Môre Wag

Hierdie stadskind is regtig dankbaar dat daar ‘n hoofstuk aan die afsluit is in my lewe. Die sleutel draai in die slot met die hoop dat alles van gister agter gelaat sal word, want die stukkie hartseer wat vir my uitgekerf is is nou al sewe keer omgedraai om in die gat te pas. Dit is nie altyd maklik om die storie van ons te vertel nie, want hoe verduidelik ek dat ek lief was selfs vir die monsters in jou skaduwee. Jy was wie jy was, oor die tekortkominge wat jy nie kon verhelp nie. Die lewe het jou in die steek gelaat. Ek glo dit in my hart.  Ek het besluit om elke stukkie herinnering aan ‘n toutjie vas te maak en aan die einde van daardie toutjiel ‘n balon ….. So sal ek jou dan stukkie vir stukkie laat gaan. 

mr-h

Die huilende gesuis

Van die wind deur die bome,

Herinner jou

Aan vergete drome.

Net jy alleen

Met heimwee in jou hart.

Geen trane meer

Net ‘n tikkie smart.

Vorentoe kyk

Na ‘n toekoms wat wag

‘n Lewe om te leef

Kans om die seer weg te lag.

‘n Hoofstuk gesluit.

Begin ‘n nuwe boek,

Maak net doodseker

Dat jy na die regte tema soek.

Word hernu

Maak jou geslote hart oop

Steek jou hande uit

En reik na môre se hoop.

Die vele verwagtinge,

Beloftes wat dit bied.

Dalk doen jy die ontdekking

Gister se seer is in die verlede gegiet.

Deel hierdie gedagtes met andere...:
  • Twitter
  • Facebook
  • laaik.it
  • Digg
  • del.icio.us
  • Google Bookmarks
  • Blogosphere News
  • eKudos
  • LinkedIn
  • MySpace
  • Reddit
  • Slashdot
  • StumbleUpon
  • Technorati
  • PDF
  • Print
  • RSS
Hierdie gedagtes is geplaas in gedagtegroep(e): Rooiwyn vir die Siel Sleutelwoorde: , , , , Boekmerk hierdie permanente skakel. Terugskakels is gesluit maar jy mag opmerkings maak.. |

16 Comments

  1. Gesê op May 29, 2009 om 11:07 PM | Permanente Skakel

    Jy sal my verstaan en vergewe wanneer ek as woordelose toeskouer in die skadu van daardie boom na hierdie mooi post staar, ja?

  2. Gesê op May 31, 2009 om 10:10 AM | Permanente Skakel

    Ek is saam met Elf in die skadu van daai boom en staar…baie mooi!

  3. Gesê op May 31, 2009 om 6:27 PM | Permanente Skakel

    Hello Tweeling en Elf

    BAIE DANKIE! Nou is ek speechless

  4. Gesê op May 31, 2009 om 10:51 PM | Permanente Skakel

    ek bewonder jou moed, girl… en sien saam met jou uit na elke kans om die seer weg te lag. mag die lag al hoe voller en meer eg wees.

  5. Gesê op June 1, 2009 om 9:58 AM | Permanente Skakel

    Maak jou geslote hart oop…..BAIE BELANGRIK, Girl! Trust my!

  6. Gesê op June 1, 2009 om 10:58 AM | Permanente Skakel

    More

    Nell

    Ek wil nie snaaks wees nie, maar jou more is al eergister. :roll:

  7. Gesê op June 1, 2009 om 11:23 AM | Permanente Skakel

    Hi Annderster

    So werk ‘n mens maar deur die dinge! Dit is wat so lekker is van die blog….. Bietjie terapie!

  8. Gesê op June 1, 2009 om 11:26 AM | Permanente Skakel

    More Tweelingkind

    Ek sukkel maar om die hart oop te maak….. Die een dag is ek op die kruin van happiness en die volgende dag word die vloer met my gevee…. MAAR, groot MAAR….. Dinge gaan beter word! Dit weet ekke.

  9. Gesê op June 1, 2009 om 11:27 AM | Permanente Skakel

    More Ysterklou

    Die inspirasie het my verlaat…. :sad: Die eergister was darem lekker dankie!

  10. Gesê op June 1, 2009 om 1:21 PM | Permanente Skakel

    Neelsie

    Dan is jy nou amptelik ‘n blogger.

  11. Gesê op June 1, 2009 om 6:25 PM | Permanente Skakel

    (((Girly))) Steek jou hande uit na môre se hoop!

  12. Gesê op June 1, 2009 om 9:33 PM | Permanente Skakel

    As jy eendag die moed het, vertel my van hom, ’seblief?

  13. Gesê op June 1, 2009 om 9:41 PM | Permanente Skakel

    Hello Elfie

    Ek sal jou met graagte van hom vertel. Ek weet net nie aldag wat om te vertel nie. Hy het twee ekstreem kante gehad en ek weet nie aldag hoe om oor daardie ervarings te praat nie.

  14. Gesê op June 1, 2009 om 9:46 PM | Permanente Skakel

    Dankie Ouma Wipsnoet

    Dit is net die wag op more wat my aan die gang hou!

  15. Gesê op June 2, 2009 om 6:01 AM | Permanente Skakel

    Jy is reeds hier, ‘n beter plek. Jy sien dit net nog nie raak nie.

  16. Gesê op June 2, 2009 om 10:32 AM | Permanente Skakel

    En ek het ‘n Virus…..

    Ek weet ek is op ‘n beter plek, en is elke dag dankbaar daarvoor. Ek wens net egter die proses gaan bietjie vinniger want daar is nog ‘n entjie wat gestap moet word.

Sê jou Sê

Jou E-pos word nooit gepubliseer of met andere gedeel nie. Benodigde velde word gemerk met 'n *

*
*
  • Meer oor die Suburbs…

  • Stem vir my

    Vote for this Blog

  • “n Voorstedelike Engel

    Ek is 'n nooi van Pretoria maar woon al 'n paar jaar in die Goudstad. Dit is in my nuutgevonde vryheid waar ek besonderse dinge beleef het en mense ontmoet het wat my bestaan ingekleur het. Mooi herinneringe is gebou; maar ook hartseer terugslae is beleef. Of hierdie nou 'n spoegblok, 'n dagboek of net die neerpen van 'n mengelmoes van my onsamehangende denke is, is debateerbaar. Dalk is ek 'n filosoof met die wyshede van die wêreld wat ek aan ander kan openbaar..... Ek kan dus bieg, wat ook al die beskrywing... hierdie is 'n persoonlike soeke na innerlike vrede en antwoorde wat ek verstaan.

  • My gedagtes draai om…

  • Besoekers nou by die suburbs…

    • Daar is tans 6 Besoekers aanlyn
  • 'n Wolk van Sleutelwoorde...

  • Onlangse Opmerkings...

  • Kontak die Suburbs

  • Argiewe van gedagtes

  • Ek ondersteun graag…

  • Besoers aan die Suburbs…

    Hit Counters
  • Neem asseblief kennis…

    Kopiereg © 2010 Girl van die Suburbs - Alle regte voorbehou - totdat die Stormers die Super 14 wen. Wat beteken dit is van nou af tot in alle ewigheid. Hierdie blog is vir my ontwikkel op WordPress en 'n eie, unieke tema op die Thematic platform deur 2imagine met grafiese ontwerp insette deur I Love Design

  • Afrigator
  • Creative Commons License