Ek luister: Deel III….. Ek stel my eie grense

Ek het nog altyd geweet ek is ‘n regte ou softy en dat ek heeltemal te maklik huil. Ek verstaan nie hoe my draadwerk aanmekaar geslaan is dat sekere gebeure my nie aanstaan nie, terwyl dit ander mense se kraantjies oopdraai of dat ek weer tjank terwyl ander mense weer net hulle kop skud. Vanaand is weer een van daardie aande….. En ek is nie eers hormonaal nie. Dalk is ek net ‘n regte girl.

Hierdie stadskind het hierdie advertensie vir die eerste keer gesien vanaand en genade dit het my hartsnare geraak. Dit laat my terug dink aan die stukkie in The Shack waar God aan Mack verduidelik dat alhoewel voëltjies besluit om op die grond te loop in plaas daarvan om te vlieg, hulle nie die vermoë verloor het om te kan vlieg nie.

Ons settle te maklik vir tweede beste; ons vergeet te maklik daar is ‘n groter doel as wat ons raak sien; ons verloor te maklik moed wanneer stormwinde waai.

Kan jy dit nou oorvertel? Hierdie cheetah het my weer hoop gegee, want weereens raas die Here met my oor ek grense afgebaken het wat my inperk. Ek moet ophou twyfel en wonder en gis en raai….. Ek is nog te dom om Sy planne raak te sien.Wat ‘n stunning advertensie!

Deel hierdie gedagtes met andere...:
  • Twitter
  • Facebook
  • laaik.it
  • Digg
  • del.icio.us
  • Google Bookmarks
  • Blogosphere News
  • eKudos
  • LinkedIn
  • MySpace
  • Reddit
  • Slashdot
  • StumbleUpon
  • Technorati
  • PDF
  • Print
  • RSS
Hierdie gedagtes is geplaas in gedagtegroep(e): Gesprekke met God, Natuurlik is dit mooi... Sleutelwoorde: , , , Boekmerk hierdie permanente skakel. Terugskakels is gesluit maar jy mag opmerkings maak.. |

9 Comments

  1. Gesê op May 5, 2009 om 7:13 AM | Permanente Skakel

    Ja, ek het ook gister aand getjank toe ek dit sien!!! My krane draai maklik oop, ekke dink die washers is stukkend!!! Ek verstaan ook nie my wiring nie, die drade is deurmekaar! ;)

    Ek is bly ek het jou gevind, ek gaan baie lekker by jou kuier, ek weet en sien sommer!!!

    Lekker dag!!

  2. Gesê op May 5, 2009 om 9:26 AM | Permanente Skakel

    Hellooooo Wipsnoet!

    Dankie vir die inloer by my plekkie!

    Ja-nee kyk! Die cheetah se gesiggie lyk so hartseer en toe sy so rondval to ROL die trane! En tog moet ek bly wees want sy het oorleef!

  3. Gesê op May 5, 2009 om 9:39 AM | Permanente Skakel

    Ek het toevallig ook gisteraand die advertensie gesien. Ironies genoeg het ek ook Sondag ‘n artikel oor jagluiperde gelees. Die advertensie het ook ‘n paar gedagtes by my opgewek, maar niks in die lyn wat julle ervaar het nie.

    Ek het gedink dit is cool dat die vrou die jagluiperd soos ‘n getroue hond behandel.
    Dit het my opgeval dat sy Afrikaans met die dier praat terwyl die advertensie in Engels is.
    En wat my met ‘n voorhamer geslaan het, haar kar het ‘n Windhoek registrasie.

  4. Gesê op May 5, 2009 om 9:52 AM | Permanente Skakel

    More A3

    So jy hou nie van die ad nie?

    Die meisie wat hulle in die advertensie gebruik het is Marlice van Vuuren wat ook toevallig die eienaar is van N/a’an ku sê Wildlife Sanctuary in Namibia, daarom die Windhoek nommerplaat.

    Ek dink hulle wou die advertensie onopgesmuk hou, daarom is nie sy voorgesê hoe om te praat en wat om te sê nie. Ek praat nooit met Oscar in Engels nie, al is die mense in ons geselskap Engels….. Ek dink dit is op dieselfde beginsel.

    Gaan kyk bietjie op haar website http://www.ecotourism-namibia.com …. Daar is ‘n hele afdeling vir fotografie en verfilming… Die girl is for real met haar voorliefde vir haar diere, daarom volg ou tripod haar soos ‘n hond rond.

  5. Gesê op May 5, 2009 om 1:07 PM | Permanente Skakel

    Genade! Het nogal my man gisteraand geroep om dit te kom kyk! Ons girls is almal dieselfde :)

  6. Gesê op May 5, 2009 om 1:08 PM | Permanente Skakel

    Nee! Eendag sal ek leer om Afrikaans te praat. ;)

    Wat ek bedoel het is dat ek nie ‘n knop in my keel gekry het van die advertensie nie. Die goed wat ek gelys het, was vir my interessant, alles bewyse dat dit nie ‘n act is nie.

    Die ad is cool, ek het nogal daarvan gehou – al het ek nie ‘n traan gestort nie.

  7. Gesê op May 5, 2009 om 2:12 PM | Permanente Skakel

    WoW A3, ek dink jy is dan enige man se droom. Klink my jy is baie min emosionele maintenance!

    Ek weet nie wat deesdae met my aangaan nie, want ek ervaar alles emosioneel!

  8. Gesê op May 5, 2009 om 2:18 PM | Permanente Skakel

    Jong, Carina….. Ek dink ons wil alles wat stukkend is heelmaak.

  9. Gesê op May 5, 2009 om 10:33 PM | Permanente Skakel

    Ek het Marlice gou gaan stalk, en sy het beslis ‘n moerse interessante lewe.

Sê jou Sê

Jou E-pos word nooit gepubliseer of met andere gedeel nie. Benodigde velde word gemerk met 'n *

*
*
  • Meer oor die Suburbs…

  • Stem vir my

    Vote for this Blog

  • “n Voorstedelike Engel

    Ek is 'n nooi van Pretoria maar woon al 'n paar jaar in die Goudstad. Dit is in my nuutgevonde vryheid waar ek besonderse dinge beleef het en mense ontmoet het wat my bestaan ingekleur het. Mooi herinneringe is gebou; maar ook hartseer terugslae is beleef. Of hierdie nou 'n spoegblok, 'n dagboek of net die neerpen van 'n mengelmoes van my onsamehangende denke is, is debateerbaar. Dalk is ek 'n filosoof met die wyshede van die wêreld wat ek aan ander kan openbaar..... Ek kan dus bieg, wat ook al die beskrywing... hierdie is 'n persoonlike soeke na innerlike vrede en antwoorde wat ek verstaan.

  • My gedagtes draai om…

  • Besoekers nou by die suburbs…

    • Daar is tans 4 Besoekers aanlyn
  • 'n Wolk van Sleutelwoorde...

  • Onlangse Opmerkings...

  • Kontak die Suburbs

  • Argiewe van gedagtes

  • Ek ondersteun graag…

  • Besoers aan die Suburbs…

    Hit Counters
  • Neem asseblief kennis…

    Kopiereg © 2010 Girl van die Suburbs - Alle regte voorbehou - totdat die Stormers die Super 14 wen. Wat beteken dit is van nou af tot in alle ewigheid. Hierdie blog is vir my ontwikkel op WordPress en 'n eie, unieke tema op die Thematic platform deur 2imagine met grafiese ontwerp insette deur I Love Design

  • Afrigator
  • Creative Commons License