Hierdie kooltjie (jip, ek is nog lekker rooi) was die laaste twee dae maar stil want ek het onder die radar gaan lê.
So met my regpak, regskuif en opskuif met die nuwe beloftes van die lente het Girl die volgende gedoen
- Ek het uiteindelik Tuesdays with Morrie begin lees….. En wragtag word die tema van my nuwe lewens beginsel voort gesit… Hou op uitstel en geniet elke oomblik. Nou skop die neurotiese ek in… gaan ek dalk binne kort dood gaan?
- Ek is besig om elke kas in die huis skoon te maak en reg te pak… enigste probleem is ek is nou eers halfpad. Ek weet nie wat my besiel het om dit te begin nie.
- Ek het gebraai… Ja… heel lekker saam my beste maatjie (ek het gisteraand weer besef hy was van die min mense wat my bly bystaan het deur en ook na die die hele meneer hartseer storie).
- Ek het meneer hartseer se eks vrou gekontak. Om vir haar te sê ek is jammer ek was kwaad vir haar en dat ek haar vergewe. Ek het egter nog geen reply gekry nie… maar as ek ook niks ontvang nie sal dit goed wees. Ek hoop regtig dat haar en die kinders se pad vol seen sal wees en ek het dit ook so aan haar gestel. Sy dink seker ek is in die bol gepik… dis ook fine met my. As daar nou een stukkie van die legkaart is wat ek graag wil hê (wat nog MIA is)…. is die oorsaak van meneer hartseer se dood. Ek wil daai nou agter my sit en ophou wonder.






16 Comments
Girl, jy is so positief, dit is aansteeklik!! Ek bewonder jou, min mense sal jou nommer 4 op die lysie kan aanpak en boonop daardie persoon seën! Welgedaan.
More Ogies
Sjoe, ek dink nie iemand het al ooit vir my gese ek is positief nie! Maar ek probeer regtig baie hard om ‘n beter gesindheid te kweek want ek wil verander en die lewe begin geniet! Die Here werk hard in my hart. Ek voel sleg vanoggend oor ek die epos gestuur het want dalk help dit vir my genesing maar nie vir haar nie? Miskien wil sy dit nie hoor nie… Ek hoop maar iets positiefs kom daarvan. Ons het eintlik baie goed oor die weg gekom tot en met sy dood en toe loop die vriendskap ook sommer dood. Al moet dit so wees, is ek fine daarmee… Ek wil net alle kwaad gevoelens opsy skuif… want ek kan nie blessings ontvang as ek nie vergewe nie. Ek het haar al lankal vergewe maar ek wou dit vir haar se, want ek het ‘n vermoede sy mag dalk kwaad wees vir my ook en ek hoop die gee haar geleentheid om haar vrede met my ook te maak.
Ag ek weet nie… Kom ons kyk wat gebeur!
Wonderlik girlie! Mens bind jou, as jy kwaad bly vir ander mense. Jy is besig om vry te word.
Hey Boerie… Ek hoop egter net dat ek haar nou nie gaan staan en omkrap het nie.
Dis mos juis hoe die ding werk Girly – “want dalk help dit vir my genesing maar nie vir haar nie?” – Vir jou ja, want tussen jou en God gaan dit juis oor jóu en God – Hy sal op Sy tyd en Sy manier vir haar genesing gee (hetsy deur jou of op ‘n ander wyse – en dalk sal jy wel daarvan te hore kom en dalk nie). You did well there, Girl!
Daai ‘neurotiese ek’ verstaan ek maar alte goed – ek is onlangs (en steeds in a way) eerily besig daarmee in my gemoed. Ek ‘fight’ dit nie; ek neem dit beslis nie ligtelik op nie; ek maak nie ‘n berg daarvan nie, maar dis dáár. Dan weer, hoor ek dit nogal hier en daar by iemand anders ook – die ervaring van “I’ve gotto really live NOW, give NOW, BE NOW”… ons bewustheid van sterflikheid is nie ‘n vrees nie, dis amper eerder net ‘n indringende roep na die soeke en uitlewing van ‘n purpose. May I not have lived in vain kinda gevoel…
Lekker naweek vir jou!
Ek verstaan Beeps, maar ek het so lekker gevoel toe ek haar nou as’t ware vryspreek… maar wat as sy nie reg was om dit te hoor nie… of om daarmee te deal nie… Tien teen een was sy nie eers bewus van die haat wat ek in my hart gekweek het nie… Ek hoop maar sy verstaan en sien die punt in van die hele epos. Ek hoop regtig in my hart van harte daar vind genesing plaas by haar ook. Ek is vry want daar is NIKS wat my terugou nie… Sy is die ma van sy kinders en sy sal altyd herinneringe he. In ieder geval….
Hmmm jong ou BB…. as ek so terug kyk kan ek sien my boetie se siel het geweet sy tyd is naby deur hoe hy sy sake in orde gekry het… sy dood was ‘n ongeluk… Meneer hartseer ook, maar ek glo hy het ‘n hand in sy eie afsterwe… LOL nou as ek my sake nou so in orde kry kan ek nie help as om met tong in die kies te wonder nie… TOTALLY ABSURD ek weet…
Ek is so reg vir hierdie nuwe lewe van my… Ek kan nie wag om weer lief te he, te deel, ander te help en myself weer te geniet nie! Dalk voel ek net die sterwe van die ou ek aan… Wie weet….
Ag laat ek maar net hier stop….
Lekker naweek vir jou ook Meermin! x x x
Ek sit actaully by die werk en ek is erg besig…
Ek hoor wat jy se, en BB ook. Ek en my skoonsus het vir 3 jaar lank nie gepraat nie. En nou die dag kry ek ‘n sms van haar. Ek het haar dadelik gebel, en ons was albei in trane. Dalk het die eks se vrou ook net ‘n nudge nodig gehad – soos ek – en as sy nog nie reg is nie, dan is jou kant skoon.
Ai ek hoop so ou Vlam…
Moenie vergifnis rush omdat jy gretig is om gebles te word nie. Vergifnis is moeilik, gee dit tyd.
Girlie, dink jy vergifnis is onvoorwaardelik? Uit die 26 versies wat ek in die Bybel hieroor kon opspoor was almal voorwaardelik.
Hey looky here… Profeet Andrew
Ek probeer dit nie rush nie Andrew… Hoe gaan ek dit nou aan jou verduidelik… Wel… kom ek wees nou maar eerlik….
Ek het in Mei maand al begin met die vergifnis proses, want ja…. dis die grootste hindernis tussen my en God op die oomblik. Ek het gegaan vir bevryding en ek het gesien wat dit fisies aan ‘n mens kan doen vanuit ‘n geestelike perspektief. Nooit weer in my lewe wil ek so iets beleef nie! Om daar te sit terwyl duiwels uitgejaag word is nogal pynlik…. en quite embarrasing as jy dink ek het daar gesit en grom soos ‘n hond?
Ek wil dus doen wat reg is. Ek wil alle deurtjies wat oop was en toegemaak is toe hou! Dit is die enigste dringendheid wat ek ervaar. Die blessings is ‘n bysaak op die stadium.
Ek weet nie hoe lank jy al hier lees nie, maar ek het ‘n lysie opgetrek van almal wat ek moes gaan staan en vergewe… Ek was ‘n gifappeltjie met al die haat wat ek rond gedra het… Ek het almal op die lysie gekontak en gaan reconcile… Daar is net twee oor op die lysie (of wel een na hierdie poging)
Natuurlik is daar voorwaardes want dit is ‘n opdrag wat ek uitvoer. MAAR… ek doen dit onvoorwaardelik want ek weet dat God se genade bepaal watter blessings ek ontvang al dan nie…en nie wat ek doen nie.
Baie geluk hoor! ek stem, mens moenie uitstel nie, al is jy nie regtig besig om dood te gaan nie
LOL, nee ek dink darem nie ek sal binne kort dood gaan nie Carina… Maar jy is reg! Ek gaan nou niks meer uitstel in my lewe nie… Go for gold! Dit klink na ‘n cool nuwe motto!
Die lewe is te kort om uit te stel. Ons het albei al sulke ondervindings deurgemaak. Hoe seg die oues van dae – Moet nooit uitstel vir more, wat jy vandag kan doen nie!
Jy is reg oukie… Ek gaan regtig ophou uitstel… want behalwe laat dit lei na afstel mis ek net op so baie uit! NEE gaan nie meer in my woordeskat bestaan nie.