Liewe Hartseer
Vandag skryf ek vir jou om te vertel hoe goed dit met my gaan, want niemand vra meer nie. Ek is seker niemand vra jou ook meer nie, maar wat maak dit saak? Ek weet nie so mooi hoe dit met jou gaan nie want ek is nie oortuig van jou finale rusplek nie. Ek kan niks meer doen as net om vir my eie gemoedsrus te bid nie, maar somtyds wonder ek of jy nou gelukkig is. Ek moet eerlik wees as ek sê dat ek meer iemand mis… as wat ek… jou mis…
Ek het vandag voor die gebou gestaan waar ek jou in die weerkaatsing van die vensters dop gehou het het die eerste dag wat ons ontmoet het. My werksverpligtinge forseer my nou om elke week terug te keer na ons plek van ontmoeting. Elke week word dit makliker, maar vandag was ‘n moeilike dag… Ek is gevra hoe dit met jou gaan….. Ek het myself nie voorberei op so ‘n vraag nie, nog nooit nie want ek het altyd aangeneem almal wat saak maak weet nou al. Ek is baie trots op my reaksie want ek kon sterk staan in my verduideliking oor hoekom ons nie meer saam is nie. Totaal emosieloos.
Ek het wel vanmiddag beheer verloor en het bitterlik in die verkeer gesit en huil op pad huis toe. Die hemel weet….. ek weet nie aldag wat was moeiliker nie… ons laaste ses maande saam of my eerste ses maande alleen? Maar jy weet tog van die laaste ses maande… Jy was deel daarvan… maar ek voel nog nie reg om jou te vertel wat gebeur het daarna nie… Jy sien… wat daarna gebeur het, het my menswaardigheid meer geknak as die houe van jou vuiste. Ek het baie meer veloor as wat ons saam opgebou het in twee jaar.
Maar ek wil jou vertel van die goeie wat die laaste ses maande gebeur het
- Elke week wanneer ek ‘n ou kennis raakloop hoor ek hoe goed ek lyk en ek voel trots want dit het meer as ‘n ewigheid in my siel-sekondes geneem om daardie beeld te verander. My hart is besig om te genees en dit wys in my menswees. Ek raak heel.
- My lewe is nie vervuld oor ek dit met iemand deel nie… Dis is vol van hoop dat daar wel iemand my pad sal kruis vir wie ek weer kan lief wees. Ek besef nou ek is heel (whole) al is daar nie ‘n ander helfte nie… Maar my hart wil weer lief kry. Ek was so bang ek gaan nooit weer so voel nie.
- Ek het besef dat ek perfek is. Net oor ek…ek is… (I am perfectly me) En ek is goed daarmee. Nooit sal ek weer toelaat dat enige iemand my weer anders sal oortuig nie. Ek weet nou dat ek niemand se goedkeuring nodig het nie… If you don’t like me for me… Dan moet jy maar ‘n bruggie bou en vinnig…Ek begin myself aanvaar.
- Ek word weer vroeg wakker in die oggende… sommer so voor die wekker afgaan en dan sit ek op my stoepie en kyk na die tarentale wat rondhol… Net om wakker te word gee my weer rede gegee om goed te voel elke oggend.
- Jy sal my nie glo nie, maar ek het ophou rook. Ses maande nou al. Een en twintig maande laas enige verdowingsmiddel of opkikkier geneem… Ek het maklik ses kilogram swaarder ook geword maar dit pla my nie so veel nie (Ek kan later iets daaraan doen) … want ek is aan niks meer verslaaf nie. WoW… dit voel goed!
- Jy sal nie van die een hou nie, maar ek was die in die laaste ses maande nie weer by jou graf nie. Ek het finaal alle soul ties geknip. Daardie hopie grond herinner my net aan hartseer en wanhoop… die twee woorde wat ek nie wil deel maak van my toekoms nie.
Jy sien…. Dit maak nie saak na watter ses maand jy kyk nie… Begin… middel of einde… My lewe is onherroeplik verander. Vir die goeie…






30 Comments
Jinne tog.. sit ek nou en tjank en ek huil NOOIT nie!
Daai terugkeer na die eerste plek/oomblik is altyd bitter moeilik.
Ek ken jou skaars, maar weet jy wat? Ek is soooo trots op jou oor die mens wat jy nou is ten spyte van die pad wat jy moes stap om hier uit te kom.
En mag ek my verstout om te se: jy is amper heel, amper daar.
Vasbyt!
Ag dankie Max… Daai klein babatjie het my net aan’t huile van gister af… Ek weet nie wat daar gebeur het nie.
Ek weet daar is nou geen omdraai meer nie… Een dag op ‘n slag en as ek my oe uitvee dan is dit ook nie eers meer nodig nie.
Maar ek moet byse Max… Julle almal help regtig so baie op hierdie heel-word pad van my… Baie meer as wat julle mag dink hoor
Glad to help
Wanneer adverteer jy en die merrieperd daai oulike nuwe bloginisiatief van julle?
Vrek… Ek dink sy wil he ek moet plan maak… Ek sal haar bietjie pla op haar holiday en vra!
Ag wat, all in good time!
Ek is REGTIG baie trots op jou.
Rustige nag!
Dankie Max… Dis eintlik lekker om te hoor want moeder owerste is nie so entoesiasties nie!
Lekker slaap. x x x
Ek stort nie n enkele traan na buite nie maar my siel huil homself hees vanaand.
En ek weet ek hoef nie aan jou te verduidelik nie. Ek bewonder jou.
Dankie dat ek mag deel in hierdie journey .. jy weet wat dit vir my beteken.
xx
Hey Elfie!
Ag, ek vertel maar net my storie soos wat dit by my opkom want ek onthou temas en nie noodwendig spesifieke gebeure nie… Dis seker maar hoe ek dit boks…. maar sodra dit neer gepen is dink ek nie weer daaraan nie.
As ek kyk die laaste 19 maande in 6 maande-periodes moet opdeel (daai bakens) kan ek nie begin beskryf hoe ver ek al gekom het nie. Ek is erg dankbaar dat die proses so “vinnig” loop.
Dit klink wreed, maar hoe meer dit in my kop afspeel hoe meer besef ek die uitkoms was maar die beste vir all involved.
Ek is ook bly ek kan iets sien van hoe jy herstel, al gaan jy soms slegte dips vang.
Sterkte hoor!
Jy het ‘n vêr pad gekom en dis goed. BAIE trots op jou!
Girlie hier waar ek sit is ek die ene hoendervleis, jy noem iets hierbo van vuishoue, ek ken dit al te goed, mens se lyf voel dit naderhand nie eers meer nie … wat die seerste maak is die tong, dit is seerder as 20 vuishoue op een plek, dit maak so seer soos geen skop eers seer maak nie!! Ek was vir amper 12 jaar getroud met ‘n man wat my en die kinders in die grond in vertrap het, jou selfbeeld word so afgebreek ek probeer al 10 jaar om dit op te bou … jy glo jy is waglik, jy glo jy is lelik, jy glo jy f up … MAAR GOD het n plan met my gehad, ek het opgekyk en GOD was en is daar vir my .. stadig maar seker is ek besig om heel te word. Daar is so flou liggie in die tonnel …
Sterkte vir jou kyk op GOD kyk af na jou HY is net ‘n GEBED ver!!
God heals broken hearts. All He needs is all the pieces… x
Baby steps. Maar ek glo ook dat “when God closes a door, somewhere he opens a window’ Mens moet partykeer net daarvoor soek.
Girlie…..ek voel saammet jou!! Ons is almal hier om jou hand vas te op jou pad van heelwording…..want jy IS ‘n wonderlike, dierbare en unieke mens….onthou altyd God sal niks op jou pad bring sonder om saammet jou daardeur te stap nie….
Dankie Eelt… You just keep on making me smile… Goeie terapie!
Dankie Krista… Weet jy dis wat hierdie kuberlewe van ons vir my so kosbaar maak… alhoewel ons mekaar nie “ken” nie…. help die ondersteuning en liefde van ander ongelooflik baie.
Dit beteken baie vir my komende van jou… want jy self stap ‘n paadjie!
Hey Meermin
Ek se dit elke keer… As jy daar is sien jy dit nie raak nie. Dit is okay om so te voel elke dag want jy raak gewoond daaraan.
Maar as dit nie vir die waarheid in die lig en liefde was nie…. Daai liggie raak sterk hoor… Ek is bang dis ‘n aankomende trein!
Dankie Beeps!
Jip… Hy het elke liewe stukkie… partykeer hol ek terug om van daai stukkies terug te gryp, maar gelukkig is Sy hand so groot…. Hy gee dit nie sommer terug nie.
Damn, maar dis mooi. Dankie dat jy hierdie quest met ons deel.
Dankie Daizy
Jip… Al die stront praat, hart uitstort, grappies maak… baklei
hier op die blogs help regtig ongeloooflik baie!
Jissie…. Coming from you Emile… Dankie hoor!
Ag, Girl, ek kan dink dit was ‘n rowwe paadjie. Seker nog steeds met tye vol duwweltjies? Maar ek is bly jou kop is reg aageskroef. Jy’s sterk, al dink jy nie so nie. Geen verslawings? Whoa! Dit wil gedoen word. (Praat die antie terwyl sy haar assies aftik…)
Wel… Vlam… behalwe nou vir blogging…. Jip no more substance addiction!
Girlie, woorde is onvoldoende. Elke dag wat jy vorentoe stap, is ‘n dag nader aan totale genesing. En jy het al ‘n lang pad gestap. Sterkte vir elke nuwe dag. (((GvdS)))
Daar staan nêrens opgeskrywe dat die paadjie maklik gaan wees nie, wat daar wel verseker is, is ‘n eindpunt.
Ja-Nee… Dit het ons nou altwee al geleer… Maar die pad word al hoe lekkerder. Die son skyn weer… Ek geniet dit om in die reen te dans… My hartjie sing weer.
Dankie Sons… Daai paadjie raak regtig lekkerder om te stap…. Want die terugslae word minder en die hoop meer…
Ek is bly vir jou, dat dinge in jou lewe weer in plek val. Dis ‘n plesier om jou inskrywings te lees. Jy het werklik ‘n slag met woorde.
Dankie Kyker… Ek dink weer die puritane kry sulke rillings al langs die rug af oor my swak Afrikaans… ek skryf maar soos ek praat.