Aan al die “kinders” wat die 1930’s tot 1980’s oorleef het!
Eerstens het ons die rokery en drinkery van ons moeders oorleef terwyl hulle swanger was. Hulle het aspiriene gedrink, blou kaas en vis uit ‘n blik ge-eet en is nooit getoets of hulle diabeties was nie. Na al die trauma was ons in ons bedjies gesit op ons magies in ‘n kot wat oorgetrek was met helder kleurige lood basis verf. Ons het geen “kindvaste” deksels of proppe op medisyne bottles, deure of kaste gehad nie en geen kopskerms gedra as ons fietry nie… Om nie te praat van die risiko’s toe ons duim gery het nie.
As kleuters en kinders kon ons agter op die sitplek sit sonder veiligheids stoele, veiligheidsgordels of lugsakke.
Om agter op die bakkie te ry was groot pret en ons het water uit die tuinslang gedrink en nie uit bottels nie. Ons het ons koeldrankies met vier vriende gedeel uit een bottel en niemand is dood daarvan nie.
Ons het sjokoladekoek en wit brood geëet met regte botter en “kool aid” met suiker gemaak om te drink, maar ons was nie oorgewig nie want….. ONS HET ALTYD BUITE GESPEEL!
Ons het die huis verlaat in die oggend vroeg en het heeldag gespeel. Solank ons terug was as die straatligte aankom of voor die kerse aangesteek was.
NIEMAND kon ons kontak deur die dag nie en ons het almal veilig teruggekeer huistoe.
Ons het ure spandeer deur kaskarre te bou uit afval hout en yster en het dan teen die steilste bulte afgejaag, net om uit te vind ons het vergeet van die brieke. Nadat ons ‘n paar keer die kaskar omgegooi het en tussen die bosse ingejaag het, het ons geleer om die probleem op te los.
Die dogtertjies het die rokkies in hul broekies gesteek om ook in al die pret te kon deel en niemand het iets daarvan gedink nie.
Seksuele molestasie was nie aan ons bekend nie en tiener swangerskappe was nie van gehoor nie. Ook was daar nie tyd vir dwelms nie want ons ouers het nog genoeg vir ons omgegee om ons boude aan die brand te klits as ons iets ongehoords sou probeer doen.
Sondae het ons almal ons beste kleertjies aangetrek en kerk toe gegaan. GEEN verskonings om tuis te bly was aanvaarbaar nie. Braaivleis en partytjies op Sondae was uit. Ons het geweet wat “ses dae moet jy arbei en al jou werk doen en die sewende dag moet jy rus” beteken. Daar het ons geleer van liefde, respek, hoe om God te vrees en te vertrou. Dat vaders en moeders ge-eer moet word en ons monde met seep uitgewas SAL word wanneer ons vloek of teëpraat.
Boeke vat saans na ete was ‘n werklikheid en ons almal het aandagtig geluister want vrae is gevra oor die stukkie wat gelees was.
Ons was ook geleer hoe om elke aand voor ons bedjies te kniel en te bid.
Ons het nie “playstations”, “ninetendo’s”, “X boxes”, “wii”, of enige video speletjies gehad nie. “Shopping” vir ontspanning was nie aan ons bekend nie, en “label” klere was toe ook nog nie eers in “China” gemaak nie. Snobisme was ‘n galbitter vrug wat net in die Amasone “gegroei” het en sakgeld was “iets” wat net die Staatspresident van geweet het.
Ook nie 150 TV kanale, DVD’s of video flieks, selfone, persoonlike rekenaars met internet, facebook of chatrooms nie… Ons het VRIENDE gehad… en as ons hulle gesoek het, het ons net buite toe gegaan.
Ons het uit bome geval, was gesny en het bene gebreek en daar was geen geregtelike eise vir hierdie ongelukke nie.
Ons het wurms en modderpasteie ge-eet en die wurms het nie vir altyd in ons geleef nie.
Ons het windbukse en poppe gekry vir ons tiende verjaarsdag, speletjies opgemaak met stokke en tennisballe, ou komberse en peule en al het niemand ons gewaarsku dat dit kan gebeur nie, het ons min oë uit gesteek.
Ons het met ons fietse gery of pop gespeel of sommer net geloop na ons vriende se huise, aan die deur geklop en sommer ingeloop en gesels. “Oom” en “tannie” was nog aan die orde van die dag en “jy” en “jou” was net op rondloper honde van toepassing.
Rugby en tennis spannetjies het proewe gehad en die wat nie die span gehaal het nie, moes maar vrede maak daarmee – Verbeel jou dit!!
Ons het gereeld die bed natgemaak en ons ouers het ons ‘n pak slae gegee, nie na sielkundiges toe geneem nie omdat hulle nie geweet het wat om met ons te doen nie.
Die gedagte om jou kinders by die polisiestasie te gaan uit borg het nie bestaan nie. Ouers was aan die polisie se kant! Sien, kinders was daai tyd nie gehoor, of gesien, in geselskap nie want die ouers was nie bang vir hul kinders nie!
Tande tel was uit want ons het geweet hoe om te speel. Ons ouers en grootouers se grootste taak was definitief nie om ons te “entertain” nie.
Terugpraat was die grootste euwel en ons ouers het nie toegelaat dat ons kinders hulle met mooi woordjies kon manipuleer nie. Ouers was nog ouers en kinders was nog kinders, en kinders het gedoen wat vir hulle gesê was.
“Skoolsiekte” was nie toegelaat nie want ons ouers het geweet hoe om te “cope” met die daaglikse stres in hulle lewens. Al wanneer jy by die huis kon bly was wanneer jy half dood was. Termometers was ook nie onder jou tong of in jou oor geplaas nie…… Skoolsertifikate is aan almal uitgegee wat nooit afwesig was gedurende die jaar nie en snaaks genoeg, ons almal het altyd een gekry.
Elke oggend was met gebed en sang ge-open en die oudste onnies het altyd die Bybelperiode aangebied. Seker omdat hulle die Bybel die beste geken het.
Daardie generasie het van die beste risikovatters, problemoplossers en uitvinders OOIT geproduseer.
Die laaste 50 jaar het bestaan uit ontploffings van uitvindings en nuwe idees.
Ons het vryheid, verlies, sukses en verantwoordelikheid gehad en ons het GELEER hoe om dit te hanteer.
As jy een van hulle was.. Baie geluk!!! Jy het oorleef…
Laat jou voel asof jy deur die huis wil hardloop met ‘n hamer en ‘n sker is dit nie?






36 Comments
Ek bekyk nou hierdie boom hier buite die kantoorvenster… hy is perfek vir klim
O en ek wil byvoeg, partykeer as ek by mense kom, en dit is ‘n pragtige dag buite, is dit vir my hartseer as die kinders in die huis rondhang. Nogal snaaks, en dit is dalk ‘n oorblyfsel van ons era van buite wees, die ouer garde kuier buite en die kinders binne.
Dit verduidelik nogal alles!
Daai tande tel van vandag se kinders pla my ook nogal. En die dat hulle heeltyd so binne sit!! En nie dankie sê nie. Laat ek maar nie begin nie…
Oor die rondhardloop met die skêr – ek dink ek gaan maar vandag ‘n rebel wees en dit doen!!
Lekker inskrywing
Dis nogal waar as jy so daarna kyk! Wonder wat het gebeur
Ahem…. Hier is ook ‘n boom… En ek moet bieg,… Ek het hom al geklim. Ons was laf en het mekaar nat gespuit en toe reken ek dis die veiligste opsie want what goes up… must go down….
Maar die manne het my kom uithaal…
More Janekie
Ek mis meneer hartseer se kinders baie… Hulle het my geleentheid gegee om weer kind te wees. Ons was altyd buite en het laat aand so vuil-vuil terug gegaan huis toe… Poegaai na die dag se pret! Die reel was dat hulle net vir ‘n sekere tyd voor die kassie kon spandeer.
Hol na hartelus… Moet NET NIE VAL NIE!
Dag Se Carina!
Ek reken (en ek is ‘n mooi een om te praat want ek het nog nie kiddies nie) dat ouers nie meer tyd invest in hulle kinders nie. Dit is baie makliker om hulle voor die kassie te plaas want dan is hulle uit onder jou voete en jy hoef hulle nie te “vermaak” nie.
Grootmense se lewens het so ‘n gejaagd geword dat hulle te moeg dink ek… dan natuurlik lui!
MAAR… Laat ons eers sien hoe ek die ding sal doen eendag?
Oeg, dalk moet ek ‘n stukkie skryf oor hoe moeilik dit is om vandag kinders groot te maak! ‘n Ander lewe as daai tyd se ouers, glo vir my!
Ek dink jy moet Vlam… Ek wil sien waarvoor ek myself sal inlaat… Dan kan ek ‘n informed besluit neem om te kloon aldan nie!
Hi Girl
my eerstse besoek hier, sal beslis weer hier kom inloer!
Wel… ek moet ook dan bieg meermin…
My eerste ene was by ook vanoggend… Bly ons het mekaar nou raak gelees!
Het ek iemand hoor sê blou kaas!? Yum flippen yum. Hoe sterker hoe beter. Kos vir Konings en Gode. Dêm maar dis lekker goed daai.
kan nie stry nie Andrew… Dit moet nie TE sterk wees nie… Heerlik saam met Olyf konfyt of olyf marmelade op ‘n besluitjie!
Ek luuuuuuuuuuuuv bome!! ‘n boom is daar om geklim te word, jip jip!! My Lovey raak ernstiglik benoud as ons virre naweek weggaan en dis ini wildernis iewers – bome het ‘n vreemde aantrekkingskrag al sedert kleintyd (ek het ure ini takke kon deurbring… dié dat ek seker so vrek gemaklik ‘deurie blare’ is
Terloops – ek pas baie van daai reëls nog op my kids toe – ek isse ongeduldige ma en vattie ehhhhmmm bollie van kabouters nie (al is 2 van daai ‘kiddies’ al verby 21. Ons kuier heerlik en giggel en lag kliphard saam, maar hulle is steeds baaaaie lugtig vir my én enormously respectful alliepad. Dankie tog!!
Hiehiehie Beeps… met so ‘n stoute ma kan jou kinders nie ook nog stout wees nie! Arme Pappa
Ek persoonlik kan nie vir my ma en pa jy en jou nie… Ek het ook van my ou skool onnies op fb raakgeloop en die noem ek nog steeds meneer (laerskoolhoof) en juffrou (onderskeidelik graad een en hoerskool Latyn)
Maar as hulle my op my doopnaam noem (dankie tog ek het net een…) Dan sit ek grootoog en luister want dan weet ek ek is in die moeilikheid
Ek weet darem nie. Die vorige 50 jaar was alles reggebliksem. Of dit nou moontlik was of nie. Kyk hoeveel kinders was regs gemoer, want die stelsel het hulle nie toegelaat om links te skryf nie. Iets soos disleksia is uit die kind gedonner, by die skool en by die huis. Hulle moes eerder die skool so gou as moontlik verlaat het.
Tieners het ook maar skelm gespyker, as hulle gevang was (of swanger geraak het) was hulle eers goed opgefok en in die openbaar verneder en dan moes hulle trou. As iemand gekla het dat hulle gemolesteer was, sou hy/sy waarskynlik pak gekry het want dit sou nie respekvol teenoor ‘n ouer mens gewees het nie. Geen kind se woord sou ooit bo die van ‘n grootmens aanvaar geword het nie.
Ek is bly die vorige 50 jaar is verby. Kom ons vat dit ‘n stap verder. Kinders is die produk van die ouers se opvoeding. Daar is ‘n gesegde dat ‘n mens nie slegte kinders kry nie, maar slegte ouers. Die vraag is eintlik of vandag se kinders regtig slegter af is as die vorige geslagte? Ek verstout my dat vandag se “slegte” ouers beter doen as die geslag voor hulle.
Uuuhhmmm… Nee Adrie. EK verskil van jou
Daar is ‘n moerse mindshift wat plaas gevind het waarmee ek nie gemaklik voel nie. Ek verkies ‘n lewe met ‘n bietjie sweep-slaan en die vrede (lees orde) van daai tyd as hierdie malle gejaag en geweld wat ons nou beleef.
Ek se ook nie alles as idillies nie. Verseker het ‘n paar mense swaar gekry onder die ystervuis van die kerk en skool en gereg en politek en…..en…..en…. EK dink net ons piep nou ‘n nasie op wat die waarde van menswees glad nie verstaan nie.
Ek dink die waarde van menswees was nog nooit so begryp as vandag nie. Toegegee, party mense vat dit te ver.
Ek is… word volgens my gekoppel aan al die tegnologie tot my beskikking. My gebruik daarvan en vaardigheid en kennis definieer wie ek is… Dit is wat ek bedoel met die waarde van menswees….
Polities is ons al verder (maar nie genoeg) gevorderd nie… En ek is dankbaar menseregte vorm deel van ons land se demokrasie… Maar dit maak mense nog steeds nie verstaan WIE IS EK? nie…
Ons kan nie meer ons waarde heg aan die dinge wat ons lewe so ongekompliseerd gemaak het in die laaste 50 jaar nie want ons voel onveilig en bang en skrikkerig… So nou define ons dit in ons bubbel van tv kamer…. rekenaar speletjie…
nee fok ek gaan seker nie sin maak nie…
Die meeste jong kinders word “geleer/gedwing” om met die visuele vermaak tevrede te wees. Want dit hou hulle uit Ma en Pa se hare uit. Dit is makliker om voor die TV ‘n oog oor hulle te hou.
Dit was die lesse van 50 jaar terug wat mense geleer het dat kinders wel toesig nodig het. Ignorance is bliss, maar mense het vandag nie meer rede om ignorant te wees nie.
Ek het baie die skoolsiek een probeer, en dit nogal reggekry
“Die dogtertjies het die rokkies in hul broekies gesteek om ook in al die pret te kon deel en niemand het iets daarvan gedink nie. ” Ja! Ons het dit altyd gedoen as ons op die klimrame gespeel het. Sweet man.
Neeeeee Adrie! Die tv en speletjies het die maklike uitkoms geword vir ouers om die kinders stil en rustig te hou. Wat het van die dae van buitekant speel geword met karretjies in die sand. Van op jou fiets klim en rondry?
Ja, ons was ook stout, en het baie pak slae welverdiend gekry, maar ons was gesond en het van kleins af vriendskappe met maats gekoester. Het jy al gesien hoeveel oorgewig kinders in die omtrek is? Dit is skandalig!
DMI
Dit is mos wat ek gese het. Die ouers leer die kinders om van TV te hou eerder as om buite te speel.
Ek onthou op laerskool het ons daai aaklige LO broekies onder ons skool rokke gedra want ons het te rof gespeel… En ek was regtig verontwaardig toe ek in standard ses agter kom… geen meer kaalvoet of LO broekies vir my nie!
More Oukie
Jy dalk moeg?
Wel A3… Weet jy wat is sad… baie van my vriendinne se kinders weet al op 3 waar om die teevee aan te skakel en hoe om van kanaal te verander. As die ogies oopgaan is dit “kan ek storie kyk”…. tot die sieletjie voor die kassie aan die slaap raak…
Mag ek dit nooit die norm wees die dag wat ek ‘n mini-me het nie!
so waar.. ons het baie oorleef.. heheh
die vraag wat nou hier in my kop aangaan.. is Hoekom is vandag se kinders sulke “binne-kinders” en soos NetJane sê die kinders sê nie dankie nie?
Ek glo die ouers van vandag het BAIE te doen met die opbring van hul kinders om hul waardes te leer en om te leer om asseblief en dankie te sê..
KOMAAN ouers.. julle was die kinders wat die 1930s tot ’80s oorleef het, wat buite gespeel het en respek getoon het.. en WAAR het ons dit geleer.. BY ONS OUERS wat tien teen een by die huis was waar ons kon SIEN en ERVAAR hoe ons ouers met anders mense oor die weg kom.
Ek het nou soveel om te weef, lees maar verder op my blog, as jy wil.. heheh
Moeg is ‘n anderste ding as ‘n koppie wat raas
Hey-Hey Spinnekoppie!
Nou dis die ironie! Vandag se ouers is die waaroor die stukkie gaan maar o’ wee…..
Erens het daar iets in die samelewing gebeur…
Ai oukie… gelukkig raas dit nie so dat die wat langs jou sit dit kan hoor nie! It could be worse…..
In all honesty… Dit wat hoorbaar is… is nie so bad nie… Klink net erg deur mekaar! Sjym….
Sjoe, ek voel sommer beter….
Maar stem hulle nou saam met jou?
Die wat nie wil saamstem nie word gebliksem.