Ek doen nie oggende nie

© GvdS - Oscar

© GvdS - Oscar

Ek was nog nooit ‘n oggend mens nie. Nie eers op die beste van dae het ek genoeg motivering om my kop op te lig nie. Ek word selde voor die wekker wakker en dan is dit oor ek wakker gesmeek word vir kos.

Lately gaan dit makliker…ek reken dit is om rede ek my vitamiene drink voor ek gaan slaap want dit skop in wanneer ek wakker word…. Maar dit maak net dat ek nie vir ewig snooze nie want dit kan ek net so goed soos slaap doen. Na die snooze trek ek vir Oscar nader dan lê ons eers bietjie lepel… en chat… oe die kat kan regtig vreeslik lekker vry… Dan lees ek bietjie my eposse… en krap op facebook rond… En dan eers… mik ek om die een voet voor die ander uit die bed te swaai.

Ek het al op skool in restaurante begin werk en ek reken dis waar ek die laat aande aangeleer het… Teen 8 uur kry ek my tweede asem en dan ek doen wat ek wil… maar ek raak nie moeg nie. Menige aande gaan kruip ek in net oor ek weet nou moet ek plan maak en nie noodwendig oor ek moeg is nie. Ek kan vir ure deurdruk en selfs sonder slaap klaar kom… maar laat ek nou my kop neerlê… Not a tiekie kry jy my weer daar op in die vroeë oggend ure nie. Ek het nou al probeer om my alarm loop afstand van die bed te sit en ek hoor waaragtig nie die gelui nie.

Daar is nou ietwat van ‘n probleem met my fantastiese slaappatroon… Ek is so moeg deur die dag dat ek aan useless grens. Ek reken hierdie dame van die nag roetine kan nie vir ewig aanhou nie.

Deel hierdie gedagtes met andere...:
  • Twitter
  • Facebook
  • laaik.it
  • Digg
  • del.icio.us
  • Google Bookmarks
  • Blogosphere News
  • eKudos
  • LinkedIn
  • MySpace
  • Reddit
  • Slashdot
  • StumbleUpon
  • Technorati
  • PDF
  • Print
  • RSS
Hierdie gedagtes is geplaas in gedagtegroep(e): My lewe, Sommer maar net... Sleutelwoorde: Boekmerk hierdie permanente skakel. Sê jou Sê of laat 'n terugskakel: Terugskakel URL. |

63 Comments

  1. Gesê op November 24, 2009 om 6:44 AM | Permanente Skakel

    Seker ook maar net gewoonte en roetine… dit is dinge wat verander kan word.

  2. Gesê op November 24, 2009 om 7:10 AM | Permanente Skakel

    Ek het iewers gehoor dat dit te doen het met die tyd van die dag wat jy gebore is. Maak nie heeltemaal sin nie.

    Ek HAAT oggende

  3. Gesê op November 24, 2009 om 8:45 AM | Permanente Skakel

    More Oukie!

    As daar nou een ding is van die metafisiese wereld is wat ek op my kerslysie sal sit is dit om meer selfdissipline te kry…

    Party keer dink ek, ek is die luiste persoon op planeet aarde! :mrgreen:

  4. Gesê op November 24, 2009 om 8:54 AM | Permanente Skakel

    Ou Hoefyster…

    Ek dink die storie mag dalk ietwat far fetched wees….. Maar ek was wel in die aand gebore!

  5. Daizy
    Gesê op November 24, 2009 om 9:13 AM | Permanente Skakel

    More our Girlie….dit maak twee van ons….ek doen ook nie oggende nie….raak eers omtrent 2 ure na ek opgestaan het behoorlik wakker….ek praat ook nie graag in die oggende nie…en hou van stilte….my prinsessie is natuurlik nie altyd geneig om met haar mamma saam te stem nie en brabbel al vandat haar oge oop gaan in die oggend…gelukkig weet sy dat ma so bietjie later start as al die normale mense om haar….so….ek dink regtig nie jy is abnormaal nie….

  6. Gesê op November 24, 2009 om 9:17 AM | Permanente Skakel

    Ek het jare lank nagdiens gewerk, en ek dink dis waar my liefde vir die nag begin het. Nes jy, kan ek sit en jol tot wie weet watter tyd in die oggendure. Ek gaan slaap ook omdat ek moet, en nie omdat ek wil nie. En oggende is ‘n straf! :lol:

    Soms kla my man omdat ek so laat gaan slaap, en dan wend ek ‘n effort aan om saam met hom in die kooi te klim. O bitterheid! Om so rond te rol en nie tot slaap te kom nie… :shock:

  7. Gesê op November 24, 2009 om 9:22 AM | Permanente Skakel

    More Daizy!

    Ek is die ideale kandidaat vir surprise breakfast of koffie in die bed… Ek kry net nie my oge oop nie.

    Ek oorweeg dit nou om soos in erg vroeg op te staan om te gaan stap… dalk kickstart daai oefening iets wat maak dat ek nie my oe kan oophou teen 8 uur in die aand nie…

    Ek reken ek gaan ongelooflik sukkel indien ek eendag wel ‘n ma word…. Die geheim dink ek is om hulle te kry wanneer jy self jonk is… ;)

  8. Gesê op November 24, 2009 om 9:25 AM | Permanente Skakel

    Ons is uit dieselfde stukkie lap gesny ou Vlam!

    Dalk as ek eendag agter ‘n warm ruggie kan inkruip sal dinge drasties verander… who knows :roll:

  9. Gesê op November 24, 2009 om 9:31 AM | Permanente Skakel

    Mens ek is jammer ek loer so min hier in ons is toe onder die werk by die werk, kry ons skaar s gedraai!! Lekker dag vir jou!! :smile:

  10. Gesê op November 24, 2009 om 9:35 AM | Permanente Skakel

    Ek staan reeds 4:45 op en is net na 6 by die werk . . . maar ek tolerate nie chirpy people om my voor at least 10h00 nie . . .

  11. Andrew
    Gesê op November 24, 2009 om 9:51 AM | Permanente Skakel

    “As daar nou een ding is van die METAFISIESE wereld is wat ek op my kerslysie sal sit …”

    Wow, dis net reg gestel, jy het my dag gemaak. *Puss-in-Boots hat-bow*

    Kan jy glo ek kon nie ‘n prentjie op die internet kry van Puss-in-Boots wat met ‘n swaai van sy hoed nederig buig in erkenning nie? :???:

    Oscar lyk na ‘n baaaie happy kittiekat, dis so mooi om mense te sien wat goed agter hulle diere kyk. Sonder dat jy dit eens weet het jy lankal ‘n positiewe verskil in die lewe gemaak.

  12. Gesê op November 24, 2009 om 9:54 AM | Permanente Skakel

    Hey meermin

    Ek is net te sleg om daadwerklik aan die werk te spring… Ek is op my eie mini strike hier in my hoekie…

    Lekker dag vir jou ook x x x

  13. Gesê op November 24, 2009 om 9:58 AM | Permanente Skakel

    Jinne Krista… HOE… vertel my net HOE?

    Hoe laat gaan slaap jy dan? Jy sien ek love ook middag slapies maar het BAIE lanklaas een gehad… Eintlik kan ek slaap wanneer die son skyn… en wanneer die maan opkom… Oh, hel… wag!

    Ek dink ek is dalk ‘n vampire? :???: :mrgreen:

  14. Daizy
    Gesê op November 24, 2009 om 10:04 AM | Permanente Skakel

    Nee vet Girlie…slaan dood…GOU!!

  15. Daizy
    Gesê op November 24, 2009 om 10:04 AM | Permanente Skakel

    Nee gits Girlie…slaan dood…GOU!!

  16. Gesê op November 24, 2009 om 10:10 AM | Permanente Skakel

    Ag dankie Andrew! :P

    Oscar was my lifesaver so ek moet mooi na hom kyk… Die liewe ding… Ek kan regtig liries raak oor my eie kat want hy is net te dierbaar (sien jy…. here I go)

    Ek het ook nou gaan google…. En kry ook nie ‘n prentjie nie…

    Ek onthou ek het die woord metafisies in een van my opstelle op varsity gebruik en het goeie punte gekry ;)

  17. Gesê op November 24, 2009 om 10:12 AM | Permanente Skakel

    Wat moet ek doodslaan Daizy :?:

  18. Gesê op November 24, 2009 om 10:30 AM | Permanente Skakel

    Gewoonlik is ons so @ 10 uur in die bed . . . :wink:

    Ons doen ook nie die laat-slaap-ding nie . . . laatste is ons 8 uur in die oggende uit die bed uit oor naweke . . . lees gewoonlik al die koerant van 6/7 uur af . . .

  19. Daizy
    Gesê op November 24, 2009 om 10:46 AM | Permanente Skakel

    Die vampire Girl

  20. Gesê op November 24, 2009 om 10:49 AM | Permanente Skakel

    Hi Girlie

    Baie dankie vir my mooi boodskap!

    Ek is ook donderweer se kind in die oggend. Die kinders weet al. As hulle wil hê daar moet ‘n mini-Hiroshima ontploffing wees,dan moet hulle baklei voor skool! Ek het nog nie die selfbeheersing gekry om dit in die oggende te ’sluk’ as hulle baklei nie. Ander tye van die dag oorleef ek(en hulle) maar oggende is ‘n NO GO!

    Dis asof ek eers weer geduld moet ‘leer’ miskien het ek dit deur die aand ‘vergeet’ het.

    Lekker werk!
    bye

  21. Gesê op November 24, 2009 om 11:04 AM | Permanente Skakel

    In my defense… Ek is al STUKKE beter as vroeer. Ek is ook nou elke naweek tussen 7 en 8 op en glo my… dit is ‘n helse prestasie! Ek kon tot 12 uur die middag slaap as ek ‘n halwe kans gehad het… selfs middagslapies ingewerk…

    Ek moet maar net erens motivering uitkrap… om te leer om dag en nag weer om te ruil. Dis sommer ‘n slegte gewoonte klink dit vir my.

  22. Gesê op November 24, 2009 om 11:05 AM | Permanente Skakel

    Hehehe Daizy

    Ek is mos… wakker die aand en aan die slaap deur die dag.

  23. Gesê op November 24, 2009 om 11:08 AM | Permanente Skakel

    Dis ‘n plesier Boerie! :mrgreen:

    Net spesiale mense word 21 elke jaar! Hoop jou familie bederf jou!

    Jaaaaa…. ek sien so met my vriendinne… kinders neem jou geduld op ander vlaktes… unknown to mankind! ;)

  24. Gesê op November 24, 2009 om 11:14 AM | Permanente Skakel

    Ek het nog altyd gedink 12 uur is opstaan tyd naweke.

  25. Gesê op November 24, 2009 om 11:19 AM | Permanente Skakel

    Jy sien Xena… ons TWEE gaan baie slegte ma’s uitmaak… Leer die kind hoe om met die tv remote te werk sodat ons kan inle! ;)

  26. Daizy
    Gesê op November 24, 2009 om 11:25 AM | Permanente Skakel

    Hehe julle tweetjies….moet hulle net nie leer wat die alarm se kode is sodat hulle dit kan de-aktiveer voordat hulle by die tv se afstandbeheer kan uitkom nie…dit sal verseker hulle lewentjies in groot gevaar stel…too much information!!

  27. Gesê op November 24, 2009 om 11:40 AM | Permanente Skakel

    Nell en Daizy

    Ek gaan slimmer wees. Hulle gaan ook nie oggend mense wees nie. As hulle wakker word, gaan ek hulle saam met my in die bed druk. Werk sover met die kiddies wat in ons familie is.

  28. Daizy
    Gesê op November 24, 2009 om 11:50 AM | Permanente Skakel

    Al probeer Xena….hulle is soos wurmpies…kriewel die hele tyd…g’n mens kan ‘n oog toe maak nie….laatslaap is maar uit totdat hulle veel groter is…nee ek het sopas my “mind gechange”….daar is soveel om te doen ipv om te slaap…places to see, people to meet….so sleep jouself maar vroeg uit die vere en leef!!!

  29. Gesê op November 24, 2009 om 11:55 AM | Permanente Skakel

    Mens kan dit doen wanneer die son ook gesak het.

    Ek gaan ‘n verskriklike ma wees.

  30. Gesê op November 24, 2009 om 12:45 PM | Permanente Skakel

    Ek hoop maar Daizy dat die kinders se pa wel vroeg opstaan…. dan kan ons beurte maak met nag duty en oggend duty!

    Klink vir my na ‘n wesenlike plan… :mrgreen:

  31. Gesê op November 24, 2009 om 12:47 PM | Permanente Skakel

    In all fairness aan almal wat ek al gedink het gaan regtig skade aanrig deur ma-ma te speel… dis nou my vriendinne… hulle maak vir my vrek goeie ma’s!

    Dalk ou hoefie… net dalk verbaas jy ons almal! :P

  32. Gesê op November 24, 2009 om 1:06 PM | Permanente Skakel

    Eendag as ek groot is gaan ek ook een keer 8 uur in die oggend eers opstaan – Just for the hell of it!

  33. Gesê op November 24, 2009 om 1:14 PM | Permanente Skakel

    Maar die vraag is oukie…. sal jy 8 uur eers kan WAKKER word? :???:

  34. Gesê op November 24, 2009 om 1:31 PM | Permanente Skakel

    Ek het eenkeer agtuur eers wakker geword. Maar daar was drank betrokke ;-)

  35. Gesê op November 24, 2009 om 1:51 PM | Permanente Skakel

    Faaaarrrrkkkk…. Ek besef hier vandag ou brother in arms… ek is ongelooflik lui in vergelyking met my mede bloggers… :mrgreen:

    Vanaand…. net vanaand sit ek daai liggie 9 uur af en come hell or high water… Slaap sal ek slaap…. :???:

  36. Gesê op November 24, 2009 om 2:16 PM | Permanente Skakel

    9 uur?

    Magtig, Nell, dit is in die middel van die dag!!! Jy sal dood gaan.

  37. Gesê op November 24, 2009 om 2:21 PM | Permanente Skakel

    hehehe… Ou hoefie… jy ken my net te goed! :mrgreen:

    Ek is in elk geval nie by die huis vanaand nie… so 11 uur…. hier kom ons…. :???:

    Maar ek gaan verseker MORE AAND! :P

  38. Daizy
    Gesê op November 24, 2009 om 2:29 PM | Permanente Skakel

    You go Girlie….dit sal dan verseker in die Rekord boeke opgeteken kan word jong….moenie dink jy is die enigste wat van laatslaap hou nie…..ons almal doen dit tog van tyd tot tyd…..maar die ou gejaagde lewe hou maar die balans tussen vroeg slaap en vroeg op…..maar sodra jy sê vanaand is ek 9 uur in die bed gaan die noodlot jou versker treiter om dit veel later te maak….

  39. Gesê op November 24, 2009 om 2:37 PM | Permanente Skakel

    Dalk moet ek dan nie die noodlot treiter nie… Daizy!

    Ek gaan dus NIE 9 uur slaap NIE! ;)

  40. Gesê op November 24, 2009 om 3:02 PM | Permanente Skakel

    Nell

    Jy drink duidelik te MIN

  41. Gesê op November 24, 2009 om 3:08 PM | Permanente Skakel

    O fok… nee, selfs met drank saam kan ek nie eers 8 uur wakker word nie – sal ander aktiwiteite moet kry om my tot 8 uur in die bed te hou….. van 4.30 af :lol:

  42. Gesê op November 24, 2009 om 3:38 PM | Permanente Skakel

    Sjoe Perdjie… Ek kry my fair share van drank is in die week… Wel… dalk nie…

    Mag ‘n mens by die werk drink?

  43. Gesê op November 24, 2009 om 3:39 PM | Permanente Skakel

    Oukie ek kan aan ‘n paar dinge dink… kan ek maar die lysie begin optrek :?: ;)

  44. Gesê op November 24, 2009 om 3:50 PM | Permanente Skakel

    Natuurlik mag jy by die werk drink, moet net nie uitgevang word nie. :lol:

    DMI gaan seker maar ‘n bietjie lees daardie tyd van die oggend.

  45. Gesê op November 24, 2009 om 4:25 PM | Permanente Skakel

    oggende is werklik over rated. ek staan net vroeg op as ek met vakansie gaan. of iets baie lekkers gaan beleef. die res van die tyd gaan dit baie swaar.

    as ek vroeg soggens wakker word uit my eie dan is ek so siek ek moet hospitaal toe. :)

  46. Gesê op November 24, 2009 om 5:10 PM | Permanente Skakel

    Ek het al saam die ander by die werk gedrink… Maar nog nie skelm nie. Ons het ‘n fantastiese braai area…

    Ek het wel al ‘n kalmeer pilletjie geneem en het so uitgeclutch… Soveel so…. dat die mense bekommerd geraak het want my spraak was ook sommer aangetas. Jislaaik dis was snaaks :mrgreen:

  47. Gesê op November 24, 2009 om 5:14 PM | Permanente Skakel

    Jis tannie Roos… Nou voel ek stukke beter…

    Ek kry die idee jy is ‘n persoon van hoe aansien en as dit is hoe jy operate dan is daar wragtig hoop vir my! ;)

  48. Gesê op November 25, 2009 om 6:46 AM | Permanente Skakel

    Yipppeeee, ek spring op Girlie se bed maar sy word nie wakker nie!

  49. Daizy
    Gesê op November 25, 2009 om 7:26 AM | Permanente Skakel

    Uhmmmmm DMI wat doen jy so vroeg oggend daar….ek dog dan jy slaap in vanoggend?

  50. Gesê op November 25, 2009 om 8:04 AM | Permanente Skakel

    Hmmm….. Girl maak haar oge so bietjie oop want iets spring op haar… maar sy sien nie koffie nie…

    WAAR IS DIE KOFFIE? ;)

  51. Gesê op November 25, 2009 om 9:14 AM | Permanente Skakel

    Hoe het dit verander van spring op jou bed na spring op jou toe?

  52. Daizy
    Gesê op November 25, 2009 om 10:02 AM | Permanente Skakel

    DMI nou maak jy ha nog seer ook….en se nie eers sorry met ‘n koppetjie boeretroos nie…nee siesa man

  53. Gesê op November 25, 2009 om 11:17 AM | Permanente Skakel

    Jy het my raak getrap oukie! :roll:

  54. Gesê op November 25, 2009 om 11:19 AM | Permanente Skakel

    Weet jy Daizy… Ek raak swaar wakker…. Teen die tyd wat ek wakker is is die koffie tien teen een al koud! ;)

  55. Gesê op November 26, 2009 om 3:12 PM | Permanente Skakel

    My aarde maar DMI en Girl flirt lekker met mekaar….ek voel ek loer iets af :lol:

  56. Gesê op November 26, 2009 om 4:14 PM | Permanente Skakel

    Haai Rosa, moenie nou vir jou stuitig kom hou hier nie!

  57. Gesê op November 26, 2009 om 4:34 PM | Permanente Skakel

    Mag net julle tweetjies stuitig wees? Hmmm… :mrgreen:

    Sjoe, moeg is ek nou van al die gespringery… :lol:

  58. Gesê op November 26, 2009 om 8:23 PM | Permanente Skakel

    HeHeHe

    Tannie Roos… Gryp ‘n kussing dan hou ons kussing geveg! ;)

  59. Gesê op November 26, 2009 om 8:26 PM | Permanente Skakel

    Wel Vlam…

    Kom ons kry dan ‘n speletjie wat ons almal kan speel… Eye spy with my little eye… something begining with a………… A-B-C-D-E-F-G….. :mrgreen:

  60. Gesê op November 26, 2009 om 8:58 PM | Permanente Skakel

    Gaan julle eendag weer opstaan? En hou groot is die bed.

  61. Gesê op November 26, 2009 om 9:08 PM | Permanente Skakel

    Krismis bed… L-E-K-K-E-R!!!!!

    Plek vir almal en nog wat!

  62. Gesê op November 27, 2009 om 1:21 AM | Permanente Skakel

    O ja, ek wou nog vir Daizy hartlik bedank het: die reen het toe Woensdagaand gekom. Heerlik. Minder heerlik was die baba wat histeries rondgehardloop het met sy hande oor sy ore omdat die lawaai (op die sinkdak) vir hom te erg was. En die aaklikgste van alles is die brak wat met sy nat modderlyf ons beddens vir ons kom omkrap.

    Maar dis nat. Dis seker al wat tel. :lol:

  63. Gesê op November 27, 2009 om 9:18 AM | Permanente Skakel

    Ag daar is niks so goor soos ‘n nat bedrempelde hond nie! :???:

    Bleehhhhhhh!

    Ek is wel bly jy het jou reen gekry Vlam! ;)

Sê jou Sê

Jou E-pos word nooit gepubliseer of met andere gedeel nie. Benodigde velde word gemerk met 'n *

*
*
  • Meer oor die Suburbs…

  • “n Voorstedelike Engel

    Ek is 'n nooi van Pretoria maar woon al 'n paar jaar in die Goudstad. Dit is in my nuutgevonde vryheid waar ek besonderse dinge beleef het en mense ontmoet het wat my bestaan ingekleur het. Mooi herinneringe is gebou; maar ook hartseer terugslae is beleef. Of hierdie nou 'n spoegblok, 'n dagboek of net die neerpen van 'n mengelmoes van my onsamehangende denke is, is debateerbaar. Dalk is ek 'n filosoof met die wyshede van die wêreld wat ek aan ander kan openbaar..... Ek kan dus bieg, wat ook al die beskrywing... hierdie is 'n persoonlike soeke na innerlike vrede en antwoorde wat ek verstaan.

  • My gedagtes draai om…

  • Besoekers nou by die suburbs…

    • Daar is tans 5 Besoekers aanlyn
  • 'n Wolk van Sleutelwoorde...

  • Onlangse Opmerkings...

  • Kontak die Suburbs

  • Argiewe van gedagtes

  • Ek ondersteun graag…

  • En ook vir…

  • Besoers aan die Suburbs…

    Hit Counters
  • Neem asseblief kennis…

    Kopiereg © 2010 Girl van die Suburbs - Alle regte voorbehou - totdat die Stormers die Super 14 wen. Wat beteken dit is van nou af tot in alle ewigheid. Hierdie blog is vir my ontwikkel op WordPress en 'n eie, unieke tema op die Thematic platform deur 2imagine met grafiese ontwerp insette deur I Love Design

  • Afrigator
  • Creative Commons License