm?

  24. Gesê op November 17, 2009 om 2:29 PM | Permanente Skakel

    Ek dink elke mens blog vir ander redes. Tensy die van ons wat nie wroeg nie, nie bloggers is nie. Interessant dat gedigte ook gewoonlik neerdrukkend is. Met dit in ag geneem, is ware bloggers (kunstenaars) seker die wat n ewige stryd met hulle self voer.

  25. Gesê op November 17, 2009 om 2:37 PM | Permanente Skakel

    Weet jy Plasie… Daar is bloggers wat jou sal verstom met hulle hidden talente. Ons almal skryf maar dan is daar so een of twee wat ander kunsvorms beoefen… Skilder, houtwerk, naalwerk, sing… klavier speel… kook.. :mrgreen:

    Ek dink net dis great dat ons almal deel kan wees van die kuber omgee groepie!

    Ehhhhmmm…. Dankie vir die kompliment. :oops: Ja jong… die selfbeeld is nog iets waaraan gewerk kan word ne!

  26. Gesê op November 17, 2009 om 2:42 PM | Permanente Skakel

    Bwhahahaha…. Perdjie… klim af van jou perdjie! :mrgreen:

    Natuurlik is jy ‘n blogger… van formaat… en anders… jy is ‘n storie verteller maar is nie emosioneel betrokke by jou stories nie.

    Ek word ek al die wyshede wys wat die wereld my gun en ek kry inner peace… sal ek tog ‘n stryd met myself voer tot die dag wat ek my kop neerle. Ek het hierdie ding (kan nie se vrees nie…. want ek werk mos nou aan al my terkortkominge :roll: ) dat my beste nie goed genoeg is nie… of ek het nie hard genoeg probeer nie… dus sal ek aanhou… Shocking ek weet :???:

  27. Gesê op November 17, 2009 om 3:17 PM | Permanente Skakel

    Ek praat weer my beste strooi in elk geval. Dit is wel n feit dat mense met ‘demone’ baie meer kreatief is. Dit is wat ek probeer se het.

    Ek sal die staat gaan om emosieloosheid as n gestremdheid te erken.

  28. Gesê op November 17, 2009 om 3:23 PM | Permanente Skakel

    Ja nee… ons het mos maar almal so ‘n ou ietsie wat ons weg steek… demoon / geraamte …..

    Ek kan nie dink dat daar wel mense is wat nie emosie ervaar nie. Maak glad nie sin nie.

  29. Gesê op November 17, 2009 om 5:41 PM | Permanente Skakel

    Partykeer dink ek soms ek is ‘n klip…. maar ja, dis net weer denke, en dan wonder ek hoekom dink ek so, en hoekom dink ek so baie, en dan kom jy agter jy kan dit nie uitklaar sonder om te dink nie en dan dink jy weer… en as jy weer sien is die witjassies voor die deur – :lol: Ek spot nou, darem nie so erg nie…… maar amper.

  30. Gesê op November 17, 2009 om 6:05 PM | Permanente Skakel

    Ek reken dis erg normaal om te dink. Dis intelektueel as jy werklik op dieper vlakke kan dink… maar daar is ‘n paar van ons wat net aan die grootste klomp twak kan dink. :P

    Om dit nou vreeslik simpel te verduidelik… Dis baie waar dat jou gedagtegang patrone soos in werklike paadjies in jou brein vorm deur die neurologiese funksies van alles en nog wat waaruit jou brein fisies bestaan. So hoe meer tyd jy spandeer aan dieselfde goed hoe meer word dit ‘n gewoonte. Dit is FISIES moontlik om jou denke te verander. Ek is tog te dankbaar want ek en kopdokters werk nie. I will try this on my own.

    Ek challange nou myself om aan ander goed te dink… sodat ek nuwe paadjies kan vorm. Oor ek ‘n pessimis van nature is, neem dit vrek harde werk en ‘n daadwerklike besluit om so te doen.

    Vandat ek dit doen ervaar ek weer gevoelens en emosies en fisiese reaksies wat vir so lank begrawe was. Hierdie reistog is werklik “thrilling”.

    Ek is wie ek is. Ek gaan nie my menswees verander nie. Ek gaan nie moed opgee nie. Ek gaan wat nou ookal my aandag trek ‘n regverdige kans gee. As ek moet wag… geduld toepas of net wees… dan doen ek dit… MAAR EK GAAN NIE VERANDER NIE!

    Om ‘n voorbeeld te gee… Ek gaan ophou my self opwen oor ek dink….

    * ….. ‘n Persoon is kortaf of moerig oor iets wat ek gedoen het.
    * ….. Ek moet tussen die lyne lees as daar iets nie gese word wat ek graag wil hoor nie
    * ….. Dis nie die moeite werd om my hart op die spel te plaas nie want ek is bang vir seer kry
    * ….. Ek kan nie ‘n ander werk kry waar ek regtig wil wees oor ek nie goed genoeg is nie

    You get my drift… want deur so te dink… begin ek weird optree en dan is dit tickets.

    En as ek my oe uitvee dan sit ek weer en prut en wonder… oor … die stront wat ek myself wys maak.

  31. Gesê op November 17, 2009 om 7:04 PM | Permanente Skakel

    Gawe punt om by uit te kom na ‘n dinksessie: dat jy weer lief is vir jouself – dit hoort. Manman moet daai kan doen. Hou dit so.

  32. Gesê op November 17, 2009 om 7:58 PM | Permanente Skakel

    GvS: Mens raak soms baie verstrengel as mens so baie dink oor dinge, die beste is om te “let go”. Neem ook net een gedagte op ‘n slag.

  33. Gesê op November 17, 2009 om 10:30 PM | Permanente Skakel

    Oukie…Party dinge is nie daar vir uitredeneer nie… partykeer moet ‘n mens dit net aanvaar en daarmee werk / geniet / op sy skuif / uitlos / aanbeweeg.

    Watchit… daai witjassies was laas week hier…. hulle kom klop so laat aand of vroeg oggend aan die voordeur en nog voor jy kan se howzit…. dan neem hulle jou en looi jou met net nog vrae… want nou wil hulle ook verstaan… :mrgreen:

    Never ending!

  34. Gesê op November 17, 2009 om 10:32 PM | Permanente Skakel

    Jy is reg ou krokodil… just let go… ek reken as dit daar was vir verstaan sou jy in die eerste plek nie vrae gehad het nie. ;)

  35. Gesê op November 17, 2009 om 10:34 PM | Permanente Skakel

    Agwat-dingetjie… Ek reken jy is dalk my een voor…. van al jou klipsit het daar net aanvaarding gekom… nie waar nie?

  36. Gesê op November 18, 2009 om 7:48 AM | Permanente Skakel

    Dink ek nou… eerder die witjassies as die aliens…

  37. Gesê op November 18, 2009 om 8:15 AM | Permanente Skakel

    Hmmm …… Ek reken hulle is dalk minder introsive! Vra maar vir Plasie… :mrgreen:

Sê jou Sê

Jou E-pos word nooit gepubliseer of met andere gedeel nie. Benodigde velde word gemerk met 'n *

*
*
  • Meer oor die Suburbs…

  • Stem vir my

    Vote for this Blog

  • “n Voorstedelike Engel

    Ek is 'n nooi van Pretoria maar woon al 'n paar jaar in die Goudstad. Dit is in my nuutgevonde vryheid waar ek besonderse dinge beleef het en mense ontmoet het wat my bestaan ingekleur het. Mooi herinneringe is gebou; maar ook hartseer terugslae is beleef. Of hierdie nou 'n spoegblok, 'n dagboek of net die neerpen van 'n mengelmoes van my onsamehangende denke is, is debateerbaar. Dalk is ek 'n filosoof met die wyshede van die wêreld wat ek aan ander kan openbaar..... Ek kan dus bieg, wat ook al die beskrywing... hierdie is 'n persoonlike soeke na innerlike vrede en antwoorde wat ek verstaan.

  • My gedagtes draai om…

  • Besoekers nou by die suburbs…

    • Daar is tans 5 Besoekers aanlyn
  • 'n Wolk van Sleutelwoorde...

  • Onlangse Opmerkings...

  • Kontak die Suburbs

  • Argiewe van gedagtes

  • Ek ondersteun graag…

  • Besoers aan die Suburbs…

    Hit Counters
  • Neem asseblief kennis…

    Kopiereg © 2010 Girl van die Suburbs - Alle regte voorbehou - totdat die Stormers die Super 14 wen. Wat beteken dit is van nou af tot in alle ewigheid. Hierdie blog is vir my ontwikkel op WordPress en 'n eie, unieke tema op die Thematic platform deur 2imagine met grafiese ontwerp insette deur I Love Design

  • Afrigator
  • Creative Commons License