Noord – Oos – Wes

29092009009

21102009040

21102009039

Noord, Oos enWes…. My aansigte gistermiddag en nie een uithoek se wolk patroon het dieselfde gelyk nie!

Hierdie loskop verloor mos haar hart op al wat ‘n sonsondergang is waar wolke betrokke is.

Deel hierdie gedagtes met andere...:
  • Twitter
  • Facebook
  • laaik.it
  • Digg
  • del.icio.us
  • Google Bookmarks
  • Blogosphere News
  • eKudos
  • LinkedIn
  • MySpace
  • Reddit
  • Slashdot
  • StumbleUpon
  • Technorati
  • PDF
  • Print
  • RSS
Hierdie gedagtes is geplaas in gedagtegroep(e): Natuurlik is dit mooi..., Sommer maar net... Sleutelwoorde: , , , Boekmerk hierdie permanente skakel. Sê jou Sê of laat 'n terugskakel: Terugskakel URL. |

13 Comments

  1. Gesê op October 22, 2009 om 10:07 AM | Permanente Skakel

    Mal oor die laaste foto.

  2. Gesê op October 22, 2009 om 10:10 AM | Permanente Skakel

    Dankie!

    Ek was te lui om die kamera te gaan haal… sommer so met die nuwe foon geneem.

  3. Gesê op October 22, 2009 om 10:21 AM | Permanente Skakel

    WOW DIT IS STUNNING!!

  4. Gesê op October 22, 2009 om 10:42 AM | Permanente Skakel

    Ek like van die middelste een…. wat het van Suid se foto geword?

  5. Gesê op October 22, 2009 om 10:51 AM | Permanente Skakel

    Neej jong… Klasvaakie het nie gedink dis ‘n mooi aangesig nie want dit was net donker…plaas ek neem dit toe nou maar ook af…

    Maar ek het so klein gevoel in die lang gras met die groot wolke bo my! Hulle was groot en laag.

  6. Gesê op October 22, 2009 om 1:05 PM | Permanente Skakel

    Ek is ook mal oor wolke . . . veral as hulle reën bring . . .

  7. Gesê op October 22, 2009 om 2:10 PM | Permanente Skakel

    Weet jy Krista my hare is ‘n goeie reen barometer. As dit begin krul dan weet ek die reen is op pad… as dit frizz weet ek dit gaan net humid wees…

    Die reen is nog nie hier nie. :mrgreen:

  8. Gesê op October 22, 2009 om 2:18 PM | Permanente Skakel

    Ek het jou nodig as reenaanwyser! Dit het nog nie EEN druppel hier gereen nie, en die reenseisoen is veronderstel om in Oktober te begin. Het gaan kyk na laasjaar se foto’s – ek het die eerste reen afgeneem – en dit was 3 DESEMBER!!! :shock: Ek is soooo lus vir ‘n goeie reenbui!

    Jou sel neem heel snazzy foto’s! Of is dit nou jy wat so oulik is? :mrgreen:

  9. Gesê op October 22, 2009 om 2:40 PM | Permanente Skakel

    Jis Vlam ek was al moedeloos met hierdie krulle van my… maar nou dat dit langer is werk ek baie makliker met hulle.

    Ek wil ook he dit moet goed reen om al die stof af te was. Jis, maar ek moet bieg toe ek jou kiekies so kyk toe dog ek nogal dis erg droog daar by julle.

    Natuurlik is EK die oulike een :mrgreen:

  10. Gesê op October 22, 2009 om 2:57 PM | Permanente Skakel

    Dis vrek mooi! So van die os op die jas, die weer hier by ons is so deurmekaar. Oos – son, Noord-Koue blou wolke, Wes-Clear blue skies en Suid-Donker blou reën wolke!!!

  11. Gesê op October 22, 2009 om 3:25 PM | Permanente Skakel

    Hey Ogies

    Ek kan letterlik vir ure op die gras le om na die wolke te kyk… maar wolke met ‘n sonsondergang waar die lug met rooi en pienk en oranje en somtyds geel geverf word is net ‘n treat!

    Ek onthou by my ma-hulle se huis as die donker vanuit die suide aan gedruis kom uit ‘n spesieke hoek in die tuin dan kon ons weet dit kom reen!

  12. Gesê op October 22, 2009 om 3:36 PM | Permanente Skakel

    Baie mooi foto’s. My gunsteling plek is ook op die gras – veral in die aand as die duisende sterre vir my knip-oog :)

  13. Gesê op October 22, 2009 om 4:18 PM | Permanente Skakel

    Jy sallie glo nie, maar daar is actually donderweer! Ek hoop dit reen… :lol:

Sê jou Sê

Jou E-pos word nooit gepubliseer of met andere gedeel nie. Benodigde velde word gemerk met 'n *

*
*
  • Meer oor die Suburbs…

  • “n Voorstedelike Engel

    Ek is 'n nooi van Pretoria maar woon al 'n paar jaar in die Goudstad. Dit is in my nuutgevonde vryheid waar ek besonderse dinge beleef het en mense ontmoet het wat my bestaan ingekleur het. Mooi herinneringe is gebou; maar ook hartseer terugslae is beleef. Of hierdie nou 'n spoegblok, 'n dagboek of net die neerpen van 'n mengelmoes van my onsamehangende denke is, is debateerbaar. Dalk is ek 'n filosoof met die wyshede van die wêreld wat ek aan ander kan openbaar..... Ek kan dus bieg, wat ook al die beskrywing... hierdie is 'n persoonlike soeke na innerlike vrede en antwoorde wat ek verstaan.

  • My gedagtes draai om…

  • Besoekers nou by die suburbs…

    • Daar is tans 5 Besoekers aanlyn
  • 'n Wolk van Sleutelwoorde...

  • Onlangse Opmerkings...

  • Kontak die Suburbs

  • Argiewe van gedagtes

  • Ek ondersteun graag…

  • En ook vir…

  • Besoers aan die Suburbs…

    Hit Counters
  • Neem asseblief kennis…

    Kopiereg © 2010 Girl van die Suburbs - Alle regte voorbehou - totdat die Stormers die Super 14 wen. Wat beteken dit is van nou af tot in alle ewigheid. Hierdie blog is vir my ontwikkel op WordPress en 'n eie, unieke tema op die Thematic platform deur 2imagine met grafiese ontwerp insette deur I Love Design

  • Afrigator
  • Creative Commons License