Girl het vandag amper haar mandjie in ‘n vooraanstaande apteek groep laat val…. Uit pure….. Ek weet nie of dit verbasing was of totale ongeloof was nie. Ek het so gebloos dat ek ‘n dieper pienk was as die truitjie wat ek aangehad het en ek belowe dis die reine waarheid.
Ek het ‘n ruk terug die dokter besoek oor ek geen energie het nie. Soveel so dat ek any given moment maklik aan die slaap kan raak net daar waar ek myself begeef. Bloedtoetse is gedoen en toe word ek uitgetrap en oom dokter wou my nie verder help nie. Ek eet te min. (en hy het my nou al daaroor uitgetrap van te vore) Nou met eerste oog opslag kan ek jou waarborg dat jy nie so sal dink nie… maar ek het die laaste ruk bietjie gewig verloor en my hare het begin uitval… as ek so stofsuig lyk dit of ek en Oscar in kompetisie is met mekaar… Oral is net hare!
Nou ja… ek eet nie veel nie oor ek nie honger word nie. Ek kan nie vir jou sê wanneer laas ek ‘n hongerpyn gehad het nie… En wanneer ek wel eet, eet ek dus agter die lekker aan. Ek gaan deur sulke fases waar ek met alle mag probeer gesond eet en na twee weke is ek terug op my popcorn en drink-o-pop. Ek leef regtig op mieliepitte en aanmaak koeldrank want dis vir my lekker…ek crave dit regtig. Ek is al amper oor my onttrekkings simptome met die smarties… ek het besluit om Nestle te boikot… Ek is regtig hulle grootste aanhanger (gewees)
So met die raas van die dokter het ek nou ‘n voorskrif vir vitamiene gekry (nogal met human growth hormones) en ek het belowe om daadwerklik plan te maak… Ek weet ek sal moet begin oefen ook, anders gaan ek net weer opblaas soos die ballon wat ek laas jaar was… maar oom dokter stel toe voor dat ek ‘n maaltyd vervanger probeer en dis nou waar ek vanmiddag in die apteek beland het.
Jinne, die jonge knaap was regtig vriendelik hoor! Ek het so deur die rak gestap en hy het seker gedink ek het hulp nodig (hy was reg want om ‘n shake te kies is soos om vir pantyhose te shop… Jy moet weet wat jy soek en waar om dit te kry)… Ek wou die siel nou nie reg help toe hy vra watter tyd van die dag ek oefen nie…ek trek toe die maag net verder in en sê laat middag, man… dis nie ‘n lieg spul nie want ek gaan stap so nou en dan en ek moet in elk geval van my kar af die trappe oploop huis toe…
So help hy my om ‘n poeier daar van die rak af te kry en verduidelik vir my hoe om dit aan te maak en hy wou nog fat burners aan my afsmeer… ek het toe so beleefd as moontlik dit van die hand gewys en het so onderlangs gemompel dat dit my helemaal te veel hartkloppings gee (yeah right… ek het soos in 5 jaar laas in ‘n gym geoefen)
En net daar… soos wat ek omdraai om weg te stap toe raps hy my op die boud en sê ek moet die oefen geniet. Ek het nou nie eintlik ‘n scene opgesit nie want jislaaik, wanneer laas het iemand nou aan my boud gevat…





39 Comments
Whahahahahaha, die prentjie van die absolute verbasing op jou gesig is iets waarvoor ek sou geld betaal vandag. Vitamine met human growth hormones seg jy . . . hmmm dis nie dalk sulke rooies nie is dit?
Hie Hie Hie
Ja nee, mens kla nie daaroor nie ne! Dans is beter oefening as gym (se ek maar net weer
)
Girlie its all about exercise and diet. Wat is “drink-o-pop”? Cool Aide? Daai kak moet jy los. Kry ‘n kerel en eet lae vet Asian cuisine met ginseng. Hoe meer jy eet hoe meer tyd spandeer jy met jou kerel, hoe meer eet jy … en so aan. Een twee drie lyk jy soos ‘n stooitjie.
Ek dink nie ek sou so polite gewees het soos jy nie…ek sou hom dood gekyk het!
Gister middag vat ek gou vir my seun dokter toe, met die terug kom stad toe, staan hierdie verkeer stil soos in dood stil!! Na twee besluit ek te hel met die traffic want dit was hectic ry ek maar esse en sesse en gaan huis toe, op pad huis toe staan die Mabopane rigting stad, het iemand van een van daardie brue afgespring en hom of haarself te pletter geval lè die persoon onder foelie, my dag was gister nou nie juis baie opwindends nie!
Hahaha! Sexual harassment. Jy kon geld gemaak het! Sien, you never know your luck in a big city…
Lees ek reg? Het hy jou met sy hand op jou boud gewiks?? Huh?
Plasie… Ek is seker hy weet presies wat deur my kop gegaan het… Dalk glo hy om elke dag iemand se dag te maak en toe was dit my beurt!
Jip daai pienk rooi pilletjies. Ek dink dit nou in die aand sodat dit aan die werk spring sodra ek opstaan. Ek kan nie ander vitamines drink nie want ek raak lekker naar daarvan as ek dit in die oggend drink.
Lag maar jou merrie… Dit kon jy gewees het… Dalk was dit ‘n dare… Ek is seker daarvan want sy vriend / medewerker was ook in die gangetjie….
Wag… Dalk het ek sy dag gemaak?
Hey Carina
Hoop dit gaan goed daar by jou… Ek glo dit was onskadelik…. maar as hy nie so cute was nie sou ek dalk verontwaardig gevoel het… Ek hoor dans is so goed vir jou… Hmmmm…. Dalk moet ek Arthur Murray kontak…
Ek weet Andrew… Ek sal nog daar kom. Eers was dit ‘n gesukkel om uit die bed te kom…. moer baie baby steps daarna en ek moet nog net aan daai twee werk. Gelukkig laaik ek asian cuisne baie…
Jip… dis soos coolaid… dit bevat net geen suiker nie. Jy kan liters daarvan drink…
Oe meermin…. dis baie bad! Gelukkig was daar foelie anders was die prentjie nog erger!
Janekie!
Jy moet vertel van jou reunie… Ag wat dalk was dit ‘n dare… dalk wou hy my dag maak… dalk het ek net ‘n killer ass…. Wil nou nie die ou se werk laat verloor nie
Ja ogies… net so ligte raps
Nell hou duidelik van rapse.
Is dit nou met of sonder boeie en swart leer?
O, nee genade. Ek sou hom op die plek gemoer het. Nie net klap nie.
Adrie!!!!
Wel… as jy nou moet weet… sonder die leer… okay!
Ag vlam… dit het darem bietjie opwinding na ‘n baie goor dag gesorg…
Dis darem beter as my gewone shinnanigans waar ek in glasdeur vasloop, myself ontbloot…
Daai rooi pilletjies is blykbaar goed vir fertiliteit ook. Ek en LLWD gebruik dit maar dit werk noggie
Fertiliteits vitamine, wildvreemdes wat jou op die boud raps. . . nee jimmel gee my broek la’ek loop. Die paartie raak nou te rof vir my
maar met die boeie?
Wag, ek hol maar eerder agter oom Plaas aan. Hier gaan my 12 jarige oE goed sien wat hulle nie moet sien nie.
Oeg Plasie… nee…. uuuhhmm…. fertiliteit seg jy…. die oom dokter sal mos nou mooi moet gaan staan en verduidelik
Ek kry ten minste een keer ‘n jaar klierkoors en hy reken die sal regtig help!
Ja, wel ek dink oor dit raak dalk nou te rof!
Boeie en swepe het regtig nie veel met mekaar uit te waai nie…. Xena!
Ek sal julle tog eendag die storie vertel van die dag wat ek gaan boeie soek het…
Ek vat jou woord . . .
So daar lê die mannetjie by jou aan tussen die shake-rak en die vitamines?
Bwhaaaaaaaaaaaaaahahahahaha!!!!!!!!!!!!!!!
Maar jy sien Krista… Die mees impressiveste van die hele storie is dat die knaap dink ek oefen… Ek lyk soos ‘n gimmer!!!!
You go girlie!!!
Well, you’re pretty enough to justify ‘n ‘rapsie’ oppie boudjies…
ROFL @ Andrew!! “Een twee drie lyk jy soos ‘n stooitjie”. Jy’s friggin’ hilarious!!
O my hel, waaaaag Plasie, laa’k net my broek ook kry, hier raakit wragtig rof!!!
Dankie Beeps
Net ene kleine ou vragie aan jou en plasie… vir wat staan julle twee met julle se broeke in die hand? Hmmm….
Ons reken assit druk, maak los
– en mettie PJ wat so gewig verloor dat hy moet heeltyd oppas of daai broek lê ommie enkels… toe dag ek maar “when in Rome…”
Ja-nee, ‘n skuifdeur is ‘n lelike ondervinding die dag as hy besluit om terug te slaan!
Girl, solank daai dokter nou net nie mooi gaan le^ en verduidelik nie
Ai Beeps… When in rome soos daai oomie wat so mooi kan skilder ne?
Ag oukie… dalk moet iemand net ook aan jou boud vat…
Bwhahaha… ja die freaken skuifdeur… laat party huishoudkundiges so mooi kan skoonmaak dat ‘n mens dit NIE raak sien NIE!
Bahahaha… Nee darem nie Son… Ek is gewoonlik die een wat die le werk doen
Die sad ding is, niemand vat meer aan my boud nie. EN niemand harrass my meer nie. Dis een slegte deel van middeljarig wees…