Ek verstaan nie hoekom die advertensie verban is nie? Ek het die ad vir elke liewe ander kleurige kennis van my gewys om hulle opinie te kry en hulle self dink dit is ‘n vrek goeie stukkie filmwerk! Nie een van die vyf wie ek gevra het, voel verontwaardig nie.
Hoe kan hierdie stukkie sosiale kommentaar belaai met ironie, die nasie so omkrap?






17 Comments
Ek hou baie van die perspektief wat hierdie advertensie verleen. Vir die eerste keer besef ek hoe vernederend township tours moet wees.
Ek stem saam…. Dit gee awareness… So hoekom die bohaai?
Dis nogal ‘n puik advertensie.
Vir al wat ons weet, het een of ander beswaarde kapsie gemaak teen die hoendertjies wat op straat verkoop word
Dit is ‘n uitstekende advertensie. Meeste mense hou in die algemeen nie daarvan om buite hulle klein boksies te dink nie. Miskien was die ad “too close to home” vir iemand?
Hey Max en Janekie
Ek kry nie juis veel leesstof oor die video nie! Sover ek uitmaak is dit as rassisties uitgemaak… Dit is net in reverse… maar soos julle se het party siele maak dun velletjies!
Dis ook nogal interessant dat dit ‘n SABC 1 advertensie is. Die tradisioneel “swart” stasie
Wys jou net hoe bevooroordeeld ons is… Ek wonder of die blankes nie dalk gekla het nie?
Wow. Eerste keer dat ek die ad sien. Ek dink dis uitstekend. Gee mens ‘n idee hoe dit voel as die skoen aan die ander voet is.
More More Vlam!
Ek is mal oor alles van die ad… die musiek veral!
Dit is ‘n ongelooflike goeie ad. Ongelukkig dink mense nie uit die boksie uit nie. Jy moet oopkop wes met sulke goed en nie dadelik sommer alles persoonlik wil aanneem of alles uitkryt as rassisties of seksisties of watookal nie.
Ongelukkig is die velletjies maar dun, en word daar ook dalk weer stereotipering bomme ontplof. Geneit dit eerder vir wat dit is… ek dink nog steeds byvoorbeeld die Roberson advertensie met “Gooi hom Bokkie” is uitstekend… maar is dit dalk aanvaarbaar omdat dit snaaks en tong-in-die-kies is?
Ek hou nie van die woord nie… maar tipies Afrikaner (for the lack of a better word) bly die volk fyngevoelig. Ek neem aan dit is die flip-side wat gekla het. (My opinie Andrew…
)
Ek het ook die fenomeen gesien by die die SER Finale laas maand. UJ dames koshuis het gewen (almal ander kleuriges) Hulle het soos voortrekkertjies aangetrek (kappies, voorskote… the works)en hulle hele optrede het ons ‘n les geleer (wel daar was vyf) oor hoe om ‘n goeie voortrekker vroutjie vir jou man te wees. Ek was stom geslaan deur die blanke studente se opmerkings en gedrag. Hulle was disrespekvol (is dit ‘n woord
) En so tussen deur het hulle opmerkings my net weer laat besef… We ain’t nearly ready!
Ek love gooi hom bokkie! Weereens die stereotipe wat ons, ons self so aantrek!
Genade maar dit is treffend!!! Ek kyk dit sommer weer.
Kragtie Carina…. So bly jy is ook nog in die rondte! Gaan dit goed?
Ek moet se, van al die advertensies wat ek gekyk het (wat van die kassies afgehaal is)… is dit ook net SA met die politiese ondertoon! Go figure….
Ja wat dankie
Ek moes net gou die kinders ook hierdie video laat kyk.
Ag jy moet tog asseblief kom vertel wat hulle reaksie was op die video?
Girl dankie dag jy dit opgesit het, want ek het dit nie gesien nie. Ek dink dit is ‘n fantastiese ad, hoekom is ons in die land so bang vir onsself? En vir ons eie vrese? So gaan ons nooit ‘n nasie word nie.
Weet jy Rosa…. Ek wonder of die sondes van die vaders nog in my leeftyd uitgesort gaan word? Ek twyfel…..