Die hoop vergaan nie

kobus-fotoIn hierdie verganklike lyf is daar ‘n hart wat stadig klop. Vol hoop. Tog rustig. Oordonderend in afwagting. Terwyl die donker oor die stad kruip sit hierdie dromer en wonder of soveel dinge en staar na die volbloed rooi in my wynglas. Hopelik help die fluweel brand om die denke gladder te laat vloei.

In die verliefdheid-vrede van totale oorgee plaas hierdie bruinoog soveel hoop op die onbekende pad. Die pad is kronkelend en die horison is geen rigtingwyser nie. Geluk is die eindbestemming, en wanneer daar omgedraai word om die beginpunt te groet word die besef al hoe groter dat daar geen meet is aan die pole nie. Jy kan glad nie meet of jy enigsins in die middel kan wees nie. Jy staan alleen sonder omdraai.

Wanneer ‘n skans van intrige jou oorval en jou hart jou kop stories vertel kan jy verseker weet…..

In die verganklike lyf gaan hierdie hart nog baie klop. Vol afwagting. Oordonderend rustig en in die staccato skyn van hoop.

Deel hierdie gedagtes met andere...:
  • Twitter
  • Facebook
  • laaik.it
  • Digg
  • del.icio.us
  • Google Bookmarks
  • Blogosphere News
  • eKudos
  • LinkedIn
  • MySpace
  • Reddit
  • Slashdot
  • StumbleUpon
  • Technorati
  • PDF
  • Print
  • RSS
Hierdie gedagtes is geplaas in gedagtegroep(e): Rooiwyn vir die Siel Sleutelwoorde: Boekmerk hierdie permanente skakel. Terugskakels is gesluit maar jy mag opmerkings maak.. |

9 Comments

  1. Gesê op July 8, 2009 om 9:45 PM | Permanente Skakel

    Uhm!

    Dit lyk na ‘n storie om dop te hou! Ek hou my oog op jou! :wink:

  2. Gesê op July 8, 2009 om 10:48 PM | Permanente Skakel

    Ho-oh….. ;)

    Ek het maar net bietjie hoop ou boends. My hart voel goed vir ‘n slag.

  3. Gesê op July 9, 2009 om 8:20 AM | Permanente Skakel

    Wat het Emil nou die dag so mooi daar by my gesê: “die Hoop beskaam nooit nie…”
    Take care of the girl within Girly… xx

  4. Gesê op July 9, 2009 om 8:49 AM | Permanente Skakel

    En al vergaan alles, sal hoop nog steeds daar wees. Moenie ooit daai vlammetjie blus nie, want dit is wat mens aanhou dryf na meer.

  5. Gesê op July 9, 2009 om 9:02 AM | Permanente Skakel

    Dankie Beeps en Demoerin

    Hierdie meisie het gister so ‘n verliefde gevoel vir die lewe gehad, iets wat ek in ‘n baie, baie lang tyd nie gehad het nie. Dit was so lekker… ek moes dit net deel :lol:

  6. Gesê op July 10, 2009 om 9:41 AM | Permanente Skakel

    “… die staccato skyn van hoop”

    Dit klink roerend. Maar vir my is daar nie die skyn nie. Of dalk wil ek nie toegee dat die hoop ‘n skimbeeld is nie. Ek het die volgende paragrawe al male der tal aangehaal (dra dit op ‘n kaartjie in my ‘moffiesakkie’).

    Kafka het hierdie ding “hoop” ook ondersoek, en in hom vind ek vertroosting, dat die wanhoop by verre oorskadu (verlig) word deur ‘n enkele greintjie hoop. Want waar daar hoop is, is lewe. Hy skryf van liefde, kuns en voeg by – soos baie doen – godsdiens. Hy vind dat dit alles te kort skiet en onvoldoende is. Soos Kafka treur ek ook oor die faling van die Verligting om deugsaamheid tot die menslike gees te bring, wat jammerlik steeds besoedel word deur ongeregtiheid, oorlog, bygelowe, onverdraagsaamheid en rassisme.

    Dis hoekom baie mense reken ons kan sommer bloot selfmoord pleeg! Werklik, dít is ‘n absurde gedagte. Pervérs! Want die wanhoop versterk eintlik die gedagte van “hemel op aarde.” Naiewe droom? Nee, ek is darem nie so naief nie om te dink dat die droom ten volle bewaarheid kan word – dis egter nie die punt nie. Die punt is om dit so wáár as moontlik te probeer maak. Die lewe se waarde lê dáárin verskuil, om te help om die hoop deur die besoedelde waters van die geskiedenis te dra. Wat sal die wêreld wees sonder daardie hoop? Dante se Inferno? Nietzsche se Zarathustra? Conrad se Congo? Hitler se Duitsland?

    Hierdie wanhoop veronderstel inderdaad twee soorte selfmoord: ‘n letterlike, fisiese einde maak aan my lewe, en dié soort waar mense hulle eie outonomiteit en rasionaliteit afslag in ‘n geloof dat – omdat hierdie wêreld so verrot is – daar ‘n beter alternatief na die dood sal wees. In so ‘n geval, kan ons net sowel ‘n kluisenaarslewe gaan lei, apart van die wêreld waarin ons groot word, of sommer maar botweg ‘n einde aan alles maak – as dit nie was dat daar nog hoop is nie, want sonder hoop, breek die hart, skryf Thomas Fuller.

    “One day everything will be well, that is our hope,” sê Voltare, “today everything is fine, that is our illusion.” Is dit die skyn waarna jy verwys?

    Ons sal ly. Ons sal doodgaan. Dis graniet. Die res is vir ons om te skep. Sal ek selfmoord pleeg? Nee! Die implikasie is daar is nog baie om voor te leef, en dinge die moeite werd om voor te hoop. Hoe sê my gunsteling Bybelboek, Prediker:

    “‘n Uitgestelde hoop maak die hart siek; maar ‘n wens wat uitkom, is ‘n lewensboom.”

    In die verganklike lyf gaan hierdie hart nog baie klop. Vol afwagting. Oordonderend rustig en in die staccato skyn van hoop.

    Amen! Amen! Amen!

    NS. Ek geniet dit werklik op jou te lees. Jy is ‘n baken vir my terwyl ek self onverpoos op die donker oseaan dobber, my katelwerk meestal téén die wind gespan.

  7. Gesê op July 11, 2009 om 9:33 AM | Permanente Skakel

    Daar moet altyd hoop wees, soos Emil sê, sonder hoop kan ons net sowel nou n einde aan als maak.

  8. Gesê op July 12, 2009 om 8:19 PM | Permanente Skakel

    Hallo Emil en Tweelingkindjie

    Sjoe Emil… Ek is speechless!

    Hierdie kaalvoet meisie het sommer haar eie lang naweek geskep en het bietjie gaan recharge. Vier dae is egter te min!

    Daar steek soveel waarheid in Thomas Fuller se woorde! Ek het vanoggend die gesprek (of wel soortgelyk) gehad met een van my mede wegbrekers. Na meneer hartseer se dood het hierdie simpel kind ‘n einde aan alles probeer maak en toe dit nie werk nie, toe word sy ‘n kluisenaar. Hierdie naweek was die eerste naweek in 3 jaar wat ek saam vriende kwaliteit tyd spandeer het. Ek het geweier om in die daglig uit te gaan! Vandag toe merk ek op hoe lekker dit was om weer in die son te kom!

    Vreeslik dankie vir al jou quotes!

    Tweeling – Weet jy, ek het tot baie onlangs gedog almal kom op die punt waar hulle ‘n einde aan alles wil maak… min wetende dat dit NIE die geval is nie.

  9. Gesê op July 14, 2009 om 8:10 AM | Permanente Skakel

    Girl, tot my uiterste skok het my dogter my twee weke terug vertel dat sy ook op daai punt was so n jaar terug! Ek het geweet sy was baie down, maar het nie besef wat in haar kop broei nie. Gelukkig het die Here ingegryp, soos Hy met jou ook gedoen het.

Sê jou Sê

Jou E-pos word nooit gepubliseer of met andere gedeel nie. Benodigde velde word gemerk met 'n *

*
*
  • Meer oor die Suburbs…

  • Stem vir my

    Vote for this Blog

  • “n Voorstedelike Engel

    Ek is 'n nooi van Pretoria maar woon al 'n paar jaar in die Goudstad. Dit is in my nuutgevonde vryheid waar ek besonderse dinge beleef het en mense ontmoet het wat my bestaan ingekleur het. Mooi herinneringe is gebou; maar ook hartseer terugslae is beleef. Of hierdie nou 'n spoegblok, 'n dagboek of net die neerpen van 'n mengelmoes van my onsamehangende denke is, is debateerbaar. Dalk is ek 'n filosoof met die wyshede van die wêreld wat ek aan ander kan openbaar..... Ek kan dus bieg, wat ook al die beskrywing... hierdie is 'n persoonlike soeke na innerlike vrede en antwoorde wat ek verstaan.

  • My gedagtes draai om…

  • Besoekers nou by die suburbs…

    • Daar is tans 5 Besoekers aanlyn
  • 'n Wolk van Sleutelwoorde...

  • Onlangse Opmerkings...

  • Kontak die Suburbs

  • Argiewe van gedagtes

  • Ek ondersteun graag…

  • Besoers aan die Suburbs…

    Hit Counters
  • Neem asseblief kennis…

    Kopiereg © 2010 Girl van die Suburbs - Alle regte voorbehou - totdat die Stormers die Super 14 wen. Wat beteken dit is van nou af tot in alle ewigheid. Hierdie blog is vir my ontwikkel op WordPress en 'n eie, unieke tema op die Thematic platform deur 2imagine met grafiese ontwerp insette deur I Love Design

  • Afrigator
  • Creative Commons License