Soos wat ek nou hier vanaand op my mat sit met die kat op die bank, skud hierdie girl net haar kop want ek dink hy raas. Ek behoort mos nou al te weet dat ek anders dink, praat, lyk, glo en leef as ander mense. Ek behoort ook mos verstaan dat mense my nie aldag verstaan nie. So hoekom raak ek so ongelukkig as ek weet ek stel myself op vir teleurstelling?
Mense ken my sleg. Sodra dit op my parade begin reën, raak ek tien keer meer gemotiveerd om in my doelstelling te slaag want ek het hierdie wil aan my…. Net om julle te wys. Oooo, en ook omdat ek dit verpes om verkeerd bewys te word.
Soos julle mos nou weet het ek ‘n visie. Ek wil nie net van werk verander nie… ek wil van beroepsveld verander. Die wat my ken weet goed ek sal nooit impulsief ‘n besluit neem in groot lewensveranderende projek nie. Ek mag dalk lief raak vir ‘n neurotiese, dwelmafhanklike skisofreen en glo aan ons liefde tot in ewigheid…. Maar ek sal nooit net myself in ‘n finansiële penarie kry net oor ek nie meer lus is vir my werk nie want nog nooit het iemand vir my gesorg nie en ek weet al te goed ek het nie die luxury om dit NOU te doen nie. Die saadjie is egter geplant….. Planne word beraam…
Ek sou nou hoop die na aan my gaan my aanpor langs die kantlyn met elke tree wat ek gee om nader aan my droom te kom …dit is meer ‘n situasie waar ek mos met emmers water gegooi word met die hoop dat die vlammetjie gaan blus…
Gooi maar… Laat dit reën… Fokkit… laat ek maar verdrink terwyl ek probeer, want van 22 Mei 2009 het ek besluit om te werk aan my eie saligheid en die vrede in my hart. En niks…. Net mooi niks… wat enige iemand gaan kwytraak gaan my van plan laat verander nie.
Dis ‘n saak tussen my en my God.






11 Comments
Wie ontmoedig jou so Girlie, is dit familie of is dit dalk kollegas wat jou wil behou?
Of dalk ‘n blogger?
Wie dit ook al is, bogger hulle, hoor?
((((GvdS)))), volg net jou hart, en soos jou heel laaste sinnetjie sê, dis ‘n saak tussen jou en God.
Hi Eeltjie, Boend en Zee
Ek weet ek moet my nie aan hulle steur nie… Wens net vir bietjie support! Maar wag… Wie laaste lag ne?
Lekker naweek vir julle drietjies!
“Soos julle mos nou weet het ek ‘n visie.”
Ek is so simpel ek lees vissie (fish) en toe wil ek weg vaar met vrae oor jou vistenk. Whahaha. Lekker naweek.
Bogger hulle almal seg ek. Volg jou hart.
(so al asof ek een is om te praat)
SOMS
Soms het jy nodig om tot stilstand te kom
om jou siel te vind.
Soms het jy nodig om te huil
oor wat jy verloor het
en soms moet jy lag
oor wat God vir jou wil gee.
Soms is die gisters vol hartseer
maar die môres vol nuwe beloftes.
Soms moet jy leer dat God
met liefde mense na jou stuur
om jou lewe te verryk.
Geseënde Dag saam met God
wat nie soms is nie
maar ewig.
MAG JY…
- Nooit omdraai wanneer jy teleurgestel word nie.
- nooit ophou wanneer jy verloor het nie.
- nooit bly lê wanneer jy geval het nie.
- nooit haat wanneer jy nie waardeer word nie.
- nooit hoogmoedig word wanneer jy presteer het nie.
- nooit rus wanneer jy voorspoed gevind het nie.
- nooit in die steek laat wanneer jy vertrou word nie.
MAG JY..
- Altyd lewe met die wete dat jy met ‘n doel lewe.
- altyd ly in die geloof dat lyding krag bring.
- altyd doen met die besef dat dit jou taak is.
- altyd gee en deur jou gawe verryk word.
- altyd gereelmagtigheid en ondersteuning
- altyd lewe met die oog op die onsienlik
Ag dis so mooi klip, Girly daar het jy dit nou!
Bogger hulle, blogger!
Wel Emil ….. Girlie het ‘n GROOT STAP geneem die naweek en my cv is uit….. Ek toets ook die water oorkant die water ‘n bietjie… who knows….
Dankie Klippie – Jy het altyd sulke mooi woorde vir als. Ek dink jou inspiration databasis is skrikwekkend groot!