Dans is oefening!

the-last-danceHierdie lui kaalvoet kind, het gistermiddag op my stoepie gesit en kyk na al die aspirant Tiger Woods’ wat hulle golf sakke op wieletjies rondtrek of sleep afhangende van hoe moeg hulle is…. Ek aan die ander kant sit op my groot gym bal want my sterre is seer. Eintlik is my hele onderlyf so styf ek dink my een heup is gedislocate…

Ons weet mos nou daar is ‘n gat in my opvoeding… en ek het op heelwat uitgemis in my vormingsjare… Wel…girlie hier het Vrydagaand vir die eerste keer vas gedans.. Ja, wel ek was al op baie troues en ek het nog net nie die geleentheid gehad om te leer nie…ek dink meer dit het gegaan oor ek wat nie wil leer nie. Ek was altyd die een wat met ‘n bottel tequila in die hand die ander aangemoedig het om saam my in die looser hoekie die coyote ugly steps uit te haal.

Ek moet bieg ek wou nie Vrydagaand gaan na die fondsinsamelings affêre gaan nie, juis oor dans kwessie(ja, okay daar was ‘n paar ander redes ook)…die ouens het regtig mooi na my gekyk en hulle het uit hul pad gegaan om elkeen ‘n draai (of twee) met my op die dansbaan te waag en elke hulle het my mooi geleer. Die enigste ding is… Ek is kort.. en ek het die hele aand op my tone gedans. My maag spiere staan ook op ‘n knop want ek het permanent my maag ingetrek want ek kan nie onthou wanneer laas ek teen ‘n man vasgedruk was nie… My boudspiere en kuite is ongelooflik styf en my gewete kla my aan dat ek toe nooit begin fietstrap het nie… maar daai idee het net so vinnig weer by die deur uitgewaai soos wat hy hier vlam gevat het. Maar ek belowe more begin die oefening in alle erns…

Ek het hierdie stukkie ook in my pashokkie raak gelees en ek weet presies hoe die siel voel… Ek dink daar mag dalk een of twee van julle wees wat hulle ook hiermee kan vereenselwig…

Vir my 37ste verjaarsdag het my dierbare vriend, Werner, vir my ‘ n  week by Virgin Active gekoop. met ‘ n persoonlike afrigter. Alhoewel ek nog ‘ n redelike goeie lyf het,van al die jare se swem vir die Universiteitspan 18jaar gelede, het ek besluit dit mag ‘ n goeie idée wees om te gaan.

Ek het die gym gekontak en ‘ n afspraak gemaak met my persoonlike afrigter, Steve. Hy het my vertel hy is 26 jaar oud, ‘ n spinning  instructor en ‘ n underwear-model. Werner was baie beindruk met my entoesiasme om te begin oefen! Die gym het my aangemoedig om ‘n dagboek te hou van my vordering:

MAANDAG:

My dag begin 06h00. Baie moeilik om so vroeg op te staan, was beslis die moeite werd toe ek by die gym aankom en Steve sien wag vir my. Hy is n Griekse God met blonde hare, smeulende oe, n gespierde lyf en die
mooiste glimlag wat ek nog gesien het!! Woo Hoo!! Hy het my hartklop gemonitor na 5 minute op die treadmill. Was
bekommerd oor my vinnige hartklop, ek het hom gerus gestel en verduidelik die rede daarvoor was omdat hy langs my gestaan het in sy stywe oefen klere. Hy het my aangemoedig teryl ek sit-ups gedoen het, al was my pens al klaar so seer van die heeltyd inhou terwyl Steve naby my was. Was baie inspirerend om hom te sien buk om strek oefeninge te doen!!
Gaan n FANTASTIESE week wees, kan nie wag vir more nie!!

DINSDAG:

Ek moes hele pot koffie gedrink het, maar het wel uiteindelik die huis verlaat. Steve het my maak op my rug le en n yster paal in die lug hou bo my gesig. en toe sit hy gewigte ook op die paal!! My bene was baie bewerig op die treadmill, ek het amper n hele 5 minute gedoen. Steve se mooi glimlag het dit die moeite werd gemaak! Ek voel WONDERLIK!!
Dit is n nuwe lewe vir my!

WOENSDAG:

Die enigste manier om my tande te borsel, was om die tandeborsel op die wasbak te sit en my mond heen en weer te beweeg daaroor. Ek dink altwee my tietspiere is geskeur!! Om te bestuur was oraait, solank ek nie hoef te gedraai het of briek te trap nie. Ek het bo-op iemand se motor fiets gestop by die gym. Steve was baie kortaf met my, het
aangedring dat my gegillery pla die ander mense in die gym. Sy stem is gans en al te ‘perky’ so vroeg in die more. Hy irriteer my! My bors brand as ek op die treadmill klim, so Steve het my laat oefen op die “stair monster” Vir wat de fok sal iemand ‘ n masjien maak wat jou laat dink jy klim trappe? Niemand klim meer trappe nie, dis hoekom
ons hysbakke het. Steve reken dit sal my help om n sexy lyf te kry en hy het ook ‘ n klomp ander kak gese.

DONDERDAG:

Steve het vir my gewag met sy Doberman-tande wat by sy dun lippies uitgesteek het. Ek kon nie help dat ek ‘ n halfuur laat was nie, dit is hoe lank dit my geneem het om my tekkies vas te maak. Steve het my laat oefen met dumbells. Toe hy nie gekyk het nie, het ek gaan wegkruip in die mans toilet. Vir my straf het hy my op die ‘rowing’ masjien gesit..ek het gesink!!

VRYDAG:

Ek haat daai fokken Steve so baie. Dink nie een mens het al ooit n ander mens so baie gehaat in die hele geskiedenis van die wereld nie. Onnosele, maergat, anoreksiese ottergevreet!. As daar n deel van my lyf was wat nie onophoudelik gepyn het nie, sou ek hom daarmee gemoer het. Steve wou gehad het ek moes werk aan my triceps. Ek het nie
fokken triceps nie! En as hy nie gate in die vloer wou gehad het nie, dan moes hy nie vir my die donnerse barbells gegee het nie. Of enige iets wat swaerder as n toebroodjie is nie!

Die treadmill het my afgegooi en ek het op my gesig geval.

SATERDAG:

Steve het n boodskap op my selfoon gelos in sy rasperige stem wat my oordromme laat bloei het. Wou weet hoekom ek nie kom oefen het nie. Toe ek hom hoor wou ek my selfoon stukkend gooi, maar ek het niks krag gehad nie. Alles het gepyn! Al wat ek kon doen was om my pinkie te gebruik om die tv remote te druk. Het heeldag soapies gekyk.

SONDAG:

Die kerk se bussie gaan my kom oplaai vir die diens. Gaan om dankie te se dat die week verby is en om te bid dat, Werner (die drol) vir my ‘ n beter geskenk sal gee volgende jaar!!

Deel hierdie gedagtes met andere...:
  • Twitter
  • Facebook
  • laaik.it
  • Digg
  • del.icio.us
  • Google Bookmarks
  • Blogosphere News
  • eKudos
  • LinkedIn
  • MySpace
  • Reddit
  • Slashdot
  • StumbleUpon
  • Technorati
  • PDF
  • Print
  • RSS
Hierdie gedagtes is geplaas in gedagtegroep(e): Sommer maar net... Sleutelwoorde: , Boekmerk hierdie permanente skakel. Terugskakels is gesluit maar jy mag opmerkings maak.. |

28 Comments

  1. Gesê op September 7, 2009 om 8:47 AM | Permanente Skakel

    Ek hou van jou wolk van sleutelwoorde.

  2. Gesê op September 7, 2009 om 8:54 AM | Permanente Skakel

    More Helder…Welkom hier!

    Baie dankie! :D

  3. Gesê op September 7, 2009 om 11:12 AM | Permanente Skakel

    :lol: Bietjie onfiks, Girly? Nou ja, dan moet ons REGTIG vir jou ‘n maatjie kry sodat julle elke Vrydag- en Saterdagaand die lyfies kan regdans. :wink: Wie wil nou membership by Virgin Active he as jy kan dans? :lol:

  4. Gesê op September 7, 2009 om 11:21 AM | Permanente Skakel

    Girlie is ERG onfiks! En nou dat ek op gehou rook het, protesteer my longe ook nog! :mrgreen:

    Weet jy hoe mooi is dit as daai jong latte hulle boudjies so swaai? ;)

    Ek het vanoggend vroeg opgestaan en het gaan stap…Kan jy dit oor vertel? :???:

  5. Gesê op September 7, 2009 om 11:24 AM | Permanente Skakel

    LOL LOL LOL – Meskien moet ons maar ‘n online veiling hou vir daai maatjie?

    Oeg ek wou nog vertel, ek het my online dating twee weke terug al laat gaan…. Profile is toe gemaak. Ek verstaan hoekom soveel van daai mans (EN vrouens) nog single is… Selfs die dames wou my beter leer ken…. verbeel jou…. :???:

  6. Gesê op September 7, 2009 om 11:42 AM | Permanente Skakel

    Bwhahahaha….!!!

    Sjym, Girl. Dalk was daar ‘n paar aangename dames, man! :lol:

    Maar ons (Andrew) het mos klaar vir jou ‘n maatjie uitgesoek? :mrgreen:

  7. Gesê op September 7, 2009 om 11:51 AM | Permanente Skakel

    Dans seg jy? No way! No how! Ek het selfs my troue geskeduleer dat daar nie gedans word nie. Koop vir jou ook ‘n stelletjie stokke en gaan hou jou lyf Annika Sorenstam.

  8. Gesê op September 7, 2009 om 12:14 PM | Permanente Skakel

    LOL, Ek weet jy en Andrew het ‘n uitmuntende keuse gemaak…. Maar die derde party is dalk nie bewus van sy eie deelname nie! :D :D :D

    Nee, dankie se die gansie ek wil nie ander evas ontmoet nie!!!!!

  9. Gesê op September 7, 2009 om 12:17 PM | Permanente Skakel

    Ai PJ…. Maar laat hierdie dopper jou nou vertel dat dans, en vasdans daarby eintlik vrek lekker is. Ek reken nou as ek 2 keer ‘n week dans gaan ek die mooiste boudjies en kuite he, like you can’t believe…. :mrgreen:

  10. Gesê op September 7, 2009 om 1:01 PM | Permanente Skakel

    Ek het na ons teruggekom het van ons Augustus see-vakansie, begin gym. Twee keer per week: elliptical, treadmill, elliptical. Ek het na die eerste 20 minute op die elliptical nie op my eie bene kon staan nie en geloop soos ‘n hikkende kameelperd met knieë wat alle ander rigtings behalwe vorentoe wou buig.

    Dit gaan nou al beter . . . ek kan nou al loop as ek daar afklim (al hou ek aan toerusting vas sover ek gaan . . . ) :grin:

  11. Gesê op September 7, 2009 om 1:23 PM | Permanente Skakel

    Dans is fantastiese oefening. Ek het al heelwat gewig verloor deur dansklasse te neem! Jy hoef nie heelaand op jou tone te dans nie, trek hoër hakke aan!
    Ek haat die gym – maar ek’s mal oor die dansvloer :-)

  12. Gesê op September 7, 2009 om 2:00 PM | Permanente Skakel

    Ek het nou so lekker gelag vir die week van hel!!! :-)

    Dans is flippen goeie oefening, maar ek myself het 3 linkervoete en het ook eers laat in my lewe geleer dans. EN ek kan nog steeds nie so lekker dans nie…ek gaan so aan die lag oor ek so rondval en dan verloor ek heeltemal my ritme en ek wil nie eers weet hoe dit vir ander moet lyk nie. Moet se, op troues gaan dit beter, want daar’s gewoonlik ‘n glasie of 2 wyn by betrokke wat als los maak ;-)

    Sterkte met die oefening en byt vas!

  13. Andrew
    Gesê op September 7, 2009 om 2:48 PM | Permanente Skakel

    Hahaha nou het ek lekker gelag. :lol: Moenie moed opgee nie Girl die eerste maand is die moeilikste, daarna sal jy resultate sien en die spieel sal jou motiveer.

    As dit jou sal laat beter voel, my sterre pyn ook party maal. My mountain bike se saal is so groot soos ‘n bikini top en druk my longe teen my hart vas. En ek is nie eers oorgewig nie … die donnerse saal is net eenvoudig te klein. Wie het hulle nou eintlik ingedagte waneer hulle die goed ontwerp?

  14. Gesê op September 7, 2009 om 3:02 PM | Permanente Skakel

    Hey Krista

    Ek het besluit ek kom net te min buite… so ek gaan die natuurlike ding doen met oefen… ek glo nie ‘n mens mag hardloop nie, maar ek gaan solank begin stap. Ek het vir vrek lank by twee van die groot gyms gewerk en ek wil nie een van die twee ondersteun nie…dis belaglik duur. Ek dink die laaste keer wat ek gehuil het in ‘n gym is toe ek body for life gedoen het… Jissie ek het bloed gesweet! :mrgreen:

    Jy moet ons laat weet / op hoogte hou met jou vordering… soos ‘n hanslammertjie… ;)

  15. Gesê op September 7, 2009 om 3:04 PM | Permanente Skakel

    Welkom terug carina! So bly om te sien jy is aan die gang! ;)

    Ek weet ek moet hoer skoene dra, maar hierdie weeskind hou van haar kaalvoete…Ek dink nie ek sal dit maak op die baan met hakke aan nie! :D

  16. Gesê op September 7, 2009 om 3:10 PM | Permanente Skakel

    Middag Kaalvoet kind… Ja, toe ek dit lees toe lag ek net so want ek weet presies hoe dit gaan! Jy is in week een so opgewonde en daar na…Dan begin jy vinnig jouself jammer kry!

    Ek voel sleg… ek dink nie ‘n mens kan eintlik stap as oefen kwalifiseer nie…maar draf ga’t ek not a hell nie… Dit is teen my beginsels ;)

    As dit warmer word sal ek begin swem! Dalk….. :mrgreen:

  17. Gesê op September 7, 2009 om 3:16 PM | Permanente Skakel

    Andrewkie! x x x

    Man… as meisie lank nou weer skimp ek sal stunning lyk as ek _X_ kg verloor dan ga’t ek in my broek skyt! Ek dink nie ek lyk SO sleg nie…maar ek ek moet bieg… Dit begin nou aan my krap! Dalk voel ek so lekker as ek bietjie meer aktief is want op die stadium het ek GEEN energie nie!

    Ek verstaan ook nie die ergonomie (or the lack there of)aangaande ‘n fiets se saal nie! Regtig! Ek wil nog steeds fiets trap, maar hulle reken stap gaan vinniger resultate wys want jy oefen met jou hele lyf en nie net jou bene nie! :D

  18. Gesê op September 7, 2009 om 7:05 PM | Permanente Skakel

    Van die os op die trekker: het jy gesien ons het carte blanche by Plasie? :mrgreen:

  19. Gesê op September 7, 2009 om 7:08 PM | Permanente Skakel

    NEEE??? Regtig?

    Laat ek gaan kyk…Ek kan ‘n ope uitnodiging mos nie weerstaan nie! :D

  20. Gesê op September 7, 2009 om 7:18 PM | Permanente Skakel

    Ek dink die siel gaan spyt wees…… Ek het wel eers permissie gevra voor ek ga’t staan en veldbrande veroorsaak… :mrgeen:

  21. Gesê op September 7, 2009 om 8:37 PM | Permanente Skakel

    Haha, was snaaks hoe jy die Griekse god begin haat het!
    So jy soek ‘n manier om te oefen as dit koud is? Mens kan lekker fiks word van bo-lyf oefening en hoe meer jy dit doen, hoe meer wil jy dit doen. Daai spiere wat brand raak verslawend :P

    As ek nader aan Pretoria gebly het sou ek met jou dans. Dis regtig goeie oefening!

  22. Gesê op September 7, 2009 om 8:46 PM | Permanente Skakel

    LOL, ou kaneeltjie… watch… as die gogga eers gebyt het… dalk cha-cha ek nog binnekort! Wie weet?

  23. Gesê op September 8, 2009 om 5:40 AM | Permanente Skakel

    Ding het Dingself nou ‘n nommer kleiner gelag – fokkit, Werner se brein is bepaald vindingryk EN fyn fiks…
    Te dankie aan Funny bid Ding deesdae elke dag ‘n halfuur lank. Funny neem vir Ding na die gebedsmuur … waar Funny vir ‘n uur moerbal speel met Ding terwyl Ding die laaste halfuur ombid…

  24. Andrew
    Gesê op September 8, 2009 om 8:09 AM | Permanente Skakel

    Whahaha @ Ding se gebedsmuur. Dis snaaks. Nogs snaakser is dat die mens dit WEL doen. Hy staan voor ‘n klip muur, lees uit ‘n boek en praat met ‘n spook terwyl hy sy koppie vorentoe en agtertoe skud.

  25. Steve
    Gesê op September 8, 2009 om 3:06 PM | Permanente Skakel

    “Onnosele, maergat, anoreksiese ottergevreet!”

    Bliksem!

  26. Gesê op September 8, 2009 om 6:38 PM | Permanente Skakel

    Nee, gits Andrew, Ding het gewoon nie die krag in die arms om nog ‘n boek ook vas te hou sulke tyd nie, om nie eers te praat van die skud nie – Ding lyk maar net half ritmies wiegend, maar dis suiwer net om balans te hou en nie van sy voete af te kletter nie. En Ding bid in hyg-kode – hoop maar daar iewers verstaan Vader Tyd daai. Moet ook wees, want die halfuur gaan darem elke dag om!

  27. Andrew
    Gesê op September 8, 2009 om 6:59 PM | Permanente Skakel

    Hahaha alweer snaaks, nee ek weet Ding … ek weet jy sal nooit met krale tussen jou fingers vroetel terwyl jy met geeste praat nie. Dit was net die gebedsmuur wat my getrigger het. Ek het self lank muurbal gespeel en dit baie geniet.

  28. Gesê op September 9, 2009 om 11:38 AM | Permanente Skakel

    Ek moet bieg, julle twee manne het my nou impress!

    Om agter ‘n klein balletjie aan te hol is nie grappies nie! En dan op julle ouderdom ook nog…. **koes** :mrgreen:

Sê jou Sê

Jou E-pos word nooit gepubliseer of met andere gedeel nie. Benodigde velde word gemerk met 'n *

*
*
  • Meer oor die Suburbs…

  • Stem vir my

    Vote for this Blog

  • “n Voorstedelike Engel

    Ek is 'n nooi van Pretoria maar woon al 'n paar jaar in die Goudstad. Dit is in my nuutgevonde vryheid waar ek besonderse dinge beleef het en mense ontmoet het wat my bestaan ingekleur het. Mooi herinneringe is gebou; maar ook hartseer terugslae is beleef. Of hierdie nou 'n spoegblok, 'n dagboek of net die neerpen van 'n mengelmoes van my onsamehangende denke is, is debateerbaar. Dalk is ek 'n filosoof met die wyshede van die wêreld wat ek aan ander kan openbaar..... Ek kan dus bieg, wat ook al die beskrywing... hierdie is 'n persoonlike soeke na innerlike vrede en antwoorde wat ek verstaan.

  • My gedagtes draai om…

  • Besoekers nou by die suburbs…

    • Daar is tans 5 Besoekers aanlyn
  • 'n Wolk van Sleutelwoorde...

  • Onlangse Opmerkings...

  • Kontak die Suburbs

  • Argiewe van gedagtes

  • Ek ondersteun graag…

  • Besoers aan die Suburbs…

    Hit Counters
  • Neem asseblief kennis…

    Kopiereg © 2010 Girl van die Suburbs - Alle regte voorbehou - totdat die Stormers die Super 14 wen. Wat beteken dit is van nou af tot in alle ewigheid. Hierdie blog is vir my ontwikkel op WordPress en 'n eie, unieke tema op die Thematic platform deur 2imagine met grafiese ontwerp insette deur I Love Design

  • Afrigator
  • Creative Commons License