My sterk-staan-maaikie

girl-31Ons twee op haar ooievaarstee

Ons het heel per toeval ontmoet….. 17 jaar terug op die bus. My nuuskierigheid het my een van my beste vriendinne besorg… Jy is my sterk-staan-maaikie

Ek het jou gevra hoekom jy altyd by die spesifieke bus stop afklim, sonde rede want daar was regtig niks vreemd aan die plek nie. Ek was standard ses en jy was standard nege. Jy het borrelend verduidelik dat jou stiefpa daar werk en jy hang maar rond tot hy huis toe gaan want jy weet nie hoe anders om by die huis te kom nie. Ons twee het nogal ver van die skool af gebly. Ai…. Die nuuskierigheid…. Ek voel toe genoop om jou te vra waar jy bly en toe jy verduidelik was ek amper 100% oortuig jy mag dalk my buurvrou wees, en so het ons afgespreek dat jy saam my sou huis toe gaan en as ek ons, myself ons misgis het dan sal een van ons ouers wel moet help om jou by die huis te kry.

Groot was die blydskap in my hartjie toe ons hoek mure wel kruis en vandaar was daar geen omdraai nie….

Ons het beurte gemaak om die stukkies van elkeen se lewe op te tel wanneer iets êrens gebreek het, maar dit het altyd gevoel jy doen dit net soveel beter as ek. Jy was die sterk een tussen ons twee en ek kan vandag getuig as dit nie vir jou was nie het ek al lankal gaan plat lê.

Jy is ‘n inspirasie want nee is eenvoudig net nooit ‘n opsie nie. Jou lewe was ook nie maklik nie… Jy was die verantwoordelike een en het altyd vir almal gesorg. Ek raak partykeer hartseer as ek sien dat die wat jy help dit nooit raaksien of waardeer nie. Maar jy sluit elke aand jou oë met ‘n geruste hart… jy verwag niks terug nie.

Jy lag altyd… uit jou maag… En die dag wat die lewe jou onder kry glimlag jy net.  Die sonskyn dans in jou stem en ek wil nooit die telefoon neersit na ons geselsies nie.

Jy het voorwaar nog nooit ‘n lelike woord oor enige iemand geuiter nie en het my geleer om die mooi in ander te gaan loop soek as dit nie met die eerste oogopslag sigbaar is nie. Ek is veral dankbaar vir hierdie les, want daar was ‘n tyd wat my jaloesie gemaak het dat ek nie mooi was met jou nie. Dankie dat jy nooit moed op gegee het op my nie.

En so my liewe-liewe maaikie… Is jy vandag ‘n mamma. Die dag wat ons gedink het nooit sal kom nie… maar in jou sterke menswees het jy medici verkeerd bewys.

Baie, Baie geluk…. As jy net die helfte ma gaan wees as die vriendin wat jy vir my is, gaan jou liewe prinses voorwaar geseënd wees.

Ek is regtig baie lief vir jou en wens jou en pappa en julle 2.4kg bitter-kleine ou ding net liefde en voorspoed toe… Dit is nou jou beurt.

Deel hierdie gedagtes met andere...:
  • Twitter
  • Facebook
  • laaik.it
  • Digg
  • del.icio.us
  • Google Bookmarks
  • Blogosphere News
  • eKudos
  • LinkedIn
  • MySpace
  • Reddit
  • Slashdot
  • StumbleUpon
  • Technorati
  • PDF
  • Print
  • RSS
Hierdie gedagtes is geplaas in gedagtegroep(e): Rooiwyn vir die Siel Sleutelwoorde: Boekmerk hierdie permanente skakel. Sê jou Sê of laat 'n terugskakel: Terugskakel URL. |

22 Comments

  1. Gesê op September 27, 2009 om 3:39 PM | Permanente Skakel

    Ag, dis ‘n bittermooi inskrywing, Girly! Ek pink sommer ‘n traan weg… :wink:

    Geluk aan jou maaikie met die kleinding!

    (En jy is eintlik baie mooi – hierdie foto doen dit regtig vir my.)

    (Eh…nou nie dat ek nie voorheen gedink het jy’s mooi nie, ne…miskien moet ek nou sharrap…) :oops:

  2. maxie
    Gesê op September 27, 2009 om 7:34 PM | Permanente Skakel

    Kan nou nie anders as om te dink aan “Wind beneath my wings” nie :wink:

    Dis ‘n pragtige foto, Nell! Dit hoort voor op ‘n vriendskapskaartjie, ‘n ware Hallmark moment..

    Baie geluk aan jou vriendin en haar man met hul bondeltjie vreugde.

  3. Gesê op September 27, 2009 om 8:25 PM | Permanente Skakel

    Dankie julle twee!

    LOL Max, ek het ook gedink dis ‘n hallmark oomblik toe ek die kiekies gesien het.

    Jy gaan my nie glo nie Max… Sy het op haar troue daai einste song vir haar ouers gespeel!

    Kyk… ek raak nou broeis! :roll:

  4. Gesê op September 27, 2009 om 8:36 PM | Permanente Skakel

    Nip that feeling in the bud! :mrgreen:

  5. Gesê op September 27, 2009 om 8:40 PM | Permanente Skakel

    He-He-He

    Hoe? :???:

    Ek het die dag van die ooievaarstee gese ek wil nie ‘n dogtertjie he nie want al die pienk en wit laat my aan roomys dink… Na vandag gee ek nie om nie…

    Weet jy Vlam… toe my ma my ouderdom was, het sy al drie haar kinders gehad en het al in die huis gebly waar hulle nou nog in bly…

  6. Gesê op September 27, 2009 om 11:49 PM | Permanente Skakel

    pragtige foto ja, en pragtige storie! o ek het nie so ‘n vriendin nie en ek wens ek het. ek sal maar mooi bid… die Here het al vroeer mense voorsien, miskien nie presies soos ek hulle ge-order het nie want hy weet eintik beter!

    girl van die suburbs, ek is mal oor jou blog.

  7. Gesê op September 28, 2009 om 6:20 AM | Permanente Skakel

    Mooi-mooi x

  8. Gesê op September 28, 2009 om 6:41 AM | Permanente Skakel

    Ek hou van babatjies. Alle babatjies kort goeie mammas. Gaan jy mamma nr 2 vir die pop wees?

  9. Gesê op September 28, 2009 om 6:43 AM | Permanente Skakel

    Ek sien jou blogroll moet geupdate word.

  10. Gesê op September 28, 2009 om 6:48 AM | Permanente Skakel

    Dit is pragtig. Hiermee wens ek vir jou maaikie haar man en die kleine baba net die beste. Sulke opregte ware vriendinne kry mens nie onder elke bos nie!! Ek en my vriendin loop al sedert 1982 ‘n pad, ons ken mekaar se geheime, mekaar se seer, mekaar se trane, het ook mekaar opgetel getroos, saam gelag, saam akkies aangevang, en ons twee is ook baie lief vir mekaar!!

  11. Gesê op September 28, 2009 om 8:31 AM | Permanente Skakel

    Hey Annderster

    Ek het drie maatjies wat saam my ‘n pad stap al vir jare…. En hulle is voorwaar groot steunpilare!

    Ek het ook al baie maatjies verloor en die laaste ruk by choice… Ek besef net al hoe meer dit gaan nie oor kwantiteit nie maar kwaliteit!

    Dis net moeilik oor almal al getroud is… Ons werelde verskil so bietjie en sien mekaar nie so gereeld soos ek sou wou he nie. Ek is regtig nou die laaste single eentjie ;)

  12. Gesê op September 28, 2009 om 8:31 AM | Permanente Skakel

    Dankie Beeps! :P

  13. Gesê op September 28, 2009 om 8:33 AM | Permanente Skakel

    Njanjanja… :mrgreen:

    XENA!!!!!

    Ek raak broeis…. al wat ek kan se… Ek wil ook nou popspeel.

    Uuuhhhmmm… wat moet ek add? Oh, wag… Loose it?

  14. Gesê op September 28, 2009 om 8:48 AM | Permanente Skakel

    More Meermin

    Jy is reg… Ek is ongelooflik geseend! Sy het my nou al so baie keer by gestaan en nie een keer vir my gese… ja but I told you so nie… Dis nou die tipe wat jou hare sal vashou terwyl jy opgooi!
    Dis nou ware vriendskap!

    Ek het vanoggend die kiekies gesien waar sy Gabi vir die eerste keer vashou… Ek het so getjank die maskara strepe het actaully my toppie gevlek! Ook maar ‘n sucker…

  15. Gesê op September 28, 2009 om 8:55 AM | Permanente Skakel

    Wat ‘n pragtige getuigskrif!! Geluk met die nuwe pienkvoet, Girl se vriendin! Mag jul vriendskap net sterkter word.

  16. Daizy
    Gesê op September 28, 2009 om 10:06 AM | Permanente Skakel

    Ag te sweet….wie gaan nou NIe broeis raak nie….dis mooi om nog te hoor van sulke hegte vriendskappe Girlie….

  17. Gesê op September 28, 2009 om 1:01 PM | Permanente Skakel

    Dis cool om so ‘n vriendin te wees. Dis nog cooler om so ‘n vriendin te hê! :grin:

  18. Gesê op September 28, 2009 om 1:54 PM | Permanente Skakel

    Dankie Ogies! Ek hoop ook dat ons nog saam op die ouetehuis se stoep sal sit eendag!

  19. Gesê op September 28, 2009 om 1:57 PM | Permanente Skakel

    Hey Daizy

    My pa spot my en se hy gaan my by die spermbank aflaai… maar ek dink my ma-hulle is tien keer erger…

  20. Gesê op September 28, 2009 om 1:58 PM | Permanente Skakel

    Dis waar Krista… Heimlik dink ek sy is ‘n baie beter vriendin as wat ek is… ;)

  21. Gesê op September 28, 2009 om 6:09 PM | Permanente Skakel

    Very nice indeed!

    Ek is nog lank nie broeis nie en glo ook nie dit gaan gou gebeur nie! Thanx, but no thanx

  22. Gesê op September 28, 2009 om 6:47 PM | Permanente Skakel

    Ag Kaalvoet….. Ek is seker as jy ook eers daai kiekies sien met die roosknop bekkie sal jy ook lam word in die kniege!

    Ek dink my klok hak vas… ;)

Sê jou Sê

Jou E-pos word nooit gepubliseer of met andere gedeel nie. Benodigde velde word gemerk met 'n *

*
*
  • Meer oor die Suburbs…

  • “n Voorstedelike Engel

    Ek is 'n nooi van Pretoria maar woon al 'n paar jaar in die Goudstad. Dit is in my nuutgevonde vryheid waar ek besonderse dinge beleef het en mense ontmoet het wat my bestaan ingekleur het. Mooi herinneringe is gebou; maar ook hartseer terugslae is beleef. Of hierdie nou 'n spoegblok, 'n dagboek of net die neerpen van 'n mengelmoes van my onsamehangende denke is, is debateerbaar. Dalk is ek 'n filosoof met die wyshede van die wêreld wat ek aan ander kan openbaar..... Ek kan dus bieg, wat ook al die beskrywing... hierdie is 'n persoonlike soeke na innerlike vrede en antwoorde wat ek verstaan.

  • My gedagtes draai om…

  • Besoekers nou by die suburbs…

    • Daar is tans 6 Besoekers aanlyn
  • 'n Wolk van Sleutelwoorde...

  • Onlangse Opmerkings...

  • Kontak die Suburbs

  • Argiewe van gedagtes

  • Ek ondersteun graag…

  • En ook vir…

  • Besoers aan die Suburbs…

    Hit Counters
  • Neem asseblief kennis…

    Kopiereg © 2010 Girl van die Suburbs - Alle regte voorbehou - totdat die Stormers die Super 14 wen. Wat beteken dit is van nou af tot in alle ewigheid. Hierdie blog is vir my ontwikkel op WordPress en 'n eie, unieke tema op die Thematic platform deur 2imagine met grafiese ontwerp insette deur I Love Design

  • Afrigator
  • Creative Commons License