“Blog jy? Jy het nou die kans om jouself vir ewig te verewig in ‘n baie dik boek! Vir ewig!
Gaan asseblief na Skraap.net en neem deel aan die Afrikaanse blogsensus. (Dis ten bate van Johan Swarts se tesis). Daar is vier velde om in te vul: jou blog se adres, ‘n e-posadres vir validation en twee velde oor die Afrikaner. Slegs die eerste twee is “verpligtend”, hoewel hy dit nogal sal waardeer as jy die moeite aangaan om die ander twee ook te beantwoord.”
So ietsie oor die mastermind…
“My naam is Johan Swarts en ek is ‘n nagraadse student aan die Universiteit van Stellenbosch. My tesis (’n literatuurstudie) handel oor identiteitsvorming in die Afrikaanse blogosfeer. Ten einde dit suksesvol te voltooi, benodig ek die adresse van soveel moontlik Afrikaanse blogs, sodat ek dit met ‘n webskraper en teksontrekker – spesiaal vir die doel van die studie geskryf – kan ontleed. Op my eie sal ek egter nooit ‘n omvattende lys van Afrikaanse blogs kan saamstel nie en daarom doen ek ‘n beroep op jou om my op die volgende manier te help: deur ander te tag”
En omdat die span so baie van ‘n tag speletjie hou…tag ek graag vir Boer, Annderster, Jane en Wippie






4 Comments
Huiswerk gedoen…
Huiswerk gedoen
Dankie julle twee….
wat? o! ek het dit lankal gedoen
my pingbacks werk klaarblyklik nie!