
Liewe Jesus
Daar is soveel dinge op my pa se lys wat hy graag vir sy verjaarsdag wil hê, en alles kan vir hom gekoop word. Daar is klein goedjies en groter goeters, elkeen ‘n wens so na aan sy hart. U weet van elke dingetjie wat sy hart begeer, maar wat ek vir hom wil gee kan geen geld in die wêreld koop nie. Wat ek as wens vir my dad wil gee kan net deur U genade gegee word, en daarom wil ek U graag vra om een of twee van die volgende te onthou wanneer U hom seën met die nuwe lewensjaar.
- Ek wens vir herkenning. U weet my dad is my hero, en help my asseblief om dit aan hom te wys. Ek het as klein dogtertjie so baie by hom geleer, al moes ek nou pakslae kry voor ek luister….. Die lewenslesse het egter nooit opgehou nie en ek leer as jong vrou nog steeds so baie. Ek leer uit sy verhouding met U. Ek leer uit sy verhouding met ander….. Ek leer oor hy liefhet.
- Ek wens vir minder hartseer. U het dit goed gedink om ons jongste boetie, maar my pa se grootste vriend huis toe te neem. Ek wil vra dat U hom vrede in sy hart en innerlike krag sal gee om te verstaan, om te aanvaar en om aan te gaan. Al het drie jaar al uit die uurglas geloop, het nog niks makliker geraak nie, nog geen antwoorde is gekry nie, nog geen rowe is gesond nie… Al is dit vir een dag, wil ek U vra om net daardie seer weg te vat. Ek sal settle vir ‘n split sekonde ook as ek moet.
- Ek wens vir gesondheid. Ons het drie maande terug gedink hy self gaan sy Leidsman en Meester ontmoet. Dankie dat die hartaanval geen blywende skade gelos het nie. Dankie dat dit net as wake-up call gebruik is om my te laat besef my pa is ook verganklik en my tyd saam hom is min en tog so kosbaar. Seën my pa asseblief met ‘n gesonde lewe tot U hom eendag kom haal.
- Ek wens vir voorspoed. My pa het nog altyd sy beste vir U Koninkryk gegee en ek wil U vra om hom te seën op die plekke in sy lewe waar dit swaar gaan. U weet waar die nood is.
- Ek wens vir gemoedsrus. Soos ‘n Pa maar is liewe Heer, bekommer my pa hom te veel. Maak sy hart rustig met die wete dat sy kinders wel lewensmaats sal kry, wanneer die tyd reg is want elke pa wil tog eendag ‘n oupa word.
Jesus, ek vra nie alles uit verdienste nie, maar alleenlik uit U groot genade.
Dankie vir so ‘n stunning pa!
Amen
PS. Happy Birthday Dad!





11 Comments
WOW!
Stunning kiekie…
Stunning gebed…
Stunning geskenk…
…hy sal dit kry.
Happy Birthday GvdS se Pa!
My dad is my als!
Ek is regtig gelukkig om hom in my lewe te he!
Sjoe, dis mooi!
Hy klink na ‘n besonderse mens.
Baie geluk, Girl se pa!
Hi Maxie
Dankie vir die inloer by my plekkie.
In my ogies is hy op Superman level!
Ek hoop hy kry dit alles, en nog meer. Geluk van my kant ook!
AMEN!!! en Geluk aan jou se Dad!!
Dis wonderlik om so goeie verhouding met joupa te he. Ek weet, ek lief my dad baie en elke dogtertjie het so hero nodig
Ek glo dat jou pa die nodige geskenke sal ontvang.
Baie geluk met sy b-day en mag hy nog lank gespaar bly.
Ai, dis darem n pragtige gebed…ek bid hom sommer vir my Pa ook, al is dit nie sy b-day nie!
Baie geluk met jou Pa se b-day! Mag hy nog jarre en jarre gespaar bly vir julle!!
Dis die mooiste geskenk denkbaar!! Baie geluk GVDS se Dad…
Dankie Boends
Dankie Kaalvoet kind, Pikkie, tweelingkind en Pikkie.