Vyf

Dit het my nie lank geneem om my eie paranoia te voed nie, want daar was gereeld ‘n gevoel dat meneer hartseer nie so eerlik met my was oor sy doen en late nie. Ek glo nie daaraan om in ander se privaatheid rond te krap nie… maar met hom het ek ‘n uitsondering op my eie reel gemaak…. En dit was moeilik want hy was agterdogtig oor alles.

Ek het die siklus van sy siekte begin verstaan en ek kon sien wanneer die manie-bom sou bars. Na sy depressiewe dae, het hy homself weer laat goed voel deur projekte aan te pak. Daar het as’t ware ‘n ritueel ontstaan waar hy eendag net uit die bed sou opstaan en sy huis van hoek tot kant aan die kant sou maak, so met die skoonmaak is ek weg gejaag want ek is ‘n slegte vrou en die rede vir die deurmekaar spul. Daarna het hy vir ure in die bad spandeer waar hy homself amper rou sou skrop. Sy hare was dan ook kort geknip. Hy het my altyd laat dink aan ‘n soldaat…

Die projekte het altyd ‘n nuwe poging tot waarde toevoeging van sy eie besigheid behels. Hy was weer lus vir die lewe… maar in plaas daarvan om in sy sukses te deel was ek gewoonlik bang en onseker want ek moet in alle eerlikheid bieg dat ek wel die fout by my gesoek het by tye…. Ek moes plek maak vir die ander deel van sy goedvoel-manie… Die jagter in hom het dan ontwaak en hy het gewoonlik betrokke geraak vrouens wat hy nooit in ‘n verhouding mee sou wees nie, en ek weet tot vandag toe nie hoe hy hulle uitgekies het nie. Dit sou meisies wees wat nie juis aandag trek nie. Weereens skud ek net my kop want ek verstaan nie hoekom ek myself deur daardie hel gesit het nie…. Nie eers sy ontrouheid was genoeg rede vir my om my tassies te pak nie.

Êrens in die somer van die eerste jaar in ons saam wees, sou ons oudergewoonte op ‘n Vrydag ontmoet vir drankies. Hy het darem die ordentlikheid gehad om my te bel vooraf om te sê dat ons planne nie gaan uitwerk nie want sy ou vlam is in die dorp en hulle gaan uiteet… en nee…ek mag nie saam nie. Die Saterdag toe ek by hom opdaag toe was sy al op die vliegtuig terug Kaap toe… maar daar lê haar een paar skoene nog onder sy bed… Sy het oorgeslaap… Hy het my nie eers gekeer toe ek in trane terug stap na my kar toe nie… Hy het my laat gaan.

Twee maande verder in die somer van dieselfde jaar… Sou ek alleen na my 10 jaar matriek reünie gaan. Ek het die Vrydag na werk by hom opgedaag…. Soos afgespreek en het uiteindelik tussen 2 en 3 aan die slaap geraak. Ek het menige male hom probeer bel, maar ek kon hom nie in die hande kry nie. Ek is die Saterdag alleen na die funksie toe. Na die soveelste keer wat ek hom probeer bel het, het ek hom ‘n sms gestuur om te vra dat hy my net laat weet hy leef nog want ek gaan die polisie in kennis stel dat ek opsoek is na hom. Nie lank na die sms is deur is nie, kry ek die afjak antwoord dat hy regtig niks makeer nie… Hy wil net niks met my te doen hê nie. Hy het daardie naweek saam ‘n ander meisie in Dullstroom spandeer. Toe ek kwaad raak met sy terugkeer, toe gooi hy my foon teen die kombuisvloer stukkend… en sy woorde was….Kom ons kyk wie kan die kwaadste raak…

Die moeilikste een van die lot sou my vir maande jaag… Ek het lang blone hare in sy bed gekry. Ons bed…. Ek was nog die hele tyd in ons saamwees ‘n rooikop! Hy het volgehou dit mag dalk een van sy twee meisiekinders sin wees… maar in my hart het ek geweet nie een van die tweetjies is so blond nie.

So het die tyd verloop en eendag toe ek by die werk opkyk, toe kom sy ingewaggel en hulle gee haar die lessenaar langs my. Sy… met sulke lang blonde hare… Sy was een van die  groot koppe se dogters. Ek het aanvanklik nie baie van haar gehou nie maar soos wat my geaardheid nou is het ek besluit om maar vriendelik te wees, want as sy langs my gaan sit beteken dit… ons gaan saam werk…So teen dag drie het ons saam gaan koffie drink en in die middel van die kafeteria het my lewe tot nog ‘n stilstand gekom… Sy het gevoel dis nodig om vir my om verskoning te vra oor sy saam meneer hartseer geslaap het. Hy het die keer dit reg gekry sonder dat ek iets vermoed het… Sy laataand werkery was toe al die tyd net stories…  En vir twee jaar moes ek in haar gesig vas kyk…  My baas was nie dom nie en ek dink hy het opgetel dat daar ‘n styfheid tussen ons twee is… En ek was gewaarsku….

Ek is seker daar was nog meer goedvoel aangeleenthede… Dis dalk net beter ek weet nie van almal nie. Ek het wel in tussen gegaan vir ‘n vigstoets… paar keer eintlik… en ek kan net dankbaar wees dat ek skoon is.

Deel hierdie gedagtes met andere...:
  • Twitter
  • Facebook
  • laaik.it
  • Digg
  • del.icio.us
  • Google Bookmarks
  • Blogosphere News
  • eKudos
  • LinkedIn
  • MySpace
  • Reddit
  • Slashdot
  • StumbleUpon
  • Technorati
  • PDF
  • Print
  • RSS
Hierdie gedagtes is geplaas in gedagtegroep(e): Rooiwyn vir die Siel Sleutelwoorde: Boekmerk hierdie permanente skakel. Terugskakels is gesluit maar jy mag opmerkings maak.. |

34 Comments

  1. Gesê op August 31, 2009 om 10:06 PM | Permanente Skakel

    Was sy optrede n gevolg van sy siekte of was hy maar net n drol?

  2. Gesê op August 31, 2009 om 10:08 PM | Permanente Skakel

    :D ….. Ekke weet nie! Ek dink dit was deel van sy siekte want dit was siklies en die rituele was tot die punt dieselfde….

  3. Gesê op August 31, 2009 om 11:05 PM | Permanente Skakel

    Persoonlik dink ek dat hy n drol gebore was, maar dat sy toestand net nog wurms in die drol gesit het.

    Verskoning aan al die tone wat ek nou vergruis het.

  4. Gesê op September 1, 2009 om 7:31 AM | Permanente Skakel

    Dit is moer sad. En elke keer moes jy maar weer die stukke bymekaarskraap. Laat ek tog nooit so ‘n poephol wees nie.

  5. Gesê op September 1, 2009 om 7:46 AM | Permanente Skakel

    Jissie, Girl! Ek kan nie help om saam Adri te stem nie. Persoonlik dink ek hy het sy siekte ook lekker misbruik vir n verskoning om n d@os te wees!
    Jy sal nie glo hoe moerig ek raak nie, net hier waar ek sit!

  6. Gesê op September 1, 2009 om 9:15 AM | Permanente Skakel

    Girlie dis hartseer.
    Ek verstaan dit is die siekte (het al baie hieroor nagelees, hulle kan hulle “vile” gedrag nie keer nie)
    Maar ek dink tog ek stem saam met Tweeling hier. hy het behalwe die siekte ook in die gewoonte verval om jou seer te maak. Ek wil nou ook nie lelik wees nie, maar dit klink of hy dit geniet het om jou seer te maak. Dis dêm sad en jy moet dit nooit weer toelaat nie. :(

  7. Gesê op September 1, 2009 om 11:26 AM | Permanente Skakel

    Whahahaah…. Nee…erens het iets net vreeslik skeef geloop in sy lewe

    Almal wat ek ontmoet het, selfs sy eks vrou het my vertel hoeveel hy verander het. Jy kan selfs op die foto’s sien… Sy HELE menswees het verander….Dis sad nogal….

  8. Gesê op September 1, 2009 om 11:26 AM | Permanente Skakel

    Whahahaah…. Ek het steelcap stilleto’s aan A3… Nee…erens het iets net vreeslik skeef geloop in sy lewe

    Almal wat ek ontmoet het, selfs sy eks vrou het my vertel hoeveel hy verander het. Jy kan selfs op die foto’s sien… Sy HELE menswees het verander….Dis sad nogal….

  9. Gesê op September 1, 2009 om 11:30 AM | Permanente Skakel

    Ag oukie… in hind sight (wat altyd net te laat kom, ne)…. kon ek ‘n keuse gemaak het en net weg gestap het en for the life of me weet ek nie hoekom ek myself daardeur gesit het nie. In my hart van harte het ek geglo ek gaan hom kan verander…

    Maar nou weet ek van beter. Maar glo my… jy sal nooit so bad kan wees nie!

  10. Gesê op September 1, 2009 om 11:35 AM | Permanente Skakel

    Tula-Tula Tweelingtjie…

    Selfs by die beste van tye en in sy nugter oomblikke het hy nie geglo daar is fout met hom nie…. Hy het wel geglo elke keer dat ons uit was by tye van sy rond neuk… So hy het nooit gese hy maak so oor hy dit nie kan help nie….

    Ek was so onafhanklik en sterk toe ek hom ontmoet het… maar ek was stelsel matig gebreek sodat ek makliker gemanipuleer kom word… Dis waaroor ek die moerigste is want ek sukkel nou nog…Ek is bang vir mense… Maar ek werk daaraan!

  11. Gesê op September 1, 2009 om 11:39 AM | Permanente Skakel

    Hey Wippie!

    Ja, jong… ek weet regtig nie hoe sy inner workings gewerk het nie… Maar ek dink daar was dae dat hy dit dalk aspris gedoen het.

    Ek is altyd net bang mense judge my, soos ek myself judge….. Hoe kon ek toelaat dat hy so iets doen…inherent voel ek skuldig oor ek dit toegelaat het… Dankie tog dis verby!

  12. Gesê op September 1, 2009 om 5:37 PM | Permanente Skakel

    Dis baie sad dat jy jouself daaraan onderwerp het, keer op keer.

    Ek sou NIE. Vir geen geld in die wêreld nie. Alleen is vir my baie erg, maar ek is dan eerder alleen . . .

  13. Gesê op September 1, 2009 om 8:03 PM | Permanente Skakel

    ek verstaan nie, liewe girl. ek was nog altyd die hartebreker, soos jy seker al weet. ek is heeltemal verwilder deur sy optrede en nog meer deur jou uithou daarmee… en op ‘n manier bewonder ek jou liefde regtig. ek het nog altyd geworry ek sal nie al my drome kan uitleef nie, dan los ek my ou. dis ook oor my drome en sin van wie ek is wat ek vir c nee gese het. ek is soos girl-voor-mnr-hartseer – independent, vol selfvertroue.

    jy se jy’t gedink jy kan hom verander. jy se jy’t gedink dis jou skuld. maar wat van jou drome? het jy nog drome gehad aan die begin van die verhouding? drome wat jy later besef het nie gaan waar word as jy so oorgelewer is aan sy siklus nie?

    wanneer het jy gesien dis fokken rof om vir mnr hartseer lief te he, en besluit jy’s anyway bereid om alles wat jou toekoms sou kon hou, aan sy mag te onderwerp? wanneer het jy opgehou droom?

    my hart breek vir jou en ek wil verstaan.

  14. maxie
    Gesê op September 1, 2009 om 9:09 PM | Permanente Skakel

    ((Nell))

    Dit was ‘n lang, moeisame pad maar jy sal weer heel word, eventually.
    En weer eens: ek bewonder jou moed om dit te deel.

  15. Amanda
    Gesê op September 2, 2009 om 9:26 AM | Permanente Skakel

    Eina…

  16. Gesê op September 2, 2009 om 10:18 AM | Permanente Skakel

    LOL…Weet jy Krista… My pa se altyd… stupid is as stupid does… Ek was horende doof en siende blind en ek kon glad nie sien wat gebeur nie…

  17. Gesê op September 2, 2009 om 10:33 AM | Permanente Skakel

    Hey Annderster

    Ja…jy is helemaal reg! Ek het wel opgehou droom en ek het dit eers agtergekom na ek die stukkies wou optel na sy dood…Ek het alles gelos aan my kant om aan sy drome te bou en toe ek nou alleen agter bly toe besef ek,ek het niks meer waar voor ek leef nie. Behalwe vir die depressie wat my so laat voel het, het ek regtig geen meer belangstelling van my eie gehad nie.Ek het my vriende verloor… my hobbies…

    Stupid me het myself in die proses verloor… maar nou weet ek vir rondte twee… ek is nie supposed om myself te verloor in enige verhouding nie!

  18. Gesê op September 2, 2009 om 10:35 AM | Permanente Skakel

    Liewe Max

    Ek is regtig nou fine met alles! Ek raak partykeer hartseer maar ek wil nie meer my polse afkou nie. Ek verlang net geweldig na sy drie bloedjies…. Dit sal ook met tyd seker oorwaai!

  19. Gesê op September 2, 2009 om 10:37 AM | Permanente Skakel

    Dankie vir die inloer Amanda!

  20. Andrew
    Gesê op September 2, 2009 om 8:10 PM | Permanente Skakel

    Is ek die enigste ou wat dink dat DMI en GVDS ‘n hot match sal maak?

  21. Gesê op September 2, 2009 om 8:42 PM | Permanente Skakel

    Ja wel, Andrew. As JY nou nie ‘n gay serial rapist was nie, sou ek nogal gedink het jy en Girly sal ‘n goeie match wees. :mrgreen:

  22. Gesê op September 2, 2009 om 8:43 PM | Permanente Skakel

    O nee, wag. Jy’s mos ‘n gay serial KILLER, dan nie? :wink:

  23. Gesê op September 2, 2009 om 8:43 PM | Permanente Skakel

    Hmmm . . . . Lankal tyd vir blog romanse. DMI? Nell? Maak plan man!

  24. Gesê op September 2, 2009 om 8:54 PM | Permanente Skakel

    Oh My Soul :oops:

    @ Andrew en Adrie – Van waar gehasie(s) ? :???: :roll:

    @ Netelkie – Ek raak bang……..

  25. Andrew
    Gesê op September 2, 2009 om 9:13 PM | Permanente Skakel

    Okay dis hoe dit gaan werk. Geen teepratery. Geen Lalaland bullshit nie. Geen druk nie alhoewel omtrent een duisend Afrikaners wil weet of jy hom sal goodnight soen of nie.

    Right! Jy kan vir yourself dink dit gaan nie werk nie. Ne^!?

    Begin oor. Werk met my asseblief. Hoe klink 5 minute koffie met DMI in die middestad?

  26. Gesê op September 2, 2009 om 9:21 PM | Permanente Skakel

    Pimp they girl… Ek dink dit sal ‘n baie cool reality show maak… hoe klink dit? :mrgreen:

    Net twee vragies…

    1. Is jy sy spokes person?

    2. Is sy middestad in my suburb?

    Okay…. drie vragies….

    3. Wat gaan nie werk nie?

  27. Andrew
    Gesê op September 2, 2009 om 9:37 PM | Permanente Skakel

    Ja ja ja ek is ‘n pimp. Ek wou nog altyd iets belangrik gewees het.

    Is ek dalk sy spokes person? Nee fok maar as ek reg is dan skuld hy my Windhoek Light.

    Middestad en suburbs is net ‘n speel op woorde. Julle moet Kaap toe kom … regtig … ons het elek-trisi-teit!

  28. Gesê op September 2, 2009 om 9:44 PM | Permanente Skakel

    :roll: Nou wonder ek wie gaan nou vir wie op hoogte hou hier.

    Ons aan die anderkant …het hier donnerstorms! ;)

  29. Gesê op September 2, 2009 om 9:53 PM | Permanente Skakel

    Nell and DMI sitting in a tree

    K-I-S-S-I-N-G!

  30. Gesê op September 2, 2009 om 10:10 PM | Permanente Skakel

    My word… ek weet nie of ek moet lag of huil nie? :shock:

  31. Andrew
    Gesê op September 2, 2009 om 10:44 PM | Permanente Skakel

    *vryf hande teen mekaar* :lol:

    Okay kan ons nou asseblief aanbeweeg?

  32. Gesê op September 2, 2009 om 10:54 PM | Permanente Skakel

    JJJJJJJJJJAAAAAAAAAAAAAA Asseblief! :oops:

  33. Gesê op September 3, 2009 om 10:52 AM | Permanente Skakel

    A3 en sien jy sien wat ek sien, Nell moet nou net ‘n plaas kry, want DMI sê hy soek ‘n vroutjie met ‘n plaas

  34. Gesê op September 3, 2009 om 10:55 AM | Permanente Skakel

    LOL LOL LOL Boervrou….. Maar daar kan dan net een basie oppie plasie wees….. Dink jy hy sal laat ek die broek dra? ;)

Sê jou Sê

Jou E-pos word nooit gepubliseer of met andere gedeel nie. Benodigde velde word gemerk met 'n *

*
*
  • Meer oor die Suburbs…

  • Stem vir my

    Vote for this Blog

  • “n Voorstedelike Engel

    Ek is 'n nooi van Pretoria maar woon al 'n paar jaar in die Goudstad. Dit is in my nuutgevonde vryheid waar ek besonderse dinge beleef het en mense ontmoet het wat my bestaan ingekleur het. Mooi herinneringe is gebou; maar ook hartseer terugslae is beleef. Of hierdie nou 'n spoegblok, 'n dagboek of net die neerpen van 'n mengelmoes van my onsamehangende denke is, is debateerbaar. Dalk is ek 'n filosoof met die wyshede van die wêreld wat ek aan ander kan openbaar..... Ek kan dus bieg, wat ook al die beskrywing... hierdie is 'n persoonlike soeke na innerlike vrede en antwoorde wat ek verstaan.

  • My gedagtes draai om…

  • Besoekers nou by die suburbs…

    • Daar is tans 5 Besoekers aanlyn
  • 'n Wolk van Sleutelwoorde...

  • Onlangse Opmerkings...

  • Kontak die Suburbs

  • Argiewe van gedagtes

  • Ek ondersteun graag…

  • Besoers aan die Suburbs…

    Hit Counters
  • Neem asseblief kennis…

    Kopiereg © 2010 Girl van die Suburbs - Alle regte voorbehou - totdat die Stormers die Super 14 wen. Wat beteken dit is van nou af tot in alle ewigheid. Hierdie blog is vir my ontwikkel op WordPress en 'n eie, unieke tema op die Thematic platform deur 2imagine met grafiese ontwerp insette deur I Love Design

  • Afrigator
  • Creative Commons License