Stads gesiggies

Hierdie meisie leer deesdae vreeslik baie. Die Heilige Gees het my sommer heel voor in die klas laat sit om seker te maak my aandag word nie weer afgetrek nie en ek moet sê ek staar groot oog na die swartbord….. Die lesse is nie net interessant nie, dit is vrek relevant tot soveel aspekte waarmee ek geworstel het.

Ek het nie geweet wat is die liefde van Jesus waarna almal so mildelik verwys nie en ek was onder die indruk dat ek eendag net so in gebed hierdie warm fuzzy feeling gaan ervaar wat ek dan kan toeskryf aan die liefde van Jesus wat ek ervaar.

Nou die dag toe ek Beeps se stukkie lees oor geloof toe vra ek haar ‘n vraag wat ek soveel ander gevra het want ek het bly hoop dat ek iewers die antwoord sou kry wat ek wou hoor. Toe sy in haar wysheid vir my vertel wat soveel ander ook sê toe besef ek, ek is in vir ‘n groot ontnugtering want ek kan nie die uitkoms op die ene manipuleer nie.

So het ek nou Donderdag aand saam MES (Metro Evangelical Services) aan ‘n uitreik deelgeneem. Dit is bietjie buite my natuur om iets saam ‘n groep te doen en ek vermoed die Heilige Gees het hier ingetree en my met ‘n lat aangejaag…. Met sulke stywe ogies het ek maar aanhou kyk na die swartbord voor my. Ek skryf dit maar toe aan gehoorsaamheid wat deel vorm van my nuwe lesse wat ek in die afgelope twee maande geleer het.

Ons het in Johannesburgse middestad gaan kos en water sowel as komberse uitdeel aan die arm siele wat geen heenkome het nie. Dit is egter hartseer om te deel in ander se leed en ek was verstom om te sien hoeveel kindertjies daar rond hardloop. Wat my wel opgeval het was die ongelooflike blydskap in hulle gesiggies. Ek was tot nederigheid gedwing want ek  glimlag verseker nie so breed wanneer ek in nood verkeer nie. My hart het ook gebloei om te sien hoe dors die mense is. Ons kla so vinnig wanneer daar ‘n waterpyp bars en ons sit vir ‘n dag of twee sonder water….. Hierdie mense kan dit nêrens kry nie!

Ongeag die hartverskeuring, het ek dit ongelooflik baie geniet want alhoewel ek nie daarvan hou om in ‘n groep iets te doen nie, is ek mal oor interaksie met ander. Ek het so tuis gevoel tussen die haweloses….. en was verstom om te sien watse reaksie ek gekry het deur net eerste te groet; te vra hoe dit gaan; en dan om brood uit te deel. Ek het soveel vrae gehad wat ek hulle wou vra, maar siende dat meeste van hulle uitlanders is en nie Engels kan praat nie…. Was ek dalk meer van ‘n irritasie…. En toe ek terug staan om mooi na die gesigte in die ry te kyk toe fluister die Heilige Gees in my oor dat ek moet oplet want wat ek hier ervaar is die liefde van Jesus, en net daar toe word ek sommer gebless met ‘n warm fuzzy feeling in my hart. (Nou die wat my ken weet nou al as ek iets nie kan emosioneel kan ervaar nie, bestaan dit nie in my verwysingsraamwerk nie).

Ek kan nog steeds nie dit om skryf in woorde wat ek hier geleer het nie, ek weet net dat die liefde bestaan. Ek was hartseer toe die skool klok lui….. want ek hoop die les is nog nie verby nie. Hopelik word die les in ‘n ander periode voort gesit.

Indien enige iemand meer wil uitvind oor die werk wat MES verrig… Gaan loer gerus na http://www.givengain.com/cgi-bin/giga.cgi?c=1233

Deel hierdie gedagtes met andere...:
  • Twitter
  • Facebook
  • laaik.it
  • Digg
  • del.icio.us
  • Google Bookmarks
  • Blogosphere News
  • eKudos
  • LinkedIn
  • MySpace
  • Reddit
  • Slashdot
  • StumbleUpon
  • Technorati
  • PDF
  • Print
  • RSS
Hierdie gedagtes is geplaas in gedagtegroep(e): Gesprekke met God Sleutelwoorde: , Boekmerk hierdie permanente skakel. Terugskakels is gesluit maar jy mag opmerkings maak.. |

5 Comments

  1. Gesê op July 20, 2009 om 10:10 AM | Permanente Skakel

    Dit is ‘n wonderlike gevoel wanneer mens iets vir iemand anders doen. Ek het daardie terugvoer verlede week gekry, en meer op Saterdag toe ons ‘n paar kinders gaan kos gee het.

    Ek is baie bly jy sit voor in die klas.

    • Erica
      Gesê op March 19, 2010 om 12:32 PM | Permanente Skakel

      Ek wonder net hoekom jou foto op kom, elke keer as ek ‘n webtuiste oop maak. Moet my nie verkeerd verstaan nie, ek dink dis ‘n pragtige foto van jou, maar dis asof ek jou iets moet vra of iets by jou moet leer, vir vier dae aaneen kom ek op jou foto af, en dis op verskeie webwerwe.

  2. Gesê op July 20, 2009 om 10:29 AM | Permanente Skakel

    More Emil

    Ja, ek sit heel, heel voor want ek leer ongelooflik baie. Na die bevryding ervaar ek dinge in ‘n HELEMAAL ander lig. Dit is net awesome!

    Ek word wel effe dopgehou en as ek mooi luister hoor ek die sambok hier langs my klap. Ek sukkel met my eie wysheid ;)

  3. Esther
    Gesê op July 28, 2009 om 6:07 PM | Permanente Skakel

    Het daar gewerk vir amper 6 jaar, en ja dit breek jou hard, maar daai “warm fuzzy feeling” bly jou by.

  4. Gesê op July 28, 2009 om 6:52 PM | Permanente Skakel

    Hey Esther

    Dankie vir die inloer… ja ek gaan dit nou gereeld doen!

Sê jou Sê

Jou E-pos word nooit gepubliseer of met andere gedeel nie. Benodigde velde word gemerk met 'n *

*
*
  • Meer oor die Suburbs…

  • “n Voorstedelike Engel

    Ek is 'n nooi van Pretoria maar woon al 'n paar jaar in die Goudstad. Dit is in my nuutgevonde vryheid waar ek besonderse dinge beleef het en mense ontmoet het wat my bestaan ingekleur het. Mooi herinneringe is gebou; maar ook hartseer terugslae is beleef. Of hierdie nou 'n spoegblok, 'n dagboek of net die neerpen van 'n mengelmoes van my onsamehangende denke is, is debateerbaar. Dalk is ek 'n filosoof met die wyshede van die wêreld wat ek aan ander kan openbaar..... Ek kan dus bieg, wat ook al die beskrywing... hierdie is 'n persoonlike soeke na innerlike vrede en antwoorde wat ek verstaan.

  • My gedagtes draai om…

  • Besoekers nou by die suburbs…

    • Daar is tans 5 Besoekers aanlyn
  • 'n Wolk van Sleutelwoorde...

  • Onlangse Opmerkings...

  • Kontak die Suburbs

  • Argiewe van gedagtes

  • Ek ondersteun graag…

  • En ook vir…

  • Besoers aan die Suburbs…

    Hit Counters
  • Neem asseblief kennis…

    Kopiereg © 2010 Girl van die Suburbs - Alle regte voorbehou - totdat die Stormers die Super 14 wen. Wat beteken dit is van nou af tot in alle ewigheid. Hierdie blog is vir my ontwikkel op WordPress en 'n eie, unieke tema op die Thematic platform deur 2imagine met grafiese ontwerp insette deur I Love Design

  • Afrigator
  • Creative Commons License