So gepraat van lewenslesse… Ek los julle met die volgende want Girl wil so ‘n paar dae afvat. Nee…. Ek gaan nie weg nie….. Ek wil net so bietjie paar dinge uitsorteer.
- Wees altyd dankbaar vir alles wat jy het en lewe eenvoudig. Hoe minder goeters jy het, hoe minder wharries het jy…en hoe lekkerder slaap jy!
- Wees onvoorwaardelik lief vir jou gesin en familie en aanvaar elkeen presies net soos hy/sy daar is …vriende kan jy kies, familie nie!
- Moenie toelaat dat jou brein muf met ‘issues’ soos onvergewensgesindheid, skuldgevoelens of grudges nie … sorteer alle stront uit nog voor die son sak!
- Hardloop jou lewens-spiedomitir in die rooi …help waar jy kan en lewe voluit terwyl jy nog lewe in jou het … ‘use it – or lose it’!
- Geniet die eenvoudige dinge. Die ‘image’-goed en ‘keeping up with the Jones’ is sommer ‘n pot snot …hulle (die Jones’) sit in elk geval nou in Ozzie.
- Al wys die ‘replay’ duidelik dat hy verkeerd is …maak vrede met die ref se beslissings en jy sal dadelik beter voel!
- Vermy bedompige gyms wat stink na yuppie-spray waar hooter-neuse in snaakse Star Wars klere soos hamsters op gevriesde fietse sit en trap …kry oefening deur te gaan stap langs die see of in die veld of ‘n rêrige fietse ry … doen iets in die buitelug, maar moenie in die strate op en af draf nie, dis ‘kommin’ en maak ander mense skuldig voel.
- As jy ‘n ‘no-name brand’ T-Shirt sien wat jy laaik, koop dit …..na moer met die name-goed wat jy in elk geval nie kan bekostig nie – solank dit net gemaklik pas.. Laat andere maar hul geld mors op goed wat hulle vals selfvertroue in hul eie plestiek-wêreld gee!
- Lag dikwels …..lank en lekker, dit hou jou gesond! Haal diep asem, drink meer water as wat jy moet en kou jou kos fyn. Eet meer van die goed wat mens pluk of uit die grond grawe. Moet nooit alleen alkohol gebruik nie en wanneer jy ietsie vat …..hou matigheid voor oë …ALTYD!
- Behou jou grapgat vrinne en vermy die suurgatte …hulle is ‘demoralising’ en trek jou af na hulle vlak.
- Jou huis is jou plek en daar leef jy soos JY wil, too hell met die snobs ..en die beste kar is een wat klaar betaal is!
- Stel God EERSTE en alle ander goed sal self in plek val …hê geloof!
- Sê vir mense dat jy vir hulle omgee …..môre trek jy dalk jou hout-jas aan, dan’s dit te laat





40 Comments
More more ou girlie…sjoe maar jy kan filosofies raak so vroeg oggend jong……dankie daarvoor…ons moet almal probeer om hierby te hou….of ten minste net by ‘n paar van dit….ons moet onsself meer herriner dat God die oorhand het oor alle dinge…en ons as nietige mense niks self kan verander nie….vertrou net op HOM en al jou drome word waar hoe gering ook al….mooi dag vir jou…en ja, geniet jou tydjie af…ons sal nou nie se dat ons jou nie gaan mis nie…maar nou ja enjoy!!!
Oehoee!! Jy moet oppas vir ‘n paar dae afvat! Ek het, en nou kan ek om die dood nie weer aan die gang kom nie.
Sterkte met die uitsorteerdery!
nee ek hou nie daarvan nie. jy mag nerens heen gaan nie.
maar ek hou van jou lesse! dis snaaks
Jip ek hou van jou lewensreis. Ek hou sommer BAIE daarvan!
Man oh man!! Jy isse ougat Girl!
Wys nou net…. mens is nooit te oud of the wys om nog en nog en nog en nog en nog te leer nie.
Hey Daizy!
Ek is seker ek is in ‘n japtrap terug! But a woman’s got to do what she has to do! I have been invaded!
Vlammetjie!
Ek sal nog hier rond sluip. Ek is seker ‘n dag of drie is al wat nodig is!
Net ‘n paar dae fan! Ek sal nie langer as dit kan wegbly nie.
Dankie Sammi
Jip Oukie… Elke liewe dag… partykeer net bietjie stadig!
En toe? Hoe ver trek die uitsorteerdery?
ﯞﺝﯾﯝﺡ=*3
Nee jong… dis nog ‘n deur mekaar spul!
Beste raad wat ek in ‘n lang tyd gelees het – hierdie van jou. Moenie so wegraak dat die suburb soos die Karoo voel nie, hoor!
Nee ou son… net ‘n paar dae!
Ag, Girl, kom sit maar saam met my oppie eiland. DIe waves het ‘n manier om jou wind uit te klap.
Ag ons mis jou hier girl…die oggend gaan maar net nie diesele begin nie….hoop jy het die stofsuier byderhand om op te suig wat klaar gesort is hoor….
Mooi- Ek sal met alles saamstem , behalwe jou 2de laaste punt.
More Girl!
How goes it, sistah?
Hi Vlammertjie!
Ek dink ‘n eiland weg….ver weg kan dalk net die truuk doen. Is daar plek? Is daar genoeg kos? Nee wag… is daar genoeg drank?
Wat moet ek saam bring?
Middag Daizy!
Nee, man… Ek is net under cover!
Ag ou Toast…. each to it’s one…. Maar dit werk vir my!
Maak nou nie saak of jy bo of onder die covers is nie ou Girl ons mis die woorde uit jou pen hier hoor….
Sal jy kan slaap?
http://skoor.wordpress.com/2009/10/29/ek-spook-jy-spook/
Thanx Daizy!
Tannie Skoor!
Welkom!
Jip ek sal gaan loer so bietjie later!
Het jy al pilletjies vir die luiheid gekry?
Girlie…hoop jy het ‘n stunning naweek!!!!!! En hoor nou mooi hierso….sorg dat jy maandag oggend stiptelik om 7 jou volgende post op hierdie blog het….het jy gehoor juffroutjie!!!! Hehe….mooi bly
Nou weet ek hoekom het jy ‘n paar dae afgevat!! Skelm, ne?! Jy wil bietjie daai pom-poms en hoogskoppe oefen…
Tsk, tsk. Dit gaan julle niks help nie, sorry om daai bubble te bars.
En toe kom en gaan 7 uur…..
Sorry Vlam…….. Ek wil nou nie “bask in my sunlight” tot nadeel van jou cheetah’tjies nie…. maar *I point my finger* –
Bwahahahahahahahaha
Dit is nou al 5 dae. Tick tock
Ek stem met alles saam, veral jou tweede laaste punt. (Toast – alhoewel ek ernstig is oor die saak, sou ek hier ‘n smiley gesit het as ek geweet het hoe.)
Daizy!
En ek is terug!
He He He Vlam!
My bubble is dalk sterker as joune na die naweek…. Die opskoppe het gehelp en al die oefening was die moeite werd! Bwhahahaha…. en die nuwe prentjie
Oukie… 7 uur was net te vroeg!
Attie… bly om te sien jy is nog in die omtrek!
Smiley gesig – : en direk daarna )
Smiley gesig wat groot lag – : en direk daarna P
Smiley gesig wat knip oog – ; en direk daarna )
Ou Xena… ek kon dalk doen met nog ‘n dag of twee… dis lekker om lui te wees!
I love it, I love it, I love it – thank you
Hey Fairy Girl
You know what… they are actually so simple to follow…. we just sometimes complicate things ourselves!
Dus oulike lewenslesse-het dit ook al in `n mail gekry van Nataniel!
Lekker dag!