Dare to… (I)

Adrie Deel 1

  1. Did ou kiss the girl? Did you like it? Jip….. A kiss is a kiss… is a kiss
  2. Wat eet jy vir ontbyt? Oats pap wat ek soms afwissel met eiers
  3. Thongs of stomach-holding panties? Nie een van die twee nie
  4. Hoe lyk jou koffie beker? Ek loop eintlik heeldag met ‘n kafeiendrup rond… Maar anders,.. Uhhmmm… Soos ‘n beker,gemaakvan ceramics en het ‘n oor… Maar as jy wil weet hoe ek my koffie drink…Sterk met melk en twee suiker…
  5. Was jy al gearresteer? Surprisingly….Nee
  6. Sing jy in die stort? Oe ja…. Selfs in die kar…. By die werk… Tot baie mense se horror…
  7. Wat is die een boek wat jy vir jou kinders sal aanbeveel? The little prince.
  8. Hoe oud was jy toe jy jou maagdelikheid verloor het? WAT… Ek nie meer ‘n virgin nie? :shock: Tweede jaar varsity
  9. Wat sal jy doen as popcorn van die mark afgaan? Laat jy my nou panic! Ek sal na die hoenderplaas hier langsaan gaan en steel as hulle my nie wil help nie?
  10. Hoe gereeld raak jy dronk? Helemaal te min. Regtig!

Boervrou

  1. Beskryf jou droom-man. (Persoonlikheid obvious, want ek dink ons moet realisties wees. Net sterre trou met sterre!)Jissie…. Ek is van daai wat nie ‘n tipe persoon in gedagte het nie, al my aanhangsels was vreeslik uiteenlopend. Maar my smaak het ook in die laaste jaar vreeslik verander. Ek het nie juis vooraf opgestelde idees nie… Maar om kort op te som…. Hy moet ‘n verhouding met die Here hê. Ek moet in sy ogies die mooiste vrou in die wêreld wees. Hy moet my (verwronge) sin van humor verstaan. Alhoewel ek van die ernstige outjies hou… moet hy hou van lag… Ek lag baie. Hy moet gekultiveerd en geletterd wees…. Want ek hou van shows en ‘n man wat met woorde kan speel maak my kniegies lam…As hy ‘n musiek instrument kan speel sal dit ‘n bonus wees… En sing.,… Ek sal heeldag op sy skoot sit. Hy moet verstaan en waardeer dat ek nie by die reels hou nie (reels soos in wat word van ‘n tipiese vrou verwag). Hy moet my language of love verstaan… Ek is ‘n ongelooflike physical meisie! Hy moet langer as ek wees want ek is damn kort en in my ogies die mooiste man in die wêreld wees.. Hy moet goedhartig wees, lief wees vir die lewe… I will know when I see him!
  2. Wat is vir jou romanties? ‘n Aandjie, beskryf. Dit moet liewer anders en fun wees as jou tipiese kerslig ete… As hy my adrenalien kan laat borrel…sal hy ‘n baie gelukkige man wees… Ek sal eerder wil gaan go-carts ry… tenpin bowling speel… In die donker nag piekniek hou… Of dalk gaan skinny dip by die munisipale swembad…
  3. Wil jy eendag kids hê? Hoeveel? Ja graag…en nou met almal om my wat vermeerder raak ek broeis! Ek sal graag 3 wil hê as ek gou genoeg kan begin…
  4. Watse name sal jy jou kids gee? Seun…John-Oswald. Meisie… Cecilia-May of Lilly of Mia of Olivia… Ag ek glo ‘n kind kies sy eie naam…

Krista

  1. Wat is jou fav kleur? – Ek hou van kleur punt… Ek is very colourful… op die stadium is dit oranje en olyf groen
  2. Hou jy van tjoklits?-oeeee…. Ek het ‘n soet tand…Smaaaarrrtiiiieees!
  3. Wat is jou drink of choice? – Rooiwyn / Hunters Dry / Gin en Tonic / Jameson (Hang af wat die geleentheid is) oeeee en Tequillllaaa!
  4. Wat eet jy nie? Ek eet alles! Geen fiemies nie… Maar ek hou nie van vye, dadels, (marzipan) amandels, vrugtekoek en afval nie (eet net my ma se afval)
  5. Het jy ‘n teddiebeer?Ja! Meer as een
  6. Kyk jy animasieflieks? Wat is jou fav? Ek is mal oor Ice Age en Shrek oor die humor… dan is daar weer ander waaruit ‘n mens lesse leer en ander wat my stil laat want dit is wreed verby!

Plasie

  1. Jy bly by ‘n golfbaan. Weet nie darem iets van golf af? Natuurlik… Klomp mal mense wat agter ‘n klein wit balletjie aanloop heeldag! :lol: … Nee PJ, ek bly hier oor ek na meneer hartseer se dood een weet gehad het om te trek en ek het vir my veiligheid gevrees (Hollywood styl) en hierdie opsie was die veiligste van die lot…Nie eers my ouers kan hier inkom sonder dat ek hulle inlaat nie. Ek self kom met my vingerafdrukke in…
  2. Wat maak jou bang? Die geweld in ons land. Die moontlikheid dat ek dalk nie ‘n verskil sal maak nie. Party mense in baaikostuums en my eie gedagtes wanneer ek in my gat sit!
  3. Looks of karakter? Hoekom? Verseker karakter. ‘n Mooi gesiggie laat nie sommer my hart vinniger klop nie… maar wie die persoon is maak dat ek sommer op ‘n paar mense verlief kan raak… Ek moet vir die res van my lewe met die persoon kak aanjaag…. Hy moet die punch kan vat.
  4. Sportmotor, Familie motor of 4 x 4? 4 x 4

Kaalvoet Kind

  1. Wat doen jy vir ‘n lewe??? Ek is in die bankbedryf. Operasionele ondersteuning aan Handelaars …
  2. As jy enige iets kon doen wat sou dit wees? Werksgewys? Ek wil ‘n onnie word… Ek begin al planne maak om te sien of ek dit sal reg kry… Standard 3 tot 5. Maar ek dink om ‘n terapeut te wees (huweliksberading of selfs kopdokter) mag dalk lekker wees

Vlam

  1. Beddegoed: katoen of satyn? Katoen want dit is meer prakties
  2. Beskryf jou gunsteling pajamakies? Ekke dra nie eintlik nie…maar wanneer ek doen is dit hotpants met ‘n topie
  3. Hoeveel boyfriends het jy al gehad? Vier
  4. Het jy al aan kraam gedink? Beskryf jou droom bevalling. :mrgreen:  :lol: Maar natuurlik! As ek so na almal om my luister (want ek gaan na die een baby shower na die ander… op die stadium en dan al daai dope…) sit ek nagte om en werk die een uit! Ek sal graag ‘n water geboorte wil hê…Die ding is ek weet nie of ek epiduraal kan kry met my allergie nie… Sal wel vra wanneer die tyd reg is en dis nodig.
  5. Gaan jy eendag borsvoed? Vir hoe lank? Uuuhm ek sal probeer vir ses maande!
  6. Enige allergiee? Lokale verdowing. Ek gaan in anafilaktiese skok in en dra dus ‘n medic aler bandjie! So vind ek die nou uit by die tandarts met my eerste wortelkanaal…
  7. Enige fobies? Slange…paddas en sulke goete … Ek kak in my broek…bietjie-vir-bietjie…
  8. Jou swakste karaktereienskap? Ek word so warm onder die kraag van 0 tot 100 in ‘n paar sekondes…
  9. Jou grootste achievement? Myself deur varsity gesit met drie jobs in my finale jaar
  10. Watter parfuum gebruik jy? En hoekom? Chanel se Allure… Dit het baba olie ondertone. Ek raak skoon jimpels as ek myself ruik!
  11. Hoeveel keer ‘n dag borsel jy tande? (ja, ek het ‘n ding oor tande…) :oops: Twee keer…want oor ek nie tandarts toe kan gaan nie werk ek maar hard aan die gebit! Flos en spoel my mond ook!
  12. In watter kledingstuk sal ons jou NOOIT vang nie? Skinny jeans.
  13. Jou gunsteling vloekwoord? Fokkit! Ek vloek gin….   :???:
  14. Is jy tans verlief? :mrgreen: Nee, maar ek het ‘n crush!
  15. Hoe het jou matriekuitslae gelyk? Ja, ek soek asb simbole ook. :cool: Afrikaans, Engels, Wiskunde, Huishoudkunde, Kuns, Aardrykskunde en Latyn almal ….B Okay, Okay… Wiskunde ‘n F…

Lize

  1. Het jy ‘n gunsteling sex position en wat is dit? Horisontaal en vertikaal… almal werk ewe goed!
  2. Wat was eerste, die hoender of die eier? Hoender…Trust me on this one…Ek het gaan vra
  3. Hoe oud was jy toe jy jou eerste soen gehad het. En wat was die ou se naam? Sjoe… Ek was standard sewe en sy naam was…uuhhmmm… Stephan.
  4. Wat is jou grootste droom op die oomblik. As jy enige iets kon kry wat jy wil hê, wat sallit wees. Om van beroep te kan verander
  5. Is daar enige iets in jou lewe wat jy gedoen/gesê het, wat jy regret? Oe ja…. Die dag wat ek met Meneer Hartseer begin uitgaan het…MAAR… ek het ‘n beter mens daar ander kant uit gekom…Sou graag myself kon vorm sonder daai stukkie detail though
  6. As jy iets aan jou lyf/gesig kon verander, wat sou dit wees…. Ek wil groter ogies he…kleiner neus dalk… lyf… plater magie… En ek wil perdestert hare he!
  7. Hoe gereeld was jy jou hare? Ek was elke dag!

Sanmari

  1. Wat is jou gunsteling blog? Ek hou van persoonlikhede agter ‘n blog en nie noodwendig wat ek lees nie.
  2. Hou jy daarvan om cleavage to wys? Wat is jou borsmaat? If you got it…flaunt it! (twerwyl ek nog die pencil test slaag)  36C
  3. Hou jy van braaivleis en watse vleis is die lekkerste? Ek love braaivleis. Rump rare of ‘n Skaaptjoppie
  4. Hou jy van jouself? Hier is baie werk in… Ja

Sonkind

  1. Het jy ooit op skool gekroek in toetse of eksamens? Jip!
  2. Was jy ooit verlief op ‘n onnie en wie was hy? NEE… Ek was in ‘n meisieskool en daar was net juffrouens
  3. Sal jy by die baas slaap? Never-ever…
  4. Vertel ons EEN ding wat NIEMAND nog ooit van jou geweet het nie. My lewe is ‘n oop boek en mense weet practically alles van my af… Ek het geen dark secrets nie! Booorrrrriiiinnnggg! Sad but true…alhoewel ek vreeslik sterk oorkom is ek bang vir vreemde mense.

Oukie

  1. As jy die keuse kon kry om ‘n drankie te kies en daar word gewaarborg dit sal jou nooit weer dronk maak nie al drink jy liters daarvan…. wat sal dit wees? Rooiwyn! Want dit is amper al wat my ‘n babbelas gee! WAG… TEQUILA!
  2. En o ja… nogge vraag – Dra jy pajamas? Nee…. Maar as ek moet is dit hotpants en ‘n toppie of net ‘n t-shirt

Eelt

  1. Kan jy nog ‘n foto opsit? Trust jou nou met die ene…Ja…later

Wippie

  1. Wat is jou gunsteling movie? en hoekom? Ek het Visuele Kommunikasie op Varsity gehad en filmkunde was een van my vakke…Ek kyk alle tipe movies en elkeen kry punte op verskillende merits… Daar is baie favourites vir baie redes… maar die wat my nogal by bly is The Guardian. Ek kyk dit gewoonlik wanneer ek na aan opgee is… Elke mens kan ‘n verskil maak en kan ‘n legacy agterlaat. En Under The Tuscan Sun….. Daar is weer hoop en lewe kan aangaan na ‘n groot terugslag! A BeautifulMind… Ag want ek is daar deur.
  2. Wat was jou gunsteling speelding as kind gewees? het jy dit nog? Ek was nie die popspeel tipe nie…het wel nog al my teddiebere, maar ek was die fietsry en boomklim tipe.
  3. Wat is die een ding wat jy wil doen voor jy doodgaan? Reis…
  4. Wat is jou “nemesis”? My selfbeeld
  5. Het jy slegte gewoonte wat ander mense sou irriteer? Ek word doodstil as ek nie van iets hou nie…Al menige male aan my uitgewys! Vandag weer!
  6. Wat is die eerste ding wat jy in mense raaksien? Of hulle ogies saam lag! Daarna kyk ek of hulle figit met hulle hande
  7. Wat hou jy die minste van oor jouself? My geneigdheid om van die wêreld af te sluit deur weg te kruip. Dan dink ek, ek is partykeer te loud!
  8. Wat is jou spesiale talent, behalwe nou blogging ;) Ek vry baie lekker en ek kan skilder…Ek is ook vrek goed met mense…

Maxi

  1. wie is jou gunsteling cartoon karakter? Hello Kitty!
Deel hierdie gedagtes met andere...:
  • Twitter
  • Facebook
  • laaik.it
  • Digg
  • del.icio.us
  • Google Bookmarks
  • Blogosphere News
  • eKudos
  • LinkedIn
  • MySpace
  • Reddit
  • Slashdot
  • StumbleUpon
  • Technorati
  • PDF
  • Print
  • RSS
Hierdie gedagtes is geplaas in gedagtegroep(e): Sommer maar net... Sleutelwoorde: Boekmerk hierdie permanente skakel. Sê jou Sê of laat 'n terugskakel: Terugskakel URL. |

50 Comments

  1. Gesê op September 12, 2009 om 8:36 PM | Permanente Skakel

    Sjoe! ek het al gedink ek gaan op pensioen wees voordat jy een vraag geantwoord het. Hoe ver trek jy al met deel 2?

  2. Gesê op September 12, 2009 om 8:39 PM | Permanente Skakel

    Njanjanja…. LATER!!!!

    Ek het gaan beautify vandag en toe ek klaar is… Toe slaap ek die hele middag…. Lekker!

    Nou kan ek weer vir myself in die spieel kyk! :D

  3. Gesê op September 12, 2009 om 9:41 PM | Permanente Skakel

    Interessant… :wink:

    Ek werk nog aan ‘n hangover hoofpyn, maar sal later in meer detail kom bestudeer…

  4. Gesê op September 12, 2009 om 9:47 PM | Permanente Skakel

    Ek wou iets vra of was dit se? Kan nie meer onthou wat dit was nie.

  5. Gesê op September 12, 2009 om 9:50 PM | Permanente Skakel

    Gelukkig kon jy slaap. Adrie het my vroegdag wakker gemaak met ‘n gemoan oor die weer :grrr:

  6. Gesê op September 12, 2009 om 9:51 PM | Permanente Skakel

    Ooooeeee Neee A3. Jy kan moan, skree, praat se… maar jy mag nie vra nie! :evil:

  7. Gesê op September 12, 2009 om 9:53 PM | Permanente Skakel

    Vlam!!!!! :shock:

    Die tyd van die aand!? Nee ou girl….Jy is supposed om nou aan een te werk! ;)

  8. Gesê op September 12, 2009 om 9:56 PM | Permanente Skakel

    HeHeHe Son!

    Ek is al ewig laat vir werk want ek kan nie in die oggende op nie! Maar laat ek nou vroeg opstaan vir ‘n ding soos hare… Dan is dit 1…..2…..3!

    A3 het my ook probeer…. maar Klaasvakie het haar foon by die huis vergeet! Ek love my middag slapie! Maar dit moet langer as 3ure wees of ek is moeilik as ek daar wakker word!

  9. Gesê op September 12, 2009 om 9:59 PM | Permanente Skakel

    Son

    Ek het teen daardie tyd al n uur lank n naald in arm gehad. Ek het Nell al gesms voor ek my bril opgesit het.

  10. maxie
    Gesê op September 12, 2009 om 10:01 PM | Permanente Skakel

    Vlam
    ‘n Hangover, nou? :lol:
    Wag, die rugby het blykbaar vroeg begin, lol.

  11. maxie
    Gesê op September 12, 2009 om 10:04 PM | Permanente Skakel

    Adrie
    ‘n Naald, hoekom? Bloedskenk vat nie so lank nie…

  12. Gesê op September 12, 2009 om 10:04 PM | Permanente Skakel

    Jaaa….Max en die bulle het verloor!

    KAN JY DIT OORVERTEL! :oops:

  13. maxie
    Gesê op September 12, 2009 om 10:05 PM | Permanente Skakel

    Nell
    Ja die Bulle het verloor en Max was bly :evil:

  14. Gesê op September 12, 2009 om 10:06 PM | Permanente Skakel

    LOL Max… Hulle moes eers die gif uitpomp! EN toe die bloed

    **koes** :roll:

  15. Gesê op September 12, 2009 om 10:06 PM | Permanente Skakel

    Max

    Se jy al weer ek jok? :mad: :evil: Grrr

  16. Gesê op September 12, 2009 om 10:07 PM | Permanente Skakel

    NEEEEEEEEEEEEE Max!

    Hoe dan nou?

  17. Gesê op September 12, 2009 om 10:11 PM | Permanente Skakel

    Wel ou Zebrakie hier het al 6 uur vanoggend gery om 7 uur anner kant die worsgordyn te kan wees….Ek begin 8 uur indie oggende werk en ry eers10 voor 8 hier… Verkeer is net te erg andersins…dus slaap ek in die week tot so laat ek kan! ;)

  18. maxie
    Gesê op September 12, 2009 om 10:12 PM | Permanente Skakel

    Adrie
    Ek het net geraai dat jy dalk gaan bloed skenk het maar het my nooit so lank gevat nie…

    Nell
    Sorry for you, maar ek is nie ‘n Bloubul ondersteuner nie….

  19. maxie
    Gesê op September 12, 2009 om 10:15 PM | Permanente Skakel

    What on earth is die worsgordyn?

  20. Gesê op September 12, 2009 om 10:19 PM | Permanente Skakel

    A3 bly aan die een kant van die gordyn en ek aan die ander kant… Spreekwoordelik skei dit Jhb en Pta! ;)

  21. Gesê op September 12, 2009 om 10:21 PM | Permanente Skakel

    ;) Gif uitpomp. Ek moet dalk n gifappel gevreetjie kry.

  22. maxie
    Gesê op September 12, 2009 om 10:23 PM | Permanente Skakel

    Hmmm… dankie. Mens is nooit te oud om te leer nie, ne…

  23. maxie
    Gesê op September 12, 2009 om 10:26 PM | Permanente Skakel

    Adrie
    Gifappeltjie is tot vandag toe nog deel van my algemene woordeskat.
    Probleem is meeste mense weet nie waarna mens verwys nie :lol:

  24. Gesê op September 12, 2009 om 10:27 PM | Permanente Skakel

    Ag Ou A3…. Jy bly maar my favourite! Soms net effe minder… daai gevoel gaan weer vinnig oorwaai wanneer ek die ander 90 vrae, o nee wag… ander 91 vrae gaan moet antwoord!
    :evil:

    Ek self sonder waar die beskrywing vandaan kom Max!

  25. Gesê op September 12, 2009 om 10:28 PM | Permanente Skakel

    Nell

    Jou blog is gebreek!

  26. Gesê op September 12, 2009 om 10:28 PM | Permanente Skakel

    Ai Max…wonder of my konteks reg is … Borrie en Kerrie?

  27. Gesê op September 12, 2009 om 10:31 PM | Permanente Skakel

    Hoe op aarde breek jy my blog! :?:

  28. Gesê op September 12, 2009 om 10:35 PM | Permanente Skakel

    Ek sukkel my gat af om te comment! vat 5 ure en dan kry ek n error boodskap. Grrr!

    Nell, jy beter nie nr 101 vergeet nie.

  29. maxie
    Gesê op September 12, 2009 om 10:39 PM | Permanente Skakel

    Nell
    Kan jou antwoord maar vra liefs vir Adrie… sy’s die Liewe Heksie expert.
    Ek gaan slaap, die Engelsman verjaar more en ek moet vroeg ontbyt maak en nog geskenke toedraai.
    Maar voor ek loop:
    As jy baba-olie in ‘n parfuum wil ruik, loop sniff Estee Lauder se Pleasures SHEER, nie die gewone Pleasures nie. ..
    Of Tommy Girl wat aan die meeste mense soos Johnson and Johnson ruik, aan my ruik dit ene katpiepie…
    Lekker slaap julle!

  30. Gesê op September 12, 2009 om 10:44 PM | Permanente Skakel

    Oeee…. Dankie Max! Ek sal verseker gaan ruik! Ek kan ure tussen die perfumes vertoef!

    Lekker doeks!

  31. Gesê op September 12, 2009 om 10:47 PM | Permanente Skakel

    Jammer A3… Maar dis om seker te maak jy raak so gatvol dat jy niks meer wil vra nie! :mrgreen:

    Ag ek sal ‘n ou storietjie uitkrap erens vir daai ene (101) ;)

  32. Gesê op September 12, 2009 om 10:50 PM | Permanente Skakel

    Nag Max!

    Nell, moenie die moeite doen nie. Antwoord dit sommer net.

  33. Gesê op September 12, 2009 om 11:15 PM | Permanente Skakel

    Oe. Julle gechirp laat my kop nog harder klop…

  34. Andrew
    Gesê op September 13, 2009 om 10:08 AM | Permanente Skakel

    “Wat was eerste, die hoender of die eier? Hoender…Trust me on this one…Ek het gaan vra ”

    O klont … jy stir alweer. :evil: Die mense wat jou vraag probeer beantwood het, het seker ‘n filosofiese argument aangevoer wat die vraag nie kan beantwood nie.

    X kan nie ontstaan sonder Y nie, en Y kan nie ontstaan sonder X nie.

    As jy regtig wil weet wat die antwoord is moet jy ‘n evolusionere bioloog vra. Die kort antwoord is dat hulle gelyktydig onstaan het.

  35. Andrew
    Gesê op September 13, 2009 om 10:17 AM | Permanente Skakel

    ‘n Nog beter antwoord is dat hoenders nie hoender eiers lê nie. :lol:

  36. Gesê op September 13, 2009 om 11:30 AM | Permanente Skakel

    Cool bananas Girl!

  37. Andrew
    Gesê op September 13, 2009 om 12:02 PM | Permanente Skakel

    Anders gestel, definieer ‘n hoender vir my. M.a.w gee vir my ‘n genetiese bloudruk (blue print) van wat ‘n hoender moet wees. Enige lewens vorm wat nie geneties identies is aan die gedefinieerde bloudruk nie, is nie ‘n hoender nie. “Hoender” is ‘n versamel naam. Slegs ‘n hoender wat gekloon is van die oorspronklike hoender, is ‘n hoender. As hierdie gekloonde hoender, sex het met ‘n ander hoender wat nie dieselfde genetieses materiaal bevat nie, sal die kuiken nie ‘n hoender wees nie. Die kuiken sal genetiese materiaal deel van albei ouers, en dit sal verskil van die oorspronklike definisie.

    My een vriend se vir my EK is ‘n hoender want ek praat so baie kak. Alle mense wat kak praat is dus hoenders, al lê hulle nie eiers nie. :mrgreen:

  38. Gesê op September 13, 2009 om 1:43 PM | Permanente Skakel

    da gee andrew my nou ‘n idee….wat was eerste die haan of die hen?

  39. Gesê op September 13, 2009 om 2:23 PM | Permanente Skakel

    Hi
    Sien jy was net so besig soos Del. Ek sien iemand het nog nie begin vrae antwoord nie… ;-)

  40. Andrew
    Gesê op September 13, 2009 om 2:32 PM | Permanente Skakel

    And we haven’t even broken a sweat yet. :lol:

  41. Gesê op September 13, 2009 om 2:57 PM | Permanente Skakel

    Die antwoord op die hoender/eier vraag is: nie een nie. Die eerste een was ‘n baie eenvoudige organisme wat in ‘n vetborrel iewers in die see gedryf het…

    Die hoender is ‘n hibried tussen die Red Junglefowl en die Grey Junglefowl. Hierdie evolutionis sou sê trek dit terug na die junglefowl se ancestors.

  42. Gesê op September 13, 2009 om 3:03 PM | Permanente Skakel

    Ooh, Nell. Jy sê jy vry baie lekker… :mrgreen:

  43. Andrew
    Gesê op September 13, 2009 om 3:45 PM | Permanente Skakel

    Gmf … nou is green slime nie meer goed genoeg nie.

  44. Gesê op September 13, 2009 om 6:09 PM | Permanente Skakel

    Andrewkie…..

    Ek draai my rug vir ‘n halwe dag… :???:

    Natuurlik is jy ‘n hoender! Jy het altyd ‘n eiertjie te le :mrgreen:

    Ek stir g’n… ‘n Hoender hardloop vinniger as wat ‘n eier rol… Dus was hy eerste!

  45. Gesê op September 13, 2009 om 6:13 PM | Permanente Skakel

    Natuurlik vry ek lekker Kanneeltjie! Ek is ‘n pro! :mrgreen:

    Ek het al soveel paddas gesoen met die hoop dat hulle in prinse gaan verander… Jaaaarrrreeee se ondervinding ;)

    It’s a hidden talent!

  46. Gesê op September 13, 2009 om 6:18 PM | Permanente Skakel

    Jis Rosa… Ek sal daai inskrywing baie geniet! :D

  47. Gesê op September 14, 2009 om 8:23 AM | Permanente Skakel

    John-Oswald? Van waar gehasie?

  48. Gesê op September 14, 2009 om 8:27 AM | Permanente Skakel

    Dis ‘n mooi naam ne oukie!

    Familie name…Ma se pa se kant… En ek hou nie van familiename nie… But I am sold on this one!

  49. Gesê op September 14, 2009 om 11:50 AM | Permanente Skakel

    Kyk, as ek nou moet saamstem gaan ek soos Pinnochio lyk, so om alle vorme van eerlikheid op die blogosfeer ‘n hupstoot te gee, gaan ek eerder sê – Persoonlik vir my – Nee.

  50. Gesê op September 14, 2009 om 1:14 PM | Permanente Skakel

    Ag… Dit het ‘n poetiese ring to is (vir my in elk geval).

    By verre beter as die ander Afrikaner variteite! :P

    En ja…. Eerlikheid is so vars soos ‘n oggendbriesie…

One Trackback

  1. By Tag: 20 random stuff | Girl van die Suburbs on December 16, 2009 at 10:02 PM

    [...] van Son daar by ou Hoefyster. Ek reken julle weet nou regtig alles van my af, na die vrae wat ek hier en hier moes antwoord… maar ek is seker daar het iets interessant gebeur die laaste keer [...]

Sê jou Sê

Jou E-pos word nooit gepubliseer of met andere gedeel nie. Benodigde velde word gemerk met 'n *

*
*
  • Meer oor die Suburbs…

  • “n Voorstedelike Engel

    Ek is 'n nooi van Pretoria maar woon al 'n paar jaar in die Goudstad. Dit is in my nuutgevonde vryheid waar ek besonderse dinge beleef het en mense ontmoet het wat my bestaan ingekleur het. Mooi herinneringe is gebou; maar ook hartseer terugslae is beleef. Of hierdie nou 'n spoegblok, 'n dagboek of net die neerpen van 'n mengelmoes van my onsamehangende denke is, is debateerbaar. Dalk is ek 'n filosoof met die wyshede van die wêreld wat ek aan ander kan openbaar..... Ek kan dus bieg, wat ook al die beskrywing... hierdie is 'n persoonlike soeke na innerlike vrede en antwoorde wat ek verstaan.

  • My gedagtes draai om…

  • Besoekers nou by die suburbs…

    • Daar is tans 8 Besoekers aanlyn
  • 'n Wolk van Sleutelwoorde...

  • Onlangse Opmerkings...

  • Kontak die Suburbs

  • Argiewe van gedagtes

  • Ek ondersteun graag…

  • En ook vir…

  • Besoers aan die Suburbs…

    Hit Counters
  • Neem asseblief kennis…

    Kopiereg © 2010 Girl van die Suburbs - Alle regte voorbehou - totdat die Stormers die Super 14 wen. Wat beteken dit is van nou af tot in alle ewigheid. Hierdie blog is vir my ontwikkel op WordPress en 'n eie, unieke tema op die Thematic platform deur 2imagine met grafiese ontwerp insette deur I Love Design

  • Afrigator
  • Creative Commons License