Daar is ‘n kiddie song the wheels of the bus goes round en round… en dit het nogal ‘n aantreklike wysie… maar dit voel vanaand of my bus se wiele almal op een slag afkom! Ek word behoorlik met die blinde sambok gelooi… Ek is spyt oor die verlede en die simpel besluite wat ek geneem het, want dit haal my nou in.
Dit is seker nie lewensveranderende dilemmas vir elkeen nie en daar is heel waarskynlik mense daar buite wat dit baie swaarder as ek het… maar ek is eenvoudig net nie meer gelukkig nie en ek wil nou ophou settle vir tweede beste. Ek is seker ek kan elke liewe gekrap aan my siel verander, maar dit gaan goeie beplanning en baie deursettingsvermoë verg… maar ek sukkel met die motivering. So nou weet ek eintlik nie waaroor moan ek nie? Die te kort aan motivering of die dinge wat ek wil verander? Fokkit ek is al voos gedink. Hoe het meneer hartseer altyd gesê? The world supports action….
Fout nommer een – My beroepskeuse
Ek is seker baie mense kan hul vereenselwig met die een… Maar ek het regtig draaie geloop. Ek wou nog altyd in die regte ingaan. Het selfs Latyn op skool geneem en ek was reg vir die ding…. Tot ek gehoor het van ‘n nuwe kursus wat baie meer kreatief en stimulerend is en viola… Ek het na die graad vang toe nooit in die rigting in gegaan nie en ek is tans in ‘n helemaal ander sektor van die ekonomie. Ek het geen motivering om in die oggend op te staan nie. Dis mind numbing, uiters vervelig en die mense maak my klaar. Waar begin ek met fulfilment? Ek wil regtig nie elke dag van my lewe voel ek maak geen verskil nie…Ek is altyd die een wat motifeer en ek is nou moeg vir my eie begeestering.
Fout nommer twee – My eksperiment jare
Ja-Ja….Ek het met dwelms geëksperimenteer en alhoewel daar fisies geen blywende skade is nie… sukkel ek om te onthou. Ek was altyd vlym skerp met ‘n geheue soos ‘n olifant… wel ek dink dit is wat my probleem want ek oefen die brein baie. Dit frustreer my geweldig baie want ek is meer ditsy as gewoonlik. Hoe de hel kry ek my brein weer skerp soos altyd?
Fout nommer drie – My verhoudings
Ag, ou Boends se stukkie het my weer laat dink. Daar is baie spyt oor verhoudings wat ek nie kan reg maak nie en dan is daar die wat veroorsaak het dat ek myself verloor het. Ek kan egter net uit die verlede leer en harder werk aan die wat nog in my nabyheid is. Dat een persoon soveel mag in my lewe gehad het om so baie te verwoes… Ook net my skuld. Hoe leer ek om meer versigtig te wees oor wie ek in my lewe toelaat?
Fout nommer vier – My talente
Ek kan nie onthou wanneer laas ek ‘n verfkwas opgetel het nie? Ek kan ook nie onthou wanneer laas ek op ‘n klavier getokkel het nie. Ek was so goed daarmee. Dit voel vir my ek het opgehou leef. Waar kry ek weer daai lus om te probeer al weet ek, ek gaan suck in my eerste paar pogings? Hmmm… die maatemmer storie… Hulle word mos weg gevat?
Jack Nicolson het gesê “MAYBE THIS IS AS GOOD AS IT GETS…” Ek weier om dit te glo. Dalk moet ek net ‘n nuwe busbestuurder êrens uitkrap?






20 Comments
Jy kon maar net sowel namens my geskryf het.
Ek het net vandag oor dieselfde ding getob. Voor Pieter se geboorte was ek bv. ‘n ywerige drawwer wat marathons en goed gedoen het. Vandag kan ek skaars twee voete voor mekaar sit sonder om te huff en te puff.
Miskien moet ons mekaar bietjie inspireer (en druk) om die vingers uit die alies te kry?
Hoe kan n talent n fout wees?
Ek dink nogal dat die accept what you cannot change and change what you cannot accept vir jou van toepassing is. Jy kan n sieldodende lewe lei tot jy aftree en dan onvergenoegd wag vir die dood.
Of jy kan nou vir jou ander werk skep / soek en vir jouself die lewe skep wat jy wil LEEF. Geluk is n keuse, iets wat jou nie gaan kom soek nie.
Motivering? Ek dare jou om te doen wat gedoen moet word.
You see them as faults and the next person sees them as stepping stones… ok, so some are a bit more cobble than others – but the road to heaven ain’t paved with Gladwrap, skat. But here’s the important thing in life to remember: No one keeps up his enthusiasm automatically. Enthusiasm must be nourished with new actions, new aspirations, new efforts, new vision. Compete with yourself – set a goal, set your teeth and dive into the job of breaking your own record. It is our own fault if our enthusiasm is gone – we often fail to feed it.
“This is as good as it gets…” if I let it. And maybe for some people that’s good enough. Are you ’some people’?
Sometimes it’s just fear… I reckon every person, through fear, mugs their aspirations at least a dozen times a day.
Twee boeke het my veral gehelp om duidelikheid oor my beroep en lewenskeuses te kry. Dalk is dit ook vir jou die moeite werd om hulle te lees:
1, Nick Williams – The Work We Were Born to To
2. Richard N. Bolles – What Colour is Your Parachute
Goed, die laaste is eintlik die job hunter se bybel, maar die waarde lê in die laaste deel van die boek wat help met die ontgunning en definieering van jou talente ens.
Uiteindelik is die soos Adrie jou pols: doen wat gedoen moet word. En BB, soos gewoonlik, inspireer met die doelstelling wat jy moet maak en die kompetisie met jouself. Maar ons kan voorstel, selfs prekerig wees, maar uiteindelik is die besluit by jou.
Ek beskou die dinge van my verlede eerder as goed wat ek, met die inligting nou tot my beskikking en die implikasie daarvan duidelik, as dinge wat ek eerder anders sou wou doen. Ek kan ook vashaak oor die foute, maar op die tyd was dit wat ek gekies het. Laat dit my met ‘n gevoel van aanvaarding en versugting? Nee. Maar dit bied my die nodige motivering om nuwe uitdagings aan te pak en stuk-stuk te aanvaar dat sekere dinge gedane dinge is, maar dat daar altyd nuwe dinge gebou kan word. En selfs al vang ek myself in die donker put, op my leerbank en bottel rooi wyn, kan ek altyd ‘n leer bou om uit te klim. Soms is die put maar lekker diep en moet ek klip vir die vale; ander keer weer hoor ek my seun lag en bokspring ek sommer daarna uit.
Dit gaan uiteindelik oor die definisie van betekenis. Daar is ook ‘n boekie, ek dink: Feel the Fear. Do it Anyway.
Of anders, Girl, check bietjie vir Prediker! In die Bybel, ja – ek lees Hom ook.
LOL Boends… I am not even going that route… Ek en oefen… Ppppffffff…. Het egter baie tyd ‘n die gym spandeer maar deesdae?
Die inspirasie klink egter na ‘n baie goeie idee
Ag ou Beeps en daar slaan jy mos nou weer ‘n spyker op sy kop… Dalk is ek net bang vir die onbekende? Ek weet net daar moet ‘n paar dinge eers in plek val, dis soos ‘n puzzle en oor ek bang is dit gaan te lank neem skrik dit my af. Al wat gaan help dan is gebed?!
Dis die talente wat ek nie van gebruik maak nie Adrie. Ek het op ‘n stadium aan soveel dinge deel geneem en eendag toe ek opstaan toe doen ek dit net nie meer nie. En….. Dit word mos weg gevat as jy dit nie gebruik nie?!?!?
Nou maar reg…. Ek acccept jou dare. Ek wil so graag nie ‘n MAAR hier in sit nie… maar ek gaan tog… want….. Ek glo wat ek in die lewe moet doen (waar die Here my wil he) is so buite my huidige veld dat ek dalk erens weer moet swot.
Ja mense… Girl wil ‘n laerskool onderwyseres word.
Thanx Emil ek gaan bietjie daarie boeke soek.
Sou jy se dit is die moeite werd om vir aanleg toetse op my jeugdige ouderdom te gaan? Net om seker te maak want ek dink om nou uit ‘n job uit te stap moet jy baie seker van jou saak wees?
Jy gaan dalk nou van jou leerbank afval… maar oor ek nog nuut in die geloof ding is… leer ek van vooraf my bybel ken… ek het nog nooit Prediker gelees nie
Dankie! Dit help om te weet so cool ou sukkel ook partykeer! Soos in regtig!
Dit bly maar op die ou einde jou besluite. Ek sou voorstel ‘n trappie oppe slag, begin weer met die klavier en dan die verfkwaste…. miskien is dit juis hierdie skeppende deel wat missing is wat jou so verlore laat voel.
‘n Laerskool-onnie??!!
of all things!!! ag ek grap net – my dogter is besig om te swot – besig om te proef – maak amper klaar – en élke keer as ek haar sien, met kinders, haar boeties ens. dan weet ek dis presies waarvoor sy in die wieg gelê is. Mind you, oupa en ouma was baie daarteen gekant – oupa het ‘n vreeslike lucrative business waar hy haar wou in ‘opneem’ en haar dan natuurlik ook wou in daardie rigting laat studeer. Madampie het verseg en soos ‘n steeks donkie gaan staan en maak of breek, nou is sy amper wat sy al haar hele lewe lank oor gedroom het – (sy het tot onterwing in die gesig gestaar – dit was regtig so erg!) – intussen het hulle vrede gemaak… wel soortvan…
anyways, soos Demoerin seg: begin met klein treetjies. Sondagskool dalk?? ek is seker jy kan al jou talente daar inspan en gebruik en so ‘n voorsmaakie kry.
Don’t dream your dream, Girl – wake up, get up and live it!!!
Bwahahaha… Ja, nie eers my ma’le sou in hul wildste drome my as onnie sien nie. Maar dis iets wat aan my hart torring al vir so lank. Die standard 2 en 3 dalk 4 groepie kinders.
Ek moet net bid hieroor Beeps… Ek het n prophetic word gekry en oorwinning is definitief op die kaarte… Ek moet net nie my oog van die bal af hou nie. En daar is gese ek gaan nog dink “it’s too good to be true” … Ek moet dan net onthou waar dit vandaan kom!
Ps… Beeps… Hoe weet ek of wat in my hart is inlyn is met die groot Wil?
HAAAAAAAAAAA…. DMI Ek is jammer ek het jou misgelees!
Hoekom as julle die ding so vir my uitle klink dit maklik? Ek dink jy is reg… Ek voel dalk ek het opgehou lewe oor ek nie meer skep nie. Skande…
STAPPE NA GELUK
Stap Een: Wees eerlik met jouself.
Sal jou laat weet waneer ek stap twee uitgefigure het. …
Maar laat weet hoor! Want ek bly hoop en die hoop word sterker.
Ps. ek het nou net ‘n Inkblot toets online gedoen… ek is 60 % insane… Not too bad sou ek se…. Dis is die glas nie meer half leeg nie
Mmm … dis gewoonlik depressed mense wat deelneem aan sulke online snert en dan word daar vir hulle gese^ hoe slim en wonderlik hulle is. As jou feedback 60 % crazy is dan dink ek jy is okay. Die online machine wil jou laat dink dat jy in jou moer in is maar eintlik is jy tra na na. Your happiness is everywhere…
Andrew
As jy nog nie weet wat step 2 nie, hoe weet jy dan dat stap 1 reg is?
@ A3
Sommer.
Okay fokit jy is reg 1.8T Adrie, maar eerlikheid teenoor jouself is nie ‘n slegte begin nie. Waneer ‘n mens jouself eers gestroop het van gevestigde idees, dan eers kan jy helder dink. Ek dink dit is baie cool dat GVDS dit oorweeg om skool onderhoud te voer. Tien teen een sal sy ‘n moerse los in salary vat maar langtermyn mag sy dalk net beter daarvan af wees. Ek weet nie, kan nie se^ nie.
Uuhhhmmm Andrew… A3 is eintlik ‘n 2.0T modelletjie!
Ek gaan definitief ‘n cut in salaris neem, no doubt about it en ek het ook nie ‘n ander helfte wat my kan support nie… maar dit is ook cool. Ek sal egter eers ‘n paar finansiele dinge moet uitsort. Ek gee myself twee jaar dan is ek daar!