Daar het jy dit nou

Ons spot soms, (maar sonder dat moeder daarvan weet) dat as my pa nie sy hartaanval twee dae na my ma se verjaarsdag gehad hierdie jaar nie, het nie dan het sy dalk nog steeds nie met my gepraat nie. Ek het die onvergeeflike gedoen…. Ek het haar verjaarsdag vergeet. Dit as nie aspris nie… Ek het ‘n week verlof gehad en was net nie naby enige tegnologie nie en het deurmekaar geraak met die datums. Ek weet my ma verjaar 15 Januarie maar ek het net gedink dit val op ‘n ander dag. Ek maak baie staat op my outlook kalender.

My pa het nog sy hele lewe lank geoefen. Hy kan kilometers draf… of wag dit sal net makliker wees om te sê hy kan alles fisies doen wat ek nie wil doen nie. Eet gesond, drink nie en rook ook nie. Hy het die oggend van die gym af gekom en het op die vloer neergesak met ‘n massiewe hartaanval. Nog een in die hospitaal en hy is toe teater toe. Toetse wys toe dat hy aan baie hoë cholesterol ly en dat die rede is vir sy hartaanval.

Toe Poen verdrink het het die outopsie gewys dat die oorsaak van sy dood wel verdrinking was maar dat hy ‘n massiewe hartaanval in die water gehad het. Hy was ‘n provinsiale rugbyspeler en was top fiks… Ons vermoed dat hy ook dalk hoë cholesterol gehad het, maar wie toets dit nou op negentien?

Laas maand toe kla ouboet van pyne in sy sy… lang storie kort daag hy ook op vir bloedtoetse en waaragtig kry hy ook ‘n piek slippie. Sy lewerfunksie is aangetas, sy cholesterol is moer hoog en sy insulien vlakke is haywire.

Ek het die naweek vir bloedtoetse gegaan om my lewerfunksie te toets en vanmiddag toe hoor ek hulle het sommer my cholesterol vlakke ook getoets. En raai wat…. Die freaken pienk slippie is toe ook voor my neus rondgewaai. Ek het ook hoë cholesterol. Ek wag nog egter vir my insulien en suiker toetsuitslae.

So daar het jy dit nou. Ek sal nie ‘n goeie stoetkoei uitmaak nie. Genetika is ‘n bliksem. Ek is wel lekker rond om die sterre but that is about it.

Deel hierdie gedagtes met andere...:
  • Twitter
  • Facebook
  • laaik.it
  • Digg
  • del.icio.us
  • Google Bookmarks
  • Blogosphere News
  • eKudos
  • LinkedIn
  • MySpace
  • Reddit
  • Slashdot
  • StumbleUpon
  • Technorati
  • PDF
  • Print
  • RSS
Hierdie gedagtes is geplaas in gedagtegroep(e): Gewigtige sake, My lewe, Sommer maar net... Sleutelwoorde: , Boekmerk hierdie permanente skakel. Sê jou Sê of laat 'n terugskakel: Terugskakel URL. |

27 Comments

  1. Gesê op October 27, 2009 om 8:08 AM | Permanente Skakel

    :lol: @ stoetkoei… gelukkig met moderne tegnologie is die lewensuitkyk nogal lank. 100 jaar terug sou ons solank ons kisklere moes uithang.

  2. Gesê op October 27, 2009 om 8:12 AM | Permanente Skakel

    Genetika is ‘n blixem ja. Maar dit behoort nie ‘n verskoning te wees of as een gebruik te word nie. Maak nou ‘n plan, neem beheer oor jou leefstyl en bestuur watter struikelblokke ookal jou liggaam jou mee mag konfronteer. Doen dit nou . . . Nou dadelik . . .

  3. Gesê op October 27, 2009 om 8:49 AM | Permanente Skakel

    Ja oukie… hierdie koei ne…

    Jip gelukkig is dit vroeg opgetel. Ek kan net nie glo nie want die laaste keer wat ek getoets het was die telling so bitterlik laag…

  4. Gesê op October 27, 2009 om 8:51 AM | Permanente Skakel

    More Plasie / yes boss ;)

    Nee ek kan dit nie as verskoning gebruik en niks daaraan doen nie!

    Ek moet oefening nou deel maak van my daaglikse roetine en dit is waarteen ek vas skop. Daar is nou net nie meer verskonings nie. punt.

  5. Gesê op October 27, 2009 om 8:58 AM | Permanente Skakel

    Sjoe. Dit het seker as ‘n skokkie gekom. Maar soms het mens ‘n skok nodig om tot aksie oor te gaan. :wink:

  6. Gesê op October 27, 2009 om 9:26 AM | Permanente Skakel

    Ek vermy al die toetse soos die pes – veral die suiker…

    Almal raas met jou, ek sal darem sê “well done, jy’t vir die toetse gegaan! “

  7. Gesê op October 27, 2009 om 9:33 AM | Permanente Skakel

    Toetse. Blegh! Na dese het ek ‘n lelike gly daarin gevang.
    Het jy ‘n stres EKG ook gedoen waar hulle jou laat draadkameel ry tot dit voel of jou longe gaan uitval?

  8. Gesê op October 27, 2009 om 9:45 AM | Permanente Skakel

    Oeg Vlam… En ek is dan nog ‘n sping chicken! :mrgreen:

    Maar ek reken dit is nou net ‘n aanmaning om my voluit lewe te extend tot my gesondheid ook. Ek leef nie gesond nie.

  9. Gesê op October 27, 2009 om 9:53 AM | Permanente Skakel

    Weet jy Jane ek het eintlik vir iets helemaal anders gegaan. Vandat ek opgehou rook het (ja… ek weet ek kan dit self nie verklaar nie) sukkel ek met ‘n tienervel so ek het die afgelope 7 maande alles probeer. van antibiotika tot ‘n ligte chemical peel en niks wou werk nie. Ek het v toetse gegaan om te kyk of my lewe die reacutan kan handle. :)

    Dis toe hoe ek hier beland het ;)

  10. Gesê op October 27, 2009 om 9:56 AM | Permanente Skakel

    Ek haal my hoed vir jou af plasie… Ek het nog nooit so ‘n toets gedoen nie en ek WEET ek sal fail in my glory in!

    Die weirdste toets wat ek al moes doen was ‘n EEG waar hulle jou breingolwe meet. Hulle smeer gel oral oor jou kop en sit sovergietes-ding op vol drade en flits ligte voor jou oe. Nou dit het my laatdink aan die aand wat die aliens my kom oplaai het. :mrgreen:

  11. Daizy
    Gesê op October 27, 2009 om 9:59 AM | Permanente Skakel

    Ai ou Girlie…sjoe jy is darem nie oorie muur nie jong…gelukkig is hierdie als probleme wat jy sommer in ‘n japtrap kan oplos….en MOET oplos ne!! Toe, toe….lig daai bene….123… 123..

  12. Gesê op October 27, 2009 om 10:09 AM | Permanente Skakel

    . . . Uhm . . . Oor die aliens. Ek is nou vas oortuig dat die aliens eintlik op aarde bly vermom as uroloë. (Daai probe wat die uroloog op my gebruik het lyk nes die een wat die aliens op my gebruik het) So wat jy ookal doen. Bly weg van die uroloog af. Hulle is aliens ;-)

  13. Gesê op October 27, 2009 om 10:15 AM | Permanente Skakel

    :lol: Daizy, nee ek weet ek kan nog deurtrek soos ‘n 1940 John Deere trekker as ek moet.

    Ek het geen verskoning nie… Ek moet meer gereeld eet. Gesonder eet en oefen. So maklik -soos 1- 2 – 3 ;) Maar ek WIL NIE! Jy ken mos van eiewillig!

  14. Gesê op October 27, 2009 om 10:18 AM | Permanente Skakel

    Erm, dan is ek baie bly die aliens wat my kom oplaai het was gay. Hulle was baie meer gentle met my! ;)

    Ek dink my eerste en enigste kans om ooit voor ‘n die uroloog te staan… nee wag kom ons gebruik eerder met die hand groet is as ek dalk met een gaan trou. :mrgreen:

  15. Gesê op October 27, 2009 om 10:41 AM | Permanente Skakel

    Never say never ou Girlie. As jy 3 maande terug vir my gesê het van al die dinge wat ek gaan doen en verskillende spesialiste wat ek gaan sien, sou ek vir jou gesê het jy het te lank na die aliens se liggies gestaar . . .
    Maar dit is nou water onder die brug. Die een ding wat ek geleer het uit hierdie hele ondervinding is dat ‘n mens se lyf nie so indestructable is as wat jy dink nie, en dat jy net vir jouself meer moeilikheid maak deur harregat te wees en nie dokter toe te gaan of nie die toetse te doen of nie die leefstyl veranderings te maak nie.
    Sommige van ons leer uit ander se foute, die res van ons moet die ander wees.

    P.S. Die MRI is nogal cool. Dit klink amper soos ‘n kruising tussen ‘n ruimteskip en ‘n rockkonsert daarbinne

  16. Gesê op October 27, 2009 om 11:09 AM | Permanente Skakel

    Maar Plasie… Ek het ‘n ding soos ‘n prostaat nodig voor ek daai dokter sal sien! ;)

    Ja ek se ook altyd I am a very good bad example! Hoop maar die volk leek by my.

    Ek wonder nou maar net….. Het die aliens jou ook in ‘n stuk oop veld gelos na die aand? Of het jy wakker geword in jou bed :mrgreen:

  17. Gesê op October 27, 2009 om 11:56 AM | Permanente Skakel

    Uhm . . . ek wil nou nie jou bubble bars nie . . . maar uhm . . . urieneweg infeksies, blaasontsteking, nierstene (veral synde dat jy nou gaan begin oefen) is alles redes hoekom jy ‘n uroloog se dienste mag benodig. Never say never . . . :mrgreen:

    Die donners het my in my voortuin op die grasperk gedump en weggevlieg. Toe ek die volgende oggend wakkerword toe loer al die bure vir my en giggel agter hulle hande soos mense wat dink dat ek moeg geword het oppad terug van die watergat af en eers bietjie gestop het op die grasperk om te rus. As hulle maar geweet het . . . :evil:

  18. Gesê op October 27, 2009 om 1:13 PM | Permanente Skakel

    Nou ek dog dan dat die knaap net mans sien…. Wil jy nou meer! :roll: Daar is actually iets wat ek nie weet nie. ;)

    Nee man plasie nou maak jy my bang om te begin oefen. As ek sieker moet word na dit ook nog?

    Shame, my arm waar hulle die bloed getrek het is lekker blou en my baas het my nou na die meeting agter gehou om te hoor of ek ek okay is siende dat die blou kol suspisieus lyk! :mrgreen: Hy was laas jaar ook 6 weke in die hospitaal oor sy cholesterol sy hele sisteem geshut down het.

    Ek hoop jy het darem nie meer daai tin foelie jakkie aangehad wat soos die hospitaal gowns agter oop is, toe jy wakker word nie. Dis darem vreeslik om so wakker te word met die aangesigte van die bure en ‘n koue windjie oor die sterre!

  19. Gesê op October 27, 2009 om 1:57 PM | Permanente Skakel

    Jy bedoel die span aliens wat jou loop haal het het vir jou nog ‘n jurkie ook aangetrek ? :shock:
    Nou verstaan ek hoekom al die bure so gepoint en gegiggel het. Bliksemse aliens :evil:

  20. Gesê op October 27, 2009 om 3:10 PM | Permanente Skakel

    Lekker middag vir jou

  21. Gesê op October 27, 2009 om 4:16 PM | Permanente Skakel

    Wel ek is bly vir moderne tegnologie, want ek doen glad nie goed op begrafnisse nie. Die alien ding klink interessant…. ek is seker daarvan daar bly aliens in ons kompleks. Ek het een keer in my bed wakker geword sonder om te kan onthou hoe ek daar gekom het. Nogal klere mooi uitgetrek en alles….. Iemand moes my die trappe opgedra het :?:

  22. Gesê op October 27, 2009 om 4:59 PM | Permanente Skakel

    Verstaan jy nou Plasie… Die wetters het geen gewete nie.

    Ek kyk nou nog na die maan partykeer en wonder…. ;)

  23. Gesê op October 27, 2009 om 5:00 PM | Permanente Skakel

    Haai Meermin jy het jou prentjie verander!

    Lekker aand vir jou ook! x x x

  24. Gesê op October 27, 2009 om 5:02 PM | Permanente Skakel

    Ag Oukie, onkruid vergaan nie sommer nie.

    Jissie jy sien… ek wed jou aliens tap in op ons blogs want wat is die odds dat ons al drie al met hulle te doen gehad het!? :mrgreen:

  25. Gesê op October 28, 2009 om 6:57 AM | Permanente Skakel

    Jy kyk na die maan en wonder….. Ek kyk partykeer na die mense om my en wonder :lol:

  26. Gesê op October 28, 2009 om 8:54 AM | Permanente Skakel

    Die maan is mooi om na te kyk. Hy is maar altyd dieselfde. Ek verstaan nie mense nie! ;)

  27. Gesê op October 28, 2009 om 11:56 AM | Permanente Skakel

    Ek het dieselfde probleem. Ek kan enige datum onthou, net nie vandag se datum nie. Ek hallusineer seker. :lol:

    Cholestrol kan gelukkig bestuur word. Moet net nie te gou omkap nie. Blomme is duur.

Sê jou Sê

Jou E-pos word nooit gepubliseer of met andere gedeel nie. Benodigde velde word gemerk met 'n *

*
*
  • Meer oor die Suburbs…

  • “n Voorstedelike Engel

    Ek is 'n nooi van Pretoria maar woon al 'n paar jaar in die Goudstad. Dit is in my nuutgevonde vryheid waar ek besonderse dinge beleef het en mense ontmoet het wat my bestaan ingekleur het. Mooi herinneringe is gebou; maar ook hartseer terugslae is beleef. Of hierdie nou 'n spoegblok, 'n dagboek of net die neerpen van 'n mengelmoes van my onsamehangende denke is, is debateerbaar. Dalk is ek 'n filosoof met die wyshede van die wêreld wat ek aan ander kan openbaar..... Ek kan dus bieg, wat ook al die beskrywing... hierdie is 'n persoonlike soeke na innerlike vrede en antwoorde wat ek verstaan.

  • My gedagtes draai om…

  • Besoekers nou by die suburbs…

    • Daar is tans 5 Besoekers aanlyn
  • 'n Wolk van Sleutelwoorde...

  • Onlangse Opmerkings...

  • Kontak die Suburbs

  • Argiewe van gedagtes

  • Ek ondersteun graag…

  • En ook vir…

  • Besoers aan die Suburbs…

    Hit Counters
  • Neem asseblief kennis…

    Kopiereg © 2010 Girl van die Suburbs - Alle regte voorbehou - totdat die Stormers die Super 14 wen. Wat beteken dit is van nou af tot in alle ewigheid. Hierdie blog is vir my ontwikkel op WordPress en 'n eie, unieke tema op die Thematic platform deur 2imagine met grafiese ontwerp insette deur I Love Design

  • Afrigator
  • Creative Commons License