Dankie…..

So op pad terug huis toe vanaand was Lisa se Klavier een van die liedjies wat gespeel het. Ek is absoluut gek daaroor om te karaoke…. Mmmm, dalk is saamsing ‘n beter beskrywing want ek sal dit nou nie op ‘n verhoog gaan staan en doen nie. Wanneer jy weer by die verkeerslig stop en in jou truspieëltjie kyk na die meisie in die kar agter jou wat so lekker saamsing, mag dit dalk net ek wees.

Die song het my weer laat dink….. Ek het ‘n vriend, een van ‘n hand vol wat my siel goed doen. Hy was nog altyd net ‘n steunpilaar en vanaand het ek weereens besef hoe bevoorreg ek eintlik is, want ek verstaan nie altyd hoekom hy my nog nie onder my jack geskop het nie. In die afgelope 6 jaar (ek is nie helemaal seker van die tydlyn nie) het hy my bygestaan deur my maniese depressiewe episodes, die afsterwe van my boetie, my maatjie en meneer hartseer. Hy was ook die eerste persoon wie ek gebel het met my pa se hartaanval. Hy het my blyplek gegee toe ek vanuit die boerewors gordyn getrek het. Hy het my kos gegee toe ek niks gehad het om te eet nie. Hel, ek is amper oortuig daarvan dat hy nog baie meer gedoen het waarvan ek nie juis bewus is nie. Hy werk so agter die skerms.

Wanneer ek aan ons vriendskap dink, kom Spreuke 27:17 by my op, wat sê  “Yster slyp yster, vriende vorm mekaar.” Sy invloed op my lewe het gemaak dat ek self nog nie handdoek ingegooi het nie.

As ek nog nooit dankie gesê het vir alles wat jy al gedoen het nie, vra ek om verskoning. Weet net dat ek niks as vanselfsprekend neem nie. Ek weet egter net nie hoe om elke keer my dankbaarheid te betuig nie.  Ek is seker jou onderlip is al afgebyt want al was ons net een keer kwaad vir mekaar is ek seker daar was dae waar jy amper wou moord pleeg.

Baie dankie dat jy nooit moed opgegee het met my nie….. Want ek dink nogal ek sou…..

Deel hierdie gedagtes met andere...:
  • Twitter
  • Facebook
  • laaik.it
  • Digg
  • del.icio.us
  • Google Bookmarks
  • Blogosphere News
  • eKudos
  • LinkedIn
  • MySpace
  • Reddit
  • Slashdot
  • StumbleUpon
  • Technorati
  • PDF
  • Print
  • RSS
Hierdie gedagtes is geplaas in gedagtegroep(e): Sommer maar net... Sleutelwoorde: , , Boekmerk hierdie permanente skakel. Terugskakels is gesluit maar jy mag opmerkings maak.. |

4 Comments

  1. Gesê op May 4, 2009 om 10:20 AM | Permanente Skakel

    “Yster slyp yster, vriende vorm mekaar.” – Dit is soooooooo waar……

    Ek hoop jou vriend lees hier!

  2. Gesê op May 4, 2009 om 12:21 PM | Permanente Skakel

    Hallo Zee

    Ek dink nogals hy sal dit lees. Hy het ‘n hartjie van goud!

  3. Gesê op May 4, 2009 om 1:52 PM | Permanente Skakel

    Dalk effens van die pad af, maar . . .

    Weet jy regtig of jy ‘n vriend het, as hy / sy nie ten minste een maal vir jou kwaad was nie?

  4. Gesê op May 4, 2009 om 2:38 PM | Permanente Skakel

    Hellooooooo A3

    Ek is seker hy was al ‘n paar keer kwaad v my! (Het dit aan die stilstuipe opgetel)…. Ek was al ‘n hele paar keer vies vir hom! Maar ek weet van die een keer waar hy vir my gese het. Ek se nou juis dankie oor hy die ander kere maar stil gebly het…

    Ek maak nou nie sin nie, ne?

Sê jou Sê

Jou E-pos word nooit gepubliseer of met andere gedeel nie. Benodigde velde word gemerk met 'n *

*
*
  • Meer oor die Suburbs…

  • “n Voorstedelike Engel

    Ek is 'n nooi van Pretoria maar woon al 'n paar jaar in die Goudstad. Dit is in my nuutgevonde vryheid waar ek besonderse dinge beleef het en mense ontmoet het wat my bestaan ingekleur het. Mooi herinneringe is gebou; maar ook hartseer terugslae is beleef. Of hierdie nou 'n spoegblok, 'n dagboek of net die neerpen van 'n mengelmoes van my onsamehangende denke is, is debateerbaar. Dalk is ek 'n filosoof met die wyshede van die wêreld wat ek aan ander kan openbaar..... Ek kan dus bieg, wat ook al die beskrywing... hierdie is 'n persoonlike soeke na innerlike vrede en antwoorde wat ek verstaan.

  • My gedagtes draai om…

  • Besoekers nou by die suburbs…

    • Daar is tans 5 Besoekers aanlyn
  • 'n Wolk van Sleutelwoorde...

  • Onlangse Opmerkings...

  • Kontak die Suburbs

  • Argiewe van gedagtes

  • Ek ondersteun graag…

  • En ook vir…

  • Besoers aan die Suburbs…

    Hit Counters
  • Neem asseblief kennis…

    Kopiereg © 2010 Girl van die Suburbs - Alle regte voorbehou - totdat die Stormers die Super 14 wen. Wat beteken dit is van nou af tot in alle ewigheid. Hierdie blog is vir my ontwikkel op WordPress en 'n eie, unieke tema op die Thematic platform deur 2imagine met grafiese ontwerp insette deur I Love Design

  • Afrigator
  • Creative Commons License