Soos wat dit nou ‘n nuwe blogger betaam gaan lees ek soveel as moontlik ander geskrewes om te sien waar ek nou inpas….. Dit is nou sosiaal inpas. Ek verstaan daar is ‘n hele wetenskap wat blogs verduidelik, maar weereens wil ek ‘n emosionele konnotasie maak.
Op Varsity was ek deel van die intellektuele groep. Ons het gefilosofeer, geredeneer en het selfs klas aangebied om ander te leer hoe om soos ons te dink (nee, régtig). Soos wat ek ouer word, en al hoe minder tyd in intellektuele geselskap deur bring voel dit vir my ek raak dom. Ek verstaan partykeer nie. Ek kan my self glad nie meer met soveel outoriteit uitdruk, dat mense nou regop sit en notisie neem nie. Nou gaan kyk ek rond op hierdie vreeslike intimiderende sites waar ek te bang is om my opinie te lug want ek is bang ek klink dom. Ek meen ek het in matriek laas in my moedertaal geskryf, nou is ek bang ek maak nog ‘n grammatiese fout daarby. Die akademiese gesprekke floor my behoorlik, alhoewel ek die gesprekke gate uit geniet. Ek kan net nie bydra nie.
Dan is daar blogs wat net sommer in my hart inkruip. Meegevoel en meeleef sites waar mense soos ou vriende met mekaar kommunikeer. Dit is hier waar ek tuis voel.
Ek lê nou en wonder of ek dom word. My fokus en belangstelling het helemaal verskuif en dit in 9 jaar? Ek dink ek is dalk uiteindelik nou my eie mens.






22 Comments
Ek is te lui om te maak asof ek intelektueel is. Daarom ploeter ek domastrant voort. As iemand nie daarvan hou nie, is hulle baie welkom om my comment te delete. Ek sal dit nie teen hulle hou nie. Ek moet dalk ook byvoeg dat ek seker die blogger is wat die meeste in die moeilikheid is.
My IK = 10
My EK = -120
En nee, ek ervaar jou glad nie as dom nie.
GvdS, weet jy, daar is ook ‘n paar plekke waar ek net lees, want ek weet wat ek gaan kwytraak gaan “dom” klink. Ek lief dit bv om by Emil te lees, maar jinne, ek lewer maar net kommentaar as hy oor iets op my “vlak” praat
Partykeer sê mens iets wat maar later regret maar ag wat, dis hoe mens op daardie oomblik gevoel het. So Girl, lig maar jou mening, mens is mos nie gedwing om elke keer saam met die skrywer te stem nie.
As ek nou die 2 skripsies deurlees wat ek in my akademiese loopbaan gedoen het, verwonder ek myself aan my eie taalgebruik toe. Een in menswetenskappe was in Afrikaans en een in besigheidsstudies was in Engels. Dit is maar die omgewing waar mens jou bevind. Ek het ‘n ruk lank in die Polisie gewerk en vreeslik leer vloek daar. In onlangse aanleg/IK/persoonlikheidstoetse het ek besonders hoe (sien, nou weet ek nie eers wat is ’scores’ in Afrikaans nie) scores gekry vir verbale vermoens. Die een sielkundige se terugvoer was egter dat ek moet werk aan my EQ. Maar wat sal ek my nou aan sulke bog steur…
GvdS, ek het eenkeer iets gepost oor EQ, gaan loer gerus. http://zee3.wordpress.com/2009/01/26/hoe-emosioneel-intelligent-is-jy/
Ek dink tegnies voel jy maar soos die meeste van ons ander bloggers…. Dis lekker om by die slimmes te lees, maar oe, daar kan jy jou naam solid met ‘n plank slaan… RERIG, vra my, aan die ander kant is ons almal net mens, en as mens geniet ons alles wat om en in ons gebeur. Ek geniet dit byvoorbeeld om te lees dat ander met dieselfde gemors as ek sukkel en dan gee dit my weer moed as ek lees van iemand wat deur dit was waar ek is en heel anderkant uitgekom het. Elke blog is maar uniek en moet as sulks gesien word, en elke blogger het maar net plekke waar hy meer aanklank vind as by ander plekke. Terloops, ek word daagliks slimmer net om blogs te lees… Jitte party mense kan darem maar slim goed kwytraak, en aan die ander kant is die omgekeerde ook waar!
Ek dink nie jy is dom nie – maar ek dink dalk is van die BAIE intellektuele blogs vir mense wat BAIE belangstel in die onderwerp nie so intellektueel nie
Ek lees ook redelik wyd maar lewer nie altyd kommentaar nie. Soos Adrie…is my EQ deesdae ook verder in die minus. My IK krimp ook daagliks
ek is nou gespam…(sug)
EK dink ons almal voel maar soms so en het plekkies waar ons lees, maar niks se nie!
Ek voel ook baie kere dat ek dommer word, veral waar ek nou is…gebroke Engels en gesprekke met kinders help nopu nie juis nie, ne!
Wat die akademie aanbetref, voel ek ek kan nie rerig teruggaan nie, want ek het so baie verloor met die tyd…seker simpel, want mens vergeet nie eintlik nie. Dit vat net bietjie inspanning om te onthou
Hi Adri
Ja, ek se mos jou is glad nie emosioneel nie – Elke man se droom vrou! Dus sou ek saamstem jou EQ is moer hoog! Jou IK, dame is net so hoog man. Veral oor jy in daai F B Goeie skool was (onthou jy?)
Hello Zee & Pikkie
Ek sit en dink meeste van ons blog mos incognito, so ek moet my nou nie steur aan of ek dom gaan klink nie. In elk geval glo ek baie van die posts is geskryf net om reaksie uit te lok. Net die feit dat van die mense op hulle reageer (en baie ook) laat my dink die reaksie is nog gekry ek gaan niks verrig met my 5c-worth nie.
LOL – Ek het ook by Emil gaan inloer en vind sy geskrewes baie entertaining. Ek moet nog net ‘n stukkie kry waarop ek kommentaar kan lewer
Dan kry jy Johan….
Dankie vir jou link Zee – Ek sal nou nou gaan lees.
Hi Hardspear
Dankie vir die inloer op my plekkie.
Ek het al ‘n EQ toets afgele en was heel verbaas wat dit toets. Wat het jy by die polisie gedoen? EK dink van daai manne kry swaar hoor.
Party mense kan mooi vloek…. Dalk is jy een van hulle?
Oh, ja ek het ook al deur my Varsity take gegaan, veral weer gekyk na my Engelse Literatuur en Inligtingkunde… Waar ek aan al daai stront gekom het, sal nugter alleen weet.
Middag Kaalvoet Kind
Ek dink jy is reg. Ons stoor net in file 13 en omdat ons dit nie gebruik nie, verleer ons dalk van dit.
My neef het in Taiwan gaan skool gee. Sy naam is Corne. Die klompie daar kon om die dood toe nie sy naam uitspreek nie en hy eindig toe op as Teacher Andrew.
Ek dink mens se brein het ook maar oefening nodig om lekker skerp te bly. As ons dit nie doen nie, kan ons dalk ‘dom’ raak tot ons onsself weer regruk.
‘n Lekker ding van die blog-omgewing is dat dit spasie bied vir enigiemand en enige persoonlikheid of styl. Aan die einde van die dag kuier almal maar waar hulle gemaklik voel. Persoonlik het ek geen behoefte daaraan om in intellektuele debatte betrokke te raak met bloggers nie. Nee wat. Ek kom soek (of deel) juis dit hier wat ek mis in my daaglikse bestaan.
Jammer Carina
Ek gaan die gespamery uitsorteer want nou is jou ander comment weg! Nee, man. Ek dink in elkgeval jy is ‘n vrou van staal – jou EQ is BAIE hoer as wat jy jouself toeken.
Naand Kyker
Ek het nou hoeka begin blokraaisels en woordgames (oe, daar is baie op facebook) begin speel, net om die grysstof in oefening te hou!
Hi daar Nell , wat moet ek nou se , ek was net sondagskool toe en toe verbetering skool toe
Al my dooie brein selle het afgesak na my pens toe ………
Ek geniet jou blog inskrywings …
Stem nogal saam met wat kyker se
Dis lekker om n bietjie uit te hang en sommer net lighartig te wees
Naand se Klip:)
Dankie vir die inloer by my plekkie!
So bly ek is nie die enigste mens wat soms dom voel nie! Sjoe…..