Hansie en Grietjie

hansel-and-gretel2Girlie is dankbaar die afgelope jaar het so vinnig gevlieg. Ek is bly die hartseer dae is amper weg. Ek is verlig dat daar weer hoop is in my hart. Ek is dankbaar vir ‘n nuwe begin…. Tog voel my siel soos ‘n krap paal… Dit hou nie op nie, maar ek glo ek weet nou wat dit is.

In die aftel dae na my eerste thirty-something verjaarsdag volgende week besef ek, ek is nie bang vir alleen wees nie maar vir alleen voel. Ek was laas jaar helemaal te gemedicate gewees om sin te maak uit wat ek wel onthou… Ek onthou net meisie sjef se barbie pienk cupcakes. Dertig van hulle versier met glitter wat die doods gevoel so ietwat gelig het.

Ek dink egter die jaar moet anders wees, en ek moet vier….. Daar was ‘n lewe voor meneer hartseer en dit was goed. Daar is ‘n lewe na meneer hartseer en dit gaan beter….. Ek is weer op my pad na self geluk.  Dus gaan ek in die volgende sewe dae, elke dag ‘n stukkie herinnering voor die Lig bring want soos Hansie en Grietjie het ek vir my ‘n paadjie gesaai met bakens agter gelaat.

Voordat jy volgende keer verdwyn

- alleen en sonder my elope uit my lewe –

vat my eers weer saam op elke roete van ons pad.

Maar dié keer,

laat my toe om op die deurgetrapte paaie

iets van myself agterweë te laat.

sodat jy kan onthou wat jý was ín my. wat ék was in jóú.

en sodat ek soos die fabel van twee kinders soekend na di soete drome van ‘n speelhuis,

op pad terug nie verdwaal.

eerder net verlangend verlore wrakke optel. En my herinneringe gebruik as ‘n

padkaart terug na wie ek was.

sonder jou.

Deel hierdie gedagtes met andere...:
  • Twitter
  • Facebook
  • laaik.it
  • Digg
  • del.icio.us
  • Google Bookmarks
  • Blogosphere News
  • eKudos
  • LinkedIn
  • MySpace
  • Reddit
  • Slashdot
  • StumbleUpon
  • Technorati
  • PDF
  • Print
  • RSS
Hierdie gedagtes is geplaas in gedagtegroep(e): Sommer maar net... Sleutelwoorde: , Boekmerk hierdie permanente skakel. Terugskakels is gesluit maar jy mag opmerkings maak.. |

14 Comments

  1. maxie
    Gesê op July 23, 2009 om 8:15 PM | Permanente Skakel

    Sjoe. Dit is die allermooiste gedig…
    Probeer om hierdie paar woorde jou eie te maak:

    “I was fine before I met you. I’ll get along without you now.”

  2. Gesê op July 23, 2009 om 9:16 PM | Permanente Skakel

    Ja, mooi gedig. Jou eie?

    Maxie, dis ‘n goeie leuse. Vat seker tyd, maar ek dink dit sal kom. :wink:

  3. eelt
    Gesê op July 23, 2009 om 9:59 PM | Permanente Skakel

    Dit IS baie mooi!

  4. Gesê op July 24, 2009 om 7:40 AM | Permanente Skakel

    Laat weet ons tog presies watter dag volgende week, sal jy Girlie?? Sodat ons vir jou elkeen ‘n virtual cupcake kan stuur, ok??
    Jy’s reg Girlie. Van die Lig. Some people are more afraid of light than of dark – for good enough reasons. We feel somehow more defenseless in light…
    Beautiful gedig! Truly awesome.
    But Girlie, you do know you won’t be the same than before, right? but no fear – for even the hardest and most painful experiences in life have a purifying and refining effect. You’ve come through that victorious – and that, dear Girlie, which is you NOW, is what you should celebrate and honour.

  5. Gesê op July 24, 2009 om 9:58 AM | Permanente Skakel

    Sterkte girlie!

  6. Gesê op July 25, 2009 om 2:59 PM | Permanente Skakel

    Ek wens jou ‘n kop-agteroorgooi-lag op jou verjaardag toe! En jou gedig raak diep aan my, dieper as wat ek gedink het sulke woorde sou.

  7. Gesê op July 25, 2009 om 10:58 PM | Permanente Skakel

    Ja, ek was maar traag om terug te kom om kommentaar te lewer… My gemoedsbekakking wil nie wyk nie.

    Dankie vir al die mooi terugvoer. Ek hou maar van woorde optooi in mooi feathers and bows… and all things shiny! Laat my glo mense kan nie reguit deur al die optof sien wat ek regtig voel nie, maar ek begin dink ek het my misgis hier ;)

    Ek word 31 op 31 Julie. ‘n Jong lyf… maar die gees voel 20 jaar ouer. Die ouderdom ding pla my nie… Dit is net hierdie vreeslike lee gevoel en die prentjie wat ek sien as ek terug kyk op my lewenspad. Ek het niks bemag nie en dit wat wel in geint bly is ‘n leuen. Ek is de moer in vir myself oor daai leuen.

  8. maxie
    Gesê op July 26, 2009 om 8:55 PM | Permanente Skakel

    (((Nell)))

  9. Gesê op July 26, 2009 om 9:18 PM | Permanente Skakel

    Nell

    Die vraag is waaraan meet ‘n mens die mens wat jy is?

  10. Gesê op July 26, 2009 om 9:23 PM | Permanente Skakel

    En jou antwoord sal dus wees Xena? Hoe meet jy wie jy IS en nie WAS nie

  11. Gesê op July 26, 2009 om 9:24 PM | Permanente Skakel

    Dankie Max… Ek dink ek is net vol geite… Ek sal die week oorleef…

  12. Gesê op July 27, 2009 om 8:23 AM | Permanente Skakel

    LeE jare klink asof jy voel dat jou jare met iets gevul moet wees. Waarmee, is waarskynlik die meetstok waarmee jy jou lewe meet.

    Ek praat seker nou snert, iets waarvan niemand kan sin maak nie.

  13. Gesê op July 27, 2009 om 8:38 AM | Permanente Skakel

    Hier is dalk iets wat sense maak

    My life is but a weaving between my God and me,
    I do not choose the colors, He worketh steadily.
    Oftimes He weaveth sorrow, and I in foolish pride,
    Forget He sees the upper, and I the underside.

    Not till the loom is silent, and shuttles cease to fly,
    Will God unroll the canvas and explain the reason why.
    The dark threads are as needful in the skillful Weaver’s hand
    As the threads of gold and silver in the pattern He has planned.

  14. Gesê op July 27, 2009 om 7:40 PM | Permanente Skakel

    Xena…. daar klop voorwaar ‘n <3′tjie

    Dankie!

Sê jou Sê

Jou E-pos word nooit gepubliseer of met andere gedeel nie. Benodigde velde word gemerk met 'n *

*
*
  • Meer oor die Suburbs…

  • Stem vir my

    Vote for this Blog

  • “n Voorstedelike Engel

    Ek is 'n nooi van Pretoria maar woon al 'n paar jaar in die Goudstad. Dit is in my nuutgevonde vryheid waar ek besonderse dinge beleef het en mense ontmoet het wat my bestaan ingekleur het. Mooi herinneringe is gebou; maar ook hartseer terugslae is beleef. Of hierdie nou 'n spoegblok, 'n dagboek of net die neerpen van 'n mengelmoes van my onsamehangende denke is, is debateerbaar. Dalk is ek 'n filosoof met die wyshede van die wêreld wat ek aan ander kan openbaar..... Ek kan dus bieg, wat ook al die beskrywing... hierdie is 'n persoonlike soeke na innerlike vrede en antwoorde wat ek verstaan.

  • My gedagtes draai om…

  • Besoekers nou by die suburbs…

    • Daar is tans 6 Besoekers aanlyn
  • 'n Wolk van Sleutelwoorde...

  • Onlangse Opmerkings...

  • Kontak die Suburbs

  • Argiewe van gedagtes

  • Ek ondersteun graag…

  • Besoers aan die Suburbs…

    Hit Counters
  • Neem asseblief kennis…

    Kopiereg © 2010 Girl van die Suburbs - Alle regte voorbehou - totdat die Stormers die Super 14 wen. Wat beteken dit is van nou af tot in alle ewigheid. Hierdie blog is vir my ontwikkel op WordPress en 'n eie, unieke tema op die Thematic platform deur 2imagine met grafiese ontwerp insette deur I Love Design

  • Afrigator
  • Creative Commons License