Om geduldig te wag…

woestynHierdie meisie het nou net besef dit is PMS wat my so huilerig het en wanneer ek so voel is ek minder geduldig as gewoonlik. Ek het regtig heel agter in die ry gestaan die dag toe geduld uitgedeel is. Ek kan selfs obsessief, dalk kompulsief optree by tye want as ek ‘n ding nou wil hê… is daar geen keer nie. In my werksomgewing is dit ‘n plus punt want ek sloer nie. Ek is actually damn goed met wat ek doen. My vorige baas het my eendag voorgekeer in die gange na ek hom aan iets herinner het, toe hy omdraai om vir my vra: “ Do you have to be so efficient?”. Groot pluspunt op my cv, maar in my persoonlike lewe is dit erg. Ek verwag dieselfde van almal om my. Die standaarde wat ek aan myself stel is ook pretty hoog!

Nou het julle al agter gekom die Here is glad nie haastig nie en is vreeslik geduldig? Dit het veertig jaar geneem voor Moses aangesê is om die Israeliete uit Egipte te lei. Dit het sewentien jaar van voorbereiding geneem voor Josef vanuit slawerny bevry is. Twintig jaar, voor Jakob uit Laban se beheer los gekom het en dan praat ek nie eers van Sarah en Abraham wat eers in hulle oudag geseën was met die seun waarvoor hulle so lank op gewag het nie.

As ek in een van hierdie situasies moes gewees het, sou ek tien teen een al lankal op moedverlore vlakte gaan sit het. God werk met ‘n plan wat ‘n proses bewerkstellig en ek hou nie van prosesse nie, want dan broei jy, maak plannetjies, raak moerig, raak bang….. Maar o die vet weet ek is nie gemaklik hiermee nie. Toe ek Jesaja 30:18 lees, toe week ek….. Dit is wat tans wat in my lewe gebeur. God werk sagkens met my, Hy is geduldig met my…. I need to return the favour, vir my eie gemoedstoestand.

Yet the Lord longs to be gracious to you; He rises to show you compassion. For the Lord is a God of justice. Blessed are all who wait for him!.”

Die Here het elkeen van hierdie dienaars geroep om ‘n sekere taak in Sy Koninkryk te verrig. Tog was Hy nie vreeslik haastig om hulle vinnig te wys wat Hy vir hulle beplan nie, want die proses en wat hulle uit die proses moes leer was baie groter as die eindproduk.

Soos wat ek nou hier met erge gemoedsbekakking sit en broei onder die komberse besef ek die Here het groter planne vir my, maar ai…. Ek sal meer geduldig moet wees want dit proses gaan nie net pynlik wees nie, ek gaan die les mis.

Simpel sproet gesig… Plaas dat ek die Here ervaar, skop ek teen die prikkels. Ek wil regtig nie veertig jaar in my selfgemaakte woestyn rond drentel oor ek nie luister nie… Dit is wat ek die laaste 30 jaar gedoen het en ek is nou pretty gatvol vir misoeste en misfortune.

Haal diep asem…. Geduld…..

Deel hierdie gedagtes met andere...:
  • Twitter
  • Facebook
  • laaik.it
  • Digg
  • del.icio.us
  • Google Bookmarks
  • Blogosphere News
  • eKudos
  • LinkedIn
  • MySpace
  • Reddit
  • Slashdot
  • StumbleUpon
  • Technorati
  • PDF
  • Print
  • RSS
Hierdie gedagtes is geplaas in gedagtegroep(e): Gesprekke met God Sleutelwoorde: , Boekmerk hierdie permanente skakel. Terugskakels is gesluit maar jy mag opmerkings maak.. |

10 Comments

  1. Gesê op June 23, 2009 om 7:21 AM | Permanente Skakel

    Doen jouself ‘n guns en kry “Prozen” skat – ek is ‘n ander mens since ek dit begin gebruik het – sowat 6 maande nou… jinne ek kon vir jou kik en kerm en huil en teem daai tyd vannie maand – élke maand wou ek trek :lol: Helge hettie meer geweet waffer kant toe nie – hy’t diep ini moeilikheid gebly – net die diepte het verskil…
    Ek dink nie eers meer aan PMS nie. Ek drink 2 pilletjies elke oggend saam my gebruiklike Folic Acid/B12 ens and that’s that. (Helge koop deesdae al voorraad vooruit – as hy dit raaksien op sy trippies Dischem toe kry ek maar weer ‘n botteltjie – en as jy vashaak – skree my, dan pos ek vir jou ‘n botteltjie!!
    Die efficiency storie is tough – ek het in ‘n duitse huishouding grootgeword – man, dit was baaie moeilik om vrede te maak daarmee dat ander mense nie so is nie – dat dit ok is as die huis nie vandag gestofsuig word nie; dat die vensters volgende week gewas kan word en dat ek nie hoef te springclean as daar mense kom – ek het soms skottelgoed begin was, dan’s die gaste nog nie eers by die deur uit nie – en ek was ‘n regte pyn ini anale… en terwyl ons so besig is om efficient te wees – jip, het ons partykeer nie eens tyd vir die Here nie, want ons is bésig!!! My laatlam het my dié les geleer (behalwe dat ek tog soms ‘n gewone ‘chat’ in my daaglikse wandel met die Good Lord het): Weet Mamma hoekom ons ons hande vou as ons bid, hê Mamma? Ek :roll: – hmmmm het nog nooit regtig so gedink daaroor nie? Respek? Tradisie? Sommer oor Ouma my so geleer het?? Oor ons dit almal maar net doen??
    “Nee, Mamma!!, Kyk!,” seg hy en vou die handjies sá mettie vingers inmekaar gevleg: “Sá wys os die Here: Here, hier’s ek. Kyk Here, my hande is nou stil. Ek kan niks met hulle aanvang as hulle so gevou is nie. My tyd is nou U s’n.” Ek reken: “en wat as my kop besig is, al is my hande stil?” Lag hy: “Maar Mamma kan mos die Here vra om Mamma se kop stil te maak, terwyl Mamma nou met die gevoude hande in ‘any case’ niks aan die goed in Mamma se kop kan doen nie!” :mrgreen:
    Geduld – ek het altyd gewens dis ‘n ‘gift’ of the Lord, toe lees ekke dis ‘n ‘fruit of the Spirit” – en daar is ‘n verskil, ja. Dis nogal ‘n nice self-teaching werd om dit op te soek en te probeer toepas.
    Gifts: 1 Corinthians 12:4-14 / 1 Corinthians 12:27-30
    Fruit: Galatians 5:22-23 / 2 Peter 1:5-7
    Lekker dag Girly x

  2. Gesê op June 23, 2009 om 9:14 AM | Permanente Skakel

    Nice possie, en ‘n nice comment van BB. Kan maar net met julle albei saamstem.

  3. Gesê op June 23, 2009 om 12:24 PM | Permanente Skakel

    mamma het my weer met vele geduld geseën – dis makliker op die gemoed om besluiteloos en geduldig te wees as besluiteloos en haastig!

    bb, ek dink ek verstaan wat jy bedoel het met die gift vs fruit ding. want gifts gee die Gees wanneer hy lus is, maar fruit is uiterlike tekens van ons geestelike groei. die gebrek aan ‘n fruit is dus ‘n teken dat daar nog groei voorlê… moet nou net nie ongeduldig raak met jouself omdat jy nog nie hierdie fruit het nie, Girl! ;)

  4. Gesê op June 23, 2009 om 8:52 PM | Permanente Skakel

    Als het n tyd en n plek, Girl. Alles sal nog vir jou in plek val, intussen moet jy LEEF en nie net ongeduldig wag nie.

  5. Gesê op June 23, 2009 om 8:54 PM | Permanente Skakel

    En die PMS, maak soos BB sê, sluk daai pilletjies! Ek het ook erg daaraan gelei, g’n mens kon met my huishou nie…rêrig, dit was ‘out of control’. Dis nie n skande of so erg as mens iets daarvoor moet vat nie. Die mense wat dit nie kry nie besef hoe bleddie gelukkig hulle is nie.

  6. Gesê op June 24, 2009 om 11:34 AM | Permanente Skakel

    Jammer vir die dag se stilte….. Die komper se hardeskyf het gegroet….. Heerlik. Maar gelukkig het ons plan gemaak en ek is weer aanlyn!

    Hello wêreld!

  7. Gesê op June 24, 2009 om 11:43 AM | Permanente Skakel

    Jissie Beeps

    Jy is darem wys. Ek sal verseker by Dischem ‘n draai gaan maak. Ek raak nie kwaai saam die PMS nie, ek raak huilerig en voel unloved… Dankie tog, dit klink vir my daar is raad. As ek nie regkom nie sal ek jou aanbod aanvaar en sal jou laat weet.

    Jou jongste is vreeslik wys, want dit is wyse woorde. Hoe meer ek probeer om my Here te leer ken, hoe voller word my bord en ek kom by niks uit nie.

    Ek gana verseker daai stukkies lees, maar vanaand wanneer ek stil en rustiger is…

    Weereens dankie!

  8. Gesê op June 24, 2009 om 11:49 AM | Permanente Skakel

    Jissie annderster, Lyk my geloof en godsdiens het nie so seer reels nie maar daar is wel baie fyn detail… Gifts… Hmmmm….. Ek het so baie om te leer…

  9. Gesê op June 24, 2009 om 11:52 AM | Permanente Skakel

    More Tweelingkindjie

    Ja, as ek na my ma kyk… die het skoon ‘n historektomie gehad oor die PMS so erg was….

    Ek weet ek moet begin leef! Ek weet…. Maar iets hou my terug, Ek het serious introspeksie nodig.

  10. Gesê op June 24, 2009 om 11:53 AM | Permanente Skakel

    Dankie vir die lees Boends!

Sê jou Sê

Jou E-pos word nooit gepubliseer of met andere gedeel nie. Benodigde velde word gemerk met 'n *

*
*
  • Meer oor die Suburbs…

  • “n Voorstedelike Engel

    Ek is 'n nooi van Pretoria maar woon al 'n paar jaar in die Goudstad. Dit is in my nuutgevonde vryheid waar ek besonderse dinge beleef het en mense ontmoet het wat my bestaan ingekleur het. Mooi herinneringe is gebou; maar ook hartseer terugslae is beleef. Of hierdie nou 'n spoegblok, 'n dagboek of net die neerpen van 'n mengelmoes van my onsamehangende denke is, is debateerbaar. Dalk is ek 'n filosoof met die wyshede van die wêreld wat ek aan ander kan openbaar..... Ek kan dus bieg, wat ook al die beskrywing... hierdie is 'n persoonlike soeke na innerlike vrede en antwoorde wat ek verstaan.

  • My gedagtes draai om…

  • Besoekers nou by die suburbs…

    • Daar is tans 5 Besoekers aanlyn
  • 'n Wolk van Sleutelwoorde...

  • Onlangse Opmerkings...

  • Kontak die Suburbs

  • Argiewe van gedagtes

  • Ek ondersteun graag…

  • En ook vir…

  • Besoers aan die Suburbs…

    Hit Counters
  • Neem asseblief kennis…

    Kopiereg © 2010 Girl van die Suburbs - Alle regte voorbehou - totdat die Stormers die Super 14 wen. Wat beteken dit is van nou af tot in alle ewigheid. Hierdie blog is vir my ontwikkel op WordPress en 'n eie, unieke tema op die Thematic platform deur 2imagine met grafiese ontwerp insette deur I Love Design

  • Afrigator
  • Creative Commons License