Wat sit in ‘n naam…..

blue_gum_trees

As entrepreneur, jong verloste stadsjapie, extraordinaire was ek vanmiddag bevoorreg om vroeg huiswaarts te keer. Ek het toe gaan stap toe al in die stofpaadjie langs, die vertakking verby die bloekom bos. Ek is mal oor my paadjie want dit wakker die sintuie aan en maak jou kop oop. Ek was so bietjie ontsteld oor ‘n opmerking wat ‘n kollega gemaak het, en tipies oos rand Afrikaner het hy nie die geselskap in ag geneem toe hy die onsensitiewe aanmerking gemaak het nie. Ek hou nie daarvan as mense grappe maak oor iets wat hulle nie verstaan nie. Dit is vir my ‘n teken van ignorance.

Die gesprek het heel goed begin met die name van die kliënte met wie ons elke dag te doen kry, siende dat ons regsaspekte ook dek werk ons met kopieë van hulle identiteitsdokumente so ons sien die tradisionele boere tradisie van geslagte familie name aan een persoon, tot die byderwetse Afrika name wat ons sukkel om uit te spreek… en van daar het die gesprek afdraand gegaan

Ek besluit toe om onder een van die bloekom bome skuiling te gaan soek en met die skop van die klippies voor my in die stof wonder ek hoekom ‘n persoon se naam nou so belangrik is Wat is in ‘n naam? Maak dit regtig saak wat mense daarvan dink? Dit is net ‘n ekstensie van wie jy is en as jy selfversekerd is en gelukkig is met jouself, maak hierdie klein detail mos nie saak nie. . Ek self verstaan nie die Afrika kultuur nie, maar ek is eerder ‘n Beauty of ‘n Precious voor ek ‘n Johanna Jacoba de derde is. Daar is myns insiens, geen identiteit in ‘n familienaam nie. Jy word ‘n kloon….Beauty is baie expressive…. Maar dis ook net ek…. Ek sal my ouers ewig dankbaar wees oor hulle nie vir my ‘n familie naam gegee het nie, dus hoef ek ook nie die tradisie voort te sit nie.

Met hierdie hele vernuwing wat ek ondergaan word ek al hoe meer bewus van die groot onderskeid tussen die menslike wêreld en die wêreld wat God wil hê ons moet deel wees van. Dit maak regtig nie saak wat mense van jou naam dink nie, want in Jesaja 43 staan daar: “ Ek het jou op jou naam geroep, jy is Myne.” Wees liewer bekommerd of jy gelukkig genoeg is om wel op jou naam geroep te word.

Deel hierdie gedagtes met andere...:
  • Twitter
  • Facebook
  • laaik.it
  • Digg
  • del.icio.us
  • Google Bookmarks
  • Blogosphere News
  • eKudos
  • LinkedIn
  • MySpace
  • Reddit
  • Slashdot
  • StumbleUpon
  • Technorati
  • PDF
  • Print
  • RSS
Hierdie gedagtes is geplaas in gedagtegroep(e): Gesprekke met God Sleutelwoorde: Boekmerk hierdie permanente skakel. Terugskakels is gesluit maar jy mag opmerkings maak.. |

8 Comments

  1. Gesê op June 19, 2009 om 10:58 PM | Permanente Skakel

    Ek het ‘n GROOT ding met name. Ek glo dat elke mens op ‘n unieke uitsonderlike naam geregtig is. Ek is baie bly dat ek niemand ken met dieselfde naam as ek nie.

    Ek het nou die dag ‘n meisie gesien met die naam Lunch. Ek wonder wat die betekenis daar agter is.

  2. Gesê op June 20, 2009 om 9:10 AM | Permanente Skakel

    Hoor-hoor! @ “ Ek het jou op jou naam geroep, jy is Myne.” Wees liewer bekommerd of jy gelukkig genoeg is om wel op jou naam geroep te word.

    In dieselfde asem…ek haat dit eintlik as mense my naam afkort maw…moet my NOOIT OOIT Lynn noem nie, ek verpes dit, dissie my naam nie. :lol:

  3. Gesê op June 20, 2009 om 12:29 PM | Permanente Skakel

    Moet ook sê, met my verjaarsdag het my Pa hierdie einste woorde vir my gesê: “Onthou, Hy het jou by die naam geroep, jy is Syne, jou naam is in die Groot Boek geskryf en niemand kan dit uitwis nie”
    Dit was wonderlike woorde van my Pa af en het my baie tranerig en bewoë gehad.

  4. Gesê op June 21, 2009 om 12:44 PM | Permanente Skakel

    Hello A3

    Ek het op fb gaan kyk en daar is net 16 van ons wereldwyd (wat gelys is)! Maar ek ken niemand wat my naam het nie. Ek het joune ook gaan tel, maar jis daar is miljoene Adri’s ;)

    Nie een van my ma se kinders het familie name nie. Ek het wel gedink ek sal my seun dalk my oupa se name gee want dit is regtig mooi. My arme ma is Aletta Cecilia Maria en op skool was sy altyd Aletta alhoewel dit nie haar noem naam is nie.

  5. Gesê op June 21, 2009 om 12:45 PM | Permanente Skakel

    Oh my word… LUNCH? is jy seker?

  6. Gesê op June 21, 2009 om 12:47 PM | Permanente Skakel

    Middag Nie-Lynn-Nie ;)

    Dit is regtig spesiaal dat jou pa dit vir jou gese het, wonder hoeveel jong mense wel die impak verstaan en dit wel waardeer?

  7. Gesê op June 25, 2009 om 1:43 PM | Permanente Skakel

    Is ‘n naam maar nie net iets waarmee jy letterlik geroep word nie. Maak dit net soveel makliker as mens ‘n groep is. :lol: Jou naam maak jou tog nie wie jy is nie, so of jy Johanna Sophia of Precious is…. jy bly tog jy.

  8. Gesê op October 25, 2009 om 12:01 AM | Permanente Skakel

    ek is die pope.

    regtig. dit was my nick in counterstrike een keer. sweer ;)

Sê jou Sê

Jou E-pos word nooit gepubliseer of met andere gedeel nie. Benodigde velde word gemerk met 'n *

*
*
  • Meer oor die Suburbs…

  • “n Voorstedelike Engel

    Ek is 'n nooi van Pretoria maar woon al 'n paar jaar in die Goudstad. Dit is in my nuutgevonde vryheid waar ek besonderse dinge beleef het en mense ontmoet het wat my bestaan ingekleur het. Mooi herinneringe is gebou; maar ook hartseer terugslae is beleef. Of hierdie nou 'n spoegblok, 'n dagboek of net die neerpen van 'n mengelmoes van my onsamehangende denke is, is debateerbaar. Dalk is ek 'n filosoof met die wyshede van die wêreld wat ek aan ander kan openbaar..... Ek kan dus bieg, wat ook al die beskrywing... hierdie is 'n persoonlike soeke na innerlike vrede en antwoorde wat ek verstaan.

  • My gedagtes draai om…

  • Besoekers nou by die suburbs…

    • Daar is tans 6 Besoekers aanlyn
  • 'n Wolk van Sleutelwoorde...

  • Onlangse Opmerkings...

  • Kontak die Suburbs

  • Argiewe van gedagtes

  • Ek ondersteun graag…

  • En ook vir…

  • Besoers aan die Suburbs…

    Hit Counters
  • Neem asseblief kennis…

    Kopiereg © 2010 Girl van die Suburbs - Alle regte voorbehou - totdat die Stormers die Super 14 wen. Wat beteken dit is van nou af tot in alle ewigheid. Hierdie blog is vir my ontwikkel op WordPress en 'n eie, unieke tema op die Thematic platform deur 2imagine met grafiese ontwerp insette deur I Love Design

  • Afrigator
  • Creative Commons License