Hierdie siniese kaalvoet meisie het dit al baie oorweeg om die Internet Date-ding te probeer, maar gelukkig vir my, is ek helemaal te lief vir my eie comfort zone. Ek is ook bang vir die mal mense wat daar uithang. Ek praat nie uit ondervinding nie, maar ek ken ‘n paar dames wat braaf genoeg was om dit te probeer.
Ek het geleef vir Maandag oggende, want dan is dit gewoonlik terugvoer tyd, want die dom brawe meisies sou oor die naweek potensiële kandidate oor die naweek ontmoet. Ek weet dit is baie lelik van my maar ek kon party keer nie help om net te giggel nie, want die Facebook Status updates was gewoonlik ‘n goeie aanduiding van die terugvoer wat ek kan verwag. Heerlike gedetailleerde terugvoer, want nege uit die tien keer was dit ‘n totale treinramp!
Baie van ons los lopers was menige male teleurgestel in persoon wat nou nie uitgedraai het as meneer perfek nie. Ek dink egter dit is half pateties as jy jou hart verloor het op ‘n man in die kuberruimte net oor hy die dinge so mooi kon se wat jy so graag wou hoor.
Dit is egter baie hartseer dat ons deesdae on wend na die internet op die hoop om ons lewensmaat te vind. Opportuniste is daar baie van en daar is oor die 4miljoen dating sites in Suid Afrika alleen geregistreer. Mense slaan munt uit ander se desperate soeke na liefde.
Dit is vir my begin kyk die internet dating by party vriendinne het die desperaatheid net meer aangewakker. Na ‘n week se chat het hulle gevoel hulle moet die man van hul drome ontmoet. Hoe kan jy na ‘n week voel die persoon wat net op skerm voor jou staan is die persoon met wie jy die res van jou lewe wil deel?
Kyk, ek lag die hele affêre nie af nie, want daar is sukses verhale. Ek dink net dit is hartseer dat daar so baie mense daar buite is wat nog opsoek is na hulle lewensmaat. Ek kan nie dink dat ons standaarde so verander het as toe ons ouers gedate het nie, en hulle het almal man / vrou gevang….. Hoekom is dit so moeilik in vandag se tyd?





34 Comments
Hey! Pissie!
As deel van my navorsing het ek gaan registreer by een die sites. Ek dink regtig dat jy moet gaan registreer.
Uuuhhhmmm….. Ek het gese ek het nog nooit op ‘n dating site gaan loer nie, maar ek het wel op ‘n forum soos joune ‘n kandidaat ontmoet en hals-oor-kop my hart verloor. Maar toe hy my sien toe hol hy!
Nee, die langafstand ding het nie gewerk nie
Ekskusies
Hierdie is ook nou die beste poging nie, want ek het nog nooit ‘n CUT OFF TIME gehad nie. Ek het gou by die werk gesit en klaar maak om huis toe te kom….. Net om te sien daar is nie water nie.
So, het jy by ‘n dating site geregistreer?
Adrie, ek verwag natuurlik van jou om my op hoogte te hou, ne?!
BTW, ek is MAL oor die vraagtekens op jou blog! Dit maak so oulike kurwe! Cute!
Nee, ekke het nie geregistreer nie… Ek is helemal te lui om nog man so te probeer vang. Wat ek soek ou Boends, gaan ek nie op ‘n site kry nie.
PS. Dankie. Die ? is Century Gothic skrif!
Boendoe
Sien jy, dit gaan sukkel. Sy is te chicken om te registreer. Dus is daar niks om jou op hoogte van te hou nie.
Dit klink vir my na ‘n dare?
Right watse site en wat wil jy he moet ek doen (daar bereik)
Nell
Dit is jy wat al effens desperaat is. Nie ek nie.
Ons kan dit natuurlik interessant maak. Dalk moet ons dit aan iemand anders laat om die stakes te plaas.
Kom, kom, meisies. Ek’s ‘n sucker for romance.
Stuur julle gegewens aan my, ek sal julle registreer. Girlie, wat soek jy wat jy nie op ‘n website kan kry nie? Glo my, daar kom ‘n vibe deur… Dis net ‘n kwessie van soek, en jy sal vind. Met die emphasis op SOEK.
A3
Desperaatom jou van my rug af te kry, dalk!
Boendoe ek is meer gewillig vir ‘n blind date as ‘n site romance. Net grillerige mans hang daar uit!
Jy het begin, nie ek nie.
O, wel, ek het ‘n enkellopende buurman wat baie eensaam is?
Hoekom is jou buurman eensaam Boends?
Hello Girly!!
Hiers ek ook… gou op jou web kom loer!
Jou kat te cute vir woorde!
Topic
Ek is te bang vir die date sites… weti of ek dit sal kan doen nie, wat nog van iemand ontmoet!!! Dis vir my heeltemal te scary!!
Maar ek verstaan daar is tog nice mense da buite wat nie mense in ‘n kroeg of club wil ontmoet nie… so wa anders? Dis eintlik ‘n moeilike een!
Jou ????? is cool!!!!
More Nats
Dankie vir die inloer by my plekkie!
As jy lees wat van die mense op die sites se waarna hulle soek, is dit angswekkend! Van hulle is getroud en is opsoek na bietjie fun (net so!). Nou wie se die ander is nie ook onder die dekmantel nie?
Daarom se ek, ek is oop vir ‘n blind date want jou vriende (wat meestal ordentlik is :p) sal jou nou nie aan drek voorstel nie, wel ek hoop nie so nie in elk geval.
Julle girls moet laat ons oues julle leer flirt en man vang, hierdie dating sites sal nie werk nie!!
Hê Boendoe sal ons vir hulle klasse aanbied?
Either dit of ek sal moet begin rondkyk vir oulike vissies in die see en my eie dating club begin. Sodoende kan ek ‘n ogie hou oor my skapies!!!
whahahahahahahaha
Tannie Wipneus
Jy kan sakke vol geld maak. Flit lesse en ‘n date diens!
Nell
Dit is eintlik Ouma Wipneus. Wat my dating site profile laat verwyder het.
Jaaaa!!! Jy het gedink jy kan stout wees sonder dat ek sien Adrie!!!
Niks ontglip my oge!!!
Girlie ek kort juis geld, ek sal vinnig na die vissies moet begin soek. Maar deesdae raak die goeie, sterk, gesonde visse ook maar skaars. Dit gaan ‘n full time job wees
Nee, Nee, Nee…………..
Julle klomp vroumense het nou weer (soos gewoonlik
) die kat totaal en al aan die gat beet!
Ek het al die internet dating ding gedoen. En dit is nogal baie exciting. Die hele ding is dat JY self die gesonde oordeel aan die dag moet lê om te besef met wie en wat jy te doen het. VOOR jy op ‘n vliegtuig, bus, trein, boot, kar klim om “God’s Gift to Internet Dating” te gaan ontmoet. Jy behoort mos te weet, of gou agter te kom, dat jy met ‘n goeie siel met goeie intensies te doen het of ‘n direkte afstammeling van die grootste reeksverkragter duskant Ysland.
Ek wil nie in kroeë, nagklubs, ens rondlê en loer vir addisionele warmte langs die kaggel in die winter nie.
Ek doen dus die Internet dating ding. En dis lekker.
Die belangrikste van alles is om te besef dat jy nie altyd die Groot Liefde in jou lewe gaan ontmoet nie………maar, jy kan dalk net ook 2 of 3 lewenslange vriende ontdek.
Ek het verlief geraak op een van my “ontmoetings”. Weens faktore buite ons beheer is ons dalk nie mekaar se groot liefdes nie, MAAR, ek het ‘n baie stunning en intriguing en intelligente vriendin gemaak…..!
Sy moet dit nog net besef!
Jis A3, ek het nou weer gedink ons moet 3 profiles opstel almal met dieselfde info, net met 3 verskillende foto’s. ‘n Eksperiment…. If you will!
Ouma Wip
Hoekom kry ek die idee dat jou selfoon missing is?
Wag, ek moet gou vir Boendoe van my oulike date gaan vertel.
Girl
Die dag wat ek baie hoog op iets baie goed is, daardie dag sal ek ‘n foto opsit.
Skies “Ouma” Wipsnoet
Ja, mooi gesonde (verstandelik en fisies) vissies is daar min van. Klink vir my egter jy en Boends kan dalk plan maak?
Nee A3, ons kry Anna Nicole Smith, Ugly Betty en ‘n girl next door pics – NIE ONS NIE….. Dan kyk ons wie die meeste aandag trek, al is die info presies dieselfde op die profiles…
Jis Ou Dienskneg….. Ek mail jou oor daai ene!
So jy reken ‘n mens kan wel liefde so vind?!
Nell
Briljante plan. Ek het ‘n paar epos adresse. Ons moet egter mense kry wat nie bekend is nie.
Okay, ek dink ons google maar ‘n paar gesiggies!
Luister nou vir Ou Dienskneg! Vir moderne meisies is julle heeltemal te inkennig. Onthou, daar staan darem ‘n pc tussen jou en die ou. Jy kan nog steeds hol as die paartie te rof raak.
Girlie, my buurman is eensaam want ek dink hy is heeltemal te skaam.
Maar Boends, die probleem kom in as jy die persoon ontmoet na jy jou hart op die peecee screen verloor het.
Nou hoe oud is hierdie buurman van jou? Dalk het hy regtig jou hulp nodig!
Nee wat, on second thought, my buurman gee my baie pret so in sy eensaamheid!
‘n Laaste woord: hoekom join julle nie maar die internet dating site as ‘n ‘eksperiment’ nie? Mens weet nie – dalk slaan julle tog ‘n gelukkie daar.
Hi Boends
Dalk is jy sy laaste hoop tot redding. Jy kan nie nou vir hom gaan staan en lag nie. Shame man. Skryf vir hom ook in op een van die sites en speel dan so match maker
Ek en A3 gaan beslis konkel oor die eksperiment!