Ek dink die gesegde lui… Jy kan jou vriende kies, maar nie jou familie nie… Wel…Ek het nie ‘n keuse in ieder geval nie. Mense is net geneig om in my hart in te klim en dan klou hulle soos daai vreeslike vaal uitgekoude tjappie aan ‘n skoolbank. Ek is wel vreeslik kieskeurig wie ek wel toelaat…
Ek het soos oudergewoonte vir my popcorn gespring en sit hier met my aanmaak koeldrank, my twee bitter swak plekke. Ek drink elke dag 3L drink-o-pop… maar ook net die lemoengeur… Ek hoop heimlik dat ek ‘n orange-tinge sal kry sodat ek nie so ‘n wit velletjie sal hê nie…want nig tan glad nie. Ek brand blasé
Fokus, guppie… fokus…om terug te kom na my storie… Ek le nou en eet my popcorn hier op die bank en dink terug aan die vriende in my lewe… present and past en die rol wat elkeen in my lewe speel. Ek het by Son van haar maaikie gelees en toe hak die gedagte nou vas.
Ek het geweldig baie kennisse… maar min vriende en ek sal bieg daar is twee of drie bloggers wat ek as vriende beskou al het ons nog nooit hand geskud nie…Want hulle julle is omgee mense.
Die vriende wat saam my in die stof speel elke dag, is die vir wie ek my lewe sal aflê… want ek is nie ‘n maklike mens nie. Ek is kompleks verby en dit sit hulle nie af nie…inteendeel hulle moedig my andersgeid aan … and then some… Ek het heel waarskynlik amper elke een op ‘n tydstip in hulle se moer gestuur oor ek kwaad was vir hulle maar oor hulle weet wat goed is vir hulle het hulle my weer met ope arms ontvang toe die tantrum oor was.
Al het dit in een geval 3 jaar geneem.
Dankie vir die wat ‘n verskil maak in my lewe elke dag…. Girlie is lief vir julle en vir die res… yes I love you too!
Ek meen wie sal kan uithou met ‘n diep inspirerende, adorable, soekende, enigmatiese ontledende, ontfermede, snaakse, harlekyn van ‘n verkleurmannetjie?
What a treat!





26 Comments
Het jy nog nie genoeg gelove vandag nie?
Ek het iewers gelees dat 2 of 3 vriende n baie gesonde getal is.
Ek maak moeilik vriende. Maar my vriendskappe wat ek wel smee is heg.
En ja, ek het al in die meeste van my vriende se gesig n deur toe gegooi. Ek moet bieg, ek is GLAD nie n goeie vriendin nie.
NEEEEE….. Ek het nie naastenby genoeg looooovvveeee versprei nie!
Ek was ‘n goeie vriendin voor en nou na ou hartseer se heerskappy…
Ek het ook ‘n paar verloor in daai heerskappy! But that’s life….
Nell
Soos ek op Adrie se blog gese het:
Verkleurmannetjie a.g.v. jou veranderende haarkleure, dis al….
Jammer, ek moes dit seker duideliker gestel het…
Wie sal nou nie met so oulike meisie met soveel cute eienskappe wil maaikies wees nie, he?
I luv you, I luv you, I luv you!!
(Eish, maar die liefde LOOP vandag!)
Wit velletjies is net so mooi! Met die hele Twilight beweging dink ek die media erken dit ook.
Ek doen ook nie die son ding nie…ek lyk soos kreef se kind en dis net seer om so te verbrand!
Dit is uiters belangrik om ware vriende te hê en nie net kennisse nie. Mense wat dit nie het nie is arm. Ek dink ware vriendskap word juis gebou op bietjie vassit.
Hey Vlam…. I like spreading te looooooovvvveeeeee!
Maar die mense sien elkeen ietsie anders raak wat my so mooi opsom! Ek verduidelik altyd persoonlikheids tipes kan in vorms beskryf word…sirkel,,, vierkant ens… EK aan die anderkant is ‘n sneeuvlokkie… BAIE kompleks met BAIE fassette rondom my menswees!
Dus kan ek ‘n ander mense wees vir at least 15 dae opeenvolgend… Julle sal nie maklik verveeld raak nie
Oeg Kaalvoetjie…
Ek was een jaar saam meisie klein Balito toe. Vreemde mense op die strand het na my toe gekom om my te waarsku ek gaan seer brand met my wit velletjie… Dink jy ek wou luister? Die laaste twee dae het ek gevoel ek tan nie vinnig genoeg nie toe smeer ek sulke cheap oranje surf shop olie aan my bene… Na die gebak in die son toe gaan spring ek in die swembad… En daar krimp my vel met die instant afkoel!
Ek het met blase huis toe gegaan so groot soos R2 coins en ek het krom geloop met my bene uitmekaar so asof ek myself bevuil het…. want ek kon nie my bene reguit kry nie!
Never again!
Kaneeltjie, ek love my witvel….
Ek dink egter net ek gee mense arc eyes die dag wat ek ‘n short of rokkie dra! Ek kan sien hoe squint hulle as ek verby stap!
Jy is inderdaad reg oukie!
Ek dink partykeer net oor ek so hard op myself is, stel ek partykeer baie groot vereistes aan my maaikies! Not nice…. I know…
Hi Girlie
Ek moet vir JOU dankie sê, Girlie. Baie dankie dat jy my maikie is!!
Liefde Groete
“Ek kan sien hoe squint hulle as ek verby stap!” BAhahaha
Nee hel, alle dank aan jou vir! Jou storie is ‘n inspirasie.
Ja ou boervrou…. Cyber maatjies maak gewoonlik die lewe nie net interessant nie, maar ook die moeite werd…Julle is witnesses tot my lewe… Iets wat ek vir lank nie gehad het nie!
Jislaaik…. Jy laat my bloos vandag.
dankie Emil…Means a hell of a lot coming from you!
Jammer vir die spam, maar as ek moeite gaan doen soek ek lesers. Lees meer oor Suid-Afrika se tweede satelliet, SumbandilaSat, se lansering op die 15 September op my blog. Elke dag tot die lansering sal daar ‘n satelliet-verwante inskrywing wees.
Allo!
Hoe ganit in die suburbs?
Ek het my uit my depro geslaap vandag, that’s for sure!
Boonop was die internet almost non-existant. Wat het ek gemis? (Behalwe vir die stront op my eie blog!)
Gaan kyk by my – jy het huiswerk – ek het mos belowe
O ja, en Vlam – jy het OOK!!! he he he
Grrrrrr….pie hierdie Son nou op my batterye!
Shame, Girly, dis nou wat ons kry as ons nice is!
Allo Vlam
Ek… ne….Het gedog ek gaan net ‘n power nap vang toe ek by die huis kom, Ek het ‘n afspraak GEMIS vanaand …. en kyk nou watse tyd word ek wakker!
Ek gaan lekker by die werk sukkel!
Ag tog… Ek sien nou daai tag…. Dit net oor ek so bleddie voor op die wa is!
Nee, dis reg Son….. Hmmm…. maar die vraag bly altyd… Wie sal ek nou tag!
Ek dink ek sal oukie maar uitlos vir ‘n slag!
Girl, daar bly nie veel vrae oor vir my nie, en dan is die comments nog af ook!
Ek wil mos so laat wakker skrik.
Ok, my vraag/vrae: Wat is jou ultimate vrees?
Is jy bok vir sports?
Wat is jou kakste gewoonte, iets wat ander nie MAG weet van jou nie?
Whahahah girlie!! oeoeoe kry vir jou. Sterkte, ek het ‘n paar keer gebloos oor die vrae… maar nou ja. Ek hoop van harte die toets bring vir jou iets positiefs in jou lewe (nie dat jy nie iets posetiefs het nie), you know what I mean…*’n drukkie*
Whahahah girlie!! oeoeoe kry vir jou. Sterkte, ek het ‘n paar keer gebloos oor die vrae… maar nou ja. Ek hoop van harte die toets bring vir jou iets positiefs in jou lewe (nie dat jy nie iets positiefs het nie), you know what I mean…*’n drukkie*