Ons beroepskeuses

worstjob2-738542

Die laaste ruk voel dit vir my asof ek die goorste werk in die wêreld het. Nie noodwendig oor ek nie daarvan hou nie, ek is net gedemotiveerd. Inteendeel kan mag ek nie kla nie, maar daar is een of twee dingetjies (of mense en hulle stupid aksies) wat my net onder kry. Maar daar gelaat…..

Meeste van ons het tog ‘n keuse in die tipe werk wat ons doen. Ons gaan vir onderhoude en aanvaar die aanbod wat gemaak word. Ons weeg ons opsies op en ek vermoed die meeste van ons word definitief nie in ‘n blik gedruk met die besluit wat ons maak nie. Tog wil dit vir my lyk asof mense meeste van die tyd die verskoning gebruik hulle doen tans die werk wat hulle doen, oor hulle nie ‘n ander keuse gehad het nie.

Is die meeste mense ongelukkig in hulle werk opset? Ek het nog nie een keer in gesprek met iemand gehoor dat hulle so opgewonde is oor die werk wat hulle doen dat dit ‘n plesier is om elke dag op te staan en werk toe te gaan nie. Dit wil voorkom asof min mense hulle passie uitleef, of hul passie hulle beroep maak.

Ek verstaan dat die hedendaagse ekonomiese toestand dalk veroorsaak dat ons salarisse geaffekteer word. Ek kan ook verstaan dat ‘n mens verveeld kan word en dalk jou vlerke wil sprei…..

Ek wonder net hoekom so min mense doen wat hulle geniet om te doen?

Deel hierdie gedagtes met andere...:
  • Twitter
  • Facebook
  • laaik.it
  • Digg
  • del.icio.us
  • Google Bookmarks
  • Blogosphere News
  • eKudos
  • LinkedIn
  • MySpace
  • Reddit
  • Slashdot
  • StumbleUpon
  • Technorati
  • PDF
  • Print
  • RSS
Hierdie gedagtes is geplaas in gedagtegroep(e): Sommer maar net... Sleutelwoorde: , Boekmerk hierdie permanente skakel. Terugskakels is gesluit maar jy mag opmerkings maak.. |

22 Comments

  1. Gesê op May 8, 2009 om 5:20 PM | Permanente Skakel

    Ek geniet regtig my werk, al word ek hopeloos te min betaal daarvoor. Ek hou ook van die maatskappy vir wie ek werk.

    Ek dink amper dat dit ‘n skreiende skande is om net vir die naweke te lewe. Jy mors eintlik dan ‘n groot gedeelte van jou lewe. Wat kry jy in jy in ruil daarvoor?

  2. Gesê op May 8, 2009 om 6:20 PM | Permanente Skakel

    Ek dink dis belangrik om te wil opstaan om werk toe te gaan. Nie omdat jy moet nie, maar omdat jy rerig wil en jy moet dit geniet! Mens spandeer soveel tyd by die werk dat dit regtig goor is as jy dit nie geniet nie. Ek weet hoe dit voel om vir naweke te lewe!

    Soms maak mens ‘n keuse o m’n sekere rigting (beroep) in te slaan en op die ou einde is dit nie als wat vir jou gese is/wat jy gedink het dit gaan wees nie. Shit happens, soos die Engelsman se! Wat ek wel weet is dat dit nooit te laat is om van beroep te verander nie. Dat dit wel nie altyd so moontlik is nie, is dalk waar, maar mens moet doen wat jou gelukkig maak. Geld is nie alles nie.

    Ek is iemand wat gou verveeld raak en daarom het ek ‘n sekere veld gekies, maar op die ou einde het dit ook maar vervelig geraak. EK dink ek is gecurse met ‘n te wye belangstellingsveld en natuurlik rooimiere :mrgreen:

    Wat ek nou doen is glad nie wat ek wil doen nie en ek sien myself ook nie in een beroep vir die res van my lewe nie…ek sal dit nie oorleef nie! Ek het besluit om elke geleentheid aan te gryp en om soveel dinge moontlik in my lewe in te pas, want ek weet nie hoe lank ek hier gaan wees nie en daar is net te veel plekke om te sien en te veel dinge om te doen! Ek weet van mediese dokters wat rerig puik was in hul rigting, wat doodeenvoudig hul witjassies ophang en iets eenvoudiger gaan soek het…

    Ek het nou so baie geskryf dat ek nie meer my punt kan onthou nie :lol: My kop raas maar bietjie…
    Ek weet nie hoekom mense doen waarvan hulle nie hou nie, dalk omdat hul passie nie iets is wat rerig ‘n inkomste kan genereer nie??? Who knows? As jy rerig wil kan enige iets sekerlik werk!

    Sorry vir die opstelletjie ;-)

    Lekker naweek!

  3. Gesê op May 9, 2009 om 1:01 AM | Permanente Skakel

    Iets anders insake mense wat wel ongelukkig is in hulle werk.

    Hmm ek dink dis ‘n geval van ‘bly in jou nessie en word nie gekwes nie’ .. ten spyte van die ‘discomfort’ weet mens wat jy het en word dit ‘n vorm van sekuriteit .. en is baie mense eenvoudig te bang om daardie eerste stap te neem, dikwels vanuit ‘n finansiële oogpunt, maar hoofsaaklik omdat hulle dan buite hul ‘comfort zones’ sou beweeg .. ‘n risiko sonder waarborg van sukses.

    Ek weet .. ek is self daar en ken daardie plek (te) goed. There is no method in the madness, die logika ontbreek, maar mens verleer soms om te vlieg.

  4. Gesê op May 9, 2009 om 6:58 AM | Permanente Skakel

    Dit is baie waar wat jy se Elf! En ek kan dit verstaan, ek was ook daar en dis blerrie scary om daai eerste stap daaruit te vat!

  5. Gesê op May 9, 2009 om 10:51 AM | Permanente Skakel

    Hi A3

    Ek dink nogal ons almal dink ons word te min betaal vir wat ons doen :) Maar as Psigiater / Dominee / onderwyser …. wag, ek het dit! Jy is ‘n seksterapeut?

  6. Gesê op May 9, 2009 om 11:01 AM | Permanente Skakel

    More Kaalvoet kind

    Jy praat van ‘n beroep inslaan en dan van plan verander. Ek het toe nooit in die rigting in gegaan wat ek voor geswot het nie. Nie naastenby nie. Daaroor is ek spyt. Want dan het ek gedoen wat my passie is.

    Dit is baie noble om te glo geld is nie alles nie, maar ek dink 90% van die mense daar buite doen wat hulle doen oor die geld die enigste insentive is. My Besigheidsbestuur lektor het eendag gwkt geraak dat geld nie ‘n motivering is nie. My word, ek dink sy sluk dalk haar woorde vandag.

    Ek sou egter my voortande gee om te doen wat jy doen, maar ek is ‘n creature of habit. Ek is net te bang om uit my wereldjie te gaan en dit aan te pak. Ek haal my hoed vir jou af!

  7. Gesê op May 9, 2009 om 11:06 AM | Permanente Skakel

    More Elf

    Dankie vir die inloer hier in my plekkie!

    Oeg, ek dink jy praat nou direk met my! Ek is nie iemand wat hou van verandering nie. Ek wil my wereldjie kan beheer en wil weet wat volgende gebeur. As ek uit my comfort zone gaan, dan sal ou drama queen hier sukkel hoor.

  8. Gesê op May 9, 2009 om 12:39 PM | Permanente Skakel

    Ek dink ook nie ‘n kind van 18 kan besluit wat hy/sy as 40 jarige wil doen nie. Dis ‘n onding dat kinders direk na skool gedruk word om te gaan swot om ‘iets agter jou naam te kry’. As mens eers in ‘n gemaksone is, is dit vrekmoeilik om daaruit te kom.

    BTW, Adrie ‘n seksterapeut?? :lol: That will be the frosty Friday!

  9. Gesê op May 9, 2009 om 3:41 PM | Permanente Skakel

    Boendoe, wat sal jy tog weet? :mrgreen: Ek weet goed van seks wat jy nog moet gaan uitvind. Ha Ha Ha!!!

    Nell

    Ek doen ook niks met my graad nie. Die enigste ding waarvoor ek al ooit my graad gebruik het is as ‘n stepping stone en as agtergrond inligting. Ek kon nie keuring kry om medies te swot nie. Ek wou ironies genoeg ‘n psigiater geword het. Dinge het anders uitgewerk en ek is nie spyt nie. As ek my lewe oor kon gehad het, het ek dalk harder probeer vir keuring, maar dit is water onder die brug.

    Ek was gelukkig genoeg dat iemand ‘n kans gevat het met my. Ek het hulle nie teleurgestel nie. Nou het ek ‘n CV wat mense dubbel my ouderdom sal beny. Ek sou nog geswot het as ek wel my sin gekry het.

  10. Gesê op May 9, 2009 om 3:43 PM | Permanente Skakel

    Hi Boendoe

    Ek het ook al die argument gehad en staan by jou op die standpunt. Kinders is nie opgewasse genoeg om so ‘n groot keuse te maak nie.

    Ja. A3 wou nie direk vertel wat sy doen vir ‘n lewe nie, toe dog ek sy is dalk skaam en maak my eie afleiding uit haar kriptiese leidrade… :) :) :)

  11. Gesê op May 9, 2009 om 4:09 PM | Permanente Skakel

    Hi A3

    Ek was al by ‘n psigiater of twee, okay drie….. Ek dink hulle moes vrek hard geswot het om ons malletjies en gebroke mense te kan fix ;)

    In alle eerlikheid het ek nie ‘n droom job nie. My studierigting sou ‘n baie gestimuleerde job verskaf het….. Ek dink ek sal daarvan hou om ‘n boervrou te wees. Vroulike boer! nie noodwendig ‘n boer se vrou nie.

  12. Gesê op May 9, 2009 om 4:11 PM | Permanente Skakel

    Hallo jy.. ek sien jy of jou dienskneg is aanlyn :)

  13. Gesê op May 9, 2009 om 4:15 PM | Permanente Skakel

    Hi Zee

    Dis ekke GvdS….. Die Diensknegte sit tien teen een vasgenaal voor die kassie – twee rugby verslaafdes daai :)

  14. Jong Dienskneg
    Gesê op May 9, 2009 om 6:18 PM | Permanente Skakel

    :-( en daar verloor die Sharks!!!!!

  15. Ou Dienskneg
    Gesê op May 9, 2009 om 6:20 PM | Permanente Skakel

    …………….en die flippen blerrie Bulls is ook besig om te verloor ………………

  16. Gesê op May 9, 2009 om 6:30 PM | Permanente Skakel

    Ag jongeling, dis nou jammer!

    Sorry man!

  17. Gesê op May 9, 2009 om 6:33 PM | Permanente Skakel

    Skreeu dan net harder vir die Bulle!!!!!

  18. Ou Dienskneg
    Gesê op May 9, 2009 om 7:04 PM | Permanente Skakel

    Gah!

    En met die hulp van my ervare kundige verbale aansporing wen die Bulle toe! :mrgreen:

  19. Gesê op May 9, 2009 om 7:16 PM | Permanente Skakel

    Nou hoe dan anders….. Dit is immers die bulle!

  20. Gesê op May 10, 2009 om 7:54 AM | Permanente Skakel

    Ek is ook nie in die rigting wat ek geswot het nie en dis eintlik ‘n moviese frustrasie, maar soveel as wat ek hou van my vakrigting wil ek dit ook nie vir die res van my lewe doen nie!
    The world is my playground! Ja, geld is ‘n groot insentief, want mens moet immers kan lewe…dalk is ek maar net anders aanmekaar gesit of dalk is dit oor ek al baie van die goed op ‘n vroee ouderdom ervaar het. Who knows?

    Om Korea toe te kom was ‘n noodgedwonge ding, meer as vryewil, maar ek is nie vir een oomblik spyt nie! Mens se oe gaan oop vir soveel dinge

    Ek’s bly die bulle het gewen :-)

  21. Gesê op May 10, 2009 om 12:12 PM | Permanente Skakel

    Hi Kaalvoet Kind

    Mis jy nie die rugby en ander eg SA dinge daar ander kant nie?

  22. Gesê op May 10, 2009 om 1:28 PM | Permanente Skakel

    Die rugby het ek onlangs uitgesort…die internet is ‘n wonderlike ding as jy weet waar om te soek! Live rugby…mmmm….great stuff!

    Natuurlik mis mens eg SA goeters, veral biltong en droewors en sout & asyn chips, maar mens kom ook weer gou oor dit en gelukkig is daar mens wat so nouen dan gaan kuier in SA en dan stuur mens maar ‘n lysie saam ;-)

    Toe ek Nov in SA gekuier het het ek weer die Koreaanse kos gemis sommer klomp ander goed hier. Dis verbasend hoe gou mens aanpas en hoe mens verlief raak op ‘n ander kultuur.

    Meeste van als mis ek die Kaap en my mense, maar dis ook al! Wat kos aanbetref kan mens enige iets Westers ook maar hier kry en soms moet jy bereid wees om te betaal…hang af hoe desperaat ek voel. All in all is dit ‘n life changing experience en het ek baie dinge vir myself uitgesort! Ek het die afstand van alles wat bekend is nodig gehad!

Sê jou Sê

Jou E-pos word nooit gepubliseer of met andere gedeel nie. Benodigde velde word gemerk met 'n *

*
*
  • Meer oor die Suburbs…

  • “n Voorstedelike Engel

    Ek is 'n nooi van Pretoria maar woon al 'n paar jaar in die Goudstad. Dit is in my nuutgevonde vryheid waar ek besonderse dinge beleef het en mense ontmoet het wat my bestaan ingekleur het. Mooi herinneringe is gebou; maar ook hartseer terugslae is beleef. Of hierdie nou 'n spoegblok, 'n dagboek of net die neerpen van 'n mengelmoes van my onsamehangende denke is, is debateerbaar. Dalk is ek 'n filosoof met die wyshede van die wêreld wat ek aan ander kan openbaar..... Ek kan dus bieg, wat ook al die beskrywing... hierdie is 'n persoonlike soeke na innerlike vrede en antwoorde wat ek verstaan.

  • My gedagtes draai om…

  • Besoekers nou by die suburbs…

    • Daar is tans 5 Besoekers aanlyn
  • 'n Wolk van Sleutelwoorde...

  • Onlangse Opmerkings...

  • Kontak die Suburbs

  • Argiewe van gedagtes

  • Ek ondersteun graag…

  • En ook vir…

  • Besoers aan die Suburbs…

    Hit Counters
  • Neem asseblief kennis…

    Kopiereg © 2010 Girl van die Suburbs - Alle regte voorbehou - totdat die Stormers die Super 14 wen. Wat beteken dit is van nou af tot in alle ewigheid. Hierdie blog is vir my ontwikkel op WordPress en 'n eie, unieke tema op die Thematic platform deur 2imagine met grafiese ontwerp insette deur I Love Design

  • Afrigator
  • Creative Commons License