Sjoe… en die agteros kom ook in die kraal.
Ek het al baie gewonder watter lesse ek aan my kinders sal oordra eendag, want dit wat jy nie uit ervaring leer nie, leer jy uit beginsel.
Hier is die lesse waarop ek my lewe (probeer) baseer:
Ek dink die grootste element waaruit jou lewe moet bestaan is liefde. Wees lief vir jouself en wees lief vir die mense om jou. Jy kan regtig nie ‘n vervulde lewe lei as jy nie lief is vir die lewe nie. Dit beteken ook dat jy dinge uit liefde moet doen sonder om enige iets terug te verwag… Liefde is unconditional…
So saam met liefde vir ander moet jy onthou… mense gaan jou êrens teleurstel. Dis in ons natuur en 9 uit die 10 keer is dit nie aspris nie. So onthou dat jy self nie ‘n pilaar van standvastigheid is nie en jy stel mense ook soms teleur. Daarom moet jy kan vergewe… 100 keer as jy moet…
Vergifnis het wel geen perke nie, maar ‘n mens het keuses. Jy kan besluit wie jy in jou lewe wil hê. Dis nie die moeite werd om te tyd of energie te mors aan toksiese verhoudings nie. Dit is nie die moeite werd om ‘n moordkuil van jou hart te maak nie. Vergeef, vergeet en gaan aan. Ek glo ‘n groot dryfveer vir ‘n lang en geseënde lewe is om in vrede te leef.
Onthou elke keuse wat jy uitoefen en elke besluit wat jy maak het gevolge. Jy is in beheer. Partykeer neem jy verkeerde besluite maar op daardie tydstip het dit na die regte een gelyk so vergeef jouself ook die foute van die verlede, maar onthou jy is nie ‘n victim nie… Leer uit jou foute!
Niks wat jy in die lewe het, besit of geleer het is uit jou eie toedoen nie. Of jy in God glo of nie… alles wat ons ontvang kom van genade. Wees dus dankbaar vir wat jy het en gee terug aan die wat minder as jy het. Genade is daar om gedeel te word. Wees goedhartig en deel jou tyd as ‘n hulpbron… dit beteken gewoonlik baie meer as die geldjie in ‘n koevert.
Wees verdraagsaam teenoor ander. Net soos ander jou dalk irriteer, vang jy hulle ook partykeer. Jy is gewoonlik nie privvy tot die rede hoekom mense optree soos wat hulle doen nie. Om iemand te judge is onregverdig en lelik. Niemand is jou ook ‘n verduideliking verskuldig nie. So verdra maar waar jy kan.
Om vreugde te put uit die lewe is van kardinale belang…. Anders gaan jy ‘n lang en eensame lewe hier op aarde lei. Ek is seker ‘n goeie een om te praat maar vind selfs vreugde in adversary. Daar is altyd iets om voor dankbaar te wees en ‘n mens wat dankbaar is, is gewoonlik vol vreugde ook.
Leef vir vandag. Ons spot baie met lysies wat ons wil opstel want daar is altyd iets wat ons keer om te doen wat ons wil. Dit is te verstane as jy dinge uitstel oor jy nie dadelik hulpbronne tot jou beskikking het nie; moet net nooit ophou droom nie. Al moet jy nou kleiner drome tussen inwerk…
Bly hoop. Hoop op beter dae, hoop op ‘n bos blomme, hoop op inner peace… Onthou as jy ophou hoop kan jy net sowel ophou lewe. Die hoop beskaam nie.
As daar nou een les is wat my baie lank vat om te leer… jip, dis ‘n continuous een in my eie lewe… Wat mense van jou dink, verander niks aan jou as mens nie. Dit is net ‘n opinie. Jy moet ‘n interne filter aanleer waardeur almal se kommentaar gefilter word… want jy as mens het niemand se goedkeuring nodig nie. Jy moet okay wees met wie jy is.
Die gootste les wat my pa my geleer het wat betrekking het op al die bogenoemde is….”
Word ek oor die vingers getik oor ek nie iemand getag het nie… So here goes
Ek tag almal wat nie ‘n blog het nie… Andrew, Daizy, Maxie, Steve en sommer elke ander leser wat sy lesse wil deel. Alles te danke aan ou Vuurperd!





62 Comments
Of anders gestel.
Vivamus et Amamus.
“Genade is daar om gedeel te word” . Yip.
Ai sulke raakwoorde…ai ou girlie ons is elke dag dankbaar vir wat ons uit Genade ontvang….al moet ons onsself soms daaraan herinner ne? En sjoe dankie vir die tag…mmm….maar ek dink nie ek sal my hand nou al daaraan probeer nie, maar dit is gewaardeer!!
Jip Vuurperdjie… Liefde laat die wereld om sy eie as draai!
Oukie!
Ja… ons word almal geseen in ‘n mate wat ons self nie aldag besef nie. Ons moet deel… dis waaroor die lewe gaan… dis wat ek glo… As niemand iemand help nie dan is die lewe net wreed.
Daizy! Ek is seker jy het lesse wat jy kan deel…
Allys jy hulle net… Jy hoef nie ‘n opstel skryf nie! Ag toe… Pretty please met ‘nrooi tjerrie on top!
Ek hou sommer BAIE van wat jy hier vertel – regtigwaar ook. Wee’jy Girly, jou lewe het gebeur soos dit moes, want waaragtig jy gaan een dag een spesiale man BAIE gelukkig maak. Jip, luister maar virrie tannie!
Nee gits Girlie….ly ek nou skielik aan hewige “stage fright” jong…hehe
Dankie Sammi
Ek is baie dankbaar dat daar ek weer kon opbou na die afbreek maar ek besef al te goed dat die nuwe nooit sou kon plaas vind as die ou nie eers vernietig was nie. Ek moes myself helemaal verloor om te kan wees wie ek nou is.
Ek kyk so op die horison vir daai ridder hoor…
Koooooeeeeeeeeewwwwwwwwwwee \m/
Nope… Hy is nog te ver om my te sien waai!
Die vloer is joune Daizy! Net wanneer jy wil… Ek belowe dit sal fine wees!
Komaan Daizy.
Ek is nuuskierig om te sien wat jy te se het.
You GET it, Girly
Bou ‘n hele nuwe huis met ‘n splinternuwe sterk fondasie. Want om op die ou vrotte te bou maak net dat die hele lot later inmekaar tuimel.
Toemaar, moenie soek nie, moenie jag nie – dit sal gebeur wanneer jy dit die minste verwag. But trust me, JY sallie te lank hoef te wag nie hu uh!
Don’t worry about what the people will think – it won’t happen very often.
Nice, Girl!
Komaan, Daizy, la’t ons hoor!
Baie nice en moenie te veel worry oor die ridder nie, dis anyway net ‘n idiot in tin foil!
Die regte man sal op die regte tyd in jou skoot val, trust me!
Kyk Daizy… As vlam en vuurperd eers wil weet…Hulle is vrek nuuskierig en gaan nie sommer opgee op die een nie hoor!
Wat van drie om mee te begin en as jy meer gemaklik is dan doen jy meer…
Aaaaaaaggggggggg tooooooooeeeeeeeeeeeee
Weereens dankie Sammi
Ek dink weer ek gaan dalk nog moet wag… want alles is mos maar ‘n proses hier in die suburbs!
Ek is te lui om te jag, want dit involve ‘n gehollery… Ek hardloop vir niks
Nee…Jong ou vlam…Dismaklikergese as gedaan…. Ek steur my helemaal te veel aan wat ander dink… maar my toppunt is… wat ek dink wat ander dink… Prinses Xena was so gaaf om dit uit te wys en sy was reg…..
Hey Kaalvoet… Ek sien daar vou my plan om die nie-bloggers te betrek… Nou tag ek jou sommer… hier… Ek wil graag jou lesse hoor…
Ja ek hetal te veel tin foelie idiote tee gekom… maar ek weet nie so lekker of ‘n man net so in jou skoot val nie? Doen hulle?
Het Daizy nog nie haar reels hier gelos nie?
Ek is moeg vir die gewone bloggers.
Ek kan al hulle blogs vir hulle skryf, ek weet wat hulle dink en voel.
Dankie vir die tag, Nell!
) los, sy’t gister al gevra.
Ek sal myne by Vuurperd (mal oor die naam,
*fluister* Dis moeiliker as wat ek gedink het, ek sit al ‘n halfuur en staar na ‘n lee skerm…
Dalk moet ek my verbeel dis net vir julle twee wat ek skryf
Xena!
Moet nie vir Daizy afskrik nie… gee kans…
Nee ou merrieperd jy kan nie my of vlam se blog doen nie… want JY KAN NIE VOEL NIE!!!!!
Dis reg Max!
Ja, skryf asof jy vir ons twee jou wyshede wil deel sodat ek nie weer van die pad af gaan nie en sodat Vuurperd haar begin gedra…
Easy-Peasy!
Fine
Ek sal Maxie se blog doen. Dit is ook al hoe sy ‘n blog gaan kry.
En aarde . . . .
Ek gedra my mos. Soms is dit net ‘n bietjie sleg
HAAAAAAAA…. Maxie!!!!!!
Kom lees tog net wat ou hoefyster van jou se…. Nou moet jy haar verkeerd bewys!
Ek het gesien… ‘n mens vat ou ook net twee keer na ‘n plek toe…Die tweede keer om te gaan omverskoning vra…
Watter ou?
Jy sal weet. Hoeveel keer het ons al gekoffie?
tikfoutie.. JOU… JOU… JOU
ja, maar ons gaan nooit terug na dieselfde plek nie… ook nie area nie… for that matter
Xena – bied jy wraggies aan om vir my ‘n blog te begin? Gaaf van jou, dankie man, jy sal my sommer baie moeite spaar, sou ek wel besluit om te begin
Goeie punt. Dit is omdat jy gewoonlik so snot en trane tjank, dat die bestuur ons die rekening spaar. Solank ons net loop en nie die ander gaste ontstel nie?
Sien jy? Maxie dink ek sal ‘n blog namens haar kan skryf. Dit is nou wat ek vertroue noem.
Oi Max… Moenie dat sy jou afskrik nie… Ek wil baie graag by jou leer!
Soos in regtig….
Nou wat wil jy he moet ek maak as jy my byt? Lag?
Wel ten minste kry ons leeekkkkeeeer free-bees so ver ons gaan!
Ek dink nie Max weet waarvoor sy haarself inlaat nie!
Max ken kwaliteit as sy dit sien. Sy is glad nie afgeskrik nie.
Ek gaan haar mos nie byt nie.
En ek sal jou ook nie byt as jy nie op die kinders naby ons skree nie.
Julle twee moet voortaan eerder by iemand se blyplek vergader vir koffie
Nell, dis maar moeilik want almal het alreeds alles gese wat ek wou. Ek skryf dit maar as die lesse wat ek die Engelse kind (probeer) leer. Hy’s ‘n tiener, dis nie aldag maklik nie, lol.
Nell gedra haar soos ‘n kleuter (veral as sy tjank)! Jou lesse sal nie vermors wees nie, Max. Buig die boompie terwyl hy jonk is.
Max my liewe mens… jy beter nou ingryp… die merrie soek nou ‘n geleentheid om weer aan te jaag!
Ag Xena… ek het nie op die kinders geskree nie… ek het op jou geskree wat saam hulle in die fontein gaan spring het… En dan nog in jou onderklere… Ek meen… enige iemand anders sou dit doen om jou uit die water te kry.
O ja, Max. Ons wil weet wat jou reels is. Almal se reels kan nie vir jou van toepassing wees nie. So as jy iets herhaal, is dit okay. Die snikkende-engel leer beter met herhaling.
Ek hou van wat jy hier skryf, Girl, ek hou sommer BAIE daarvan. Dis ook baie na aan party van my lewensriglyne
All good things come to those who wait. Een mooi dag, sommer net so, gaan jy jou anderhelfte raakloop en dan sal alles sommer net in plek val.
Ai merrie… Ek het gehuil oor ek skaam gekry het… ALMAL het gekyk!
Nell
Se jy ek is vet?
Jou moer. Almal het gecheer. Jy wou net nie die geld insamel nie.
Wys net hoe lieg jy!!!! Skaam jou.
Netnou net was dit omdat ek jou gebyt het.
Kan ‘n mens ‘n woord glo wat jy se?
Dankie Son!
Ek moet bieg ek het dieselfde gedink toe ek daar by jou gelees het. Ek dink die wat ‘n soort gelyke paadjie stap leer min of meer dieselfde lesse in die lewe… of maak dieselfde dinge hulle eie.
Ek glo die anderhelfte sal eendag net daar wees… Maar dis die nuuskierigheid wat die oorhand kry… Ek wonder maar wie en wat dit sal wees
Haai julle moet ophou baklei!
Rule nr 118: Pick your battles!
Ek gaan julle nou los om my huiswerk te probeer klaarmaak.
Plaaayyyy nice!
Jy het my gebyt toe ek jou aan jou hare uit die fontein gaan pluk het!
Basta hiermee! Nou weet almal jy het in die water gedans vir geld sodat ons die bill kon betaal.
Ai…..
Jammer Max!
Jy sien… Ek en daai merrieperd is ‘n baie slegte kombinasie…
Kan nie wag om jou lesse te sien nie! Soos in regtig!
Max
Maar ek speel mooi. Ek het nie Nell se vlerkies geknip nie.
Ag tog… laat ek net die rekord regstel…
Ek en ou ysterhoef is baie lief vir mekaar en ons gedra ons in die publiek.
Dankie dat jy nie my vlerke geknip het nie… ek het hulle al soveel keer gebrand…. Dit vat lank om terug te groei!
Nell
Toemaar, ek weet julle skeer die gek en weet hoe om jul te gedra
Ek sal more klaarmaak, het heeltemal te meegevoer geraak…
Die lewenslesse wat ek die Engelse kind probeer leer lyk so. Dis egter nie alles nie, Xena se 10 kon netsowel my eie ook gewees het.
1. Probeer om ten alle tye ‘n gesonde balans te handhaaf. Enigiets met ‘n “te” vooraan, is nie goed vir jou nie.
)
2. Moet nooit vergeet waar jy vandaan kom nie.
3. Ons kan nie altyd kies wat met ons gebeur nie, ons kan wel kies hoe ons daarop gaan reageer. (Ek is ‘n baie rustiger mens vandat ek hierdie keuse begin uitoefen het ‘n hele paar jaar terug, lank voordat dit ‘n cliché geword het
4. Deel dit wat jyself die graagste wil hê, mildelik uit aan ander. As jy eensaam is, gaan verlig ‘n oumens se eensaamheid met ‘n kuiertjie. As jy vasgehou wil word, hou ‘n bang dier vas by die DBV.
5. Geluk lê werklik in die klein goedjies. Dis orals om jou. Jy moet net leer om dit raak te sien.
6. Probeer om altyd die positiewe uit te lig.
7. As daar ‘n doring in jou voet is, haal hom uit voor hy sweer.
8. Almal verdien om met respek behandel te word en om erkenning vir hul menswaardigheid te kry, ongeag hul posisie. Dit sluit die huishulp, tuinier en skoonmakers in openbare plekke in.
9. Respekteer God se Skepping en doen alles in jou vermoë om te help om ons planeet te bewaar. Ek het jou van kleins af geleer om saam met my rommel op te tel terwyl ons daagliks langs die see gestap het. Die eerste keer was jy ontsteld. Jy’t gemor: “But it’s unfair, it’s not my rubbish”. Ek het jou vertel dat dit die dolfyne vir wie jy so lief was, kon doodmaak en het jou ook sommer die “starfish” storie vertel. Jy is nou 15 en tel steeds rommel op.
10 Wees opreg dankbaar vir wat jy het.
11 Moet nooit die mense vergeet wat jou ge-abba het toe jy dit die nodigste gehad het nie. Hulle is jou enigste ware vriende.
12 Help ander waar jy kan MAAR moenie dat jou linkerhand weet wat jou regterhand doen nie.
13 Wees altyd getrou aan jouself.
14 As jy ‘n belangrike besluit moet neem, slaap altyd eers daaroor.
15 Respekteer ander se grense en stel vir jouself ook grense op. Onthou: ons leer ander hoe om ons te behandel.
16 As ander dink jy’s simpel as jy bome drukkies gee, lê die probleem by hulle, nie by jou nie
Sjoe Maxie welgedaan hoor!!!!
Ai ou Max
Nou sit ek en wonder of jy regtig so met Engelse kind praat. Veral nommer 9. Dit is mooi.
Nommer 12 is nogal evangelie. Ek dink enige hulp wat ‘n mens gee en dan uitbasuim is vals.
As ek een ding van my baas kan uitsonder. Hy staan sonder huiwering vir ‘n skoonmaker op om te kan sit. Bloot net omdat sy ‘n vrou is. Dit, bo alles, gee my die wereldse respek vir hom.
YEEEEEEEAAAAAAAAHHHHHHHHH Dankie MAX ** Mwha**
Jissie… ek is mal oor alles wat almal te lere het. Dit word in soveel eerlikheid gedoen wat my net laat dink almal hier is regtig besonderse mense.
As ek die volgende mag uitlig want dit spreek nou tot my hart…
Nommer 2 – Amen to that! So baie mense vergeet van hul eie humble beginnings.
Nommer 3 – Vandat ek die waarde van daai besluit besef het, is ek ook baie rustiger
Nommer 4 – Amen again! Baie mense doen dit met geld wat wonderlik is want hulle word ook benodig, maar so min mense wil van hulle tyd afstaan
Nommer 8 – Ek glo die hele volk sal beter funksioneer as hulle daai reel toepas
EK verstaan nie nommer 12 nie
Snigel
No 12. Moet nie gaan skree jy het ‘n huis vir Choc gegee nie.
Max
Oor jou nommer 8. Langenhoven het gese: Behandel jou meerdere met beleefdheid omdat dit jou plig is, jou gelyke omdat dit jou plesier is en jou mindere omdat dit jou voorreg is.
Smigle .. mind you… Spel dit tog net reg asseblief.
dis erg genoeg dat jy nou my bynaam hier kom verkondig!
Oooohhhhhhhhh… So he tog bietjie takt as jy ander help… Nee ek dink baie mense kan die een leer!
Paashase kom uit sonder takt. As ‘n mens vir jou te veel takt gee, misverstaan jy totaal en al.
bwhahaha…. so dit gaan nie help as ek nou verduidelik ek verstaan nie wat jy nou probeer se nie?
ek hou van maxie se no 16
Mag ek maar antwoord?
Deesdae skryf ek die dinge neer in ‘n joernaal wat syne sal word as hy 18 word, ‘n tipe van ‘n etiese testament, tesame met ander gedagtes oor hom.
Daizy – dankie, nou’s dit jou beurt…
Xena – ja, ek praat regtig so met hom, dis net moeiliker deesdae vandat hy ‘n tiener is, ek twyfel of hy nog so luister soos toe hy jonger was
Ek hou sommer baie van die Langenhoven aanhaling.
Nell – plesier en dankie vir die tag!
Sonkind – dankie, ek ook
Sien Max… Jy is nou ‘n volbloed vryskut blogger!
Ek laaik daai joernaal idee regtig baie!!!!!
Ek dink die joernaal sal waarskynlik in boekvorm uit gegee word.