Ek moet bieg…

Ag… kan ek dit nou maar herken… Girlie was vanaand by haar eerste Steve show en ek het dit ongelooflik baie geniet! Ek was weg gesweep deur die drummer… Ek gaan verseker meer sulke aande bywoon, want ek het die mees interessantste mense ontmoet. Nou is ek sommer van voor af ook ‘n Neil Diamond fan…

Dankie Beeps vir die geleentheid en die moeite wat jy aangegaan het.

En die geselskap was net so lekker ;)

steve

Deel hierdie gedagtes met andere...:
  • Twitter
  • Facebook
  • laaik.it
  • Digg
  • del.icio.us
  • Google Bookmarks
  • Blogosphere News
  • eKudos
  • LinkedIn
  • MySpace
  • Reddit
  • Slashdot
  • StumbleUpon
  • Technorati
  • PDF
  • Print
  • RSS
Hierdie gedagtes is geplaas in gedagtegroep(e): Sommer maar net... Sleutelwoorde: Boekmerk hierdie permanente skakel. Sê jou Sê of laat 'n terugskakel: Terugskakel URL. |

23 Comments

  1. Gesê op October 2, 2009 om 7:14 AM | Permanente Skakel

    Ek is nie so gaande oor Steve nie. Gaan die 14de November na ‘n konsert van Juanita Du Plessis, die vrou het ‘n ongelooflike talent. Lekker naweek girlie.

  2. Gesê op October 2, 2009 om 7:21 AM | Permanente Skakel

    Neeee Meermin…. ek is ook nie ‘n huge Steve fan nie… maar eerder 10 Steve konserte as Juanita!

    Neil Diamond is ‘n ongelooflike liedjieskrywer.

  3. Gesê op October 2, 2009 om 8:15 AM | Permanente Skakel

    Hey meermin

    Ek hou van alle songs deur almal. Dit gaan nie vir my so seer oor wie op die verhoog is nie, maar die klanke wat aan mekaar geslaan word. Dan die woorde.

    Ek hou van Juanita ook, maar ek is minder lief vir vroulike kunstenaars… Mans stemme doen dit net vir my! ;)

    Lekker naweek vir jou ook dankie!

  4. Gesê op October 2, 2009 om 8:17 AM | Permanente Skakel

    More oukie!

    Dit gaan ook oor die vibe… Stage presence… Maar kyk…. Neil Diamond het nou van vooraf respek van hier af gekry… Met hom gaan dit meer oor die woorde as die klanke :mrgreen:

    Ag dit was net lekker.

  5. Gesê op October 2, 2009 om 8:29 AM | Permanente Skakel

    Ek is bly julle’t dit geniet! :grin:

  6. Gesê op October 2, 2009 om 9:05 AM | Permanente Skakel

    I am sooooooo glad you enjoyed your evening!! En as ek kon bydra tot a new little special moment in jou memory box, dan’s ek eers bly! x

  7. Gesê op October 2, 2009 om 9:44 AM | Permanente Skakel

    Ag wat Girlie, ek geniet Steve se show’s net so :) hy bly maar ‘n goeie kunstenaar!

  8. Gesê op October 2, 2009 om 11:13 AM | Permanente Skakel

    More Krista

    Volgende keer kom jy saam! Just for the helovit! Al laaik jy nou nie van steve nie…. hy was regtig nie so bad nie! :mrgreen:

  9. Gesê op October 2, 2009 om 11:14 AM | Permanente Skakel

    Hy kan darem sing… so dit is ‘n pluspunt. Ek is net nie gaan de oor die theatricals nie. Die arms rondswaai en hande in die lug blah blah, dit lyk partykeer so bietjie belaglik, amper soos Juanita se stappie of Kurt se uit-lit-uit-heupswaai.

  10. Gesê op October 2, 2009 om 11:21 AM | Permanente Skakel

    Ja jissie thanx Beeps… Ek meen twee cd’s op een aand is special!

    Ek het sommer ‘n traan gepik vanoggend op pad werk toe sommer so met song1.

    Ek weet nie wat dit was wat die aand net lekker gemaak het nie… Dit was net awesome!

    Ja, daai memory boksie begin nou van voor af en nuwe goedjies word nou ingepak. :mrgreen:

  11. Gesê op October 2, 2009 om 12:16 PM | Permanente Skakel

    Ek hou nie van hom as mens nie Zee, maar jy is reg hy is ‘n goeie kunstenaar…. Daar is baie Afrikaanse kunstenaars wat ek sal ondersteun al is hulle bietjie kemoun… ;)

    Dit gaan oor ‘n ervaring….

  12. Gesê op October 2, 2009 om 12:21 PM | Permanente Skakel

    Maar weet jy wat oukie… Dis deel van hulle performances… Ek laaik vir Kurt net oor die musiek ,n no brainer is en dit is ook lekker partykeer….

    Gaan oor ritme en klanke wat my aantrek en nie die kunstenaar in die geval nie… :mrgreen:

  13. Gesê op October 2, 2009 om 12:37 PM | Permanente Skakel

    Eeeuuwww!!! Hou jy van Kurt?? :shock: (/me puke net gou-gou…)

    Steve sing mooi. En hy IS eintlik maar ‘n sexy ding. :lol:

  14. Gesê op October 2, 2009 om 12:55 PM | Permanente Skakel

    LOL… die feit dat hy make up dra maak hom minder aantreklik, maar luister mooi na Kurt se stem… hy het ‘n baie goeie stem…

    En… maak jou oge toe as jy na Sopnatwinterwater luister… Dit is regtig ‘n goeie beat!

    Ai… :roll:

  15. Gesê op October 2, 2009 om 1:41 PM | Permanente Skakel

    Ek weet nie – Ek like maar net nie van die meeste mainstream boom-chikky-boom-chikky Afrikaanse songs nie. Dit sê die meeste van die tyd niks nie…. en o hel, moenie eers praat van die elektroniese dromme en kitaartjies nie.

  16. Gesê op October 2, 2009 om 1:52 PM | Permanente Skakel

    Kurt op Puke Boks het my finaal afgesit… :evil:

  17. Gesê op October 2, 2009 om 3:15 PM | Permanente Skakel

    Nee oukie

    Ek is net nie ‘n musiek snob nie… (Ek se nie een van julle is nie….) Partykeer verkies ek die dinge sonder ‘n dieper betekenis want dit is net lekker. Ek is nie ‘n voorstaander vir die mainstream dinge in die lewe nie, maar ek waardeer elke genre vir wat dit is… Ek kan egter glad nie na jazz luister nie.

    Dit gaan oor wat ek HOOR…. Ag ek weet nie hoe om dit te verduidelik nie….

    En ek is MAL OOR DROMME EN KITAARS!!!!!! Faaaarrrrkkk… luister bietjie na Alice Cooper.

  18. Gesê op October 2, 2009 om 3:19 PM | Permanente Skakel

    Wel Vlam… enige man wie se onderlaag beter lyk as myne is ook nou nie ‘n turn on nie…

    Ek dink net van sy songs is nie te bad nie… :mrgreen:

  19. Gesê op October 2, 2009 om 3:36 PM | Permanente Skakel

    OK, OK – Ek sal bieg – Gee my genoeg alkohol en ek sal selfs Skarumba saamsing :lol:

  20. Gesê op October 3, 2009 om 1:35 AM | Permanente Skakel

    So stuk-stuk haal ek al die verlore lees in! Name, plekke en blogs het verander, maar ek is bly ek het hier geland!
    Dankie vir die lekker lees!

  21. Gesê op October 3, 2009 om 1:33 PM | Permanente Skakel

    Ek was nog nooit by ‘n Afrikaanse sanger se live show nie, weet nie of ek myself so ver sal kry nie… Ek luister so hier en daar (ja, selfs Kurt), maar eintlik net op die radio. In Swede was ek vreeslik homesick en het ek kliphard huis skoongemaak op die afrikaanse beats.

    Oor Pukebox: dis nie Kurt en sy make-up wat my vang nie, dis al die tos sms boodskappies wat die mense vir mekaar stuur. “Hallo my afvlerk duifie – ek sit lekker in my pyjamas en drink koffie en cremora, ek liiiieeeeffff jou baby, lekker werk” “hallo ouma en oupa in naboomspruit, ons kuier lekker hier by julle”. WTF? Bel die mens, of as hy langs jou sit, sê dit direk vir hom. En die mense se spelling!!

  22. Gesê op October 4, 2009 om 2:43 PM | Permanente Skakel

    Welkom hier Tersia!

  23. Gesê op October 4, 2009 om 2:46 PM | Permanente Skakel

    Bwahahahah Jane… Jy is darem snaaks!

Sê jou Sê

Jou E-pos word nooit gepubliseer of met andere gedeel nie. Benodigde velde word gemerk met 'n *

*
*
  • Meer oor die Suburbs…

  • Stem vir my

    Vote for this Blog

  • “n Voorstedelike Engel

    Ek is 'n nooi van Pretoria maar woon al 'n paar jaar in die Goudstad. Dit is in my nuutgevonde vryheid waar ek besonderse dinge beleef het en mense ontmoet het wat my bestaan ingekleur het. Mooi herinneringe is gebou; maar ook hartseer terugslae is beleef. Of hierdie nou 'n spoegblok, 'n dagboek of net die neerpen van 'n mengelmoes van my onsamehangende denke is, is debateerbaar. Dalk is ek 'n filosoof met die wyshede van die wêreld wat ek aan ander kan openbaar..... Ek kan dus bieg, wat ook al die beskrywing... hierdie is 'n persoonlike soeke na innerlike vrede en antwoorde wat ek verstaan.

  • My gedagtes draai om…

  • Besoekers nou by die suburbs…

    • Daar is tans 5 Besoekers aanlyn
  • 'n Wolk van Sleutelwoorde...

  • Onlangse Opmerkings...

  • Kontak die Suburbs

  • Argiewe van gedagtes

  • Ek ondersteun graag…

  • Besoers aan die Suburbs…

    Hit Counters
  • Neem asseblief kennis…

    Kopiereg © 2010 Girl van die Suburbs - Alle regte voorbehou - totdat die Stormers die Super 14 wen. Wat beteken dit is van nou af tot in alle ewigheid. Hierdie blog is vir my ontwikkel op WordPress en 'n eie, unieke tema op die Thematic platform deur 2imagine met grafiese ontwerp insette deur I Love Design

  • Afrigator
  • Creative Commons License