Hierdie meisie het ‘n ongelooflike hartseer gevoel vanoggend, so asof my siel huil. Ek weet nie waar die gekrap aan my vandaan kom nie. Alhoewel die Heilige Gees my weer in die klas laat opstaan het gisteraand om ‘n paar vrae te antwoord het, het ek tog vrede in my hart. Mag dit dalk wees dat my hart treur oor ander se pyn?
Ek was vanoggend amper uit die klas gejaag want so met die antwoord slag het ek tee gestribbel… my Leermeester weet dan ek struikel oor my eie woorde. Hy het dood luiters my mooi laat verstaan dit is nie my eie woorde nie, so as iemand wil lag… lag hulle vir Hom. Maar… begin ek weer…. Ek is skaam om voor ander te bid… Hoe kan jy skaam wees vir My was die teen antwoord… Ek het maar net weer stilletjies my stoel nader getrek om te gaan sit want daar is nie uitkom kans met die ene nie.
Met die nuwe les in getroue gehoorsaamheid bid ek vanoggend vir die wat Hy op my hart neerlê. Alhoewel ek hierdie ongelooflike liefde ervaar in die afgelope veertien dae het my kronkel paadjie gekruis met ou kennisse…. nuwe vriende…. en die swaarkry het my aangeraak…..
Jy weet vandag wie jy is….
- … wat ‘n geliefde so ver buite jou bereik het… waar die verlange ondraaglik voel
- … wat ‘n geliefde aan die dood afgestaan het en soek na antwoorde en gemoedsrus
- … wat van ‘n geliefde geskei het oor die malle leuens van ons aarde bestaan
- … wat vasgevang voel in jou gestremdheid…waar jy voel dit jou vreugde inperk
- … wat jou werk verloor het en tot voorbeeld vir ons almal jouself totaal oorgee aan die wil en genade van bo vir jou uitweg
- … wat onder ‘n donker dekmantel van wanhoop skuil en op die rand van opgee is
- … wat so ver van jou Skepper is dat jou siel roep na ‘n stil word sessie
- … wat in diens staan vir die Here doen sonder ‘n sent betaling
- … wat nie verstaan hoekom die lewe is, soos wat dit is nie want jy ken nie ons God nie
- … wat nie weet waar vanaand se bord kos vandaan kom nie
- … wat met gebroke verhoudinge sit en nie weet waar om te begin om dit reg te maak nie
- … wat met ‘n maat ‘n lewe deel en geen uitkoms het uit die verkeerde besluit wat jy geneem het nie
- … wat elke dag sukkel om nie oor te gee aan die verslawing waarvan jy genees is
- … wat nie liefde vir jouself het nie en in wanhoop elke oggend die dag aandurf want jy ervaar ook nie liefde van ander nie
Mag, jy… wat weet wie jy is…. Vandag omvou word deur ongekende liefde van bo.






8 Comments
En sonder Sy liefde vir my was ek niks!!
Jissie Ogies… Baie, Baie waar woorde. Sy liefde het my van ‘n gewisse dood gered!
Miskien is van ons bestem om, soos Petrus, te soek, te verloën en te ontken. Soos ek vandag vir Viktor Frankl aangehaal het: “What is to give light, must endure burning.”
Baie mooi. Baie waar. En net wat ek nodig gehad het. Dankie.
Girly – daai ’siel huil’ is eintlik die awesomste ervaring, skat. Dis HY. HY wat jou sterk maak, maak jou ook oh so sag. Wanneer jy daardie ervaar is jy seker dié naaste aan wat ek dink God se hartseer moet wees as Hy so op ‘n verlore, verlate, eina wêreld afkyk… Dis ‘n annerste soort seer, ja? Jy weet, amper ‘n divine cry…
Baie dankie…
Baie waar
Hallo daar
@ Emil – Hierdie bevryding het my gestroop van wie ek GEDINK het ek is, en begin van vooraf ‘n identiteit skep… Ek twyfel baie want ek is bang die donker wag weer om die draai. Ek het inderdaad MYSELF verloen.
@ Boendoe en Konyntjie, my plesier
@ Tweeling – Dankie
@ Beeps – Ek het huilend gevra dat ek die nuwe geloof meer emosioneel kan ervaar oor ek beter vaar met dinge van die hart as dinge van die kop en skielik het ek ‘n stortvloefd van gevoelens wat ek nie kan beskryf nie. Ek het mos nou gevra vir ‘n Geestelike gawe en ek dink dit is deel van my voorbereiding.