Hierdie donkerkop het haar eie manier van dinge uitsorteer… Wanneer ek voel soos wat ek tans voel soek ek ontvlugting. Musiek vorm deel van my eie voorgeskrewe terapie en dit help. Dit help moerse baie. Ek is gek daarna om sekere feel good songs op repeat te sit in die kar… so in die verkeer… klip hard… En ek gee regtig nie om wie my sien saam sing, of wie die dromme hoor nie.
Ek is mal oor die tagtiger jare se rock genre. Dromme en ghitare… My twee all time favourites






10 Comments
Ek ken die eerste een van Slade, en hou baie daarvan. Maar die tweede een het ek nog net een keer toevallig en veraf gehoor, en kon nooit daarna uitvind wat dit was, dat ek dit in die hande kon kry nie, maar dit het altyd iewers in my agterkop bly bestaan. Dit was wonderlik om dit weer te hoor, en te kan uitvind wie dit sing!
Ek kan soooo identifiseer met hierdie inskrywing. Musiek is ook tans my toevlug – tot groot frustrasie van my kinders!
Nice songs – dankie!
WOW! Ek like! 70’s en 80’s rock bly die beste! Die anderdag weer so ‘n compilation uitgepluk met songs op van Gary Moore, Poison, Black Sabbath, The Cult, Thin Lizzy, Styx ens. ens. op. Tone omkrul lekkerkry!!
Musiek spreek tot my hart….
@ EELT – Ek is mal oor enige mans stem in sang actually. Toe ons buurskool (ek was in ‘n meisieskook en die seuns was oorkant die pad) hulle skool lied gesing het, het my hart ‘n paar beats gemis… en hierdie ou ballies van die 80’s met hulle hees stemme doen dit maar net vir my. Ek hou spesifiek van die twee songs oor die samevoeging van al die klanke.. en die dromme… Ek sweer, as daaai dromme so slaan en jy wag in opwagting vir die volgende slag kry ek ELKE keer hoendervleis… Onverklaarbaar…
@ BOENDOE – Ek hou van jou nuwe liefde ook. Baie catchy!
@ DEMOERIN – Nou praat jy mos my taal!
Voor ek vergeet Demoerin… Ek moet nou nie vergeet om te se ek hou ook van die sagter sy van Rock nie… Aerosmith, Bon Jovi, Def Leppard, Mr. Big… Net so hoendervleis mooi!
As ek moerig of sommer befok is, is daar niks beter as om met die musiek hard teen ‘n hoe spoed te ry nie. Beste kalmeermiddel nog. Ek doen nie heavy rok nie, ek hou van pop oor die algemeen.
Niks kry ‘n mens dadelik so vinnig in ‘n goeie bui as een van jou ultimate gunstelinge die oggend wanneer jy jou ogies oopmaak nie.
Man so saam die moerigheid slat die hart sake ook partykeer, kyk dan moet jy hol want dan luister ek na REGTE depro musiek… Leonard Cohen is my fave vir my polse afkou dae… Rock vir my moerigheid en die classics vir verliefdheid… Ons is op rock die week
My reeks van emosies sluit nie hartseer of verliefdheid in nie.
LOL… die lewe daar buite sien nie die hartseer nie… Ek woede sommer als! EK weet nie meer hoe verliefdheid werk nie.
Die 80’s bly maar die beste!