Seppie en Kerneels

big-donkey_1376931iSeppie kuier al vandat hy kan onthou, elke ander skoolvakansie by ouma en oupa op die plaas en hierdie jaar is geen uitsondering nie. Elke tien jarige se droom…. Want vryheid is aan die orde van die dag waar geen tyd vir niks voor geskryf word nie. Jy is…

Drie vakansies terug het oupa vir Seppie ‘n donkie vul persent gegee. Kyk, die lat was nie net bietjie in sy noppies nie want ou Kerneels was sy eerste, eie troeteldier. Sy maatjie. Eers was Kerneels te klein om gery te word en Seppie het hom met ‘n tou om die nek oral gelei en getrek en so stuk-stuk saam gesleep. Met die grootword slag, het Seppie hom begin ry, sommer so skeef-skuins met die een been wat verder oor gehang het aan die eenkant as aan die ander kant… Deur die dale, oor die vlaktes… stoot-stoot oor die heuwels. Die twee het onafskeidbaar geraak.

So het oupa en Seppie saam wakker geword nou die oggend met die geskree van donkies in die agter kraal. Die brawe kind het hom gehaas na die kombuisdeur, roer in die regterhand… reg vir wat op hom wag. Oupa het hom gelos om te kyk hoe die seun op hulle wag-esel se rumoer gaan reageer… Die het hom voorgespring en staan al buite op die stoep met sy skouer teen die een pilaar

Nog voor ou Seppie die sifdeur kom oopstoot, ruik hy die reën en besef Kerneels het hulle het laat weet die eerste lente druppel het geval. Hy skrik hom amper dood toe hy sy oupa so duskant hom gewaar… Hy sê egter niks nie want hy besef sy oupa sê ‘n skietgebedjie op om sy dankbaarheid te betuig vir die waterplasse wat al hoe dieper word.

Na so vyf minute nooi oupa hom weer in om saam hom om die kombuistafel te sit. Oupa maak sy oë toe terwyl hy begin… Ken jy Tessalonisense Seppie? Maar voor die seun nog kan antwoord, begin oupa verder prewel… Bid gedurig. Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag

Seppie raak stil in sy gemoed, want wat weet ‘n kaalvoet klong tog van ander omstandighede… wat nog van alle omstandighede. Die wêreld is die wêreld… nes hy dit ken… Oupa se bewe stem val sy gedagtes vinnig in die rede. Jy sien my kind, ons vergeet so maklik van God se beloftes, want ons sien wat ons lees, maar ons luister nie met ons gees nie. God hoor jou ongeag die plek of die tyd.

Seppie het net sy kop laat sak want skielik het die woorde van oupa hom skaam laat voel want hy kla al ‘n geruime tyd dat dit warm en stowwerig is. In sy kleine siel van net tien jaar besef die kind, Jesus wil dan hê jy moet dankbaar wees vir die wonderlike, warm lente dag vol beloftes. Dan eers kan jy vra vir reën. Hy weet wanneer die grond dit die nodigste het en wanneer die stof moet gaan lê.

So met teue van sy hot tjoklit deur prewel hy self sy eie skietgebedjie…

Liewe Jesus, dankie vir die kans om te bid, lei my asseblief deur die Gees om dit altyd te doen…. Want oupa sê dis hoe dit moet werk…. Amen. .

Deel hierdie gedagtes met andere...:
  • Twitter
  • Facebook
  • laaik.it
  • Digg
  • del.icio.us
  • Google Bookmarks
  • Blogosphere News
  • eKudos
  • LinkedIn
  • MySpace
  • Reddit
  • Slashdot
  • StumbleUpon
  • Technorati
  • PDF
  • Print
  • RSS
Hierdie gedagtes is geplaas in gedagtegroep(e): Gesprekke met God Sleutelwoorde: , , , Boekmerk hierdie permanente skakel. Terugskakels is gesluit maar jy mag opmerkings maak.. |

4 Comments

  1. Gesê op July 28, 2009 om 8:12 AM | Permanente Skakel

    Sjoe. En dis hoekom God van ons verwag om te glo soos kinders. So terloops, ek wil SOOOO graag ‘n donkie hê.

  2. Gesê op July 28, 2009 om 6:51 PM | Permanente Skakel

    Ek laaik ook donkies Ogies!

    Die storie draai nou al lank in my kop… weird….

  3. Gesê op July 28, 2009 om 8:08 PM | Permanente Skakel

    Kry ek (weereens) sommer hoendervleis…

  4. Gesê op July 28, 2009 om 8:15 PM | Permanente Skakel

    Hey Boends… My eerste poging tot ‘n storietjie…

Sê jou Sê

Jou E-pos word nooit gepubliseer of met andere gedeel nie. Benodigde velde word gemerk met 'n *

*
*
  • Meer oor die Suburbs…

  • “n Voorstedelike Engel

    Ek is 'n nooi van Pretoria maar woon al 'n paar jaar in die Goudstad. Dit is in my nuutgevonde vryheid waar ek besonderse dinge beleef het en mense ontmoet het wat my bestaan ingekleur het. Mooi herinneringe is gebou; maar ook hartseer terugslae is beleef. Of hierdie nou 'n spoegblok, 'n dagboek of net die neerpen van 'n mengelmoes van my onsamehangende denke is, is debateerbaar. Dalk is ek 'n filosoof met die wyshede van die wêreld wat ek aan ander kan openbaar..... Ek kan dus bieg, wat ook al die beskrywing... hierdie is 'n persoonlike soeke na innerlike vrede en antwoorde wat ek verstaan.

  • My gedagtes draai om…

  • Besoekers nou by die suburbs…

    • Daar is tans 5 Besoekers aanlyn
  • 'n Wolk van Sleutelwoorde...

  • Onlangse Opmerkings...

  • Kontak die Suburbs

  • Argiewe van gedagtes

  • Ek ondersteun graag…

  • En ook vir…

  • Besoers aan die Suburbs…

    Hit Counters
  • Neem asseblief kennis…

    Kopiereg © 2010 Girl van die Suburbs - Alle regte voorbehou - totdat die Stormers die Super 14 wen. Wat beteken dit is van nou af tot in alle ewigheid. Hierdie blog is vir my ontwikkel op WordPress en 'n eie, unieke tema op die Thematic platform deur 2imagine met grafiese ontwerp insette deur I Love Design

  • Afrigator
  • Creative Commons License