Ek verstaan nie hoekom my Vrydae by die werk besiger is as Maandae nie. Ek het nog verslaap ook en het eers my make up aangesit by die werk. My nag lewe het so bietjie ingemeng met my slaaptyd. Ek was weer uit saam MES en het gaan kos uitdeel in Johannesburg se middestad aan die straatlopers en haweloses.
Jissie, my online-dating projek is twee dae oud en ek skeep dit al reeds af. Ek het geregistreer, my kiekie gelaai en my voorkeure gelys. Ek het wel geen epos beantwoord of met enige iemand begin chat nie. Ek sal seker ‘n paar jagters verloor. Behalwe vir die tyd kwessie dink ek is ek onbewustelik bang om daari commitment te maak… Of plein weg lui?
Nou dat ek aangesluit het is my profiel al 199 keer besigtig, ek het 31 aanhangers en het 11 eposse ontvang. Nou die bogger op is dat niemand hulle eintlik aan my non-negotiables steur nie. Die persoon moet ‘n Christen wees. Hy moet van my kulturele afkoms wees. Hy kan tussen 28 en 35 jaar oud wees. Nie-roker en Enkellopend. En langer as ek. Ongelooflik wie nou almal dink hulle kan hierdie prinses se ridder wees…
My Soul… Kyk nou hierdie lucky packet waaruit ek my keuses moet maak (ek deel so paar met julle). Gelukkige ekke …
LL – Die gesiglose siel se kiekie is nie beskikbaar nie. Hy is 16 jaar ouer as ek en huwelikstatus is gemerk as Ask me later. WTF… Of jy is getroud of nie? Die kabouter is net so kort soos ek (en ek is kort. Girlie is 1.62 m lank)
Sy oneliner aan my was Beautiful eyes and body… Yeah right, take me now and make me yours. Jy kan nie eers my lyf op die kiekie sien nie. Simpel vent.
TT – Die terggees is 16 jaar ouer as ek en het ook nie ‘n foto’kie nie. Hy is effe langer as ek, maar lys homself as ‘n heavy smoker en is ook geskei…Heeeee Yaaaaaahhhh!
Sy naarmakende epossie aan my is verseker ‘n generiese een wat hy dalk aan almal omstuur… I must say the beauty you have and the maturity is expressed in all that I read and see. I am really intrigues and have to utter WOW!!!! What a woman… someone close to my heart and would hope that I could be given the opportunity to entertain her to dinner and see what the future holds. Nope… Ek gaan dit skip. My profiel is niks-seggend en ek dink hy het net van die foto gehou!
BF – Hierdie Indiaan is ‘n jaar ouer as ek maar ek moet hom ook later uitvra oor sy huwelikstatus. Weereens.. WTF????? Oh hy is ook van die Islam geloof. Ja, ek wil graag ‘n ninja-pakkie dra… So bring it on! Pffffffff…..
Sy epossie aan my, is riviting stuff… Hi How are you??? Wonder hoe klink dit in hindi… SKIP thank you!
Nou daar is een wat my aandag getrek het, want hy val in my voorkeure maar het ook nie ‘n kiekie nie. Hy is 5 jaar ouer as ek, was nog nooit getroud nie en het geen kinders nie.
Ek is seker sê dit vir elke girl, maar dis lekker om te hoor… Hi, I was looking at your profile and I must admit you are an amazing person…
Oi…. Keuses…..Keuses
Ek sal julle volgende keer verder vertel van my uitnodiging vir bietjie whips en chains…van ‘n getroude kalant…





18 Comments
Nell, een van die groot voordele is dat n mens makliker die rigting wat n ding inslaan kan beheer. Dalk moet jy dit as n kans vir nuwe vriendskappe beskou. Gesels met die wat vir jou interesseer – jy kan niks verloor nie. Die meeste sterf n vinnige dood.
As n student het ek redelik aktief die online dating ding gedoen. Ek het gelieg dat ek van Kaapstad is. Die een ou het my uit die bloute gemail. Hy sou vir n paar dae in Kaapstad wees en het iemand gekort om sy bed warm te maak. Hoe meer ek nee dankie, hoe meer wil hy. Dit is vir my ernstig af dat iemand mense randomly epos vir seks.
Naand Adrie
Jong….. Ek wink nie ek gaan baie lank uithou nie… Die mans is net TE weird…TE voor op die wa en glad nie skaam om te se wat hulle nou al op seksuele gebied wil he nie. Ek het nog nie eers daaraan gedink om hulle terug te antwoord nie en dit word al in my gesig gegooi.
Ek twyfel of daar enige odentlike boerseun tipes op die site uithang. Ek het nou gedog.. dalk… net dalk.. .kom ek kyk en nope… dis scary!
http://www.youtube.com/watch?v=Ltps17if3t8
Jissie…dis nou sweet… Thanx Boends!
Dalk moet ek net agter oor sit… sal hy dan van self aangestap kom?
Jis, maar lyk my hierdie online-dating is omtrent ‘n goeie idee – vir blog inspirasie.
Daar was ook die een ou van Amerika. Op daardie stadium het ek gesukkel om keuring te kry vir medies. Hy was vriende met een of ander Senator. Hy het gese ek moet oorkom. Hy sal sorg dat ek keuring kry in enige universiteit van my keuse in Amerika. Ek mag dom wees, maar ek is beslis nie stupid nie.
D8 op mxit is ‘n heel ander storie.
Daar was die een ou wat my na 2 weke gevra het om te trou. Ernstig. Hy het my net op mxit gesien. Ek bedoel geen foto, geen ontmoeting, net mxit. Hy wil ook my ouers te toestemming vra om my te ontmoet. Nee, hel, ek weet ook nie.
In my jong en stupid dae het ek wel my regte naam gegee as iemand vra. Ek het egter my van op ‘n ander aanvaarbare manier gespel. Die een ou op mxit wou ook my naam gehad het. Hy kon nie juis spel nie. Hy vra toe of ek die mense in Gauteng ken. Dit was my tannie (met my pa se broer getroud) wat sy ma se suster was. Klein wereld. Hy was oortuig ons is familie
Sterkte! (Ek het jou mos gesê daar’s weird mense daar buite!). Ek vermoed ek het die laaste hubare man wat op die internet beskikbaar was gekry toe ek vir Liefie gekry het. Sorry for you!
Nee Eeltjie…Ek gaan dit nog ‘n week kans gee… Maar uhhhmmmm… Ek verkoop nie my siel sommer net vir inspirasie nie…
Nee Eeltjie…Ek gaan dit nog ‘n week kans gee… Maar uhhhmmmm… Ek verkoop nie my siel sommer net vir inspirasie nie…
Shit… waar voor verkoop ek dan my siel? Ek raak so naar van senuwees as ek inlog en my eposse lees… Ek wil dit probeer want baie mense moedig my aan.. nothing ventured….. nothing gained…
Sjoe Adrie…. Ek het nog niemand ontmoet nie… maar dit is skrikwekkend hoe gemaklik van die knape is. Ek het net ‘n epos terug geantwoord dan voel hulle gereed om hulle seksuele voorkeure te lys. Ek het ‘n baie onskuldige kiekie opgesit en ek kan nie dink hulle reken daai gesiggie sal nou belangstel in swepe nie?
En vir een of ander rede bly ek maar die afrikanse se gunsteling? WHY????
Ek lag my dood vir die mans se spel vermoeens? Dit is vir my ‘n dadelike turn off as iemand nie kan spel nie. Ja…ek is ook useless by tye…maar dis nou maar hoe dit is.
LOL…Nee ek het niks naby my eie naam gekies nie.Jy sal maar hard moet soek as jy my gaan probeer uitken net op ‘n kiekie
Het liefie dan nie ‘n boetie nie?
hmm…..ek kan ‘n boek skryf oor die psychos en die stalkers op daai site…maar aan die anderkant…ek het die wonderlikste man in die hele wereld daar ontmoet en is nou baie baie happy getroud!!
Hey Konyntjie
Weet jy… Ek dink jy was net gelukkig gewees. Ek het nie die geduld om so baie paddas te soen om by die regte een uit te kom nie!
Weet jy DMI… Ek dink dit help vir die inspirasie… maar as ek nou mooi sit en die ding uitdink… Dis net so goed ek hang in ‘n bar uit opsoek na avontuur… Dis dalk vir moeilikheid soek?
Ek gaan myself nog ‘n week gee… Dis nie asof ek regtig iemand soek nie…Ek is meer nuuskierig. Dis al!
Ek het nou al 279 aansigte op my profiel gehad en net so baie uitnodigings gekry. Ek het egter besluit my speel pakkie sal maar liewer in die kas bly.
Meer as die helfte is getroud en hulle vrouens wil ook saam speel