Trap daai fiets

bike1Girlie hier wonder nou al ‘n hele ruk of ek moet begin fiets ry. Wel, ek wil begin oefen en ek oorweeg al my opsies op en fietsry lyk net na die beter keuse.  Ek het nog nie die fiets aangeskaf nie… want ek het amper op my rug geval toe ek nou sien wat daar buite beskikbaar is en hoeveel so ‘n stukkie raam nou kos! Gits, lyk my daar is ‘n hele wetenskap aan verbonde. Ek wil eers net seker maak hierdie is nie net ‘n fase wat gaan oorwaai voor ek daai commitment aangaan nie.

Ek is oor my gym bunny fase. Inteendeel was ek ‘n goeie ses jaar in die industrie. As werknemer was dit maar tweede natuur om elke dag voor werk of in jou etensuur te oefen. Ek voel elke keer ek gaan weer werk toe as ek daar in stap.  Onmiddellik is ek ingestel op die klein goedjies waarvoor ek verantwoordelik was…

Ek glo nie aan hardloop nie. Ek haat dit. Ek glo met my hele wese ‘n mens hardloop in elk geval net as iets jou jaag. Ek is ook nie so fyn gebou soos daai Russiese tannies wat die Comrades wen nie. Ek sal skade aanrig met my poging en ek is buitendien helemaal te onfiks. Ek het vier maande terug opgehou rook en ek sien ‘n ding kom as ek nou skielik begin staatmaak op my longe se uithou vermoë.

Ek kan stap….. maar dan kon ek net sowel begin golf speel het en van die een putjie na die volgende geloop het… nou dis mos nou nie opwindend nie? En ek sal berge en dale moet uitklim as ek wil fiks word en ‘n paar kilo’s afskud?

Hier is ‘n lieflike swembad maar gebruik dit net in die somer, want glo my…. die wesrand kan regtig koud raak…. Ons is altyd ‘n graad of twee kouer hier op die vlakte. Julle sal my  nou nie glo as ek julle vertel dat Oscar my swembad toe vog nie en die ou dingetjie raak buite homself as ek in die water plas. Hy hol al om die rant ek sit ‘n moerse keel op… Ek kan wel aan die kant swem… vir een of ander rede voel hy meer gemaklik daarmee. Hy sal dan sommer so op my handdoek nes skrop terwyl hy vir my wag. Hy dink regtig hy is ‘n hond.

Dus… wil ek liewer fietsry. Ek kan op die golf karretjies se paadjies mos lekker die scenic roete doen en sommer so vroeg oggend voor werk aan die trap gaan? Ek het gister saam meisie lank bietjie probeer en vandag is ek so styf ek kan skaars loop. My binneboud spiere is erg seer, ek kan glad nie knyp nie. Ek wip elke keer as ek probeer. Ja, ek weet ek moet dan dit nie doen nie… maar jy weet mos hoe dit werk…

Nou moet ek net die fiets kry, en myself verbaas… want ek hoor dit raak erg verslawend en voor jy jou ogies uitvee het jy by ‘n klub aangesluit… EN vir my wat nie van groepsdeelname hou nie sal dit nogal ‘n prestasie wees…Maar ek glo die grootste motivering is daai fietsry boudjies… Nou daarmee kan ek saamleef.

Deel hierdie gedagtes met andere...:
  • Twitter
  • Facebook
  • laaik.it
  • Digg
  • del.icio.us
  • Google Bookmarks
  • Blogosphere News
  • eKudos
  • LinkedIn
  • MySpace
  • Reddit
  • Slashdot
  • StumbleUpon
  • Technorati
  • PDF
  • Print
  • RSS
Hierdie gedagtes is geplaas in gedagtegroep(e): Sommer maar net... Sleutelwoorde: Boekmerk hierdie permanente skakel. Terugskakels is gesluit maar jy mag opmerkings maak.. |

22 Comments

  1. Gesê op August 16, 2009 om 10:47 PM | Permanente Skakel

    Og ja. Sulke fietsry-boudjies is die mooiste ding! Veral aan ‘n man. :lol:

    O ja, ek het net ‘n vid by my opgesit om die blog ‘netjies’ af te sluit. Jy weet, geen los drade wat rondhang nie. :mrgreen:

  2. Gesê op August 16, 2009 om 10:58 PM | Permanente Skakel

    Ja ek het gesien en ek IS NOG STEEDS NIE HAPPY NIE! Maar nou ja… Ek gaan nie my sin hier kry nie! :D

    Solank jy net nie verdwyn nie! Ek is bang die lewe buite die kuberruimte vreet jou op en dan is jy weg! ;)

  3. Gesê op August 16, 2009 om 11:17 PM | Permanente Skakel

    Gym .. hmmm. Laaaaaang storie maar ek het einde Julie my lidmaatskap opsetlik laat selfmoord pleeg. Fietsry .. dis verslawend. Veral as daai fiets n enjin het. Adventure begins where the pavement ends .. enough said for now .. en oudergewoonte heeltemal irrelevant tot die onderwerp lol.

    Girl, vergewe my dat ek jou spasie steel, maar siende dat onse Boendoe nou die comments gaan staan en sluit het tackle ek haar maar hierso .. Boendoe .. what a song?! Stille Runaway bring skielik soveel memories vir my terug.

    Ditto wat Nell gese het .. flippen waag dit net om heeltemal te verdamp .. die ‘runaway’-bit is my job description .. wat beteken jy gaan nêrens nie en ons gaan jou met valk-oë dophou!

    Hoop elkeen van julle gaan n wow week he .. keep it real. x

  4. Gesê op August 16, 2009 om 11:32 PM | Permanente Skakel

    LOL, Elf! Ek is hopeloos te lief daarvoor om twak te praat! :mrgreen: Maar dit IS ‘n stunning song, he? En voor iemand my voorspring, gaan ek sommer nou haar Poison Prince ook opplak! :lol: (Hmmm…dit tel mos nie as blogging nie, of hoe?)

  5. Gesê op August 16, 2009 om 11:39 PM | Permanente Skakel

    Oeg, Ou Elf… Ek wil bitter graag ‘n bike met ‘n enjin he. Veral as ek die verkeer so dophou. Maar ek wil nou nie ‘n Vespa he nie! Ek sal die langpad met die ding aandurf. Net ek. Ai… hoe lekker klink dit nie!

    Jy kan maar skryf tot daar niks meer spasie is nie… maar my werk makliker ;)

    As ons nie erens weer opvang nie… geniet jou week ook! x x x

  6. Gesê op August 16, 2009 om 11:42 PM | Permanente Skakel

    Nee, Boends… As jy daai comments toe maak en ook jou ogies toe knyp… kan ons jou nie sien nie en dit tel nie as blog nie :D :D

  7. Gesê op August 17, 2009 om 12:07 AM | Permanente Skakel

    :lol: Nou maar, dis net wat ek wou hoor! :mrgreen:

  8. Gesê op August 17, 2009 om 12:56 AM | Permanente Skakel

    Waaaa’s Boendoe… Waaaa’s Boendoe…

    DAAAAA’S BOENDOE! :mrgreen:

  9. Gesê op August 17, 2009 om 7:41 AM | Permanente Skakel

    Girl, ek weet ook ek MOET iets doen om bietjie oefening te kry, maar ek weet ook nie eintlik WAT nie. Fietsry…nee, draf…groot nee, gym… nog n groter nee. Eintlik hou ek van geen oefeninge nie. Het daaraan gedink om te dans…dis mos lekker? Maar ook net wanneer mens lus voel, nie wanneer ek MOET nie, die nuwe gym hier het nou Hip-Hop dansklasse en Pole dancing klasse, ek hoor dis fun en dink sterk daaraan, maar vir nou bly dit by dink daaraan.

  10. Gesê op August 17, 2009 om 8:46 AM | Permanente Skakel

    Hey Tweeling

    Jong, ek het gehoor die pole dancing is so goed. Ons het laas jaar met een van die girls wat vir my werk ‘n kitchen tea gehad wat anders is as die norm…. Ons het paaldans klasse gehad en dit was soooo fun! Ons was wel seer die volgende dag! Maar as ek na daai instruktrise se lyfie kyk dink ek dit is oor en oor die moeite werd.

  11. Steve
    Gesê op August 17, 2009 om 12:41 PM | Permanente Skakel

    Uhmmm….fietsry….gee my ‘n idee….

    Moet biejie stamina opbou…..

  12. Gesê op August 17, 2009 om 12:45 PM | Permanente Skakel

    Waarvoor wil jy stamina opbou Steve?

  13. Gesê op August 17, 2009 om 1:28 PM | Permanente Skakel

    Ek het so trapfietsie in die TV kamer, maar ek kan my self net nie op die ding kry nie :)

    :lol: @ Boendoe vir “Sulke fietsry-boudjies is die mooiste ding! Veral aan ‘n man” :lol:

  14. Andrew
    Gesê op August 17, 2009 om 3:59 PM | Permanente Skakel

    Yel maar nou het ek gelag … vir die komentaar en ook die inskrywing. :lol: Net so het ek ook nie geweet van die science agter ‘n fiets tot ek gevra het: “Hoekom is die sale so klein?” Dis hoeke en angles en 90 grade van die knie en die vorm van lyf en die bal van jou voet … sheesh as jy jy klaar geluister het is jy klaar fiks. Die Sweetness in die foto bo is te maar … het julle gedink Michelangelo is op tik?

  15. Gesê op August 17, 2009 om 7:10 PM | Permanente Skakel

    Hey Zee

    Ek sien nie kans daarvoor om in my eie huisie te trap nie. Ek het ‘n baie veilige oop grond waar ek na hartelus kan trap.. Ek wens net die lus was meer… ;)

  16. Gesê op August 17, 2009 om 7:14 PM | Permanente Skakel

    :D Andrew! Dis nou juis hoekom die fietsry so aantreklik is… het jy al ooit ‘n care bear lyfie sien fiets trap? NEE? Dit is goed vir die figuur!

    Nee ou Mike se girls ook nie… anders was die inspirasie ook vir maerwees! Maar ‘n ronde vroulike figuur is mos mooi??? Net jammer ek hou nie daarvan nie :mrgreen:

  17. Gesê op August 18, 2009 om 7:32 AM | Permanente Skakel

    :lol: Kry daai fietsie en vertel my jou oefenroete. Ek sal op die hoek sit met ‘n bier in die hand en vir jou fietsy-boudjies fluit vir aansporing.

  18. Gesê op August 18, 2009 om 5:39 PM | Permanente Skakel

    Hallo Oukie

    Wat van jy kom trap saam my dan drink ons saam ‘n bier na die tyd?

  19. Steve
    Gesê op August 18, 2009 om 7:57 PM | Permanente Skakel

    Daai girl oppie fiets het flippen sexy bene…..

  20. Gesê op August 18, 2009 om 10:20 PM | Permanente Skakel

    :D Steve, lyk vir my daai girl se binneboud spiere is ook seer!

  21. Gesê op August 19, 2009 om 1:41 PM | Permanente Skakel

    :lol: Bwahahahahaha… Jy is moer snaaks.
    My kar het ‘n enjin… hy vat my waar ek wil wees.

  22. Gesê op August 19, 2009 om 1:46 PM | Permanente Skakel

    Dalk… net dalk… Kan ons dan om die blo(g)k ry… Oukei… flou grappie… ;)

    Wel ek soek sexy boutjies so ek gaan maar trap…

Sê jou Sê

Jou E-pos word nooit gepubliseer of met andere gedeel nie. Benodigde velde word gemerk met 'n *

*
*
  • Meer oor die Suburbs…

  • “n Voorstedelike Engel

    Ek is 'n nooi van Pretoria maar woon al 'n paar jaar in die Goudstad. Dit is in my nuutgevonde vryheid waar ek besonderse dinge beleef het en mense ontmoet het wat my bestaan ingekleur het. Mooi herinneringe is gebou; maar ook hartseer terugslae is beleef. Of hierdie nou 'n spoegblok, 'n dagboek of net die neerpen van 'n mengelmoes van my onsamehangende denke is, is debateerbaar. Dalk is ek 'n filosoof met die wyshede van die wêreld wat ek aan ander kan openbaar..... Ek kan dus bieg, wat ook al die beskrywing... hierdie is 'n persoonlike soeke na innerlike vrede en antwoorde wat ek verstaan.

  • My gedagtes draai om…

  • Besoekers nou by die suburbs…

    • Daar is tans 5 Besoekers aanlyn
  • 'n Wolk van Sleutelwoorde...

  • Onlangse Opmerkings...

  • Kontak die Suburbs

  • Argiewe van gedagtes

  • Ek ondersteun graag…

  • En ook vir…

  • Besoers aan die Suburbs…

    Hit Counters
  • Neem asseblief kennis…

    Kopiereg © 2010 Girl van die Suburbs - Alle regte voorbehou - totdat die Stormers die Super 14 wen. Wat beteken dit is van nou af tot in alle ewigheid. Hierdie blog is vir my ontwikkel op WordPress en 'n eie, unieke tema op die Thematic platform deur 2imagine met grafiese ontwerp insette deur I Love Design

  • Afrigator
  • Creative Commons License